Monday, 30 June 2014

THE PARABLE OF THE PERSISTENT WIDOW / DIE GELYKENIS VAN DIE VOLHARDENDE WEDUWEE.

Monday 30 June 2014.
WORD OF THE DAY:
[Matthew 12:20] A bruised reed He will not break, and a smouldering (dimly burning) wick He will not quench, till He brings justice and a just cause to victory.  

MESSAGE OF THE DAY:
THE PARABLE OF THE PERSISTENT WIDOW: 
1. English - (Amplified Bible Version)
[Luke 18:1-8] 
1. Then Jesus told His disciples a parable to show them that they should always pray and not give up, (faint, lose heart).
2. He said: "In a certain town there was a judge who neither reverenced and feared God nor respected or considered man.  
3. "And there was a widow in that town who kept coming to him with the plea: 'Protect and defend and grant me justice against my adversary.'
4. "And for some time he refused. But finally he said to himself: 'Even though I don't fear or reverence God or care and have consideration for man;
5. "'Yet because this widow continues to bother me, I will defend and protect and avenge her, lest she gives me intolerable annoyance and wear me out by her continual coming or at the last she comes and rails on me or assaults  me!'"
6. And the Lord said: "Listen to what the unjust judge says. 
7. "And will not (our just) God defend and protect and avenge His elect (His chosen ones), who cry out to Him day and night? Will He defer them and delay help on their behalf?
8. "I tell you, He will defend and protect and avenge them speedily. However, when the Son of man comes, will He find (persistence in) faith on the earth?"

Maandag 30 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Matthéüs 12:20)
'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GELYKENIS VAN DIE VOLHARDENDE WEDUWEE:
[Lukas 18:1-8]
1. En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie;
2. En gesê: "Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. 
3. "En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: 'Doen reg aan my teenoor my teëparty.'
4. "En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: 'Al vrees ek God ook nie, en al ontsien ek geen mens nie,
5. "'Tog sal ek omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.'"
6. Toe sê die Here: "Hoor wat die onregverdige regter sê. 
7. "Sal God nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
8. "Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel geloof op die aarde vind?"
   
Photo kindly supplied by John Hagee
    Ministries.  

Sunday, 29 June 2014

PARABLES OF THE LOST SHEEP AND THE LOST COIN / GELYKENISSE VAN DIE VERLORE SKAAP EN DIE VERLORE PENNING.

Weekend 28 & 29 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 84:11-12]  
11. For the Lord is a sun and shield; the Lord bestows favour and honour; and no good thing does He withhold from those whose walk is blameless.  
12. O Lord Almighty, blessed is the man who trusts in You. 

MESSAGE OF THE DAY:
PARABLES OF THE LOST SHEEP AND THE LOST COIN:
1. English - (New International Version)
[Luke 15:3-10)
3. Then Jesus told them this parable: 
4. "Suppose one of you has a hundred sheep and loses one of them. Does he not leave the ninety-nine in the open country and go after the lost sheep until he finds it?
5. "And when he finds it, he joyfully puts it on his shoulders, and goes home. 
6. "Then he calls his friends and neighbours together and says: 'Rejoice with me; I have found my lost sheep.'
7. "I tell you that in the same way there will be more rejoicing in heaven over one sinner who repents, than over ninety-nine righteous persons, who do not need to repent.
8. "Or suppose a woman has ten silver coins and loses one. Does she not light a lamp, sweep the house and search carefully until she finds it?
9. "And when she finds it, she calls her friends and neighbours together and says: 'Rejoice with me; I have found my lost coin.'
10. "In the same way, I tell you, there is rejoicing in the presence of the angels of God over one sinner who repents."

Naweek 28 & 29 Junie 2014.
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 84:12-13]
12. Want die Here God is 'n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in  opregtheid wandel nie. 
13. Here van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GELYKENISSE VAN DIE VERLORE SKAAP EN DIE VERLORE PENNING:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 15:3-10]
3. Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenisse en sê: 
4. "Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege-en-negentig in die woestyn staan, en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? 
5. "En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers,
6. "En as hy by die huis kom, roep hy sy bure en vriende bymekaar en sê vir hulle: 'Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.'
7. "Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie. 
8. "Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
9. "En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: 'Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.'
10. "So sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer."
 Photo kindly supplied by Martin Heigan.


Thursday, 26 June 2014

REPENT OR PERISH / BEKEER OF KOM OM.

Friday 26 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Luke 12:33-34]  33. "Sell your possessions and give to the poor. Provide purses for yourselves that will not wear out, a treasure in heaven that will not be exhausted, where no thief comes near and no moth destroys. 
34. "For where your treasure is, there your heart will be also."

MESSAGE OF THE DAY:
REPENT OR PERISH:
1. English - (New International Version)
[Luke 13:1-5]
1. Now there were some present at the time, who told Jesus about the Galileans whose blood Pilate had mixed with their sacrifices. 
2. Jesus answered: "Do you think that these Galileans were worse sinners than all the other Galileans because they suffered this way? 
3. "I tell you, no! But unless you repent  you too will all perish. 
4. "Or those eighteen who died when the tower on Siloam fell on them -- do you think they were more guilty than all the others living in Jerusalem?
5. "I tell you, no! But unless you repent, you too will all perish."
     
Vrydag 26 Junie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 12: 33-34]  33. "Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, 'n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. 
34. "Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
BEKEER OF KOM OM:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 13:1-5] 
1. En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig, wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het. 
2. En Jesus antwoord en sê vir hulle: "Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die ander Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?
3. "Nee! sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
4. "Of daardie agtien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het -- dink julle dat hulle meer skuldig was as al die ander mense wat in Jerusalem woon?
5. "Nee! sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom."
   
Photo kindly supplied by Martin Heigan

Wednesday, 25 June 2014

JESUS BRINGS DIVISION / JESUS BRING VERDEELDHEID.

Thursday 26 June 2014.
WORD OF THE DAY:
[Luke 12:29,30]  29. "And do not set your heart on what you will eat or drink; do not worry about it. 30. "For the pagan world runs after all such things, and your Father knows that you need them."

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS BRINGS DIVISION:
1. English - (New King James Version)
[Luke 12:49-53]
49. "I came to send fire on the earth, and how I wish it were already kindled!
50. "But I have a baptism to be baptized with, and how distressed I Am till it is accomplished! 
51. "Do you suppose that I came to give peace on earth? I tell you, not at all, but rather division. 
52. "For from now on five in one house will be divided; three against two, and two against three.   
53. "Father will be divided against son, and son against father, mother against daughter and daughter against mother, mother-in-law against her daughter-in-law and daughter-in-law against her mother-in-law."

Donderdag 26 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[ Lukas 12:29,30]  29. "Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en jullle nie ongerus maak nie;  
30. Want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS BRING VERDEELDHEID:
[Lukas 22:49-53]  
49. "Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
50. "Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!
51. "Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. 
52. "Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee, en twee teen drie. 
53. "Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen die skoondogter, en die skoondogter teen die skoonmoeder."
 
   Photo kindly supplied by Martin Heigan

FAITHFUL AND WISE MANAGER / GETROUE EN VERSTANDIGE BESTUURDER.

Wednesday 25 June 2014. 
WORD OF THE DAY: 
[Luke 17:6] He replied: "If you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mulberry tree: 'Be uprooted and planted in the sea.' And it will obey you." 

MESSAGE OF THE DAY:
(THE FAITHFUL AND WISE MANAGER):
1. English - (New International Version):
[Luke 12:42-48]
42. The Lord answered: "Who then is the faithful and wise manager, whom the master puts in charge of his servants to give them their food allowance at the proper time?
43. "It will be good for that servant whom the master finds doing so when he returns. 
44. "I tell you the truth, he will put him in charge of all his possessions. 
45. "But suppose the servant says to himself: 'My master is taking a long time in coming,' and he then begins to beat the menservants and maidservants and  to eat and drink and get drunk. . .
46. "The master of that servant will come on a day when he does not expect him, and at an hour he is not aware of. He will cut him to pieces and assign him a place with the unbelievers. 
47. "That servant who knows his master's will and does not get ready or does not do what his master wants, will be beaten with many blows. 
48. "But the one who does not know and does things deserving punishment will be beaten with a few blows. From everyone who has been given much, much will be demanded; and from the one who has been entrusted with much, much more will be asked."

Woensdag 25 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 17:6] En die Here sê: "As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: 'Word ontwortel en in die see geplant.' En hy sou julle gehoorsaam wees."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GETROUE EN VERSTANDIGE BESTUURDER:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 12:42-48]
42. En die Here antwoord: "Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?
43. "Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer as hy kom, só besig sal vind. 
44. "Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 
45. "Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: 'My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word . . .
46. "Dan sal die heer van daardie dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur dat hy dit nie weet nie, dan sal hy hom pynig en hom 'n deelgenoot maak van die ontroues. 
47. "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het, en nie klaargemaak en volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;
48. "Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis."
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share 'End Times' with you as often as possible / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek poog om 'Eindtye' met u so dikwels moontlik te deel.)

Tuesday, 24 June 2014

WATCHFULNESS / WAAKSAAMHEID.

Tuesday 24 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 48:10]
According to Your Name, O God, So is Your praise to the ends of the earth; Your right hand is full of righteousness. 

MESSAGE OF THE DAY:
WATCHFULNESS:
1. English - (New International Version)
[Luke 12:35-40]
35. "Be dressed ready for service and keep your lamps burning,
36. "Like men waiting for their master to return from a wedding banquet, so that when he comes and knocks they can immediately open the door for him. 
37. "It will be good for those servants whose master finds them watching when he comes. I tell you the truth, he will dress himself to serve, will have them recline at the table and will come and wait on them. 
38. "It will be good for those servants whose master finds them ready, even when he comes in the second or third watch of the night.
39. "But understand this: If the owner of the house had known at what hour the thief was coming, he would not have let the house be broken into. 
40. "You must also be ready, for the Son of man will come at an hour you do not expect Him"

Dinsdag 24 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 48:11] Soos U Naam, O God, so is U roem tot die eindes van die aarde toe; U regterhand is vol geregtigheid. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
WAAKSAAMHEID:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 12:35-40]
35. "Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 
36. "En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. 
37. "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. 
38. "En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind -- gelukkig is daardie diensknegte. 
39. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het, en nie in sy huis laat inbreek het nie. 
40. "Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie. 
   
Photo kindly supplied by Martin Heigan

Monday, 23 June 2014

MARRIAGE AT THE RESURRECTION / HUWELIKE EN DIE OPSTANDING.

Monday 23 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Mark 14:62] "I Am," said Jesus. "And you will see the Son of man sitting at the right hand of the Mighty One, and coming on the clouds of heaven."

MESSAGE OF THE DAY:
MARRIAGE AT THE RESURRECTION:
1. English - (New International Version)
[Markus 12:18-27]
18. Then the Sadducees, who say there is no resurrection, came to Him with a question. 
19. "Teacher," they said: "Moses wrote for us that if a man's brother dies and leaves a wife but no children, the man must marry the widow and have children for his brother. 
20. "Now there were seven brothers. The first one married and died without leaving any children. 
21. "The second one married the widow, but he also died, leaving no child. It was the same with the third. 
22. "In fact, none of the seven left any children. Last of all, the woman died too. 
23. "At the resurrection whose wife will she be, since all seven were married to her?"
24. Jesus replied: "Are you not in error because you do not know the Scriptures or the power of God?
25. "When the dead rise, they will neither marry nor be given in marriage; they will be like angels in heaven. 
26. "Now about the dead rising -- have you not read in the book of Moses, in the  account of the burning bush, how God said to him: 'I Am the God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob?'
27. "He is not the God of the dead, but of the living. You are badly mistaken!"

Maandag 23 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Markus 14:62] En Jesus sê: "Ek is, en u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit, en kom op die wolke van die hemel."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
HUWELIKE BY DIE OPSTANDING:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Markus 12:18-27]
18. Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê: 
19. "Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek. 
20. "Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat. 
21. "En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so. 
22. "En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe. 
23. "In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? - want al sewe het haar as vrou gehad."
24. En Jesus antwoord en sê vir hulle: "Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
25. "Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is. 
26. "En wat die dode betref, dat hulle opstaan -- het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: 'Ek is die God van Abraham, en die God van Isak en die God van Jakob nie?'
27. "God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks."
    Photo kindly supplied by Martin Heigan