Saturday, 19 March 2016

JESUS APPEARS TO HIS DISCIPLES. / JESUS VERSKYN AAN SY DISSIPELS.

3 April 2016. 
WORD OF THE DAY:
(John 20:28)
And Thomas answered and said to Him: "My Lord and My God!"

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS APPEARS TO HIS DISCIPLES;
(John 20:19-31)
19. Then, the same day at evening, being the first day of the week, when the doors were shut where the disciples were assembled, for fear of the Jews, Jesus came and stood in the midst, and said to them: "Peace be with you!"
20. Now when He said this, He showed them His hands and His side. Then the disciples were glad when they saw the Lord. 
21. Then Jesus said to them again: "Peace to you! As the Father Has sent Me, I also send you."
22. And when He Had said this, He breathed on them, and said to them: "Receive the Holy Spirit!" 
23. "If you forgive the sins of any, they are forgiven them; if you retain the sins of any, they are retained"
24. But Thomas called Didymus, one of the twelve, was not with them when Jesus came. 
25. The other disciples therefore said to him: "We have seen the Lord!" But he said to them: "Unless I see in His hands the print of the nails, and put my finger into the print of the nails, and put my hand into His side, I will not believe."
26. And after eight days His disciples were again inside, and Thomas with them. Jesus came, the door being shut, and stood in the midst and said: "Peace to you!"
27. Then He said to Thomas: "Reach your finger here, and look at My hands, and reach your hand here and put it into My side. Do not be unbelieving, but believing."
28. And Thomas answered and said to Him: "My Lord and my God!" 
29. "Thomas, because you have seen Me, you have believed. Blessed are those who have not seen, and yet have believed."
30. And truly Jesus did many other signs in the presence of His disciples, which are not written in this book. 
31. But these are written that you may believe that Jesus is the Christ, the Son of God, and that believing you may have life in His Name. 

3 April 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Johannes 20:28)
En Thomas antwoord en sê vir Hom: "My Here en my God!"

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VERSKYN AAN SY DISSIPELS: 
(Johannes 20:19-31)
19. En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week, en die deure waar die dissipels vergader het  uit vrees vir die Jode gesluit was, het Jesus gekom en in hulle midde gestaan en aan hulle gesê: "Vrede vir julle!"
20. En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle Sy hande en Sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien. 
21. Jesus sê toe weer vir hulle: "Vrede vir julle. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook."
22. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: "Ontvang die Heilige Gees.
23. "As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou."
24. En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie. 
25. Die ander dissipels sê toe vir hom: "Ons het die Meester gesien!" Maar hy het vir hulle gesê: "As ek nie in Sy hande die merk van die spykers sien, en my vinger steek in die merk van die spykers, en my hand in Sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie."
26. En agt dae daarna was Sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: "Vrede vir julle!" 
27. Daarna sê Hy vir Thomas: "Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in My sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig." 
28. En Thomas antwoord en sê vir Hom: "My Here en my God!" 
29. Jesus sê vir hom: "Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie, en tog geglo het."
30. Nog baie ander tekens het Jesus voor Sy dissipels gedoen, wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;
31. Maar hierdie is beskrywe dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo  die lewe kan hê in Sy Naam. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Alta van Vuuren who kindly presented me with this powerful statement.  


JESUS APPEARS IN GALILEE. / JESUS VERSKYN IN GALILÉA.

Wednesday 30 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 28:20)
"Teacthing them to observe everything that I Have commanded you. And behold, I Am with you all the days (perpetualy, uniformly and on every occasion), to the (very) close and consummation of the age."

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS APPEARS IN GALILEE: 
(Matthew 28:16-20)
16. Now the eleven disciples went to Galilee, to the mountain to which Jesus Had directed and made appointment with them. 
17. And when they saw Him, they fell down and worshiped Him; but some doubted. 
18. Jesus approached and, breaking the silence, said to them: "All authority (all power and rule) in heaven and on earth has been given to Me. 
19. "Go then and make disciples of all the nations, baptizing them into the Name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
20. "Teaching them to observe everything that I Have commanded you, and behold, I Am with you all the days (perpetually, uniformly, and on every occasion) to the (very) close and consummation of the age. Amen (so be it).  

