Monday, 18 January 2016

JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES, Second section ... / JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT, Tweede gedeelte ..,

Friday 5 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Jeremiah 33:16)
In those days Judah shall be saved, and Jerusalem shall dwell safely. And this is the name by which it will be called: The Lord is our RIGHTEOUSNESS (our Rightness, our Justice).  

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES, Second section ...
(Matthew 10:14-26)
14. "And whoever will not receive and accept and welcome you, nor listen to your message, as you leave that house or town, shake the dust (of it) off your feet. 
15. "Truly I tell you, it shall be more tolerable on the day of judgement  for the land of Sodom and Gomorrah than for that town. 
16. "Behold, I Am sending you like sheep in the midst of wolves; be wary and wise as serpents, and be innocent (harmless, guileless, and without falsity) as doves. 
17. "Be on guard against men (whose way or nature is to act in opposition to God); for they will deliver you up to  councils and flog you in their synagogues,   
18. "And you will be brought before governors and kings for My sake, as a witness to bear testimony before them, and to the Gentiles (the nations).
19. "But when they deliver you up, do not be anxious about how or what you are to speak; for what you are to say will be given you in that very hour and moment. 
20. "For it is not you who are speaking, but the Spirit of your Father, speaking through you.  
21. "Brother will deliver up brother to death, and the father his child; and children will take a stand against their parents, and will have them put to death. 
22. "And you will be hated by all for My Name's sake, but he who perseveres and endures to the end, will be saved (from spiritual disease and death in the world to come).
23. "When they persecute you in one town, (that is, pursue you in a manner that would injure you and cause you to suffer because of your belief), flee to another town; for truly I tell you, you will not have gone through all the towns of Israel, before the Son of Man comes. 
24. "A disciple is not above his teacher, nor is a servant or slave above his master. 
25. "It is sufficient for the disciple to be like his teacher, and the servant or slave like his master. If they have called the master of the house Beelzebub (master of the dwelling), how much more will they speak evil of those of his household!
26. "So have no fear of them; for nothing is concealed that will not be revealed, or kept secret that will not become known."

Vrydag 5 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jeremia 33:16)
In díé dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: die Here, ons GEREGTIGHEID. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT, Tweede gedeelte ...  
(Matthéüs 10:14-26)
14. "En as iemand julle nie ontvang nie, en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. 
15. "Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad. 
16. "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. 
17. "Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. 
18. "En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil, tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene. 
19. "Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
20. "Want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. 
21. "Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 
22. "En julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 
23. "En wanneer hulle julle vervolg in  die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die Mens kom nie. 
24. "'n Leerling is nie bo die meester nie, en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie. 
25. "Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word, en die dienskneg soos sy heer. As hulle die die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
26. "Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to John Hagee Ministries for this true and powerful statement. 


SERMON ON THE MOUNT: Go the Second mile ... / BERGPREDIKASIE; Gaan Die Ekstra myl ...

Wednesday 20 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Luke 11:34)
"Your eye is the lamp of your body. Therefore, when your eye is healthy,  your whole body is also full of light. But when your eye is diseased, your whole body also is full of darkness."

MESSAGE OF THE DAY:
GO THE EXTRA MILE:
(Matthew 5:38-42)
38. "You have heard that it was said: 'An eye for an eye, and a tooth for a tooth.'
39.  "But I say to you, do not resist the evildoer. But whoever strikes you on the right cheek, turn the other to him as well. 
40. "But if someone wants to sue you and to take your tunic, give him your coat also. 
41. "And if anyone forces you to go one mile, go with him two. 
42. "Give to the one who asks you, and do not reject the one who wants to borrow from you."

Woensdag 20 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
Lukas 11:34)
"Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GAAN DIE EKSTRA MYL:
38. "Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Oog vir oog en tand vir tand.'
39. "Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 
40. "En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. 
41. "En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. 
42. "Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Swit Prii for this short but very powerful prayer. Thank you also to Roüa Pienaar who posted this short prayer on Face Book. 
Indeed, His grace is new every morning, and is sufficient for us!


Monday, 11 January 2016

THE SERMON ON THE MOUNTAINSIDE. / DIE BERGPREDIKASIE.

Tuesday 12 January 2016. 
WORD OF THE DAY: 
(Matthew 6:14,15)
14. "For if you forgive men when they sin against you, your heavenly Father will also forgive you. 
15. "But if you do not forgive men their trespasses, neither will your  Father forgive your trespasses."

