Thursday, 16 June 2016

PETER AND JOHN BEFORE THE SANHEDRIN. / PETRUS EN JOHANNES VOOR DIE JOODSE RAAD.

Weekend 18 & 19 June 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Psalm 77:1,2)
1. I will cry to the Lord with my voice, even to God with my voice, and He will give ear and hearken to me. 
2. In the day of my trouble I seek (inquire of and desperately require) the Lord; in the night my hand is stretched out (in prayer) without slacking up; I refuse to be comforted. 

MESSAGE OF THE DAY:
PETER AND JOHN BEFORE THE SANHEDRIN:
(Acts 4:1-12)
1. And while they (Peter and John) were talking to the people, the high priests and military commander of the temple, and the Sadducees came upon them, 
2. Being vexed and indignant through and through because they were teaching the people, and proclaiming in (the case of) Jesus the resurrection from the dead.  
3. So they laid hands on them (arrested them), and put them in prison until the following day, for it was already evening. 
4. But many of those who heard the message believed (adhered to and trusted in, and relied on Jesus as the Christ). And their number grew and came to about 5,000. 
5. Then on the following day, their magistrates and elders and scribes were assembled in Jerusalem,
6. Including Annas the high priest and Caiaphas and John and Alexander, and all others who belonged to the high priestly relationship. 
7. And they set the men in their midst and repeatedly demanded: "By what sort of power or by what kind of authority did (such people as) you did this (healing)?"
8. Then Peter (because he was) filled with (and controlled by) the Holy Spirit, said to them: "Rulers of the people and members of the council (the Sanhedrin),
9. "If we are being put on trial (here) today and examined concerning a good deed done to benefit a feeble (helpless) cripple, by what means this man has been restored to health, 
10. "Let it be known and understood by all of you, and by the whole house of Israel, that in the Name and through the power and authority of Jesus Christ of Nazareth, Whom you crucified, (but) Whom God raised from the dead, in Him and by means of Him, this man is standing here before you, well and sound in body,
11. "This Jesus is the Stone which was despised and rejected by you, the builders, but which Has become the Head of the corner (the Cornerstone). 
12. And there is salvation in and through no one else, for there is no other name under heaven given among men, by and in which we must be saved."

Naweek 18 & 19 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG: 
(Psalm 77:2,3)
2. My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister. 
3. Op die dag van my benoudheid  soek ek die Here; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word, en my siel weier om getroos te word. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PETRUS EN JOHANNES VOOR DIE JOODSE RAAD:
(Handelinge 4:1-12)
1. En terwyl hulle (Petrus en Johannes) besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel, en die Sadduseërs op hulle afgekom,
2. Baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig. 
3. En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand. 
4. En baie van die wat die Woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyfduisend geword. 
5. Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,
6. Ook Annas die hoëpriester, en Kájafas en Johannes en Alexander, en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;
7. En toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: "Deur watter mag en deur watter Naam het julle dit gedoen?"
8. Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees aan hulle: "Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
9. "As ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n man, waardeur hy gesond geword het, 
10. "Laat dit aan julle bekend wees aan julle almal, en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. 
11. "Hy is die steen wat deur julle die bouers verag is, wat 'n hoeksteen geword het. 
12. "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Kenneth Copeland Ministries for these powerful words of encouragement.  


 

Sunday, 5 June 2016

GOD WILL RESTORE EVERYTHING. /. GOD SAL ALLES HERSTEL.

Friday 17 June 2016
WORD OF THE DAY:
(1 Corinthians 4:5)
So do not make any hasty or premature judgement before the appointed time when the Lord comes (again), for He will both bring to light the secret things that are (now hidden) in darkness, and disclose and expose the (secret) aims (motives and purposes) of men's hearts. At that time every man will receive his (due) commendation and praise from God. 
  
