Wednesday, 25 June 2014

JESUS BRINGS DIVISION / JESUS BRING VERDEELDHEID.

Thursday 26 June 2014.
WORD OF THE DAY:
[Luke 12:29,30]  29. "And do not set your heart on what you will eat or drink; do not worry about it. 30. "For the pagan world runs after all such things, and your Father knows that you need them."

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS BRINGS DIVISION:
1. English - (New King James Version)
[Luke 12:49-53]
49. "I came to send fire on the earth, and how I wish it were already kindled!
50. "But I have a baptism to be baptized with, and how distressed I Am till it is accomplished! 
51. "Do you suppose that I came to give peace on earth? I tell you, not at all, but rather division. 
52. "For from now on five in one house will be divided; three against two, and two against three.   
53. "Father will be divided against son, and son against father, mother against daughter and daughter against mother, mother-in-law against her daughter-in-law and daughter-in-law against her mother-in-law."

Donderdag 26 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[ Lukas 12:29,30]  29. "Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en jullle nie ongerus maak nie;  
30. Want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS BRING VERDEELDHEID:
[Lukas 22:49-53]  
49. "Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
50. "Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!
51. "Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. 
52. "Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee, en twee teen drie. 
53. "Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen die skoondogter, en die skoondogter teen die skoonmoeder."
 
   Photo kindly supplied by Martin Heigan

FAITHFUL AND WISE MANAGER / GETROUE EN VERSTANDIGE BESTUURDER.

Wednesday 25 June 2014. 
WORD OF THE DAY: 
[Luke 17:6] He replied: "If you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mulberry tree: 'Be uprooted and planted in the sea.' And it will obey you." 

MESSAGE OF THE DAY:
(THE FAITHFUL AND WISE MANAGER):
1. English - (New International Version):
[Luke 12:42-48]
42. The Lord answered: "Who then is the faithful and wise manager, whom the master puts in charge of his servants to give them their food allowance at the proper time?
43. "It will be good for that servant whom the master finds doing so when he returns. 
44. "I tell you the truth, he will put him in charge of all his possessions. 
45. "But suppose the servant says to himself: 'My master is taking a long time in coming,' and he then begins to beat the menservants and maidservants and  to eat and drink and get drunk. . .
46. "The master of that servant will come on a day when he does not expect him, and at an hour he is not aware of. He will cut him to pieces and assign him a place with the unbelievers. 
47. "That servant who knows his master's will and does not get ready or does not do what his master wants, will be beaten with many blows. 
48. "But the one who does not know and does things deserving punishment will be beaten with a few blows. From everyone who has been given much, much will be demanded; and from the one who has been entrusted with much, much more will be asked."

Woensdag 25 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 17:6] En die Here sê: "As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: 'Word ontwortel en in die see geplant.' En hy sou julle gehoorsaam wees."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GETROUE EN VERSTANDIGE BESTUURDER:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 12:42-48]
42. En die Here antwoord: "Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?
43. "Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer as hy kom, só besig sal vind. 
44. "Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 
45. "Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: 'My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word . . .
46. "Dan sal die heer van daardie dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur dat hy dit nie weet nie, dan sal hy hom pynig en hom 'n deelgenoot maak van die ontroues. 
47. "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het, en nie klaargemaak en volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;
48. "Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis."
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share 'End Times' with you as often as possible / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek poog om 'Eindtye' met u so dikwels moontlik te deel.)

Tuesday, 24 June 2014

WATCHFULNESS / WAAKSAAMHEID.

Tuesday 24 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 48:10]
According to Your Name, O God, So is Your praise to the ends of the earth; Your right hand is full of righteousness. 

MESSAGE OF THE DAY:
WATCHFULNESS:
1. English - (New International Version)
[Luke 12:35-40]
35. "Be dressed ready for service and keep your lamps burning,
36. "Like men waiting for their master to return from a wedding banquet, so that when he comes and knocks they can immediately open the door for him. 
37. "It will be good for those servants whose master finds them watching when he comes. I tell you the truth, he will dress himself to serve, will have them recline at the table and will come and wait on them. 
38. "It will be good for those servants whose master finds them ready, even when he comes in the second or third watch of the night.
39. "But understand this: If the owner of the house had known at what hour the thief was coming, he would not have let the house be broken into. 
40. "You must also be ready, for the Son of man will come at an hour you do not expect Him"

Dinsdag 24 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 48:11] Soos U Naam, O God, so is U roem tot die eindes van die aarde toe; U regterhand is vol geregtigheid. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
WAAKSAAMHEID:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 12:35-40]
35. "Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 
36. "En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. 
37. "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. 
38. "En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind -- gelukkig is daardie diensknegte. 
39. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het, en nie in sy huis laat inbreek het nie. 
40. "Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie. 
   
Photo kindly supplied by Martin Heigan

Monday, 23 June 2014

MARRIAGE AT THE RESURRECTION / HUWELIKE EN DIE OPSTANDING.

Monday 23 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Mark 14:62] "I Am," said Jesus. "And you will see the Son of man sitting at the right hand of the Mighty One, and coming on the clouds of heaven."

MESSAGE OF THE DAY:
MARRIAGE AT THE RESURRECTION:
1. English - (New International Version)
[Markus 12:18-27]
18. Then the Sadducees, who say there is no resurrection, came to Him with a question. 
19. "Teacher," they said: "Moses wrote for us that if a man's brother dies and leaves a wife but no children, the man must marry the widow and have children for his brother. 
20. "Now there were seven brothers. The first one married and died without leaving any children. 
21. "The second one married the widow, but he also died, leaving no child. It was the same with the third. 
22. "In fact, none of the seven left any children. Last of all, the woman died too. 
23. "At the resurrection whose wife will she be, since all seven were married to her?"
24. Jesus replied: "Are you not in error because you do not know the Scriptures or the power of God?
25. "When the dead rise, they will neither marry nor be given in marriage; they will be like angels in heaven. 
26. "Now about the dead rising -- have you not read in the book of Moses, in the  account of the burning bush, how God said to him: 'I Am the God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob?'
27. "He is not the God of the dead, but of the living. You are badly mistaken!"