Woensdag 30 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 28:20)
"En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld."
 
BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VERSKYN IN GALILÉA: 
(Matthéüs 28:16-20)
16. En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg, waar Jesus hulle bestel het. 
17. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. 
18. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. 
19. "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
20. "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Rosan Marais for this  photo as well as the very touching and powerful statement. 

THE RESURRECTION. / DIE OPSTANDING.

Thursday 31 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Mark 9:31)
For He taught His disciples and said to them: "The Son of Man is being delivered into the hands of men. And they will kill Him. And after He is killed, He will rise the third day."

MESSAGE OF THE DAY:
THE RESURRECTION:
(Mark 16:1-13)
1. And when the Sabbath was past (that is, after the sun had set), Mary Magdalene, and Mary (the mother of James), and Salome purchased sweet-smelling spices, so that they might go and anoint (Jesus' body).
2. And very early, on the first day of the week they came to the tomb; (by then) the sun had risen. 
3. And they said to one another: "Who will roll back the stone for us out of (the groove across the floor at) the door of the tomb?"
4. And when they looked up, they (distinctly) saw that the stone was already rolled back, for it was very large. 
5. And going into the tomb, they saw a young man sitting (there) on the right (side), clothed in (a long, stately, sweeping) robe of white, and they were utterly amazed and struck with terror. 
6. And he said to them: "Do not be amazed and terrified; you are looking for Jesus of Nazareth, Who was crucified. He Has risen; He is not here. See the place where they laid Him.
7. "But be going; tell the disciples and Peter, He goes before you into Galilee; you will see Him there, (just) as He told you."
8. Then they went out (and) fled from the tomb, for trembling and bewilderment and consternation had seized them. And they said nothing about it to anyone, for they were held by alarm and fear. 
9. Now Jesus, having risen, (from death) early on the first day of the week, appeared first to Mary Magdalene, from whom He Had driven out seven demons.  
10. She went and reported it to those who had been with Him, as they grieved and wept. 
11. And when they heard that He was alive and that she had seen Him, they did not believe it.  
12. After this, He appeared in a different form to two of them as they were walking (along the way) into the country. 
13. And they returned (to Jerusalem) and told the others, but they did not believe them either.  

Donderdag 31 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Markus 9:31)
Want Hy het Sy dissipels geleer en vir hulle gesê: "Die Seun van die Mens word oorgelewer in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE OPSTANDING:
(Markus 16:1-13)
1. En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag, het Maria Magdaléna en Maria die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf. 
2. En baie vroeg, op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf. 
3. En hulle sê vir mekaar: "Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?"
4. En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot. 
5. En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle 'n jongman, met 'n lang wil kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik. 
6. En hy sê vir hulle: "Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het. 
7. "Maar gaan sê vir Sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uitgaan na Galiléa. Daar sal Hy julle sien, soos Hy julle gesê het."
8. Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle was bevrees. 
9. En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels gedryf het. 
10. Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Jesus gewees het, terwyl hulle treur en ween. 
11. En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie. 
12. En hierna het Hy in 'n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld. 
13. Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Translation: (Acts 2:24) But God raised Him from the dead, freeing Him from the agony of death, for it was impossible for death to keep its hold on Him. JESUS LIVES!
Many thanks to whoever placed this on FB.  

JESUS IS RISEN! / JESUS HET OPGESTAAN!

