Monday, 18 January 2016

SERMON ON THE MOUNT: The Lamp of the Body, You cannot serve God and Riches. / BERGPREDIKASIE: Die Lamp van die Liggaam, Jy kan nie God én Rykdom dien nie.

Tuesday 26 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 9:29)
Then He touched their eyes saying: "According to your faith let it be to you."
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE LAMP OF THE BODY:
(Matthew 6:22,23)
22. "The lamp of the body is the eye. If therefore your eye is good, your whole body will be full of light.  
23. "But if your eye is bad, your whole body will be full of darkness. If therefore the light that is in you is darkness, how great is that darkness!"

YOU CANNOT SERVE GOD AND RICHES:  
(Matthew 6:24)
"No one can serve two masters, for either he will hate the one and love the other; or else he will be loyal to the one and despise the other. You cannot serve God and mammon."

Dinsdag 26 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 9:29)
Toe raak Hy hulle oë aan en sê: "Laat dit vir julle wees volgens julle geloof."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE LAMP VAN DIE LIGGAAM: 
(Matthéüs 6:22,23)
22. "Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 
23. "Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou, donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!" 

JY KAN NIE GOD ÉN RYKDOM DIEN NIE:
(Matthéüs 6:24)
"Niemand kan twee here dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê,  óf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én mammon dien nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to whoever posted this powerful truth on Face Book. 

SERMON ON THE MOUNT: Do not worry. / BERGPREDIKASIE: Moenie Bekommerd Wees nie.

Wednesday 27 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Psalm 121:1,2)
1. I will lift up my eyes to the hills - from whence comes my help?  
2. My help comes from the Lord, 
Who made heaven and earth. 

MESSAGE OF THE DAY:
DO NOT WORRY:
(Matthew 6:25-34)
25. "Therefore I say to you, do not worry about your life, what you will eat, or what you will drink, nor about your body about what you will put on. Isn't there more to life than food, and more to the body than clothing?
26. "Look at the birds in the sky: they do not sow or reap, or gather into barns, yet your heavenly Father feeds them. Aren't you more valuable than they are? 
27. "Which of you by worrying can add even one hour to his life?
28. "So why do you worry about clothing? Think about how the flowers of the field grow; they do not work or spin. 
29. "And yet I say to you: not even Solomon in all his glory was clothed like one of these! 
30. "Now if this is how God clothes the wild grass which is here today, and tomorrow is tossed into the fire to heat the oven, won't He clothe you even more, you people of little faith?
31. "Therefore do not worry saying: 'What will we eat?' or 'What will we drink?' or 'What will we wear?'
32. "For after all these things the gentiles seek. For your heavenly Father knows that you need them.
33. "But seek first the kingdom of God and righteousness, and all these things will be given to you as well. 
34. "Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about its own things. Today has enough trouble of its own."

Woensdag 27 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Psalm 121:1,2)
1. Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom?
2. My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
MOENIE BEKOMMERD WEES NIE:
(Matthéüs 6:25-34)
25. "Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe - wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam - wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
26. "Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?
27. "Wie tog onder julle kan deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
28. "En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
29. "En Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid, nie bekleed was soos een van hulle nie. 
30. "As God dan die gras van die veld wat vandag daar is, en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel temeer vir julle kleingelowiges?
31. "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: 'Wat sal ons eet,' of 'wat sal ons drink,' of 'wat sal ons aantrek nie?'
32. "Want na al hierdie goed soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 
33. "Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 
34. "Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Morning Star Ministries for this good illustration of 2 Corinthians 12:9. Thank you also to Rick Joyner who posted this on Face Book.  


SERMON ON THE MOUNT: Do Not Judge. / BERGPREDIKASIE: Moenie Oordeel Nie.

Thursday 28 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 8:26)
But He said to them: "Why are you cowardly, you people of little faith?"
Then He got up and rebuked the winds and the sea, and it was dead calm. 

