Friday, 29 April 2016

PETER ADDRESSES THE CROWD AT PENTECOST. / PETRUS SPREEK DIE SKARE TOE OP PINKSTERFEES.

Monday 16 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Luke 10:27)
The expert answered: "Love the Lord your God with all your heart, with all your soul, with all your strength, and with all your mind, and your neighbour as yourself."
 
MESSAGE OF THE DAY:
PETER ADDRESSES THE CROWD AT PENTECOST: 
(Acts 2:14-28)
14. But Peter stood up with the eleven, raised his voice, and addressed them: "You men of Judea and all who live in Jerusalem, know this and listen carefully to what I say:
15. "In spite of what you think, these men are not drunk, for it is only nine o'clock in the morning. 
16. "But this is what was spoken about through the prophet Joel:
17. "'And in the last days it will be,'  God says, 'That I will pour out My Spirit on all people, and your sons and your daughters will prophesy, and your young men will see visions, and your old men will dream dreams. 
18. "'Even on my servants, both men and woman, I will pour out My Spirit in those days, and they will prophesy. 
19. "'And I will perform wonders in the sky above, and miraculous signs on the earth below, blood and fire and clouds of smoke.
20. "'The sun will be changed to darkness and the moon to blood, before the great and glorious day of the Lord comes. 
21. "'And then everyone who calls on the name of the Lord will be saved.'
22. "Men of Israel, listen to these words: Jesus the Nazarene, a Man clearly attested to you by God with powerful deeds, wonders, and miraculous signs that God performed among you through Him, just as you yourselves know -
23. "This Man, Who was handed over by the predeterment plan and foreknowledge of God, you executed by nailing Him to a cross, at the hands of Gentiles. 
24. "But God raised Him up, having released Him from the pains of death, because it was not possible for Him to be held in its power.  
25. "For David says about Him: 'I saw the Lord always in front of Me, for He is at My right hand so I will not be shaken.
26. "'Therefore My heart was glad and my tongue rejoiced; My body also will live in hope, 
27. "'Because You will not leave My soul in Hades, nor permit Your Holy One to experience decay.
28. "'You have made known to Me the paths of life; You will make Me full of joy with Your presence.'" 

Maandag 16 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Lukas 10:27)
En hy antwoord en sê: "Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."
 
BOODSKAP VAN DIE DAG:
PETRUS SPREEK DIE SKARE TOE OP PINKSTERDAG:
(Handelinge 2:14-28)
14. Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: "Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde,
15. "Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dis nog maar die derde uur in die môre. 
16. "Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
17. "'En in die laaste dae,' spreek God, 'sal Ek van My Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.  
18. "'En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van My Gees uitstort, en hulle sal profeteer;
19. "'En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. 
20. "'Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom,
21. "'En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.'
22. "Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus die Nasaréner, 'n Man deur God vir julle aangewys, met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle self ook weet -
23. "Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;
24. "Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. 
25. "Want Dawid sê van Hom: 'Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat ek nie sou wankel nie.  
26. "'Daarom is My hart bly en My tong juig, ja, ook sal nog My vlees rus in hoop. 
27. "'Want U sal My siel nie aan die doderyk oorlaat, of U Heilige oorgee om verderwing te sien nie.  
28. "'U het My die weë van die lewe bekend gemaak; U sal My vervul met vreugde by U aangesig.'"

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)


Cell phone photo taken in our garden

GOD MADE JESUS BOTH LORD AND CHRIST. / GOD HET JESUS BEIDE HERE EN CHRISTUS GEMAAK.

Saturday 21 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Acts 16:31)
And they answered: "Believe in the Lord Jesus Christ (give yourself up to Him, take yourself out of your own keeping and entrust yourself into His keeping), and you will be saved, (and this applies both to) you and your household as well."

