Wednesday, 28 January 2015

THE RICH YOUNG MAN. / DIE RYK JONGMAN.

)
Saturday 31January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 89:9,11]
9. You rule the raging of the sea; when its waves arise, You still them. 
11. The heavens are Yours, the earth also is Yours; the world and all that is in it, You have founded them. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE RICH YOUNG MAN:
1. English - (Amplified Bible Version). 
[Luke 18:18-27]
18. And a certain ruler asked Him: "Good Teacher, (You Who are essentially and perfectly, morally good), what shall I do to inherit eternal life (to partake of eternal salvation in the Messiah's kingdom)?"
19. Jesus said to him: "Why do you call Me (essentially and perfectly, morally good? No one is (essentially and perfectly, morally) good except God only.  
20. "You know the commandments: 'Do nog commit adultery, do not kill, do not steal, do not witness falsely, honour your father and your mother.'"
21. And he replied: "All these I have kept from my youth."
22. And when Jesus heard it, He said to him: "One thing you still lack. Sell everything that you have and divide (the money) among the poor, and you will have (rich) treasure in heaven; and come back (and) follow Me, (become My disciple, join My party, and accompany Me.)
23. But when he heard this, he became distressed and very sorrowful, for he was rich -- exceedingly so. 
24. Jesus, observing him, said: "How difficult it is for those who have wealth to enter the kingdom of God!
25. "For it is easier for a camel to enter through a needle's eye than (for) a rich man to enter the kingdom of God."
26. And those who heard it said: "Then who can be saved?"
27. But He said: "What is impossible with men, is possible with God."

Saterdag 31 Januarie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:  
[Psalm 89:10,12]
10. Ú heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring Ù hulle tot bedaring. 
12. Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid -- U het dit gegrond. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE RYK JONGMAN:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 18:18-27]
18. En 'n sekere owerste vra Hom en sê: "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?"
19. En Jesus antwoord hom: "Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God. 
20. "Jy ken die gebooie: 'Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.'"
21. En hy sê: "Al hierdie dinge onderhou ek van my jeug af."
22. En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: "Nog een ding ontbreek jou -- verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My." 
23. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk. 
24. En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: "Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan. 
25. "Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan, as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan."
26. Daarop sê die wat dit gehoor het: "Wie kan dan gered word."
27. Maar Hy antwoord: "Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."

(DV. I will share the Word with you as often as U possibly can. / 
DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Tuesday, 27 January 2015

THE MAN WITH THE UNCLEAN SPIRIT. / DIE MAN MET DIE ONREINE GEES.

Wednesday 28 January 2015.
WORD OF THE DAY:
[Ecclesiastes 2:26{
For God gives wisdom and knowledge and joy to a man who is good in His sight; but to the sinner He gives the work of gathering and collecting, that he may give to the one who is pleasing before God. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE MAN WITH THE UNCLEAN SPIRIT:
1. English - (New King James Version.)
[Mark 1:21-28]
21. Then they went into Capernaum, and immediately on the Sabbath He entered the synagogue and taught. 
22. And they were astonished at His teaching, for He taught them as one having authority, and not as the scribes.  
23. Now there was a man in their synagogue with an unclean spirit. And he cried out:
24. Saying: "Let us alone! What have we to do with You, Jesus of Nazareth? Did You come to destroy us? I know Who You are - the holy One of God!"
25. But Jesus rebuked him saying: "Be quiet and come out of him!"
26. And when the unclean spirit had convulsed him and cried out with a loud voice, he came out of him. 
27. Then they were all amazed, so that they questioned among themselves, saying: "What is this? What new doctrine is this? For with authority He commands even the unclean spirits, and they obey Him!"
28. And immediately His fame spread througout all the region of Galilee.  