Maandag 23 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Markus 14:62] En Jesus sê: "Ek is, en u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit, en kom op die wolke van die hemel."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
HUWELIKE BY DIE OPSTANDING:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Markus 12:18-27]
18. Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê: 
19. "Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek. 
20. "Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat. 
21. "En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so. 
22. "En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe. 
23. "In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? - want al sewe het haar as vrou gehad."
24. En Jesus antwoord en sê vir hulle: "Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
25. "Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is. 
26. "En wat die dode betref, dat hulle opstaan -- het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: 'Ek is die God van Abraham, en die God van Isak en die God van Jakob nie?'
27. "God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks."
    Photo kindly supplied by Martin Heigan

Saturday, 21 June 2014

PRESSING ON TOWARDS THE GOAL / DRUK DEUR OM DIE DOEL TE BEREIK.

Weekend 21 & 22 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Philippians 4:6-7]
6. Do not fret or have any anxiety about anything, but in any circumstance and in everything, by prayer and petition (definite requests), with thanksgiving, continue to make your wants known to God. 
7. And God's peace (shall be yours, that tranquil state of a soul assured of its salvation through Christ, and so fearing nothing from God, and being content with its earthly lot of whatever sort that is, that peace), which transcends all understanding, shall garrison and mount guard over your hearts and minds in Christ Jesus.  

MESSAGE OF THE DAY:
PRESSING ON TOWARDS THE GOAL:
1. English - (Amplified Bible Version)
[Philippians 3:17-21]
17. Brethren, together follow my example and observe those who live after the pattern we have set for you. 
18. For there are many, of whom I have often told you and now tell you even with tears, who walk (live) as enemies of the cross of Christ (the Anointed One).
19. The are doomed and their fate is eternal misery (perdition); their god is their stomach (their appetites, their sensuality), and they glory in their shame, siding with earthly things and being of their party. 
20. But we are citizens of the state,  (commonwealth, homeland) which is in heaven, and from it also we earnestly and patiently await (the coming of) the Lord Jesus Christ (the Messiah) [as] Saviour. 
21. Who will transform and fashion anew the body of our humiliation to conform to and be like the body of His glory and majesty, by exerting that power which enables Him even to subject everything to Himself.  

Naweek 21 & 22 Junie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Filippense 4:6-7]
6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 
7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DRUK DEUR OM DIE DOEL TE BEREIK:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Filippense 3:17-21]
17. Wees ook my navolgers broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het. 
18. Want baie --- van wie ek julle dikwels gesê het, en nou ook onder trane sê --- wandel as vyande van die kruis van Christus. 
19. Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge. 
20. Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
21. Wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. 
  Photo kindly supplied by Martin Heigan

Tuesday, 17 June 2014

WORD OF THE DAY / WOORD VAN DIE DAG.

Tuesday 17 June 2014. 
WORD OF THE DAY: 
[Deuteronomy 30:19,20a] 
19. I call heaven and earth to record this day against you, that I have set before you life and death, blessing and cursing: therefore choose life, that both you and your descendants may live;
20a. And may love the Lord your God,
obey His voice, and cling to Him. For He is your life and the length of your days. 

Dinsdag 17 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Deuteronomium 30:19,20a]
19. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag;
20a. Deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae. 
         Photo by Adam Rodriguez. 

Sunday, 15 June 2014

THE SUPREMACY OF CHRIST / DIE OPPER-HEERSKAPPY VAN CHRISTUS.

Weekend 14 & 15 June 2014. 
WORD OF THE DAY: 
[1 Thessalonians 5:23]
May God Himself, the God of peace, sanctify you through and through. May your whole spirit, soul and body be kept blameless at the coming of our Lord Jesus Christ. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE SUPREMACY OF CHRIST:
1. English - (New International Version)
[Colossians 2:9-15]
9. For in Christ all the fullness of the Deity lives in bodily form,
10. And you have been given fullness in Christ, Who is the Head over every power and authority. 
11. In Him you were also circumcised, in the putting off of the sinful nature, not with a circumcision done by the hands of men but with the circumcision done by Christ, 
12. Having been buried with Him in baptism and raised with Him through your faith in the power of God, Who raised Him from the dead. 
13. When you were dead in your sins and in the circumcision of your sinful nature, God made you alive with Christ. He forgave us all our sins,
14. Having cancelled the written code with all its regulations, that was against us and that stood opposed to us; He took away, nailing it to the cross. 
15. (God) disarmed the principalities and powers that were ranged against us and made a bold display and public example of them, in triumphing over them in Him and in it (the cross.)

Naweek 14 & 15 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Thessalonicense 5:23]
En mag Hy, die God van vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die koms van onse Here Jesus Christus!

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE OPPERGESAG VAN CHRISTUS:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Kolossense 2:9-15]
9. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 
10. En julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;
11. In wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
12. Omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God, wat Hom uit die dode opgewek het. 
13. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van die vlees, het Hy (God), saam met Hom lewend gemaak, deurdat Hy julle al die misdade vergewe het. 
14. En die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeneem het, deur dit aan die kruis vas te nael. 
15. Nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. 
(God willing and by His marvellous mercy and grace I endeavour to share 'End Times' with you as often as I possibly can. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek poog om 'Eindtye' so dikwels moontlik met u deel.)
    Photo kindly supplied by Eddie Fruin.