MESSAGE OF THE DAY:
GOD MADE JESUS BOTH LORD AND CHRIST:
(Acts 2:29-36)
29. Brethren, it is permitted me to tell you confidently and with freedom concerning the patriarch David - that he both died and was buried, and his tomb is with us to this day. 
30. Being however a prophet, and knowing that God had sealed to him with an oath that He would set one of his descendants on his throne, 
31. He, foreseeing this, spoke (by forknowledge) of the resurrection of the Christ (the Messiah) that He was not deserted (in death) and left in Hades (the state of departed spirits), nor did His body know decay or see destruction. 
32. This Jesus God raised up, and of that all we (His disciples) are witnesses. 
33. Being therefore lifted high by the right hand of God, and having received from the Father the promised (blessing which is the) Holy Spirit, He Has made this outpouring, which you yourselves both see and hear. 
34. For David did not ascend into the heavens; yet he himself says: "The Lord said to my Lord: 'Sit at My right hand and share My throne -
35. "'Until I make Your enemies a footstool for Your feet.'"
36. Therefore let the whole house of Israel recognize beyond all doubt and acknowledge assuredly that God Has made Him both Lord and Christ (the Messiah) - this Jesus Whom you crucified. 

Saterdag 21 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Handelinge 16:31)
Toe sê hulle: "Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."
 
BOODSKAP VAN DIE DAG:
GOD HET JESUS BEIDE HERE EN CHRISTUS GEMAAK: 
(Handelinge 2:29-36)
29. Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. 
30. Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, 
31. Het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat Sy siel nie in die doderyk verlaat is, en Sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. 
32. Hierdie Jesus, het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. 
33. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is, en by die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit uitgestort, wat julle nou sien en hoor. 
34. Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: "Die Here het gespreek tot my Here: 'Sit aan My regterhand, 
35. "'Totdat Ek U vyande gemaak het 'n voetbank van U voete.'"
36. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Derek Prince for this comforting yet powerful statement, from Derekprince.org. 

FELLOWSHIP OF THE BELIEVERS AND CHURCH GROWTH. /. GEMEENSKAP VAN DIE GELOWIGES EN KERKGROEI.

Thursday 26 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Colossians 1:13,14)
13. The Father Has delivered and drawn us to Himself out of the control and dominion of darkness, and Has translated us into the kingdom of the Son of His love;
14. In Whom we have our redemption through His blood, (which means) the forgiveness of our sins. 

MESSAGE OF THE DAY:
FELLOWSHIP OF THE BELIEVERS AND CHURCH GROWTH:
(Acts 2:37-47)
37. Now when they heard this, they were acutely distressed and said to Peter and the rest of the apostles: "What should we do, brothers?"
38. Peter said to them: "Repent, and each one of you be baptized in the Name of Jesus Christ, for the forgiveness of your sins, and you will receive the gift of the Holy Spirit. 
39. "For the promise is for you and your children, and for all who are far away, as many as the Lord our God will call to Himself."
40. With many other words he testified and exhorted them saying: "Save yourselves from this perverse generation!"
41. So those who accepted his message were baptized, and that day about three thousand people were added.  
42. They were devoting themselves to the apostles' teaching and to fellowship, to the breaking of bread, and to prayer.  
43. Reverential awe came over everyone, and many wonders and miraculous signs came about by the apostles. 
44. All who believed were together and held everything in common,
45. And they began selling their property and possessions and distributing the proceeds to everyone, as anyone had need. 
46. Every day they continued to gather together by common consent in the temple courts, breaking bread from house to house, sharing their food with glad and humble hearts, 
47. Praising God and having the good will of all the people. And the Lord was adding to their number every day those who were being saved. 

Donderdag 26 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Kolossense 1:13,14)
13. Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis, en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde;
14. In wie ons die verlossing het deur Sy bloed, naamlik die vergifnes van sondes. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GEMEENSKAP VAN DIE GELOWIGES, EN KERKGROEI: 
(Handelinge 2:37-47)
37. Toe hulle dit hoor is hulle diep in die hart getref, en het vir Petrus en die ander apostels gesê: "Wat moet ons doen broeders?"
38. En Petrus sê vir hulle: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 
39. "Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, dié wat die Here onse God na Hom sal roep."
40. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: "Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag."
41. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring. 
42. En hulle het volhard in die leer van die apostels, en in die gemeenskap, en in die breking van die brood, en in die gebede. 
43. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. 
44. En almal wat gelowig geword het was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.   
45. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop, en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. 
46. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel, en van huis tot huis brood gebreek, en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, 
47. Terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg, dié wat gered is. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Joseph Prince for this powerful statement. 

PETER HEALS THE CRIPPLED BEGGAR. /. PETRUS GENEES DIE KREUPEL-GEBORE BEDELAAR.

