Wednesday, 19 November 2014

TRUST IN GOD. / VERTROU OP GOD.

Wednesday 19 November 2014. 
WORD OF THE DAY:
TRUST IN THE LORD:
1. English - (Amplified Bible Version)
[Proverbs 3:5-7]
5. Lean on, trust in, and be confident in the Lord with all your heart and mind, and do not rely on your own insight and understanding. 
6. In all your ways know, recognize and acknowledge Him, and He will direct and make straight and plain your paths. 
7. Do not be wise in your own eyes; reverently fear and worship the Lord and turn (entirely) away from evil. 

Woensdag 19 November 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
VERTROU OP GOD:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Spreuke 3:5-7]
5. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. 
6. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak. 
7. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad. 

(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can / DV. sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
  Photo kindly supplied by:
     Martin Heigan. 

Tuesday, 18 November 2014

THE FALL OF AI. / DIE VAL VAN AI.

Tuesday 18 November 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Matthew 6:31-33]
31. "Therefore do not worry, saying: 'What shall we eat?' or 'what shall we drink?' or 'what shall we wear?'
32. "For after all these things the Gentiles seek. For your heavenly Father knows that you need all these things.
33. "But seek first the Kingdom of God and His righteousness, and all these things will be added to you."

MESSAGE OF THE DAY:
THE FALL OF AI:
1. English - (New King James Version)
[Joshua 8:1-9]
1. Then the Lord said to Joshua: "Do not be afraid, nor be dismayed; take all the people of war, and arise, go up to Ai. See I have given into your hand the king of Ai, his people, his city, and his land."
2. "And you shall do to Ai and it's king, as you did to Jericho and it's king. Only it's spoil and it's cattle you shall take as booty for yourselves. Lay an ambush for the city behind it."
3. So Joshua arose and all the people of war, to go up against Ai; and Joshua chose thirty thousand mighty men of valor, and sent them away by night. 
4. And he commanded them, saying: "Behold, you shall lie in anbush against the city, behind the city. Do not go very far from the city, but all of you be ready.
5. "Then I, and all the people who are with me, will approach the city; and it will come about, when they come out against us as at the first, that we shall flee before them. 
6. "For they will come out after us until we have drawn them from the city, for they will say: 'They are fleeing before us as at the first.' Therefore we will flee before them. 
7. "Then you shall rise from the ambush and seize the city, for the Lord your God will deliver it into your hand.
8. "And it will be, when we have taken the city, that you shall set the city on fire. According to the commandment of the Lord you shall do. See, I have commanded you."
9. Joshua therefore sent them out; and they went to lie in ambush, and stayed between Betal and Ai, on the west side of Ai; but Joshua lodged that night among the people. 

Dinsdag 18 November 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Matthéüs 6:31-33)
31. "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: 'Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?'
32. "Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 
33. "Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VAL VAN AI:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Josua 8:1-9.]
1. Daarop sê die Here vir Joshua: "Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manne met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai;  kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand. 
2. "En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met Jérigo en sy koning gedoen het; net sy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou 'n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant."
3. Toe het Josua hom gereed gemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai; en Josua het dertigduisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur,
4. En aan hulle bevel gegee en gesê: "Kyk, julle moet teen die stad 'n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;
5. "En ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan 'n uitval maak en ons ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;
6. "En hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het - want hulle sal dink: 'Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer' - en ons sal voor hulle uit vlug. 
7. "Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want die Here julle God sal dit in julle hand gee. 
8. "En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die Woord van die Here moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel."
9. So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai; maar Josua het dié nag onder die manskappe deurgebring. 

(DV. I will share the Word with you as often as possible. / DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels moontlik.)
  Photo kindly supplied by:
    Martin Heigan. 

Thursday, 13 November 2014

ACHAN'S PUNISHMENT. / AGAN SE STRAF.

Thursday 13 November 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Jeremiah 17:14]
Heal me, O Lord, and I will be healed; save me and I will be saved, for You are the One I praise. 