Woensdag 28 Januarie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Prediker 2:26]
Want aan 'n mens wat welgevallig is voor Sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde, maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE MAN MET DIE ONREINE GEES:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Markus 1:21-28]
21. En hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. 
22. En hulle was verslae oor Sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. 
23. En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu,
24. En gesê: "Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, Wie U is; die Heilige van God!"
25. En Jesus het hom bestraf en gesê: "Bly stil en gaan uit hom uit!"
26. En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu, en uit hom uitgegaan. 
27. En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: "Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee, en hulle Hom gehoorsaam is?"
28. En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa. 
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. / 
DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)


Monday, 26 January 2015

THEY DROVE JESUS OUT OF THE TOWN. / HULLE DRYF JESUS UIT DIE STAD.

Monday 26 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 60:19]
The sun will no more be your light by day, nor will the brightness of the moon shine on you, for the Lord will be your everlasting light, and your God will be your glory. 

MESSAGE OF THE DAY: 
THEY DROVE JESUS OUT OF THE TOWN:
1. English - (Amplified Bible Version)
[Luke 4:24-30]
24. Then He said: "Solemnly I say to you, no prophet is acceptable and welcome in his (own) town (country).
25. "But in truth I tell you, there were many widows in Israel in the days of Elijah, when the heavens were closed up for three years and six months, so that there came a great famine over all the land; 
26. "And yet, Elijah was not sent to a single one of them, but only to Zarephath in the country of Sidon, to a woman who was a widow. (1 Kings 17:1, 8-16; 18:1)
27. "And there were many lepers in Israel in the time of Elisha the prophet, and yet no one of them was cleansed (by being healed) -- but only Naaman the Syrian."(11 Kings 5:1-14).
28. When they heard these things, all the people in the synagogue were filled with rage. 
29. And rising up, they pushed and drove Him out of the town. And (laying hold of Him,) they led Him to the (projecting) upper part of the hill on which their town was built, that they might hurl Him headlong down (over the cliff).
30. But passing through their midst, He went on His way. 

Maandag 26 Januarie 2015.  
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 60:19]
En die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die Here sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS WORD VERDRYF UIT DIE STAD:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling) 
[Lukas 4:24-30]
24. En Hy sê: "Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in Sy vaderland nie. 
25. "Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar 'n groot hongersnood gekom het in die hele land.  
26. "En na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na 'n weduwee. 
27. "En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman die Síriër."
28. En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;
29. En hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi. 
30. Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.  
  Photo kindly supplied by:
     André Heigan. 
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Saturday, 24 January 2015

JESUS REJECTED AT NAZARETH. / JESUS WORD UIT NÁSARET VERDRYWE.

Weekend 24 & 25 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 54:10]
"For though the mountains should depart and the hills be shaken or removed, yet My love and kindness shall not depart from you, nor shall My covenant of peace and Completeness be removed," says the Lord Who Has compassion on you. 

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS REJECTED AT NAZARETH:
1. English - (Amplified Bible Version)
[Luke 4:14-23]
14. Then Jesus went back, full of and under the power of the (Holy) Spirit into Galilee, and the fame of Him spread through the whole region round about. 
15. And He Himself conducted (a course of) teaching in their synagogues, being recognized and honoured and praised by all. 
16. So He came to Nazareth, (that Nazareth) where He had been brought up, and He entered the synagogue, as was His custom on the Sabbath day. And He stood up to read. 
17. And there was handed to Him (the roll of) the book of the prophet Isaiah. He opened (unrolled) the book and found the place where it was written:
18. "The Spirit of the Lord (is) upon Me, because He Has anointed Me (the Anointed One, the Messiah) to preach the good news (the Gospel) to the poor; He Has sent Me to announce release to the captives and recovery of sight to the blind, to send forth as delivered those who are oppressed (who are downtrodden, bruised, crushed, and broken down by calamity.)
19. "To proclaim the acceptable year of the Lord (the day when salvation and the free favours of God profusely abound.)
20. Then He rolled up the book and gave it back to the attendant and sat down; and the eyes of all in the synagogue were gazing (attentively) at Him. 
21. And He began to speak to them: "Today this Scripture has been fulfilled while you are present and hearing."
22. And all spoke well of Him and marveled at the words of grace that came forth from His mouth; and they said: "Is not this Joseph's Son?"
23. So He said to them: "You will doubtless quote to Me this proverb: 'Physician heal Yourself! What we have learned by hearsay that You did in Capernaum, do here also in Your (own) town (country)."

