Friday, 15 November 2013

FURTHER BENEFITS OF WISDOM / VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID.

Due to unforseen circumstances, I was not abe to share with you yesterday, 14 November. 
Friday 15 November 2013. 
FURTHER BENEFITS OF WISDOM:
Part 4.
1. English  - (NIV Translation) 
[Proverbs 3:19-24]
19. By wisdom the Lord laid the earth's foundations, by understanding He set the heavens in place;
20. By His knowledge the deeps were divided, and the clouds drop down the dew.
21. My son preserve sound judgement and discernment, do not let them out of your sight; 
22. They will be life for you, an ornament to grace your neck. 
23. Then you will go on your way in safety, and your foot will not stumble;
24. When you lie down, you will not be afraid; when you lie down, your sleep will be sweet. 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

(As gevolg van onvoorsiene omstandighede kon ek gister, 14 November nie met u deel nie)
Vrydag 15 November 2013.
VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID:
Gedeelte 4.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 3:19-24]
19. Die Here het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
20. Deur Sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
21. My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg. 
22. Dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
23. Dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
24. As jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
(As God wil, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)
In the mornings, let me hear of Your unfailing love, for I have put my trust in You. (Psalm 143:8)

Wednesday, 13 November 2013

FURTHER BENEFITS OF WISDOM. / VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID.

Wednesday 13 November 2013.
FURTHER BENEFITS OF WISDOM:
Part 3.
1. English - (NIV Translation)
[Proverbs 3:13-18]
13. Blessed is the man who finds wisdom, the man who gains understanding, 
14. For she (wisdom), is more profitable than silver - and yields better returns than gold. 
15. She is more precious than rubies; nothing you desire can compare with her. 
16. Long life is in her right hand; in her left hand are riches and honour. 
17. Her ways are pleasant ways, and all her paths are peace. 
18. She is a tree of life to those who embrace her; those who lay hold of her will be blessed. 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Woensdag 13 November 2013. 
VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID:
Gedeelte 3.
2. Afrikaans (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 3:13-18]
13. Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
14. Want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
15. Dit is kosteliker as korale; en al jou kleinode kan nie daarmee vergelyk word nie. 
16. In haar (wysheid), se regterhand is lengte van dae, in haar linkerhand rykdom en eer;
17. Haar weë is lieflike weë, en al die paaie is vrede. 
18. Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. 
(As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)

Tuesday, 12 November 2013

FURTHER BENEFITS OF WISDOM. / VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID.

Tuesday 12 November 2013. 
FURTHER BENEFITS OF WISDOM:
Part 2.
1. English - (NIV Translation)
[Proverbs 3:6-12]
6. In all your ways acknowledge Him, and He will make your paths straight. 
7. Do not be wise in your own eyes; fear the Lord and shun evil. 
8. This will bring health to your body and nourishment to your bones. 
9. Honour the Lord with your wealth, with the firstfruits of all your crops;
10. Then your barns will be filled to overflowing, and your vats will brim over with new wine.  
11. My son, do not despise the Lord's discipline, and do not resent His rebuke, 12. Because the Lord disciplines those He loves - as a father the son he delights in.

Dinsdag 12 November 2013.
VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID:
Gedeelte 2.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 3:6-12]
6. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. 
7. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
8. Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
9. Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
10. Dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. 
11. My seun, verag die tug van die Here nie; en laat Sy kastyding nie jou weersin wek nie,
12. Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie Hy behae het.

Monday, 11 November 2013

FURTHER BENEFITS OF WISDOM. / VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID.

Monday 11 November 2013.
FURTHER BENEFITS OF WISDOM:
Part 1.
1. English - (NIV Translation)
[Proverbs 3:1-6]
1. My son, do not forget my teaching, but keep my commands in your heart.
2. For they will prolong your life many years and bring you prosperity. 
3. Let love and faithfulness never leave you; bind them around your neck, write them on the tablet of your heart,
4. Then you will win favour and a good name in the sight of God and man. 
5. Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding;
6. In all your ways acknowledge Him, and He will make your paths straight.
(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Maandag 11 November 2013. 
VERDERE VOORDELE VAN WYSHEID:
Gedeelte 1.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling.)
[Spreuke 3:1-6]
1. My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; 
2. Want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
3. Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
4. Dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense. 
5. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. 
6. Ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou paaie gelyk maak.
(As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)

Sunday, 10 November 2013

THE VALUE OF WISDOM. / DIE WAARDE VAN WYSHEID.

Sunday 10 November 2013.
THE VALUE OF WISDOM:
Part 4.
1. English - (Amplified Bible Version)
[Proverbs 2:16-17; 20-22]
16. (Discretion shall watch over you, understanding shall keep you), to deliver you from the alien woman, from the outsider with her flattering words,
17. Who forsakes the husband and guide of her youth and forgets the covenant of her God. 
20. So may you walk on the way of good men, and keep to the paths of the (consistently) righteous (the upright, in right standing with God).
21. For the upright shall dwell in the land, and the men of integrity, blameless and complete (in God's sight), shall remain in it;
22. But the wicked shall be cut off from the earth, and the treacherous shall be rooted out of it. 
(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Sondag 10 November 2013.
DIE WAARDE VAN WYSHEID:
Gedeelte 4.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 2:16-17; 20-22]
16. Om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei;
17. Wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet.
20. Sodat jy kan wandel op die weg van die goeies, en die paaie van die regverdiges kan hou; 
21. Want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
22. Maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word. 
(As God wil en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)

 

Saturday, 9 November 2013

THE VALUE OF WISDOM. / DIE WAARDE VAN WYSHEID.

Saturday 9 November 2013. 
THE VALUE OF WISDOM:
Part 3.
1. English - (Amplified Bible Version)
[Proverbs 2:11-
11. Discretion shall watch over you, understanding shall keep you. 
12. To deliver you from the way of evil and the evil men, from men who speak perverse things and are liars. 
13. Men who forsake the the paths  of uprightness to walk in the ways of darkness. 
14. Who rejoice to do evil and delight in the perverseness of evil. 
15. Who are crooked on their ways, wayward and devious in their paths. 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Saterdag 9 November 2013. 
DIE WAARDE VAN WYSHEID:
Gedeelte 3.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 2:11-15]
11. Oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak. 
12. Om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
13. Van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op die weë van duisternis te wandel;
14. Die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
15. Van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
( As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)
   Cell phone photo / Selfoon foto

Friday, 8 November 2013

THE VALUE OF WISDOM. / DIE WAARDE VAN WYSHEID.

Friday 8 November 2013. 
THE VALUE OF WISDOM:
Part 2.
1. English - (Proverbs 2:6-10]
6. For the Lord gives skillful and Godly Wisdom, from His mouth come knowledge and understanding. 
7. He hides away sound and Godly Wisdom and stores it for the righteous (those who are upright and in right standing with Him); He is a shield to those who walk uprightly and in integrity,
8. That He may guard the patjustice; yes, He preserves the way of His saints.
9. Then you will understand righteousness, justice and fair dealing (in every area and relation); yes, you will understand every good path. 
10. For skillful and Godly Wisdom shall enter into your heart, and knowledge shall be pleasant to you. 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Vrydag 8 November 2013. 
DIE WAARDE VAN WYSHEID:
Gedeelte 2.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 2:6-10]
6. (Want die Here gee wysheid, uit Sy mond kom kennis en verstand,
7. En Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel,
8. Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van Sy gunsgenote bewaar);
9. Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid - elke goeie pad. 
10. Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees. 
(As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek môre verder met u deel.)
           Cell phone photo.