MESSAGE OF THE DAY: 
THE SERMON ON THE MOUNTAINSIDE, First section ...
The Beatitudes: 
(Matthew 5:1-12)
1. Now when He saw the crowds, He went up on a mountainside and sat down. His disciples came to Him, 
2. and He began to teach them saying:
3. "Blessed are the poor in spirit, for theirs is the kingdom of heaven.  
4. "Blessed are those who mourn, for they will be comforted. 
5. "Blessed are the meek, for they will inherit the earth.
6. "Blessed are those who hunger and thirst for righteousness, for they will be filled. 
7. "Blessed are the merciful, for they will be shown mercy.
8. "Blessed are the pure in heart, for they will see God. 
9. Blessed are the peacemakers for they will be called sons of God. 
10. "Blessed are those who are persecuted because of righteousness, for theirs is the kingdom of heaven. 
11. "Blessed are you when people insult you, persecute you and falsely say all kinds of evil against you, because of Me. 
12. "Rejoice and be glad, because great is your reward in heaven, for in the same way they persecuted the prophets who were before you."

Dinsdag 12 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG:
Matthéüs 6:14,15)
14.  "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.  
15. "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE BERGPREDIKASIE:
Die Saligsprekinge:
(Matthëùs 5:1-12)
1. En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het Sy dissipels na Hom gekom. 
2. En Hy het Sy mond geopen en hulle geleer en gesê: 
3. "Salig is die wat arm van gees is want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 
4. "Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. 
5. "Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. 
6. "Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. 
7. "Salig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid bewys word. 
8. "Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 
9. "Salig is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word. 
10. "Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.   
11. "Salig is julle wanneer mense julle beledig en vervolg, en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. 
12. "Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het."

(God willing and by His marvellous mercy and loving-kindness, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to whoever posted this very relevant pic on Face Book.  


Thursday, 7 January 2016

JESUS PREACHES THE MESSAGE. / JESUS BRING DIE BOODSKAP.

Saturday 9 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 6:34)
So then, do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Today has enough trouble of its own.   

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS PREACHES THE MESSAGE:
(Matthew 4:17-25)
17. From that time Jesus began to preach this message: "Repent, for the kingdom of God is near."
18. As He was walking by the Sea of Galilee, He saw two brothers, Simon (called Peter) and Andrew his brother, casting a net into the sea (for they were fishermen).
19. He said to them: "Follow Me, and I will turn you into fishers of people." 
20. They left their nets immediately and followed Him. 
21. Going up from there, He saw two other brothers, James the son of Zebedee and John His brother, in a boat with Zebedee their father, mending their nets. Then He called them. 
22. They immediately left the boat and their father and followed Him. 
23. Jesus went throughout all of Galilee, teaching in their synagogues, preaching the gospel of the kingdom, healing all kinds of disease and sickness among the people.  
24. So a report about Him spread throughout Syria. People brought to Him all who suffered with various illnesses and afflictions, those who had seizures, paralytics, and those possessed by demons, and He healed them. 
25. And large crowds followed Him from Galilee, the Decapolis, Jerusalem, Judea, and beyond the Jordan River. 

Saterdag 9 Januarie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 6:34)
Kwel julle dus nie oor môre nie,
want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.  
 
BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS BRING DIE BOODSKAP: 
(Matthéüs 4:17-25)
17. Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: "Bekeer julle want die koninkryk van die hemele het naby gekom.  
18. En terwyl Jesus langs die see van  Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andreas sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. 
19. En Hy sê vir hulle: "Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. 
20. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg. 
21. En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs - besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep. 
22. En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat, en Hom gevolg. 
23. En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer, en die evangelie van die koninkryk verkondig, en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. 
24. En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sirië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne, en wat van duiwels besete was, en maansiektes en verlamdes; en Hy het almal gesond gemaak.   
25. En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af. 

(God willing and by His marvelous Grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare Genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Cell phone photo taken in our garden

Wednesday, 6 January 2016

THE TEMPTATION OF JESUS, Second section ... / DIE VERSOEKING VAN JESUS, Tweede gedeelte ..,

Thursday 7 January 2016.
WORD OF THE DAY:
(John 1:10,11)
10. He was in the world, and the world was created by Him, but the world did not recognize Him.  
11. He came to what was His own, but His own people did not receive Him. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE TEMPTATION OF JESUS, Second section ...
(Matthew 4:9-16)
9. And he said to Him: "I will give You all these things if You throw Yourself to the ground and worship me."
10. Then Jesus said to him: "Go away satan! For it is written: "You are to worship the Lord your God, and serve only Him."
11. Then the devil left Him, and angels came and began ministering to His needs. 
12. Now when Jesus heard that John had been imprisoned, He went into Galilee.  
13. While in Galilee, He moved from Nazareth to make His home in Capernaum by the sea, in the region of Zebulun and Naphtali,  
14. So that what was spoken by Isaiah the prophet would be fulfilled:
15. "Land of Zebulun and land of Naphtali, the way by the sea, beyond the Jordan, Galilee of the Gentiles -
16. "The people who sit in darkness have seen a great light, and on those who sit in the region and shadow of death, a light has dawned."