Monday 28 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Deuteronomy 8:18)
But you shall (earnestly) remember the Lord your God, for it is He Who gives you power to get wealth, that He may establish His covenant which He swore to your fathers, as it is this day. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
JESUS IS RISEN!
(Matthew 28:1-15)
1. Now after the Sabbath, near dawn of the first day of the week, Mary of Magdala and the other Mary went to take a look at the tomb. 
2. And behold, there was a great earthquake, for an angel of the Lord descended from heaven and came and rolled the boulder back and sat on it. 
3. His appearance was like lightning, and his garments as white as snow. 
4. And those keeping guard were so frightened at the sight of him that they were agitated and they trembled and became like dead men. 
5. But the angel said to the woman: "Do not be alarmed and frightened, for I know that you are looking for Jesus, Who was crucified. 
6. "He is not here; He Has risen, as He said (He would do). Come, see the place where He lay. 
7. "Then go quickly, and tell His disciples, He Has risen from the dead, and behold, He is going before you to Galilee; there you will see Him. Behold, I have told you."
8. So they left the tomb hastily with fear and great joy, and ran to tell the disciples. 
9. And as they went, behold, Jesus met them and said, Hail (greetings)! And they went up to Him and clasped His feet and worshiped Him. 
10. Then He said to them: "Do not be alarmed and afraid; go and tell My brethren to go to Galilee, and there they will see Me."
11. While they were on their way, behold, some of the guards went into the city and reported to the chief priests everything that had occurred.  
12. And when they (the chief priests) had gathered with the elders and had consulted together, they gave a sufficient sum of money to the soldiers, 
13. And said: "Tell people: 'His disciples came at night and stole Him away while we were sleeping.'
14. "And if the governor hears of it, we will appease him and make you safe and free from trouble and care."
15. So they took the money, and did as they were instructed; and this story has been current among the Jews to the present day. 

Maandag 28 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Deuteronomium 8:18)
Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy Sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS HET OPGESTAAN!
(Matthéüs 28:1-15)
1. En laat ná die Sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk. 
2. En daar kom 'n groot aardbewing want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. 
3. En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. 
4. En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. 
5. Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: "Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 
6. "Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
7. "En gaan haastig, sê vir Sy dissipels: "Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê." 
8. En hulle het haastig weggegaan van die graf, met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan Sy dissipels te vertel. 
9. En terwyl hulle op weg was om dit aan Sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: "Wees gegroet!" Toe kom hulle nader en gryp Sy voete en aanbid Hom.  
10. En Jesus sê vir hulle: "Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel My broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien."
11. En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad, en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.  
12. En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee. 
13. En gesê: "Julle moet sê: 'Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel, terwyl ons aan die slaap was.'
14. "En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is."
15. Hulle het toe die geld geneem, en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.  

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Elna le Hanie who shared Linda Dry's photo from 'Daelikse Woord van God.' (Daily Word of God.)
Also many thanks to JoeyPowell and Mark Spence for this amazing picture!

THE APPEARANCE OF JESUS AFTER HIS RESURRECTION. : DIE VERSKYNING VAN JESUS NÁ SY OPSTANDING.

Wednesday 4 April 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Romans 11:36)
For from Him and through Him and to Him are all things. (For all things originate with Him and come from Him; all things live through Him, and all things center
In and tend to consummate and to end in Him.) To Him be glory forever! Amen. (So be it).

MESSAGE OF THE DAY:
THE APPEARANCE OF JESUS AFTER HIS RESURRECTION:
(Mark 16:14-20)
14. Afterward He appeared to the Eleven (apostles themselves) as they reclined at table; and He reproved and reproached them for their unbelief (their lack of faith) and their hardness of heart, because they had refused to believe those who had seen Him, and looked at Him attentively after He Had risen (from death). 
15. And He said to them: "Go into the world and preach and publish openly the good news (the Gospel) to every creature of the whole human race,
16. "He who believes, (adheres to and trusts in and relies on the Gospel, and Him Whom it sets forth) and is baptized will be saved (from the penalty of eternal death); but he who does not believe (who does not adhere to and trust in and rely on the Gospel, and Him Whom it sets forth) will be condemned. 
17. "And these attesting signs will accompany those who believe: In My Name they will drive out demons; they will speak in new languages; 
18. "They will pick up serpents; and (even) if they drink anything deadly,
It will not hurt them; they will lay their hands on the sick, and they will get well."
19. So then the Lord Jesus, after He Had spoken to them, was taken up into heaven, and He sat down at the right hand of God. 
20.  And they went out and preached everywhere, while the Lord kept working with them and confirming the message by the attesting signs and miracles that closely accompanied (it). Amen (so be it).