MESSAGE OF THE DAY:
DO NOT JUDGE:
(Matthew 7:1-6)
1. "Do not judge so that you will not be judged. 
2. "For by the standard you judge, you will be judged, and the measure you use will be the measure you receive.  
3. "Why do you see the speck of sawdust in your brother's eye, but fail to see the beam of wood in your own?
4. "Or how can you say to your brother: 'Let me remove the speck from your eye,' while there is a beam in your own?
5. "You hypocrite! First remove the beam from your own eye, and then you can see clearly to remove the speck from your brother's eye. 
6. "Do not give what is holy, to dogs or throw your pearls before pigs; orherwise they will trample them under their feet and turn around and tear you to pieces."

Donderdag 28 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéus 8:26)
En Hy sê vir hulle: "Waarom is julle bang, kleingelowiges?" Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
MOENIE OORDEEL NIE:
(Matthéüs 7:1-6)
1. "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 
2. "Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word. 
3. "En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
4. "Of hoe sal jy vir jou broeder sê: 'Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk? 
5. "Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. 
6. "Moenie wat heilig is aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap, en omdraai en julle verskeur nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Joel Osteen Ministries for this very true and powerful statement. 


SERMON ON THE MOUNT: Jesus Forbids Oaths. / BERGPREDIKASIE: Jesus Verbied Eedswerings.

Tuesday 19 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 8:17)
In this way what was spoken by Isaiah the prophet was fulfillef: "He took our weaknesses and carried our diseases." 

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FORBIDS OATHS:
(Matthew 5:33-37)
33. "Again, you have heard that it was said to an older generation: 'Do not break an oath, but fulfill your vows to the Lord.'
34. "But I say to you, do not take oaths at all - not by heaven, because it is the throne of God,
35. "Not by earth, because it is His footstool, and not by Jerusalem, because it is the city of the great King.  
36. "Do not take an oath by your head, because you are not able to make one hair white or black. 
37. "Simply let your 'Yes be Yes,' and your 'No, No.' Anything beyond this comes from the evil one."

Dinsdag 19 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 8:17)
Sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet toe hy gesê het: "Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra."
  
BOODSKAP VAN DIE DAG:
JUSUS VERBIED EEDSWERINGE:
(Matthéüs 5:33-37)
33. "Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: 'Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.'
34. "Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie - nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
35. "Ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van Sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;
36. "Ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar swart of wit kan maak nie. 
37. "Maar laat julle woord wees: 'Ja, ja'; 'Nee, nee.' Wat meer as dit is, is uit die bose."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Matiana Navarez Baldera for the "OUR FATHER" text. Also thank you to Elna Le Hanie who posted it on Face Book. 
Let us also end it off reverently as it should be: For Yours is the Kingdom and the Power and the Glory. Forever. Amen. 
(Matthew 6:9-13) [New King James Version]  ~ {I fail to understand why some translations leave out the latter part.}  Glory to God!


THE WORKERS ARE FEW. / DIE WERKERS IS MIN.

Wednesday 3 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 21:22)
"If you believe, you will receive whatever you ask for in prayer."
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE WORKERS ARE FEW: 
(Matthew 9:35-38)
35. Jesus went through all the towns and villages, teaching in their synagogues, preaching the good news of the kingdom, and healing every kind of disease and sickness. 
36. When He saw the crowds, He had compassion on them, because they were harassed and helpless, like sheep without a shepherd. 
37. Then Jesus said to His disciples: "The harvest is plentiful, but the workers are few.
38. "Ask the Lord of the harvest therefore, to send out workers into His harvest field." 

Woensdag 3 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 21:22)
"En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE ARBEIDERS IS MIN:
(Matthéüs 5:35-38)
35. En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer, en die evangelie van die koninkryk verkondig, en elke siekte en kwaal onder die volk genees. 
36. En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was - soos skape wat geen herder het nie. 
37. Toe sê Hy vir Sy dissipels: "Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. 
38. "Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag uitstuur."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Elna Le Hanie for this powerful statement of faith, which she posted on Face Book. 
The illustration is excellent!

JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES. / JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT.

Thursday 4 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Isaiah 25:1)
O Lord, You are my God; I will exalt You and praise Your Name, for in perfect faithfulness You have done marvellous things, things planned long ago. 

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES:
(Matthew 10:5-13)
5. Jesus sent out the 'twelve', charging them: "Go nowhere among the Gentiles and do not go into any town of the Samaritans;
6. "But rather go to the lost sheep of the house of Israel. 
7. "And as you go, preach, saying: 'The kingdom of heaven is at hand!'
8. "Cure the sick, raise the dead, cleanse the lepers, drive out demons. Freely (without pay) you have received, freely (without charge) give. 
9. "Take no gold nor silver nor (even) copper money in your purses (belts);
10. "And do not take a provision bag or a wallet for a collection bag for your journey, nor two undergarments, nor sandals, nor a staff; for the workman deserves his support (his living, his food).
11. "And into whatever town or village you go, inquire who in it is deserving, and stay there (at his house) until you leave (that vicinity).
12. "As you go into that house, give your greetings and wish it well.  
13. "Then if indeed that house is deserving, let come upon it your peace (that is: freedom from all the distresses that are experienced as the result of sin). But if it is not deserving, let your peace return to you."

Donderdag 4 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jesaja 25:1)
Here, U is my God! U sal ek verhoog; U Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JUSUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT:
(Matthéüs 10:5-13)
5. Jesus het die 'twaalf' uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: "Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
6. "Maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. 
7. "En gaan preek en sê: 'Die koninkryk van die hemele het naby gekom.'
8. "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 
9. "Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie; 
10. "Geen reissak vir die pad, of twee kledingstukke of skoene of 'n stok nie, want die arbeider is sy voedsel werd.  
11. "En in watter stad julle ookal mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek. 
12. "En as julle die huis ingaan, groet dit;
13. "En as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na 
julle terugkeer."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to pastor Matthew Hagee of John Hagee Ministries, for this very powerful statement. 

JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES, Second section ... / JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT, Tweede gedeelte ..,

Friday 5 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Jeremiah 33:16)
In those days Judah shall be saved, and Jerusalem shall dwell safely. And this is the name by which it will be called: The Lord is our RIGHTEOUSNESS (our Rightness, our Justice).  

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES, Second section ...
(Matthew 10:14-26)
14. "And whoever will not receive and accept and welcome you, nor listen to your message, as you leave that house or town, shake the dust (of it) off your feet. 
15. "Truly I tell you, it shall be more tolerable on the day of judgement  for the land of Sodom and Gomorrah than for that town. 
16. "Behold, I Am sending you like sheep in the midst of wolves; be wary and wise as serpents, and be innocent (harmless, guileless, and without falsity) as doves. 
17. "Be on guard against men (whose way or nature is to act in opposition to God); for they will deliver you up to  councils and flog you in their synagogues,   
18. "And you will be brought before governors and kings for My sake, as a witness to bear testimony before them, and to the Gentiles (the nations).
19. "But when they deliver you up, do not be anxious about how or what you are to speak; for what you are to say will be given you in that very hour and moment. 
20. "For it is not you who are speaking, but the Spirit of your Father, speaking through you.  
21. "Brother will deliver up brother to death, and the father his child; and children will take a stand against their parents, and will have them put to death. 
22. "And you will be hated by all for My Name's sake, but he who perseveres and endures to the end, will be saved (from spiritual disease and death in the world to come).
23. "When they persecute you in one town, (that is, pursue you in a manner that would injure you and cause you to suffer because of your belief), flee to another town; for truly I tell you, you will not have gone through all the towns of Israel, before the Son of Man comes. 
24. "A disciple is not above his teacher, nor is a servant or slave above his master. 
25. "It is sufficient for the disciple to be like his teacher, and the servant or slave like his master. If they have called the master of the house Beelzebub (master of the dwelling), how much more will they speak evil of those of his household!
26. "So have no fear of them; for nothing is concealed that will not be revealed, or kept secret that will not become known."

Vrydag 5 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jeremia 33:16)
In díé dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: die Here, ons GEREGTIGHEID. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT, Tweede gedeelte ...  
(Matthéüs 10:14-26)
14. "En as iemand julle nie ontvang nie, en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. 
15. "Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad. 
16. "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. 
17. "Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. 
18. "En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil, tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene. 
19. "Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
20. "Want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. 
21. "Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 
22. "En julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 
23. "En wanneer hulle julle vervolg in  die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die Mens kom nie. 
24. "'n Leerling is nie bo die meester nie, en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie. 
25. "Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word, en die dienskneg soos sy heer. As hulle die die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
26. "Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to John Hagee Ministries for this true and powerful statement.