MESSAGE OF THE DAY:
ACHAN'S PUNISHMENT - Part 2. 
English - (New International Version]
[Joshua 7:22-26]
22. So Joshua sent messengers, and they ran to the tent, and there it was, hidden in his tent, with the silver underneath. 
23. They took the things from the tent, brought them to Joshua and all the Israelites, and spread them out before the Lord.  
24. Then Joshua, together with all Israel, took Achan, son of Zerah, the silver, the robe and the gold wedge, his sons and daughters, his cattle, donkeys and sheep, his tent and all that he had, to the Valley of Achor. 
25. Joshua said: "Why have you brought this trouble on us? The Lord will bring trouble on you today!" Then all Israel stoned him, and after they had stoned the rest, they burned them. 
26. Over Achan they heaped up a large pile of rocks, which remains to this day. Then the Lord turned from His fierce anger. Therefore that place has been called the Valley of Achor ever since. 
(Achor means 'trouble'.) 

Donderdag 13 November 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Jeremia 17:14]
Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
AGAN SE STRAF - Deel 2.
Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Josua 7:22-26]
22. Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê die silwer daaronder. 
23. En hulle het dit uit die tent uitgehaal, en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring, en dit voor die aangesig van die Here uitgeskud. 
24. Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam, Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf, en sy seuns en sy dogters en sy beeste, en sy esels en sy kleinvee, en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en alles na die dal Agor gebring. 
25. En Josua het gesê: "Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Die Here sal jou vandag in die ongeluk stort!" Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle met vuur verbrand, en klippe op hulle gegooi. 
26. En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel, wat tot vandag toe daar is. Toe het die Here Hom afgewend van die gloed van Sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe. 
(Agor beteken "moeilikheid.") 

(Dv. I will share the Word with you as often as I possibly can. / Dv. Sal ek die Woord aan u bring so dikwels as wat ek moontlik kan.)
  Many thanks to JEWS FOR JESUS
     for this picture.  

Tuesday, 11 November 2014

THE PUNISHMENT OF ACHAN. / DIE STRAF VAN AGAN.

Wednesday 12 November 2014. 
WORD OF THE DAY: 
[Jeremiah 5:22]
"Do you not fear Me? Says the Lord. "Will you not tremble at My presence, Who have placed the sand as the bound of the sea, as a perpetual decree, that it cannot pass beyond it? And though its waves toss to and fro, yet they cannot prevail; though they roar, yet they cannot pass over it."

MESSAGE OF THE DAY:
[Joshua 7:15-21]
15. "And he who is taken with the devoted things, shall be (killed and his body) burned with fire, he and all he has, because he has transgressed the Covenant of the Lord, and because he has done a shameful and wicked thing in Israel."
16. So Joshua rose up early in the morning and brought Israel near by their tribes, and the tribe of Judah was taken. 
17. He brought near the family of Judah, and the family of the Zerahites was taken; and he brought near the family of the Zerahites, man by man, and Zabdi was taken. 
18. He brought near his household, man by man, and Achan son of Carmi, the son of Zabdi, the son of Zerah, of the tribe of Judah, was taken. 
19. And Joshua said to Achan: "My son, give glory to the Lord, the God of Israel, and make confession to Him. And tell me now what you have done; do not hide it from me."
20. And Achan answered Joshua: "In truth, I have sinned against the Lord, the God of Israel, and this I have done.
21. "When I saw among the spoils an attractive mantle from Shinar, and two   hundred shekels of silver, and a bar of gold weighing 50 shekels, I coveted them, and took them. Behold, they are hidden in the earth inside my tent, with the silver underneath."

Woensdag 12 November 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jeremia 5:22]
"Sou julle vir My nie bevrees wees nie?" spreek die Here, "of voor My aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, 'n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie."

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
[Joshua 7:15-21]
15. "En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die Here oortree en 'n skanddaad in Israel begaan het."
16. En Josua het vroeg in die oggend klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys. 
17. Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom, man vir man, is Sabdi aangewys; 
18. Toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda aangewys. 
19. Toe sê Josua vir Agan: "My seun, maak tog die Here, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie."  
20. Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: "Waarlik, ek het gesondig teen die Here, die God van Israel, en so en so het ek gedoen. 
21. "Ek het naamlik een mooi mantel uit Sínear by die buitgoed gesien, en tweehonderd sikkels silwer, en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder."  