Woensdag 4 April 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Romeine 11:36)
Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
VERSKYNING VAN JESUS NÁ SY OPSTANDING: 
(Markus 16:14-20)
14. Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná Sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 
15. En Hy het vir hulle gesê: "Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 
16. "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 
17. "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
18. "Slange sal hulle opneem, en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word."
19. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. 
20. Maar hulle het uitgegaan en het oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen. 
 
(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden

JESUS LAID TO REST. JESUS TE RUSTE GELÊ.

Saterdag 26 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jesaja 43:25)
Dit is Ek wat jou oortredinge uitwis om My ontwil, en aan jou sondes sal Ek nie meer dink nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
JESUS TE RUSTE GELÊ:
(Matthéüs 27:57-66)
57. En toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was. 
58. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.  
59. En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai,
60. En dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan. 
61. En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit. 
62. Die volgende dag - dit is die dag ná die voorbereiding, kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
63. En sê: "My heer, ons herinner ons dat dié Verleier toe Hy in die lewe was gesê het: "Oor drie dae staan Ek op."
64. "Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe dat Sy dissipels nie dalk in die nag kom en Hom steel nie; en dan vir die volk sê: 'Hy het opgestaan uit die dode.' En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste."
65. Daarop sê Pilatus vir hulle: "Julle sal 'n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan."
66. En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag. 

Saturday 26 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Isaiah 43:25) 
I, even I, Am He Who blots out your transgressions, for My own sake, and remembers your sins no more. 

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS LAID TO REST:
(Matthew 27:57-66)
57. When it was evening, there came a rich man from Arimathea, named Joseph, who also was a disciple of Jesus.  
58. He went to Pilate and asked for the body of Jesus, and Pilate ordered that it be given to him. 
59. And Joseph took the body and rolled it up in a clean linen cloth, used for swathing dead bodies, 
60. And laid it in his own fresh (undefiled) tomb, which he had hewn in the rock; and he rolled a big boulder over the door of the tomb and went away. 
61. And Mary of Magdala and the other Mary kept sitting there opposite the tomb. 
62. The next day, that is, the day after the day of Preparation (for the Sabbath), the chief priests and the Pharisees assembled before Pilate
63. And said: "Sir, we have just remembered how that vagabond Imposter said while He was still alive: 'After three days I will rise again.'
64. "Therefore give an order to have the tomb made secure and safeguarded until the third day, for fear that His disciples will come and steal Him away, and tell the people that He Has risen from the dead. And the deception and fraud will be worse than the first."  
65. Pilate said to them: "You have a guard (of soldiers; take them and) go, make it as secure as you can."
66. So they went off and made the tomb secure, by sealing the boulder, a guard of soldiers being with them, and remaining to watch. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Valkey Le Hanie Hintze for this amazing photo, which she posted on Face Book. 


THE CRUCIFIXION - THE KING ON A CROSS. / DIE KRUISIGING - DIE KONING AAN 'N KRUIS.

Friday 25 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 28:2)
There was a violent earthquake, for the angel of the Lord came down from heaven and going to the tomb, rolled back the stone and sat on it. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE CRUCIFIXION - THE KING ON A CROSS:
(Matthew 27:32-52)
32. As they were going out, they met a man from Cyrene named Simon, and they forced him to carry the cross. 
33. They came to a place called Golgotha (which means the place of the skull).
34. There they offered Jesus wine to drink - mixed will gall; but after tasting it, He refused to drink it. 
35. When they had crucified Him, they divided up His clothes by casting lots. 
36. And sitting down, they kept watch over Him there. 
37. Above His head they placed the written charge against Him: THIS IS JESUS, THE KING OF THE JEWS. 
38. Two robbers were crucified with Him, one on His right, and one on His left.  
39. Those who passed by, hurled insults at Him, shaking their heads 
40. and saying: "You Who are going to destroy the temple and build it in three days, save Yourself! Come down from the cross, if You are the Son of God!"
41. In the same way the chief priests, the teachers of the law and the elders mocked Him. 
42. "He saved others," they said, "but He can't save Himself! He's the King of Israel! Let Him come down now from the cross, and we will believe in Him. 
43. "He trusts in God. Let God rescue Him now if He wants Him, for He said: 'I Am the Son of God.'" 
44. In the same way the robbers who were crucified with Him, also heaped insults on Him. 
45. From the sixth hour to the ninth hour darkness came over all the land. 
46. About the ninth hour Jesus cried out in a loud voice: "Eloi, Eloi, lama sabaghthani." Which means: "My God, My God, why have You forsaken Me!" 
47. When some of those standing there, heard this, they said: "He is calling Elijah."
48. Immediately one of them ran and got a sponge. He filled it with wine vinegar, put it on a stick, and offered it to Jesus to drink.  
49. The rest said: "Now leave Him alone. Let's see if Elijah comes to save Him."
50. And when Jesus had cried out again in a loud voice, He gave up His spirit. 
51. At that moment the curtain of the temple was torn in two, from top to bottom. The earth shook and the rocks split. 
52. The tombs broke open, and the bodies of many holy people who had died, were raised to life. 
53. They came out of the tombs and after Jesus' resurrection, they went into the holy city and appeared to many.  
54. When the centurion and those with him who were guarding Jesus, saw the earthquake and all that had happened, they were terrified, and exclaimed: "Surely, He was the Son of God!"
  