Donderdag 7 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG:
(Johannes 1:10,11)
10. Hy was in die wêreld en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. 
11. Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VERSOEKING VAN JESUS, Tweede gedeelte ...
(Matthéüs 4:9-16)
9. En sê vir Hom: "Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid."
10. Toe sê Jesus vir hom: "Gaan weg, satan! Want daar is geskrywe: "Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."
11. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien. 
12. En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan. 
13. En Hy het Nasaret verlaat en gaan woon in Kapernaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali, 
14. Sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja die profeet, toe hy gesê het: 
15. Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene -
16. Die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan. 
 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Many thanks for this short but powerful prayer by Kenneth Copeland Ministries, which I found on Face Book


Monday, 4 January 2016

THE TEMPTATION OF JESUS, First section. /. DIE VERSOEKING VAN JESUS, Eerste gedeelte.

Wednesday 6 January 2016.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 7:3)
Why do you look at the speck of sawdust in your brother's eye, and pay no attention to the plank in your own eye?

MESSAGE OF THE DAY:
THE TEMPTATION OF JESUS, First section ...
(Matthew 4:1-8)
1. Then Jesus was led by the Spirit into the desert, to be tempted by the devil. 
2. After fasting forty days and forty nights, He was famished. 
3. The tempter came to Him and said: "If You are the Son of God, tell these stones to become bread."
4. Jesus answered: "It is written: 'Man does not live by bread alone, but on every Word that comes from the mouth of God.'" 
5. Then the devil took Him to the holy city, and had Him stand on the highest point of the temple. 
6. And said to Him: "If You are the Son of God, throw yourself down. For it is is written: 'He will command His angels concerning You,' and 'with their hands they will lift You up, so that You will not strike Your foot against a stone.'" 
7. Jesus answered him: "It is also written: 'You are not to put the Lord Your God to the test.'"
8. Again, the devil took Him to a very high mountain, and showed Him all the kingdoms of the world and their grandeur.  

Dinsdag 5 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 7:3)
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VERSOEKING VAN JESUS, Eerste gedeelte ... 
(Matthéüs 4:1-8)
1. Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. 
2. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. 
3. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: "As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word."
4. Maar Hy antwoord en sê: "Daar is geskrywe: 'Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat deur die mond van God uitgaan.'"
5. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan, 
6. En sê vir Hom: "As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar staan geskrywe: 'Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U voet teen 'n klip stamp nie.'" 
7. Jesus sê vir hom: "Daar is óók geskrywe: 'Jy mag die Here jou God nie versoek nie.'"
8. Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.  /  As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)



Sunday, 3 January 2016

THE BAPTISM OF JESUS. / DIE DOOP VAN JESUS.

Monday 4 January 2016.
WORD OF THE DAY:
THE YOKE OF JESUS:
(Matthew 11:28-30)
28. "Come to Me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest. 
29. "Take My yoke on you and learn from Me, because I Am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls. 
30. "For My yoke is easy to bear, and my load is not hard to carry."

MESSAGE OF THE DAY:
THE BAPTISM OF JESUS: 
Also: (Mark 1:9-11; Luke 3:21,22; John 1:31-34)
(Matthew 3:13-17)
13. Then Jesus came from Galilee to John (The Baptist) to be baptized by him in the Jordan river. 
14. But John tried to prevent Him, saying: "I need to be baptized by You, and yet You come to me?"
15. So Jesus replied to him: "Let it happen now, for it is right for us to fulfill all righteousness." Then John yielded to Him. 
16. After Jesus was baptized, just as He was coming up out of the water, the heavens opened and He saw the Spirit of God descending like a dove and coming on Him
17. And a voice from heaven said: "This is My One dear Son, in Him I take great delight."

Maandag 4 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG:
DIE JUK VAN JESUS:
(Matthéüs 11:28-30)
28. "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee.
29. "Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
30. "Want My juk is sag en My las is lig."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE DOOP VAN JESUS:
Ook: (Markus 1:9-11; Lukas 3:21-22; Johannes 1:31-34)
(Matthéüs 3:13-17)
13. Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. 
14. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: "Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?"
15. Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: "Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. 
16. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. 
17. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: "Dit is My geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het." 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I posssibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks to Rosan Marais who kindly presented this very relevant picture as illustration of Matthew 11:28.