MESSAGE OF THE DAY:
GOD WILL RESTORE EVERYTHING: 
(Acts 3:19-26)
19. So repent, (change your mind and purpose); turn around and return (to God), that your sins may be erased (blotted out, wiped clean), that times of refreshing (of recovering from the effects of heat, of reviving with fresh air) may come from the presence of the Lord; 
20. And that He may send (to you) the Christ (the Messiah), Who before was designated and appointed for you - even Jesus, 
21. Whom heaven must receive (and retain) until the time for the complete restoration of all that God spoke by the mouth of all His holy prophets for ages past (from the most ancient time in the memory of man),
22. Thus Moses said to the forefathers: "The Lord God will raise up for you a Prophet from among your brethren as (He raised up) me; Him you shall listen to and understand by hearing and heed in all things whatever He tells you. 
23. "And it shall be that every soul that does not listen to and understand by hearing and heed that Prophet shall be utterly exterminated from among the people. 
24. "Indeed, all the prophets from Samuel and those who came afterwards, as many as have spoken, also promised and foretold and proclaimed these days.  
25. "You are the descendants (sons) of the prophets and the heirs of the covenant which God made and gave to your forefathers, saying to Abraham: 'And in your Seed (Heir) shall all the families of the earth be blessed and benefited.'"
26. "It was to you first that God sent His Servant and Son, Jesus, when He raised Him up (provided and gave Him for us), to bless you in turning every one of you from wickedness and evil ways."

Vrydag 17 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(1 Korinthiërs 4:5)
Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
(Handelinge 3:19-26)
19. Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word, en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
20. En Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus. 
21. Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van Sy heilge profete. 
22. Want Moses het tot die vaders gespreek: "Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is, na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. 
23. "En elke siel wat nie na diê Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word. 
24. "En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig. 
25. "En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het, toe Hy vir Abraham gesê het: "'En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.'"
26. "God het, nadat Hy Sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Pastor John Hagee for this powerful declaration. 


THE NAME OF JESUS FORBIDDEN. /. DIE NAAM VAN JESUS VERBIED.

Tuesday 21 June 2016
WORD OF THE DAY:
(Isaiah 40:5)
And the glory (majesty and splendour) of the Lord shall be revealed, and all flesh shall see it together; for the mouth of the Lord Has spoken it. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE NAME OF JESUS FORBIDDEN: 
(Acts 4:13-23)
13. Now when they saw the boldness and unfettered eloquence of Peter and John, and perceived that they were unlearned and untrained in the schools (common men with no educational advantages), they marvelled; and they recognized that they had been with Jesus. 
14. And since they saw the man who had been cured standing there beside them, they could not contradict the fact, or say anything in opposition. 
15. But having ordered (the prisoners) to go aside out of the council (chamber), they conferred (debated) among themselves, 
16. Saying: "What are we to do with these men? For that an extraordinary miracle has been performed by (through) them, is plain to all the residents of Jerusalem, and we cannot deny it.
17. "But in order that it may not spread further among the people and the nation, let us warn and forbid them with a stern threat, to speak anymore to anyone in this Name (or about this Person)."
18. (So) they summoned them and imperatively instructed them not to converse in any way or teach at all in or about the Name of Jesus. 
19. But Peter and John replied to them: "Whether it is right in the sight of God to listen to you and to obey you rather than God, you must decide (judge).
20. "But we (ourselves) cannot help telling what we have seen and heard."
21. Then, when the (rulers and council members) had further threatened them, they let them go, not seeing how they could secure a conviction against them because of the people; for everybody was praising and glorifying God for what had occurred.     
22. For the man on whom this sign (miracle) of healing was performed, was more than forty years old. 
23. After they were permitted to go, (the apostles) returned to their own (company), and told all that the chief priests and elders had said to them. 

Dinsdag 21 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jesaja 40:5)
En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die Here het dit gespreek.  

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE NAAM VAN JESUS VERBIED:
(Handelinge 4:13-23)
13. En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien, en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige mense was, was hulle verwonderd, en het hulle as metgeselle van Jesus herken. 
14. En omdat hulle die man wat genees was by hulle sien staan, kon hulle niks daarvan sê nie. 
15. Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag -
16. En gesê: "Wat moet ons met hierdie mense doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie. 
17. "Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie."
18. En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in geheel nie in die Naam van Jesus te spreek, of te leer nie. 
19. Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: "Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; 
20. "Want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie."
21. En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het. 
22. Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud. 
23. En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hulle eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to "DyedForYouArt.com" for drawing attention to this encouraging piece of scripture. 