Vrydag 25 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 28:2)
En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal, en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE KRUISIGING - DIE KONING AAN DIE KRUIS:
(Matthéüs 27:32-52)
32. En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om Sy kruis te dra. 
33. En hulle het gekom op 'n plek wat Gólgota genoem word - dit beteken: Plek van die Hoofskedel -
34. En vir Hom asyn met gal gemeng gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. 
35. En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het My klere onder mekaar verdeel en oor My gewaad die lot gewerp. 
36. En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak. 
37. En bokant Sy hoof het hulle Sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE. 
38. Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die linker- en een aan die regterkant. 
39. En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud, 
40. En sê: "U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!"
41. En so het die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en die ouderlinge gespot en gesê:
42. "Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
43. "Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: 'Ek is die Seun van God.'" 
44. En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig. 
45. En van die sesde uur af, het daar duisternis gekom oor die hele aarde, tot die negende uur toe;
46. En omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: "Eli, Eli, lama sabagtáni?" Dit is: "My God, My God, waarom het U My verlaat?" 
47. En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: "Hy roep Elia."
48. Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem 'n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op 'n riet en laat Hom drink. 
49. Maar die ander sê: "Wag, laat ons sien of Elia kom om Hom te verlos."
50. Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee. 
51. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur. 
52. En die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. 
53. En ná Sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.  
54. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en alles wat gebeur het, het hulle baie bevrees geword en gesê: "Waarlik, Hy was die Seun van God!"

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to John Hagee Ministries for this inspiring, powerful and true statement. 


JESUS FACES PILATE, Second section ... / JESUS VOOR PILATUS, Tweede gedeelte ...

Thursday 24 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Mark 8:38)
"For whoever is ashamed (here and now) of Me and My words in this adulterous (unfaithful) and (preeminently) sinful generation, of him will the Son of Man also be ashamed when He comes in the glory (splendour and majesty) of His Father with the holy angels."

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FACES PILATE, Second section ...
(Matthew 27:24-31)
24. When Pilate saw that he was getting nowhere, but that instead an uproar was starting, he took water and washed his hands in front of the crowd. "I am innocent of this Man's blood," he said. "It is your responsibility!"
25. All the people answered: "Let His blood be on us and our children."
26. Then he released Barabbas to them. But he had Jesus flogged, and handed Him over to be crucified. 
27. Then the governor's soldiers took Jesus into the Preatorium and gathered the whole company of souldiers around Him. 
28. They stripped Him and put a scarlet robe on Him, 
29. and then twisted together a crown of thorns, and set it on His head. They put a staff in His right hand and knelt in front of Him and mocked Him. "Hail, King of the Jews!" they said.  
30. They spat on Him and took the staff and struck Him on the head, again and again. 
31. After they had mocked Him, they took off the robe and put His own clothes on Him. Then they led Him away to crucify Him. 

