Wednesday 27 May 2015

PSALM 42.

Thursday 28 May 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 73:25]
Whom do I have in heaven but You? And I have no delight or desire on earth besides You. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 42.
1. English - [New English Translation]
[Psalm 42:1-11]
1. As the deer longs for streams of water, so I long for You, O God!
2. I thirst for God, for the living God. I say: "When will I be able to go and appear in God's presence?" 
3. I cannot eat, I weep day and night; all day long they say to me: "Where is your God?"
4. I will remember and weep! For I was once walking along with the great throng to the temple of God, shouting and giving thanks along with the crowd as we celebrated the holy festival. 
5. Why are you depressed, o my soul? Why are you upset? Wait for God! For I will again give thanks to my God for His saving intervention. 
6. I am depressed, so I will pray to You while I am trapped here in the region of the upper Jordan, from Hermon, from Mount Mizar. 
7. One deep stream calls out to another at the sound of Your waterfalls; all Your billows and waves overwhelm me. 
8. By day the Lord decrees His loyal love, and by night He gives me a song, a prayer to the living God. 
9. I will pray to God, my High Ridge: "Why do  You ignore me? Why must I walk around mourning because my enemies oppress me?
10. "My enemies' taunts cut into me to the bone, as they say to me all day long: 'Where is your God?'"
11. Why are you depressed, o my soul? Why are you upset? Wait for God! For I will again give thanks to my God for His saving intervention. 

Donderdag 28 Mei 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 73:25]
Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.]

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 42.
2. Afrikaans - [Ou Afrikaanse Vertaling]
[Psalm 42:2-12]
2. Soos 'n hert wat smag na waterstrome; so smag my siel na U O God!
3. My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
4. My trane is spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: "Waar is jou God?"
5. Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof - 'n feesvierende menigte!
6. Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof - die verlossing van Sy aangesig! 
7. O my God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergtes af. 
8. Die vloed roep na die vloed by die gebruis na U waterstrome; al U bare en U golwe het oor my heengegaan. 
9. Maar die Here sal oordag Sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe. 
10. Ek wil spreek tot God: "My Rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
11. "Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: 'Waar is jou God?'"
12. Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof - die verlossing van my aangesig en my God!

   Cell phone photo taken inside our house. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. /
DV. Sal ek welbekende en gunsteling gedeeltes van die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

No comments:

Post a Comment