Sunday 5 June 2016. 
WORD OF THE DAY:
(11 Corinthians 4:8,9)
8. We are experiencing trouble on every side, but we are not crushed; we are perplexed, but not driven to despair;
9. We are persecuted, but not abandoned; we are knocked down, but not destroyed. 

MESSAGE OF THE DAY:
PETER HEALS THE CRIPPLED BEGGAR:
(Acts 3:1-10)
1. Now Peter and John were going up to the temple at the time for prayer, at three o'clock in the afternoon.  
2. And a man lame from birth was being carried up, who was placed at the temple gate called: the "Beautiful Gate" every day so he could beg for money, from those going into the temple courts. 
3. When he saw Peter and John about to go into the temple courts, he asked them for money. 
4. Peter looked directly at him (as did John) and said: "Look at us!"
5. So the lame man paid attention to them, expecting to receive something from them. 
6. But Peter said: "I have no silver or gold, but what I do have, I give you: "In the Name of Jesus Christ the Nazarene, stand up and walk!"
7. Then Peter took hold of him by the right hand and raised him up, and at once the man's feet and ankles were made strong.   
8. He jumped up, stood and began walking around, and he entered the temple courts with them, walking and leaping and praising God.  
9. All the people saw him walking and praising God. 
10. And they recognized him as the man who used to sit and ask for donations at the Beautiful Gate of the temple, and they were filled with astonishment and amazement at what had happened to him.  

Sondag 5 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
11 Korinthiërs 4:8,9)
8. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;
9. Vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PETRUS GENEES DIE KREUPEL-GEBORE BEDELAAR:
(Handelinge 3:1-10)
1. En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.  
2. En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboort af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort, wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan. 
3. Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra. 
4. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: "Kyk na ons."
5. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. 
6. Maar Petrus sê: "Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!"
7. Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddelik het sy voete en enkels sterk geword. 
8. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan, terwyl hy rondloop en spring en God prys. 
9. En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys. 
10. En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Charity M. Richey Bentley for this beautiful and powerful prayer for the week to come. 
And from me, may you all have a blessed week!

STEPHEN'S SPEECH CONTINUES... /. STÉPHANUS SE TOESPRAAK DUUR VOORT ...

Weekend 3 & 4 September 2016. 
WORD OF THE DAY:
(2 Timothy 1:14)
Guard and keep (with the greatest care) the precious and excellently adapted (Truth) which has been entrusted (to you), by the (help of) the Holy Spirit Who makes His home in us. 

MESSAGE OF THE DAY:
STEPHEN'S SPEECH CONTINUES, Seconc section ...
(Acts 7:22-32)
22. "So Moses was trained and educated in all the wisdom and culture of the Egyptians, and he was mighty (powerful) in his speech and deeds. 
23. "But when he was about forty years old, it came into his heart to visit his kinsmen, the children of Israel (to help them and to care for them).
24. "When he saw one of them being hurt unfairly and unjustly treated, he defended the oppressed man and avenged him by striking down the Egyptian, and slaying (him).
25. "He thought his own people would understand that God was granting them deliverance by his hand (taking it for granted that they would accept him); but they did not understand.
26. "The next day Moses saw two men fighting and quarreling among themselves, and he urged them to make peace and become reconciled, saying: 'Men, you are brethren; why do you abuse and wrong one another?'
27. "Whereupon the man who was unfairly hurting and abusing his neighbour, pushed Moses aside, saying: 'Who appointed you a ruler (umpire) and a judge over us?
28. "'Do you want to to kill me as you slew the Egyptian yesterday?'
29. "At that reply Moses sought safety by flight and he was an exile and an alien in the country of Midian, where he became the father of two sons.  
30. "After forty years had gone by, there appeared to him in the wilderness (desert) of Mount Sinai, an angel in the flame of a burning bramblebush. 
31. "When Moses saw it, he was amazed at the sight, and marveled, but when he went close to investigate, there came to him the voice of the Lord, saying: 
32. "'I Am the God of your forefathers, the God of Abraham, Isaac and Jacob.' Moses began to tremble, and did not dare to look closely."