Donderdag 24 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Markus 8:38)
"Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader, met die heilige engele."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VOOR PILÁTUS, Tweede gedeelte ...
(Matthéüs 27:24:31)
24. En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man, julle kan toesien!"
25. En die hele volk antwoord en sê: "Laat die bloed op ons en op ons kinders kom!"
26. Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word. 
27. Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar. 
28. Toe trek hulle Sy klere uit, en werp 'n rooi mantel om Hom;
29. En hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op Sy hoof, en 'n riet in Sy regterhand, en hulle val op hulle knieë voor Hom, en bespot Hom en sê: "Wees gegroet, Koning van die Jode!"
30. En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op Sy hoof. 
31. En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit, en trek Sy klere aan, en ly Hom weg om gekruisig te word. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.) /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Belinda van Heerden Crail for posting the above powerful statement on FB. 

JESUS FACES PILATE. / JESUS VOOR PILATUS.

Wednesday 23 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 27:37)
And they put up over His head the accusation written against Him:
THIS IS JESUS, THE KING OF THE JEWS. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FACES PILATE:
1. English - (New English Translation).
(Matthew 27:11-20)
11. Now Jesus stood before the governor. And the governor asked Him, saying: Are You the King of the Jews?" So Jesus said to him: "It is as you say."  
12. And while He was being accused by the chief priests and elders, He answered nothing.  
13. Then Pilate said to Him: "Do You not hear how many things they testify against You?"
14. And He answered him not one word, so that the governor marveled greatly. 
15. Now at the feast the governor was accustomed to release to the multitude one prisoner whom they wished.  
16. And they had then a notorious prisoner called Barabbas. 
17. Therefore, when they had gathered together, Pilate said to them: "Whom do you want me to release to you? Barabbas, or Jesus called Christ?"
18. For he knew that because of envy they had delivered Him. 
19. While he was sitting on the judgement seat, his wife sent to him, saying: "Have nothing to do with that just Man, for I have suffered many things today in a dream, because of Him."
20. But the chief priests and the elders persuaded the multitude that they should ask for Barabbas, and destroy Jesus. 
21. The governor answered and said to them: "Which of the two do you want me to release to you? They said: "Barabbas!"
22. "What then shall I do with Jesus Who is called Christ?" They all said to him: "Let Him be crucified!"
23. Then the governor said: "Why, what evil Has He done?" But they cried out all the more, saying: "Let Him be crucified!"

Woensdag 23 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 27:37)
En bokant Sy hoof het hulle Sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VOOR PILATUS: 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Matthéüs 27:11-20)
11. En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: "Is U die Koning van die Jode?" En Jesus antwoord hom: "U sê dit."
12. En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie. 
13. Toe sê Pilatus vir Hom: "Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?"
14. En Hy het hom op geen enkele Woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.   
15. En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.  
16. En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad, met die naam van Barábbas.  
17. Nadat hulle dan byeen gekom het, vra Pilatus vir hulle: "Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?"
18. Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het. 
19. En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur, en gesê: "Moet tog niks te doen hê met die regverdige Man nie, want ek het vandag in 'n droom baie om Sy ontwil gely."
20. Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring. 
21. Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: "Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat?" En hulle antwoord; "Barábbas!"
22. Pilatus sê vir hulle: "Wat moet ek doen met Jesus wat genoem word Christus?" Hulle sê almal vir hom: "Laat Hom gekruisig word!"
23. En die goewerneur sê: "Watter kwaad het Hy dan gedoen?" Maar hulle skreeu nog harder en sê: "Laat Hom gekruisig word!"

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to John Hagee Ministries for this pic illustrating Colossians 3:17. 

JESUS FACES THE SANHEDRIN. / JESUS VOOR DIE JOODSE RAAD.

Tuesday 22 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 25:46)
"Then they will go away into eternal punishment, but those who are just and upright and in right standing with God, into eternal life."
 
MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FACES THE SANHEDRIN:
1. English - (New English Translation)
(Matthew 26:57-68)
57. Now the ones who had arrested Jesus led Him to Caiaphas, the high priest, in whose house the experts in the law and the elders had gathered.  
58. But Peter was following Him from a distance, all the way to the high priest's courtyard. After going in, he sat with the guards to see the outcome. 
59. The chief priests and the whole Sanhedrin were trying to find false testimony against Jesus so that they could put Him to death.  
60. But they did not find anything, though many false witnesses came forward - 
61. And declared: "This Man said: 'I Am able to destroy the temple of God and rebuild it in three days,'"
62. So the high priest stood up and said to Him: "Have you no answer? What is this that they are testifying against You?"
63. But Jesus was silent. The high priest said to Him: "I charge You under oath by the living God, tell us if You are the Christ, the Son if God."
64. Jesus said to Him: "You have said it yourself. But I tell you, from now on you will see the Son of Man sitting at the right hand of the Power and coming on the clouds of heaven."
65. Then the high priest tore his clothes and declared: "He Has blasphemed! Why do we still need witnesses? Now we have heard the blasphemy!
66. "What is your verdict?" They answered: "He is guilty and deserves death!"
67. Then they spat in His face and struck Him with their fists. And some slapped Him, 
68. Saying: "Prophesy for us, You Christ! Who hit You?"

Dinsdag 22 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 25:46)
"En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VOOR DIE JOODSE RAAD:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Matthéüs 26:57-68)
57. En die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kájafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en ouderlinge vergader het. 
58. En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien. 
59. En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad, het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. 
60. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie. 
61. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: "Hierdie Man het gesê: 'Ek kan die tempel van God afbreek, en dit in drie dae opbou.'"
62. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: "Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?"
63. Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: "Ek besweer U by die lewende God, dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God is?"
64. Jesus antwoord hom: "U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God, en kom op die wolke van die hemel."
65. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: "Hy het Godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuienis nodig? Kyk, nou het julle Sy godslastering gehoor!
66. "Wat dink julle?" En hulle antwoord en sê: "Hy is die dood skuldig!"
67. Toe het hulle in Sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan -
68. En ander het Hom met stokke geslaan en gesê: "Profeteer vir ons Christus! Wie is dit wat U geslaan het?"

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)  
Cell phone photo taken in our garden

BETRAYAL AND ARREST IN GETHSEMANE. / JESUS WORD GEVANGE GENEEM IN GETSÉMANÉ.

Monday 21 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 25:40)
"And the King will answer and say to them: 'Assuredly I say to you, inasmuch as you did it to one of the least of these My brethren, you did it to Me.'"

MESSAGE OF THE DAY:
BETRAYAL AND ARREST IN GETHSEMANE:
1. English - (Amplified Bible Version)
(Matthew 26:45-56)
45. Then He returned to the disciples and said to them: "Are you still sleeping and taking a rest? Behold, the hour is at hand, and the Son of Man is betrayed into the hands of especially wicked sinners (whose way of nature it is to act in opposition to God).
46. "Get up, let us be going! See, My betrayer is at hand!"
47. As He was still speaking, Judas, one of the twelve (apostles), came up, and with him a great crowd with swords and clubs, from the chief priests and elders of the people. 
48. Now the betrayer had given them a sign, saying: "The One I shall kiss is  the Man; seize Him."
49. And he came up to Jesus at once and said: "Hail (greetings, good health to You, long life to You), Master!" And he embraced Him and kissed Him, with (pretended) warmth and devotion. 
50. Jesus said to him: "Friend, for what are you here?" Then they came up and laid hands on Jesus and arrested Him. 
51. And behold, one of those who were with Jesus, reached out his hand and drew his sword and, striking the body servant of the high priest, cut off his ear.  
52. Then Jesus said to him: "Put your sword back into its place, for all who draw the sword will die by the sword. 
53. "Do you suppose that I cannot appeal to My Father, and He will immediately provide Me with more than twelve legions (more than 80 000) of angels?
54. But how then would the Scriptures be fulfilled, that it must come about this way?"
55. At that moment Jesus said to the crowds: "Have you come out with swords and clubs as (you would) against a robber to capture Me? Day after day I was accustomed to sit in the porches and courts of the temple, teaching, and you did not arrest Me. 
56. "But all this has taken place in order that the Scriptures of the prophets might be fulfilled." Then all the disciples deserted Him and, fleeing, escaped. 

Maandag 21 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 25:40)
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: "Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS WORD GEVANGE GENEEM IN GETSÉMANÉ:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Matthéüs 26:45-56)
45. Daarop kom Hy by Sy dissipels en sê vir hulle: "Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van die sondaars.
46. "Staan op. Laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai."
47. En terwyl Hy nog spreek, daar kom Judas, een van die twaalf, en saam met 'n menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk. 
48.  En Sy verraaier het hulle 'n teken gegee en gesê: "Die Een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!"
49. En dadelik gaan hy na Jesus en sê: "Gegroet Rabbi!" En hy het Hom gesoen. 
50. Maar Jesus sê vir hom: "Vriend, waarvoor is jy hier?" Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom. 
51. En een van die die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap. 
52. Toe sê Jesus vir hom: "Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.
53. "Of dink jy dat Ek nie nou My Vader kan bid dat Hy vir My meer as twaalf legioene (80 000) van engele beskikbaar sal stel nie? 
54. "Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?"
55. In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: "Het julle soos teen 'n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie.
56. "Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word." Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to whoever placed this very revelent and lovely pic on Facebook. 

A BOY WITH A MUTE SPIRIT HEALED. / 'n SEUN MET 'N STOM GEES GENEES.

Sunday 20 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Luke 1:37)
For there is nothing which God is not able to do. 

MESSAGE OF THE DAY:
A BOY WITH A MUTE SPIRIT HEALED:
1. English - (BBE Translation, and infillings from the Amplified Bible.)
(Mark 9:17-29)
17. And one of the number said to Him in answer: "Master, I came to You with my son, who has in him a spirit which takes away his power of talking;
18. "And wherever it takes him, it puts him down violently, streaming at the lips and twisted with pain; and his strength goes from him; and I made a request to Your disciples to send it out, and they were not able."  
19. And He said to them in answer: "O generation without faith, how long will I have to be with you? How long will I put up with you? Let him come to Me."
20. And they took him (the boy) to Him; and when he saw Him, the spirit in him straight away became violent; and he went down on the earth, rolling about and streaming at the lips.  
21. And Jesus, questioning the father said: "How long has he been like this?" And he said: "From a child.
22. "And frequently it has sent him into the fire and into the water, for his destruction; but if You are able to do anything, have pity on us, and give us help."
23. And Jesus said to him: "If You are able! All things are possible to him who has faith." 
24. Straight away the father of the child gave a cry, saying: "I have faith; make my feeble faith stronger!"
25. And when Jesus saw that the people came running together, He gave orders to the unclean spirit, saying to him: "You, spirit, who are the cause of his loss of voice and hearing, I say to you; come out of him, and never again go into him." 
26. And after crying out and shaking him violently, (giving a hoarse, clamoring, fear-stricken) shriek of anguish, it came out; and the child became like one dead (pale and motionless) so that most of them said: "He is dead."
27. But Jesus took (a strong grip) of his hand, and began lifting him up; and he stood. 
28. And when He had gone into the house, His disciples said to Him privately: "Why were we unable to drive it out?" 
29. And He replied to them: "This kind cannot be driven out by anything, but prayer and fasting."

Sondag 20 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Lukas 1:37)
Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
'n SEUN MET 'N STOM GEES GENEES:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Markus 9:17-29)
17. En een uit die skare antwoord en sê: "Ek het my seun wat 'n stomme gees het na U gebring;
18. "En waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in sy mond, en hy kners met sy tande, en word styf; en ek het U dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie."
19. Toe antwoord Hy hom en sê: "O ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle dra? Bring hom na My toe."
20. En hulle bring hom na Hom toe, en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond. 
21. Daarop vra Hy sy vader: "Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het?" En hy sê: "Van sy kindsdae af;
22. "En dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons."
23. En Jesus sê vir hom: "Wat dit betref - as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."
24. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: "Ek glo Here, kom my ongeloof te hulp!"
25. En toe Jesus sien dat 'n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: "Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou:
Gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie!"
26. En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie gesê het: "Hy is dood."
27. Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.
28. En toe hy in die huis kom, vra Sy dissipels Hom afsonderlik: "Waarom
kon ons hom nie uitdrywe nie?"
29. En Hy sê vir hulle: "Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden