Wednesday, 31 December 2014

NEW YEAR 2015. / NUWEJAAR 2015.

Wednesday 31 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Matthew 28:19,20]
19. "Therefore go and make disciples of all nations, baptising them in the Name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,
20. "And teaching them to obey everything I have commanded you. And surely I Am with you always to the very end of the age."

Woensdag 31 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Matthéüs 28:19,20]
19. "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
20. "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."

Herewith I would like to wish you all a blessed and prosperous 2015. May all your dreams come true. May love and faithfulness never leave you and may u win favour and a good name in the sight of God and man. (Proverbs 3:4)
                      /
Hiermee wens ek u 'n geseënde en voorspoedige 2015 toe. Mag al u drome bewaarheid word. Mag liefde en trou u nie verlaat nie en mag u geseën word met guns by God en ook by die mens. (Spreuke 3:4)

       Cell phone photo



Saturday, 27 December 2014

FOR NOTHING IS IMPOSSIBLE WITH GOD. / NIKS SAL VIR GOD ONMOONTLIK WEES NIE.

Saturday 27 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[2 Thessalonians 3:3]
But the Lord is faithful, and He will strengthen and protect you from the evil one. 

MESSAGE OF THE DAY:
FOR NOTHING IS IMPOSSIBLE WITH GOD:
1. English - (New International Version)
[Luke 1:34-38]
34. "How will this be?" Mary asked the angel, "since I am a virgin." 
35. The angel answered: "The Holy Spirit will come upon you, and the power of the Most High will overshadow you. So the Holy One to be born will be called:
'The Son of God.'
36. "Even Elizabeth your relative is going to have a child in her old age, and she who was said to be barren, is in her sixth month. 
37. "For nothing is impossible with God."
38. "I am the Lord's servant," Mary answered. "May it be to me as you have said." Then the angel left her. 

THE BIRTH OF JESUS CHRIST:
[Matthew 1:18-25]
18. This is how the birth of Jesus Christ came about: His mother Mary was pledged to be married to Joseph, but before they came together, she was found to be with child through the Holy Spirit. 
19. Because Joseph, her husband  was a righteous man and did not want to expose her to public disgrace, he had in mind to divorce her quietly. 
20. But after he had considered this, an angel of the Lord appeared to him in a dream and said: "Joseph, son of David, do not be afraid to take Mary home as your wife, because what is conceived in her, is from the Holy Spirit.   
21. "She will give birth to a Son, and you are to give Him the Name Jesus, because He will save His people from their sins."
22. All this took place to fulfill what the Lord had said through the prophet: 
23. "The virgin will be with child and will give birth to a Son, and they will call Him Immanuel - which means: 'God with us.'"
24. When Joseph woke up, he did what the angel of the Lord had commanded him, and took Mary home as his wife.  
25. But he had no union with her until she gave birth to a Son. And he gave Him the Name Jesus. 

Saterdag 27 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[2 Thessalonisense 3:3]
Maar die Here is getrou. Hy sal julle versterk en bewaar van die bose. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
NIKS SAL VIR GOD ONMOONTLIK WEES NIE:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 1:34-38]
34. Toe sê Maria vir die engel: "Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie."
35. En die engel antwoord en sê vir haar: "Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. 
36. "En kyk Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. 
37. "Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie."
38. En Maria sê: "Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord." En die engel het van haar weggegaan. 

GEBOORTE VAN JESUS CHRISTUS:
[Matthéüs 1:18-25]
18. Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe Sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. 
19. En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om van haar te skei. 
20. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: "Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
21. "En sy sal 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos."
22. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul kon word wat die Here deur die profeet gespreek het:
23. "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n Seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word, 'God met ons.'"
24. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het, en sy vrou by hom geneem;
25. En hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem. 

(DV. I will share the Word with you as often as possible. / DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels moontlik.) 
     Photo kindly supplied by:
       André Heigan. 

Wednesday, 24 December 2014

THE BIRTH OF JESUS FORETOLD. / DIE GEBOORTE VAN JESUS VOORSPEL.

Wednesday 24 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Luke 11:9-10]
9. "So I say to you: Ask and it will be given to you; seek and you will find; knock and the door will be opened to you. 
10. "For everyone who asks receives; he who seeks finds; and to him who knocks, the door will be opened."