Naweek 3 & 4 September 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(2 Timothéüs 1:14)
Bewaar jou goue pand, deur die Heilige Gees wat in ons woon. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
STEPHANUS SE TOESPRAAK DUUR VOORT, Tweede gedeelte ...
(Handelinge 7:22-32)
22. "En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.  
23. "En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om sy broers, die kinders van Israel, te besoek; 
24. "En toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan. 
25. "En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie. 
26. "En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak, en gesê: 'Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?'
27. "Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: 'Wie het jou 'n owerste en regter oor ons aangestel?
28. "'Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?'
29. "En Moses het op hierdie woord gevlug en 'n bywoner geword in die land Midian, waar hy die vader van twee seuns geword het.  
30. "En toe veertig jaar verby was, het 'n engel van die Here aan hom verskyn, in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.  
31. "En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
32. "'Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham, en die God van Isak en die God van Jakob.' En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I wiil share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks to 'Christian Life of Faith' for ilustrating this very becoming and powerful verse in Mark 12:30. 


JESUS EXALTED TO GOD'S RIGHT HAND. /. JESUS WORD VERHOOG TOT DIE REGTERHAND VAN GOD.

Weekend 23 & 24 July 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Jeremiah 17:7,8)
7. My blessing is on those people who trust in Me, who put their confidence in Me. 
8. They will be like a tree planted near a stream whose roots spread out toward the water. It has nothing to fear when the heat comes. Its leaves are always green. It has no need to be concerned in a year of drought. It does not stop bearing fruit.  

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS EXALTED TO THE RIGHT HAND OF GOD:
(Acts 5:31-42)
31. "God exalted Him to His right hand as Leader and Saviour, to give repentance to Israel and forgiveness of sins. 
32. "And we are witnesses of these events, and so is the Holy Spirit whom God Has given to those who obey Him."
33. Now when they heard this they became furious and wanted to execute them. 
34. But a Pharisee whose name was Gamaliel, a teacher of the law who was respected by all the people, stood up in the council and ordered the men to be put outside for a short time. 
35. Then he said to the council: "Men of Israel, pay close attention to what you are about to do to these men. 
36. "For some time ago Theudas rose up, claiming to be somebody, and about four hundred men joined him. He was killed, and all who followed him were dispersed and nothing came of it. 
37. "After him Judas the Galilean arose in the days of the census, and incited people to follow him in revolt. He too was killed, and all who followed him were scattered. 
38. "So in this case I say to you: stay away from these men and leave them alone, because if this plan or this undertaking originates with people, it will come to nothing. 
39. "But if it is from God, you will not be able to stop them, or you may even be found fighting against God." He convinced them.  
40. And they summoned the apostles and had them beaten. Then they ordered them not to speak in the Name of Jesus and released them. 
41. So they left the council rejoicing because they had been considered worthy to suffer dishonour for the sake of the Name. 
42. And every day both in the temple courts and from house to house, they did not stop teaching and proclaiming the good news that Jesus was the Christ.  

Naweek 23 & 24 Julie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jeremia 17:7,8)
7. Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. 
8. Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom, en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie, en hou nie op om vrugte te dra nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VERHOOG TOT DIE REGTERHAND VAN GOD:
(Handelinge 5:31-40) 
31."Hom het God as Leidsman en Verlosser deur Sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnes van sondes te skenk.  
32. "En ons is Sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is."
33. Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring. 
34. Maar 'n Fariseër met die naam van Gamáliël, 'n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels bietjie buitentoe moes bring.  
35. Toe sê hy vir hulle: "Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;
36. "Want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het 'n aantal mense - omtrent vier honderd - aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword. 
37. "En ná hom, het Judas die Galileër opgestaan, in die dae van die inskrywing en 'n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.  
38. "En nou sê ek vir julle: Bly af van hierdie manne en laat hulle staan, want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word; 
39. "Maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie - dat dit nie miskien word dat julle selfs teen God stry nie."
40. En hulle het na hom geluister, en nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie, en hulle laat gaan. 
41. Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir Sy Naam oneer te ly. 
42. En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I wiil share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks to Maryke van Vuuren who kindly provided the above powerful truth in Scripture, namely in 1 John 4:4.  


STEPHEN, THE FIRST MARTYR FOR CHRIST. /. STÉPHANUS, DIE EERSTE MARTELAAR VIR CHRISTUS.

Weekend 6 & 7 August 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Jeremiah 7:23)
"I also explicitly commanded them: 'Obey Me. If you do, I will be your God and you will be My people. Live exactly the way I tell you, and things will go well with you.'"

MESSAGE OF THE DAY:
STEPHEN, THE FIRST MARTYR FOR CHRIST:
(Acts 6:8-15)
8. Now Stephen, a man full of God's grace and power, was performimg great wonders and miraculous signs among the people. 
9. Opposition arose however, from members of the synagogue of the Freedmen (as it was called), both Jews of Cyrene and Alexandria, as well as the provinces of Cilicia and Asia. These men began to argue with Stephen.  
10. But they could not stand up against and resist the wisdom and the Spirit with which he spoke.   
11. Then they secretly instigated some men to say: "We have heard this man speaking blasphemous words against Moses and God.   
12. So they stirred up the people, the elders and the experts in the law; then they approached Stephen, seized him and brought him before the council. 
13. They produced false witnesses who said: "This man does not stop saying things against this holy place and the law. 
14. "For we have heard him saying that Jesus the Nazarene will destroy this place and change the customs that Moses handed down to us."
15. All who were sitting in the Sanhedrin looked intently at Stephen, and they saw that his face was like the face of an angel. 

Naweek 6 & 7 Augustus 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jeremia 7:23)
"Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: 'Luister na My stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.'"

BOODSKAP VAN DIE DAG:
STÉPHANUS, DIE EERSTE MARTELAAR VIR CHRISTUS:
(Handelinge 6:8-15)
8. En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 
9. En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilicië en Asië, en hulle het met Stefánus geredetwis. 
10. Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.  
11. Toe het hulle manne opgestook om te sê: "Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God." 
12. En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring, en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring. 
13. En hulle het valse getuies laat optree om te sê: "Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.
14. "Want ons het hom hoor sê: 'Hierdie Jesus die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek, en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.'"
15. En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van 'n engel was. 
 
(God willing and by His marvelous grace and mercy I wiil share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Belinda van Heerden Crail who posted these words of wisdom and this lovely and serene image of a dove from: "Touching Lifes."


MATTHIAS CHOSEN TO REPLACE JUDAS. / MATTHIAS VERKIES OM JUDAS TE VERVANG.

Tuesday 10 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Acts 2:24)
"But God raised Him up, liberating Him from the pangs of death, seeing that it was impossible for Him to continue to be controlled or retained by it."

MESSAGE OF THE DAY:
MATTHIAS CHOSEN TO REPLACE JUDAS:
(Acts 1:12-26)
12. Then they returned to Jerusalem from the mountain called the Mount of the Olives (which is near Jerusalem, a Sabbath day's journey away).
13. When they had entered Jerusalem, they went to the upstairs room where they were staying. Peter and John and James, and Andrew, Philip and Thomas, Bartholomew and Matthew, James son of Alphaeus and Simon the Zealot, and Judas son of James were there. 
14. All of these with their minds in full agreement devoted themselves steadfastly to prayer, (waiting together) with the woman and Mary the mother of Jesus, and with His brothers. 
15. Now on one of those days Peter arose among the brethren, the whole number of whom gathered together was about a hundred and twenty. 
16. "Brethren," he said:  "It was necessary that the Scripture be fulfilled which the Holy Spirit foretold by the lips of David, about Judas who acted as guide to those who arrested Jesus. 
17. "For he was counted among us and received (by divine allotment) his portion in this ministry. 
18. "Now this man Judas, obtained a piece of land with the (money paid him as a) reward for his treachery and wickedness, and falling headlong he burst open in the middle (of his body) and all his intestines poured forth.  
19. "And all the residents of Jerusalem became acquainted with the facts, so that they called the piece of land in their own dialect - Akeldama, that is: 'Field of Blood.' 
20. "For in the book of Psalms it is written: 'Let his place of residence become deserted and gloomy, and let there be no one to live in it;' and again: Let another take his position or overseership.  
21. "Thus, one of the (other) men who have accompanied us (apostles) during all the time that the Lord went in and out among us, 
22. "Beginning from the baptism of John at the outset, until the day when He was taken up from among us - one of these men must join with us and become a witness to testify to His resurrection."
23. So they accordingly proposed (nominatedi) two men: Joseph called Barsabbas (also known as Justus), and Matthias. 
24. Then they prayed: "Lord, You know everyone's heart, (their thoughts, passions, desires, appetites, purposes and endeavours), indicate to us which of these two You have chosen. 
25. "To take over the apostolic ministry, when Judas fell away and went astray, to go where he belongs, (to his own proper place.)" 
26. Then they cast lots, and the lot fell to Matthias; so he was added to the eleven apostles, (special messengers).

Dinsdag 10 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Handelinge 2:24)
"Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
MATTHÍAS VERKIES OM JUDAS TE VERVANG:
(Handelinge 1:12-26))
12. Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n Sabbatsreis ver. 
13. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andreas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, en Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus. 
14. Hulle het almal eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met Sy broers. 
15. En in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan - die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig - en gesê:
16. "Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid, aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
17. "Want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry. 
18. "Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;
19. "En dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal: Akeldáma genoem is, dit is: 'Bloedgrond.'
20. "Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: 'Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie.'
21. "Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het, van die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het, 
22. "Van die doop van Johannes af tot die dag dat Hy van ons opgeneem is - van hulle moet daar een saam met ons getuie word van Sy opstanding."
23. En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem word Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías. 
24. En hulle het gebid en gesê: "U Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het. 
25. "Om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het, om heen te gaan na sy eie plek."
26. Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees. 

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you, as often as I possibly can.  /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Many thanks to John Hagee Ministries for this most applicable and powerful statement. 


STEPHEN'S SPEECH TO THE SANHEDRIN. / STÉPHANUS SE TOESPRAAK AAN DIE JOODSE RAAD.

Weekend 20 & 21 August 2016. 
WORD OF THE DAY:
(1 Corinthians 8:5,6)
5. If after all there are so-called gods, whether in heaven or on earth - as there are many gods and many lords -
6. Yet for us there is OneGod the Father, from Whom are all things and for Whom we live, and one Lord Jesus Christ, through Whom are all things, and through Whom we live. 

MESSAGE OF THE DAY:
STEPHEN'S SPEECH TO THE SANHEDRIN:
(Acts 7:11-21)
11. "Then a famine occurred throughout Egypt and Canaan, causing great suffering, and our ancestors could not find food.  
12. "So when Jacob heard that there was grain in Egypt, he sent our ancestors there the first time. 
13. "On their second visit Joseph made himself known to his brothers again, and Joseph's family became known to Pharaoh. 
14. "So Joseph sent a message and invited his father Jacob and all his relatives to come, seventy-five people in all. 
15. "So Jacob went down to Egypt  and died there, along with our ancestors,
16. "And their bones were later moved to Shechem, and placed in the tomb that Abraham had bought for a certain sum of money from the sons of Hamor in Shechem.  
17. "But as the time drew near for God to fulfill the promise He Had declared to Abraham, the people increased greatly in number in Egypt, 
18. "Until another king who did not know about Joseph, ruled over Egypt. 
19. "This was the one who exploited our people and was cruel to our ancestors, forcing them to abondon their infants so they would die. 
20. "At that time Moses was born, and he was beautiful to God. For three months he was brought up in his father's house,
21. "And when he had been abandoned, Pharaoh's daughter adopted him and brought him up as her own son."

Naweek 20 & 21 Augustus 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(1 Korinthiërs 8:5,6)
5. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is - soos daar baie gode en baie here is -
6. Tog is daar vir ons maar Een God die Vader uit Wie alles is, en ons tot Hom, en Een Here Jesus Christus deur Wie alles is, en ons deur Hom. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
STÉPHANUS SE TOESPRAAK AAN DIE JOODSE RAAD:
(Handelinge  7:11-21)
11. "En 'n hongersnood en groot benoudheid het oor die hele Egipteland en Kanaän gekom, en ons vaders kon geen voedsel kry nie. 
12. "En toe Jakob hoor dat daar koring in Egipte was, het hy ons vaders die eerste keer uitgestuur. 
13. "En die tweede keer is Josef deur sy broers herken, en die afkoms van Josef het aan Farao bekend geword. 
14. "Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele familie, vyf-en-sewentig siele. 
15. "En Jakob het afgetrek na Egipte en daar gesterwe, hy en ons vaders. 
16. "En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir 'n som geld gekoop het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem. 
17. "En namate die tyd van die belofte wat God aan Abraham met 'n eed beloof het nader kom, het die volk toegeneem en vermeerder in Egipte,
18. "Totdat daar 'n ander koning opgestaan het wat nie vir Josef geken het nie. 
19. "Hy het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel, deur hulle te verplig om hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie in die lewe behou kon word nie. 
20. "In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;
21. "En toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I wiil share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)


Many thanks to Joseph Prince Ministries for reminding us about the truth in 2 Timothy 2:1. 

THE APOSTLES PERSECUTED. /. DIE APOSTELS WORD VERVOLG.

Weekend 16 & 17 July 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Hebrews 11:1)
Now faith is being sure of what we hope for, and certain of what we do not see. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE APOSTLES ARE PERSECUTED:
(Acts 5:19-30)
19. But during the night an angel of the Lord opened the prison doors, and leading them out, said:
20. "Go, take your stand in the temple courts and declare to the people the whole doctrine concerning this Life" (The eternal life which Christ revealed.)
21. And when they heard this, they accordingly went into the temple about daybreak and began to teach. Now the high priest and his supporters who were with him arrived and called together the council (Sanhedrin), even all the senate of the sons of Israel, and they sent to the prison to have the apostles brought. 
22. But when the attendants arrived there, they failed to find them in the jail; so they came back and reported:
23. "We found the prison quite safely locked up, and the guards were on duty outside the doors, but when we opened it, we found no one on the inside. 
24. Now when the military leader of the temple area and the chief priests heard these facts, they were much perplexed and thoroughly at a loss about them, wondering into what this might grow.  
25. But some man came and reported to them, saying: "Listen!
The men whom you put in jail are standing (right here) in the temple and teaching the people!"
26. Then the military leader went with the attendants and brought (the prisoners) but without violence, for they dreaded the people lest they be stoned by them. 
27. So they brought them and set them before the council (Sanhedrin). And the high priest examined them by questioning,
28. Saying: "We definitely commanded and strictly charged you not to teach in or about this Name; yet here you have flooded Jerusalem with your doctrine, and you intend to bring this 'Man's blood upon us."
29. Then Peter and the apostles replied: "We must obey God rather than men. 
30. "The God of our forefathers raised up Jesus, Whom you killed by hanging Him on a tree (cross)." [Deuteronomy 21:22,23]

Naweek 26 & 17 Julie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Hebreërs 11:1)
Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van dinge wat ons nie sien nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE APOSTELS WORD VERVOLG:
(Handelinge 5:19-30)
19. Maar 'n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei, en gesê: 
20. "Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe." (Die ewige lewe wat Jesus openbaar gemaak het). 
21. En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan, en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die oudstes van Israel bymekaar geroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal. 
22. Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:
23. "Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie."
24. En toe die hoëpriester en die hoofman van die tempel, en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë, wat nou hiervan sou word. 
25. En daar kom een en bring hulle berig en sê: "Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk."
26. Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word. 
27. Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:
28. "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie 'Man' op ons bring!"
29. En Petrus en die apostels antwoord en sê: "Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.
30. "Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het, deur Hom aan 'n kruishout te hang." [Deuteronomium 21:22,23]

(God willing and by His marvellous grace and mercy I wiil share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks to Kenneth Copeland Ministries for reminding us of this powerful verse of promise: (Psalm 91:15)
And verse 16:
With long life will I satisfy him, 
And show him My salvation. 


 

ON THE ROAD TO EMMAUS, Third section ... / OP PAD NA ÉMMAÜS, Derde gedeelte ...

Tuesday 3 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Psalm 18:46)
The Lord lives! Blessed be my Rock; and let the God of my salvation be exalted!

MESSAGE OF THE DAY:
ON THE ROAD TO EMMAUS, Third section ...
(Luke 24:40-53)
40. When He had said this He showed them His hands and His feet.  
41. And while they still could not believe it (because of their joy) and were amazed, He said to them: "Do you have anything here to eat?"
42. So they gave Him a piece of broiled fish,
43. And He took it and ate it in front of them. 
44. Then He said to them: "These are My words that I spoke to you while I was still with you; that everything written about Me in the law of Moses and the prophets and the psalms must be fulfilled."
45. Then He opened their minds so they could understand the Scriptures, 
46. And said to them: "Thus it stands written that the Christ would suffer and would rise from the dead on the third day, 
47. "And repentance for the forgiveness of sins would be proclaimed in His Name to all nations, beginning from Jerusalem. 
48. "You are My witnesses to these things. 
49. "And look, I Am sending you what My Father promised. But stay in the city until you have been clothed with power from on high."
50. Then Jesus led them out as far as Bethany, and lifting up His hands, He blessed them. 
51. Now during the blessing He departed and was taken up into heaven.  
52. So they worshiped Him and returned to Jerusalem with great joy. 
53. And were continually in the temple courts blessing and praising God. 

Dinsdag 3 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Psalm 18:47)
Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
OP PAD NA ÉMMAÜS, Derde gedeelte ...
(Lukas 24:40-53)
40. En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle Sy hande en voete.  
41. En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: "Het julle hier iets om te eet."
42. Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.  
43. En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet. 
44. En Hy sê vir hulle: "Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het, toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe was in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. 
 45. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. 
46. En Hy sê vir hulle; "So is dit geskrywe en so moes die Christus ly, en op die derde dag uit die dode opstaan, 
47. "En bekering en vergewing van sondes in Sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. 
48. "En julle is getuies van hiedie dinge. 
49. "En kyk, Ek stuur die belofte van My Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte."
50. En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het Sy hande opgehef en hulle geseën. 
51. En terwyl Hy hulle seën het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem. 
52. En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap. 
53. En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank.  Amen. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I wiil share the Word with you, as often as I possibly can.     /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Cell phone photo taken in our garden


Thursday, 28 April 2016

ON THE ROAD TO EMMAUS, Second section ... / OP PAD NA ÉMMAÜS, Tweede gedeelte ...

Monday 2 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Psalm 18:35)
You give me Your protective shield; Your right hand supports me; Your willingness to help enables me to prevail.  
 
MESSAGE OF THE DAY:
ON THE ROAD TO EMMAUS, Second section ...
(Luke 24:26-39)
26. "Wasn't it necessary for the Christ to suffer these things and enter into His glory?"
27. Then beginning with Moses and all the prophets, He interpreted to them the things written about Himself in all the Scriptures. 
28. So they approached the village where they were going. He acted as though He wanted to go farther, 
29. But they urged Him: "Stay with us, because it is going toward evening and the day is almost done." So He went in to stay with them. 
30. When He had taken His place at the table with them, He took the bread, blessed and broke it, and gave it to them. 
31. At this point their eyes were opened and they recognized Him. Then He vanished out of their sight. 
32. They said to each other: "Didn't our hearts burn within us while He was speaking to us on the road, while He was explaining the Scriptures to us?"
33. So they got up that very hour and returned to Jerusalem. They found the eleven and those with them, gathered together,
34. And saying: "The Lord Has really risen, and Has appeared to Simon!"
35. Then they told what had happened on the road, and how they recognized Him when He broke the bread. 
36. While they were saying these things, Jesus Himself stood among them and said to them: "Peace be with you."
37. But they were startled and terrified, thinking they saw a ghost.  
38. Then He said to them: "Why are you frightened, and why do doubts arise in your hearts?
39. "Look at My hands and My feet; it's Me! Touch Me and see; a ghost does not have flesh and bones like you see that I have!"

Maandag 2 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Psalm 18:35)
Ook het U my die skild van U uitredding gegee, en U regterhand het my ondersteun, en U neerbuigende goedheid het my groot gemaak. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
OP PAD NA ÉMMAÜS, Tweede gedeelte ...
(Lukas 24:26-39)
26. "Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in Sy heerlikheid ingaan nie?"
27. En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.  
28. Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of verder wou gaan. 
29. Maar hulle het by Hom aangedring en gesê: "Bly by ons want dit is amper aand en die dag het gedaal;" en Hy het ingegaan om by hulle te bly. 
30. En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.  
31. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. 
32. En hulle sê vir mekaar: "Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?"
33. Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug, en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
34. Wat sê: "Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn." 
35. Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood. 
36. En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hulle midde en së vir hulle: "Vrede vir julle!"
37. Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien. 
38. En Hy sê vir hulle: "Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
39. "Kyk na My hande en My voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie."

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you, as often as I possibly can.  /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Many thanks for this very inspiring photo and words from the: Jerusalem Prayer Team.   
Thank you also to Mary Lynch who shared this on Face Book.