Sunday 4 May 2014

SIGNS OF THE END OF THE AGE / TEKENS VAN DIE VOLEINDING VAN DIE WÊRELD.

Weekend 3 & 4 May 2014. 

WORD OF THE DAY:
[Psalm 19:7] The Law of the Lord is perfect, reviving the soul. The statutes of the Lord are trustworthy, making wise the simple. 

MESSAGE OF THE DAY:
SIGNS OF THE END OF THE AGE:
1. English - (New International Version)
[Matthew 24:26-35]
26. "So if anyone tells you: 'There He is, out in the desert,' do not go out; or: 'Here He is, in the inner rooms,' do not believe it. 
27. "For as lightning that comes from the east, is visible even in the west, so will be the coming of the Son of Man. 
28. "Wherever there is a carcass, there the vultures will gather. 
29. "Immediately after the distress of  those days: The sun will be darkened, and the moon will not give its light; the stars will fall from the sky, and the heavenly bodies will be shaken. 
30. "At that time the sign of the Son of Man will appear in the sky, and all the nations of the earth will mourn. They will see the Son of Man coming on the clouds of the sky, with power and great glory. 
31. And He will send His angels with a loud trumpet call, and they will gather His elect from the four winds, from one end of the heavens to the other.  
32. "Now learn this lesson from the fig tree: as soon as its twigs get tender, and its leaves come out, you know that summer is near. 
33. "Even so, when you see all these things, you know that it is near, right at the door. 
34. "I tell you the truth, this generation will certainly not pass away until all these things have happened. 
35. "Heaven and earth will pass away, but My words will never pass away."

Naweek 3 & 4 Mei 2014. 

WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 19:8] Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
TEKENS VAN DIE VOLEINDING VAN DIE WÊRELD: 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Matthéüs 24:26-35]
26. "As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn - moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie. 
27. "Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die Mens wees. 
28. "Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. 
29. "En dadelik ná die verdrukking van daardie dae, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. 
30. "En dan sal die teken van die Seun van die Mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf, en die Seun van die Mens sien kom op die wolke van die hemel, met groot krag en heerlikheid. 
31. "En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af, tot die ander einde daarvan.
32. "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. 
33. "So weet julle ook wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. 
34. "Voorwaar, Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verby gaan, voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 
35. "Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie."
   Photo by / Foto deur Martin Heigan. 

1 comment: