Sunday 29 November 2015

PROVERBS 11, Second section ... / SPREUKE 11, Tweede gedeelte ...

Weekend 5 & 6 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 16:5)
The Lord abhors every arrogant person; rest assured that they will not go unpunished.  

MESSAGE OF THE DAY:
PROVERBS 12, Second section ...
1. English - (New English Translation).
(Proverbs 11:7-16)
7. When a wicked person dies, his ecpectation perishes, and the hope of his strength perishes. 
8. The righteous person is delivered out of trouble, and the wicked turns up in his stead. 
9. With his speech the godless person destroys his neighbour, but by knowledge the righteous will be delivered. 
10. When the righteous do well, the city rejoices; when the wicked perish there is joy. 
11. A city is exalted by the blessing provided from the upright, but it is destroyed by the counsel of the wicked. 
12. The one who denounces his neighbours lacks wisdom, but the one who has discernment keeps silent.  
13. The one who goes about slandering others reveals secrets, but the one who is trustworthy conceals a matter.  
14. When there is no guidance a nation falls, but there is success in the abundance of counselors.   
15. The one who puts up security for a stranger will surely have trouble, but whoever avoids shaking hands will be secure. 
16. A generous woman gains honour, and ruthless men seize wealth.  

Naweek 5 & 6 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
(Spreuke 16:5)
Elke hoogmoedige van hart is vir die Here 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
SPREUKE 11, tweede gedeelte ... 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling). 
(Spreuke 11:7-16).
7. By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan. 
8. Word die  regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek. 
9. Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered. 
10. Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.  
11. Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek. 
12. Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. 
13. Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees bedek 'n saak. 
14. As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk, maar in die veelheid van raadgewers is redding. 
15. Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.  
16. 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom. 

(God willing and by His marvellous mercy and grace, I will share some of the PROVERBS with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die SPREUKE met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden. 

No comments:

Post a Comment