(DV.  I will share the Word with you as often as I possibly can. / DV. sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)


Monday, 10 November 2014

THE SIN OF ACHAN. / DIE SONDE VAN AGAN.

Tuesday 11 November 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 68:5-6]
5. A Father of the fatherless, a Defender of widows; is God in His holy habitation. 
6. God sets the solitary in families, He brings out those who are bound into prosperity; but the rebellious live in a dry land. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE SIN OF ACHAN:
1. English - (New King James Version)
[Joshua 7:8-14]
8. "Oh Lord, what shall I say when Israel turns its back before its enemies?
9. "For the Cananites and all the inhabitants of the land will hear of it, and surround us, and cut off our name from the earth. Then what will You do for Your great Name?"
10. So the Lord said to Joshua: "Get up! Why do you lie thus on your face?
11. "Israel has sinned, and have also transgressed My covenant which I commanded them. For they have even taken some of the accursed things, and have both stolen and deceived; and they have also put it among their own stuff. 
12. "Therefore the children of Israel could not stand before their enemies, but turned their backs before their enemies, because they have become doomed to destruction. Neither will I be with you anymore, unless you destroy the accursed from among you. 
13. "Get up, sanctify the people, and say: 'Sanctify yourselves for tomorrow, because thus says the Lord God of Israel: 'There is an accursed thing in your midst, O Israel; you cannot stand before your enemies until you take away the accursed thing from among you.'
14. "In the morning therefore you shall be brought according to your tribes, and it shall be that the tribe which the Lord takes shall come according to families; and the family which the Lord takes shall come by households; and the household which the Lord takes, shall come man by man."
 
Dinsdag 11 November 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 68:6-7]
6. 'n Vader van die wese en 'n Regter van die weduwees, is God in Sy heilige woning. 
7. God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE SONDE VAN AGAN:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Josua 7:9-14]
9. "En as die Kanaäniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde  af uitroei; wat sal U dan vir U grote Naam doen?"
10. Toe sê die Here aan Josua: "Staan op, waarom lê jy tog op jou aangesig?
11. "Israel het gesondig en My verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg. 
12. "En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self 'n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie. 
13. "Staan op! Heilig die volk en sê: 'Heilig julleself teen môre; want so sê die Here, die God van Israel: 'Daar is 'n ban in jou midde Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie. 
14. "Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die Here deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die Here aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die Here aanwys, moet aankom, man vir man."

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly am able to. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan. 

Sunday, 9 November 2014

DEFEAT AT AI. / NEDERLAAG BY AI.

Weekend 8 & 9 November 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 68:19-20]
19. Praise be to the Lord, to God our Saviour, Who daily bears our burdens. 
20. Our God is a God Who saves; from the Sovereign Lord comes escape from death. 

MESSAGE OF THE DAY:
DEFEAT AT AI:
1. English - (New International Version)
[Joshua 7:1-8]
1. But the children of Israel committed a trespass regarding the accursed things, for Achan the son of Carmi, the son of Zabdi, the son of Zerah, of the tribe of Judah, took of the accursed things; so the anger of the Lord burned against the children of Israel. 
2. Now Joshua sent men from Jericho to Ai, which is beside Beth Aven, on the east side of Bethel, and spoke to them, saying: "Go up and spy out the country." So the men went up and spied out Ai. 
3. And they returned to Joshua and said to him: "Do not let all the people go up, but let two or three thousand men go up and attack Ai. Do not weary all the people there, for the people of Ai are few."
4. So about three thousand men went up there from the people, but they fled before the men of Ai. 
5. And the men of Ai struck down about thirty-six men, for they chased them from before the gate as far as Shebarim, and struck them down on the descent; therefore the hearts of the people melted and became like water. 
6. Then Joshua tore his clothes and fell to the earth on his face before the Ark of the Lord until evening, both he and the elders of Israel; and they put dust on their heads. 
7. And Joshua said: "Alas, Lord God, why have You brought this people over the Jordan at all - to deliver us into the hands of the Amorites, to destroy us? Oh, that we had been content, and dwell on the other side of the Jordan!"

Naweek 8 & 9 November 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 68:20-21]
20. Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. 
21. God is vir ons 'n God van verlossinge, en die Here, Here het uitkomste teen die dood. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
NEDERLAAG BY AI:
1. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling.)
[Josua 7:1-8]
1. Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die Here ontvlam het teen die kinders van Israel. 
2. Daarop het Josua manne van Jérigo af gestuur na Ai, wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: "Trek op en verken die land;" en die manne het opgetrek en Ai verken.   
3. Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gese: "Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent tweeduisend man of omtrent drieduisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met 'n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min. 
4. So het daar dan van die manskappe omtrent drieduisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die manne van Ai;
5. En die manne van Ai het uit hulle omtrent ses-en-dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Sebárim, en hulle verslaan op die afdraend; en die volk se hart het versmelt en soos water geword. 
6. Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die Ark van die Here, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi. 
7. En Josua het gesê: "Ag Here, Here, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek, om ons oor te gee in 
die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!
8. "Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?"

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

   Photo kindly supplied by:
        Martin Heigan. 

Thursday, 6 November 2014

THEY UTTERLY DESTROYED ALL THAT WAS IN THE CITY. / HULLE VERNIETIG ALLES VOLKOME IN DIE STAD.

Friday 6 November 2014.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 145:8-10]
8. The Lord is gracious and full of compassion. Slow to anger and great in mercy. 
9. The Lord is good to all. And His tender  mercies are over all His works. 
10. All your works shall praise You, O Lord, and Your saints shall bless You. 

MESSAGE OF THE DAY:
THEY UTTERLY DESTROYED ALL THAT WAS IN THE CITY:
1. English - (New King James Version:)
[Joshua 6:18-27]
18. "And you, by all means keep yourselves from the accursed things lest you become accursed when you take of the accursed things, and make the camp of Israel a curse, and trouble it.  
19. "But all the silver and gold, and vessels of bronze and iron, are consecrated to the Lord; they shall come into the treasury of the Lord."
20. So the people shouted when the priests blew the trumpets. And it happened when the people heard the sound of the trumpet, and the people shouted with a great shout, that the wall fell down flat. Then the people went up into the city, every man straight before him, and they took the city. 
21. And they utterly destroyed all that was in the city, both man and woman, young and old, ox and sheep and donkey, with the edge of the sword. 
22. But Joshua had said to the two men who had spied out the country: "Go into the harlot's house, and from there bring out the woman and all that she has, as you swore to her."
23. And the young men who had been spies went in and brought out Rahab, her father, her mother, her brothers, and all that she had. So they brought out all her relatives and left them outside the camp of Israel. 
24. But they burned the city and all that was in it with fire. Only the silver and gold, and the vessels of bronze and iron, they put into the treasury of the house of the Lord. 
25. And Josua spared Rahab the harlot, her father's household and all that she had. So she dwells in Israel to this day, because she hid the messengers whom Joshua sent to spy out Jericho. 
26. Then Joshua charged them at that time, saying: "Cursed be the man before the Lord who rises up and builds this city Jericho; he shall lay it's foundation with his firstborn, and with his youngest he shall set up it's gates."
27. So the Lord was with Joshua and his fame spread throughout all the country. 

Vrydag 7 November 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 145:8-10]
8. Get. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid. 
9. Tet. Die Here is vir almal goed, en Sy barmhartighede is oor al Sy werke. 
10. Fod. Al U werke loof U, O Here, en U gunsgenote prys U. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
HULLE VERNIETIG ALLES VOLKOME IN DIE STAD:
[Josua 6:18-27]
18. Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, wanneer julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.   
19. "Maar al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe is heilig aan die Here: dit moet by die skat van die Here kom."
20. Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem. 
21. En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe. 
22. En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: "Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het. 
23. Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan, en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het, uitgebring - al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly. 
24. En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silver en die goud en die koper- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van cie Here hevoeg. 
25. Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie, en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe; omdst sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken. 
26. In dié tyd het Josua haar laat sweer met die woorde: "Vervloek is die man voor die aangesig van die Here, wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit."
27. En die Here was met Josua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan. 

(God willing and by His marvelous mercy, grace and loving-kindness I will share the Word with you as often as I possibly can. / As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord  met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
  Photo kindly supplied by:
      Martin Heigan.