MESSAGE OF THE DAY:
THE BIRTH OF JESUS FORETOLD:
1. English - (New International Version)
[Luke 1:26-33]
26. In the sixth month God sent the angel Gabriel to Nazareth a town in Galilee,
27. To a virgin pledged to be married to a man named Joseph, a descendant of David. The virgin's name was Mary. 
28. The angel went to her and said: "Greetings, you who are highly favoured! The Lord is with you."
29. Mary was greatly troubled at his words and wondered what kind of greeting this might be. 
30. But the angel said to her: "Do not be afraid, Mary, you have found favour with God. 
31. "You will be with Child and give birth to a Son, and you are to give Him the Name Jesus.
32. "He will be great and will be called the Son of the Most High. The Lord God will give Him the throne of his father David. 
33. "And he will reign over the house of Jacob for ever. His kingdom will never end."

Woensdag 24 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 11:9-10]
9, "En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaaak word. 
10. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GEBOORTE VAN JESUS VOORSPEL:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling))
[Lukas 1:26-33]
26. En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
27. Na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria. 
28. En die engel het by haar binnegekom en gesê: "Wees geseënd, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue."
29. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor  nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 
30. En die engel sê vir haar: "Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 
31. "En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 
32. "Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem geword; en die Here God sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee,
33. "En Hy sal koning wees oor die huis van Dawid tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie."

(DV. I will share the Word with you as often as possible. / DV. Sal ek die Woord so dikwels moontlik met u deel.)

Tuesday, 23 December 2014

THE PEOPLE PERCEIVED THAT ZACHARIAS HAD SEEN A VISION. / DIE MENSE BEMERK DAT SAGARIA 'N VISIE GESIEN HET.

Tuesday 23 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Jonah 2:2] 
In my distress I called to the Lord, and He answered me. From the depth of the grave I called for help, and He listened to my cry. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE PEOPLE PERCEIVED THAT ZACHARIAH HAD SEEN A VISION:
1. English - (New International Version)
[Lukas 1:19-25]
19. The angel answered: "I am Gabriel. I stand in the presence of God, and I have been sent to speak to you and to tell you this good news. 
20. "And now you will be silent and not able to speak until this happens, because you did not believe my words, which will come true at the proper time."
21. Meanwhile, the people were waiting for Zechariah and wondering why he stayed so long in the temple. 
22. When he came out, he could not speak to them. They realised that he had seen a vision in the temple, for he kept making signs to them, but remained unable to speak. 
23. When his time of service was completed, he returned home.  
24. After this his wife Elizabeth became pregnant, and for five months remained in seclusion. 
25. "The Lord Has done this for me," she said. "In these days He Has shown His favour, and taken away my disgrace among the people." 

Dinsdag 23 Desember 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jona 2:2]
Uit my benoudheid het ek die Here aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp - U het my stem gehoor!

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE MENSE  BEMERK DAT SAGARIA 'N VISIE GESIEN HET:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 1:19-25]
19. En die engel antwoord en sê vir hom: "Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring. 
20. "En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie." 
21. En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef. 
22. Maar toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie, en stom gebly. 
23. En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan. 
24. En ná hierdie dae, het Elisabet sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
25. "So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het, om my smaad onder die mense weg te neem."

(DV. I WILL SHARE THE WORD WITH YOU AS OFTEN AS POSSIBLE. / DV. SAL EK DIE WOORD MET U DEEL SO DIKWELS MOONTLIK.)
    Photo kindly supplied by:
      Martin Heigan. 

Monday, 22 December 2014

JOHN TO MAKE READY A PEOPLE PREPARED FOR THE LORD. / OM VIR DIE HERE 'N TOEGERUSTE VOLK TE BEREI.

Monday 22 December 2014.
WORD OF THE DAY:
[Romans 8:38,39]
38. For I am persuaded that neither  death nor life, nor angels nor principalities, nor powers nor things present nor things to come,
39. Nor height nor depth, nor any other created thing, shall be able to separate us from the love of God which is in Christ Jesus our Lord. 

MESSAGE OF THE DAY:
JOHN TO MAKE  READY A PEOPLE PREPARED FOR THE LORD: 
1. English - (New International Version)
[Luke 1:13-18]
13. But the angel said to him: "Do not be afraid Zechariah; your prayer has been heard. Your wife Elizabeth will bear you a son, and you are to give him the name John. 
14. "He will be a joy and delight to you, and many will rejoice because of his birth.  
15. "For he will be great in the sight of the Lord. He never will take wine or fermented drink, and he will be filled with the Holy Spirit, even from birth. 
16. "Many of the people of Israel will he bring back to the Lord their God.  
17. "And he will go on before the Lord, in the spirit and the power of Elijah, to turn the hearts of the fathers to their children and the disobedient, to the wisdom of the righteous - to make ready a people, prepared for the Lord."
18. Zechariah asked the angel: "How can I be sure of this? I am an old man and my wife is well on in years."

Maandag 22 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Romeine 8:38,39]
38. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge -
39. Of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here is nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
OM VIR DIE HERE 'N TOEGERUSTE VOLK TE BEREI:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling.)
[Lukas 1:13-18]
13. Maar die engel sê vir hom: "Moenie vrees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. 
14. "En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
15. "Want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul wees van die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. 
16. "En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. 
17. "En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elia, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei."
18. Toe sê Sagaría vir die engel: "Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd."
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. / DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
     Photo kindly supplied by:
         Alta van Vuuren. 


Sunday, 21 December 2014

JOHN'S BIRTH ANNOUNCED. / JOHANNES SE GEBOORTE AANGEKONDIG.

Sunday 21 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Jesaja 9:6.7a]
6. For to us a Child is born, to us a Son is given, and the government will be on his shoulders. And He will be called Wonderful Counsellor, Mighty God, Everlasting Father, Prince of Peace. 
7a. Of the increase of His government and peace, there will be no end. 

MESSAGE OF THE DAY:
JOHN'S BIRTH ANNOUNCED:
1. English - (New International Version)
[Luke 1:5-12]
5. In the time of Herod king of Judea, there was a priest named Zechariah, who belonged to the priestly division of Abijah; his wife was also a decendant of Aaron.  
6. Both of them were upright in the sight of God, observing all the Lord's commandments and regulations blamelessly. 
7. But they had no children because Elizabeth was barren; and they were well on in years. 
8. Once when Zacharish's division was on duty ad he was serving as priest before God,
9. He was chosen by lot, according to the custum of the priesthood, to go into the temple of the Lord and burn incense. 
10. And when the time for the burning of the incense came, all the assembled worshippers were praying outside.  
11. Then an angel of the Lord appeared to him, standing on the right side of the altar of incense. 
12. When Zachariah saw him, he was startled and gripped with fear. 
 
Sondag 21 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 9:5,6a]
5. Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. 
6a. Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde -

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GEBOORTE VAN JOHANNES AANGEKONDIG:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 1:5-12]
5. Daar was in die dae van Herodus, die koning ban Judéa, 'n sekere priester met die Naam van Sagaría, uit die adeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. 
6. En hulle was altwee regverdig voor God, en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel. 
7. En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd. 
8. En terwyl hy besig was om die priestersamp te bedien in die beurt van sy afdeling,
9. Het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand. 
10. En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer. 
11. Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan. 
12. En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval. 

(DV. I will try to share the Word with you every day, in this Christmas season. / DV. Sal ek die Woord met u elke dag deel, gedurende hierdie Kers-seisoen.)
   Photo kindly supplied by:
      André Heigan. 



Thursday, 18 December 2014

THE GIBEONITES BECAME THE ISRAELITES' SLAVES. / DIE GIBEONIETE WORD DIE ISRAELIETE SE SLAWE.

Thursday 18 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Mark 8:38]
"For whoever is ashamed of Me and My words in this adulterous and sinful generation, of him the Son of man will be ashamed when He comes in the glory of His Father, with the holy angels."

MESSAGE OF THE DAY:
THE GIBEONITES BECAME SLAVES OF THE ISRAELITES:
1. English - (New King James Version)
[Joshua 9:19-23]
19. Then all the rulers said to the congregation: "We have sworn to them by the Lord God of Isrsael; now therefore, we may not touch them. 
20. "This we will do to them: we will let them live, lest wrath be upon us because of the oath which we swore to them." 
21. And the rulers said to them: "Let them live, but let them be woodcutters and water carriers for all the congregation, as the rulers had promised them." 
22. Then Joshua called for them, and he spoke to them, saying: "Why have you deceived us, saying: 'We are very far from you', when you dwell near us?"
23. "Now therefore, you are cursed, and none of you shall be freed from being slaves - woodcutters and water carriers, for the house of my God."

Donderdag 18 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Markus 8:38]
"Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam, wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader, met die heilige engele."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GIBEONIETE WORD DIE ISRAELIETE SE SLAWE:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Josua 9:19-23]
19. Daarop sê die owerstes aan die hele vergadering: "Ons het self vir hulle gesweer voor die Here, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
20. "Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie."
21. Verder sê die owerstes vir hulle: "Laat hulle lewe!" En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het. 
22. Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: "Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: "Ons woon baie ver van julle af - terwyl julle tussen ons in woon?
23. "Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie."

(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. / DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)