Naweek 24 & 25 Januarie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 54:10]
"Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie." sê die Here, jou Ontfermer. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS WORD UIT NÁSARET VERDRYWE:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 4:14-23]
14. En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het 'n gerig aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan; 
15. En Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys, 
16. Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees. 
17. En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is: 
18. 'Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
19. 'Om aan gevangenis vrylating te verkondig en aan die blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.'
20. En nadat Hy die boek toegemaak het, en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. 
21. Toe begin Hy vir hulle te sê: "Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul."
22. En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit Sy mond kom; en hulle sê: "Is Hy nie die Seun van Josef nie?" 
23. En Hy antwoord hulle: "Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: 'Geneesheer, genees Uself! Alles wat ons hoor wat in Kapérnaüm gebeur het, doen dit hier in U vaderstad ook!"
(Picture by John Hagee Ministries.)
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Wednesday, 21 January 2015

THE TEMPTATION OF JESUS. / DIE VERSOEKING VAN JESUS.

Wednesday 21 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Luke 6:37]
Jesus said: "Do not judge, and you will not be judged. Do not condemn, and you will not be condemned. Forgive, and you will be forgiven."

MESSSAGE OF THE DAY:
THE TEMPTATION OF JESUS:
1. English - (New International Version)
[Luke 4:1-13]
1. Jesus, full of the Holy Spirit, returned from the Jordan and was led by the Spirit in the desert,
2. Where for forty days He was tempted by the devil. He ate nothing during those days, and at the end of them He was hungry. 
3. The devil said to Him: "If You are the Son of God, tell this stone to become bread."
4. Jesus answered: "It is written: 'Man does not live on bread alone.'"
5. The devil led Him up a high place and showed Him in an instant all the kingdoms of the world. 
6. And he said to Him: "I will give You all their authority and splendour, for it has been given to me, and I can give it to anyone I want to. 
7. "So, if You worship me, it will all be Yours."
8. Jesus answered: "It is written: 'Worship the Lord your God and serve Him only.'"
9. The devil led Him to Jerusalem and made Him stand on the highest point of the temple. " If You are the Son of God," he said, "Throw Yourself down from here,
10. "For it is written: 'For He will command His angels concerning You, to guard You carefully; 
11. 'They will lift You up in their hands, so that You will not strike Your foot against a stone.'"  
12. Jesus answered: "It says: 'Do not put the Lord your God to the test.'"
13. When the devil had finished all this tempting, he left Him untill an opportune time. 

Woensdag 21 Januarie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 6:37]
En Jesus het gesê: "En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie.  Spreek vry, en julle sal vrygespreek word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VERSOEKING VAN JESUS:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 4:1-13]
1. Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, 
2. Waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in die dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. 
3. Toe sê die duiwel vir Hom: "As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word."
4. Maar Jesus antwoord en sê vir hom: "Daar is geskrywe: 'Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord van God.'"
5. Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd. 
6. En die duiwel sê vir Hom: "Ek sal U al hierdie mag gee en al hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 
7. "As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort."
8. En Jesus antwoord en sê vir hom: "Gaan weg agter My satan, want daar is geskrywe:  'Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.'" 
9. Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: "As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer
10. "Want daar staan geskrywe: 'Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,
11. "En hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U voet teen 'n klip stamp nie."
12. En Jesus antwoord en sê vir hom: "Daar is gesê: 'Jy mag die Here jou God nie versoek nie.'"
13. En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk. 

(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

  Photo kindly supplied by:
     André Heigan. 

Tuesday, 20 January 2015

WIND AND WAVE OBEY JESUS. / WIND EN WATER GEHOORSAAM JESUS.

Tuesday 20 January 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 145:14]
The Lord upholds all who fall and lifts up all who are bowed down. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
WIND AND WAVE OBEY JESUS:
1. English - (New International Version)
[Mark 4:35-41]
35. That day when evening came, He said to His disciples: "Let us go over to the other side."
36. Leaving the crowd behind, they took Him along, just as He was, in the boat. There were also orher boats with Him. 
37. A furious squall came up, and the waves broke over the boat, so that it was nearly swamped. 
38. Jesus was in the stern, sleeping on a cushion. The disciples woke Him and said to Him: "Teacher, don't you care if we drown?"
39. He got up, rebuked the wind, and said to the water: "Quiet, be still!" Then the wind died down and it was completely calm. 
40. He said to His disciples: "Why are you so afraid? Do you still have no faith?"
41. They were terrified and asked each other: "Who is this? Even the wind and the waves obey Him!"
(Also read this in Matthew 8:23-27 and Luke 8:22-25)

Dinsdag 20 Januarie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 145:14]
Die Here ondersteun almal wat val, en Hy  rig almal op wat neergeboë is. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
WIND EN WATER GEHOORSAAM JESUS:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Markus 4:35-41]
35. En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: "Laat ons oorvaar na die ander kant."
36. En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. 
37. En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. 
38. Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: "Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?"
39. En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: "Swyg, wees stil!" En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom. 
40. Toe sê Hy vir hulle: "Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?"
41. En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: "Wie is Hy tog, dat selfs die wind en see Hom gehoorsaam is!"
(Lees dit ook in Matthéüs 8:23-27 en Lukas 8:22-25)

(DV. I Will share the Word with you as often as I possibly can.  
DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
 PHOTO KINDLY SUPPLIED BY:
      ANDRÉ HEIGAN. 

Monday, 19 January 2015

JESUS WALKS ON THE WATER. / JESUS LOOP OP DIE WATER.

Monday 19 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 35:3,4]
3. Make the weak hands strong and make the feeble knees sure. 
4. Say to those of a hasty heart: "Be strong, fear not; behold, your God will come with vengeance, with the full dealing of God. He will come and save you."  

MESSAGE OF THE DAY:
(JESUS WALKS ON THE WATER):
1. English - (King James Version)
[Matthew 14:22-33]
22. And immedistely Jesus constrained His disciples to get into a boat and to go before Him to the other side, while He sent the crowds away. 
23. And when He had sent the crowds away, He went up into a mountain apart to pray. And when evening had come, He was there alone. 
24.. But the boat was now in the midst of the sea, tossed with waves; for the wind was against them. 
25. In in the forth watch of the night Jesus went to them, walking on the sea. 
26. And when the disciples saw Him walking on the sea, they were troubled, saying: "It is a phantom!" And they cried out for fear. 
27. But immediately Jesus spoke to them, saying: "Be of good cheer, I AM,
do not fear."
28. And Peter answered Him and said: "Lord, if it is You, tell me to come to You on the water."
29. And He said; "Come." And when Peter had come down out of the boat, he walked on the water to go to Jesus. 
30. But seeing that the wind was strong, he was afraid. And beginning to sink, he cried, saying: "Lord, save me!"
31. And immediately Jesus stretched out His hand and caught him; and said to him: "Little-faith! Why did you doubt?"
32. And when they had come into the boat, the wind ceased. 
33. And those in the boat came and worshiped Him, saying: "Truly, You are the Son of God!"

Maandag 19 Januarie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jesaja 35:3,4]
3. Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. 
4. Sê aan die wat vervaard is van hart: "Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met Goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
(JESUS LOOP OP DIE WATER):
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling):
[Matthéüs 14:22-33]
22. En Jesus het dadelik Sy dissipels vedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. 
23. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. 
24. En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. 
25. Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. 
26. En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: "Dit is 'n spook!" En hulle het geskreeu van vrees.  
27. Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: "Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. "
28. En Petrus antwoord Hom en sê: "Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom."
29. En Hy sê: "Kom!" Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. 
30. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: "Here, red my!"
31. En Jesus het dadelik Sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: "Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?" 
32. Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê. 
33. Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: "Waarlik, U is die  Seun van God!"
 
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)