THE BELIEVERS' PRAYER. /. DIE GELOWIGES SE GEBED.

Weekend 25 & 26 June 2016
WORD OF THE DAY:
(Acts 17:28a)
For in Him we live and move and have our being. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE BELIEVERS' PRAYER: 
(Acts 4:24-31)
24. So when they heard that, they raised their voices to God with one accord and said: "Lord You are God, Who made heaven and earth and the sea, and all that is in them. 
25. "Who by the mouth of Your servant David have said: 'Why did the nations rage and the people plot vain things?
26. "'The kings of the earth took their stand, and the rulers were gathered together against the Lord and against His Christ.'
27. "For truly against Your Holy Servant Jesus, Whom You anointed, both Herod and Pontius Pilate, with the Gentiles and the people of Israel, were gathered together,
28. "To do whatever Your hand and Your purpose determined before, to be done.  
29. "Now Lord, look at their threats, and grant to Your servants that with all boldness they may speak Your Word, 
30. "By stretching out Your hand to heal, and that signs and wonders may be done, through the Name of Your Holy Servant Jesus."
31. And when they had prayed, the place where they were assembled together were shaken; and they were all filled with the Holy Spirit, and they spoke the Word of God with boldness. 

Naweek 25 & 26 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Handelinge 17:28a)
Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons.  

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GELOWIGES SE GEBED:
(Handelinge 4:24-31)
24. En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem verhef tot God en gesê: "Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, 
25. "Wat deur die mond van U kneg Dawid gesê het: 'Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?
26. "'Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen Sy Gesalfde.'
27. "Want waarlik, Herodus en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen U helige Kind Jesus wat U gesalf het,   
28. "Om alles te doen wat U hand en U raad vooruit bepaal het om plaas te vind. 
29. "En nou Here, let op hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om met alle vrymoedigheid U Woord te spreek,
30. "Deurdat U, U hand uitstrek tot genesing en tekens en wonders deur die Naam van U heilige Kind Jesus plaasvind."
31. En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal gevul met die Heilige Gees, en het die Woord van God met vrymoedigheid gespreek. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Rosan Marais for sharing this amazing and powerful statement with us. 


STEPHEN'S SPEECH CONTINUES, Third section ... / STÉPHANUS SE TOESPRAAK DUUR VOORT, Derde gedeelte ...

Weekend 10 & 11 September 2016
WORD OF THE DAY:
(James 3:8,9)
8. But no human being can subdue the tongue; it is a restless evil, full of deadly poison. 
9. With it we bless the Lord and Father, and with it we curse people made in God's image. 
10a. From the same mouth comes blessing and cursing. 

MESSAGE OF THE DAY:  
STEPHEN'S SPEECH CONTINUES, Third section ...
(Acts 7:33-40)
33. "But the Lord said to him: 'Take the sandals off your feet, for the place where you are standing, is holy ground.
34. "'I have certainly seen the suffering of My people who are in Egypt, and have heard their groaning, and I have come down to rescue them. Now come, I will send you to Egypt.'
35. "This same Moses they had rejected, saying: 'Who made you a ruler and judge?' God sent as both ruler and deliver through the hand of the Angel, who appeared to him in the bush. 
36. "He it was who led them forth, having worked wonders and signs in Egypt and at the Red Sea, and during the forty years in the wilderness (desert).
37. "It was this (very) Moses who said to the children of Israel: 'God will raise up for you a Prophet from among your brethren, as He raised me up.'
38. "This is he who in the assembly in the wilderness (desert) was the go-between for the Angel who spoke to him on Mount Sinai and our forefathers, and he received living oracles (words that still live) to be handed down to us. 
39. "(And yet), our forefathers determined not to be subject to him (refusing to listen to, or obey him); but thrusting him aside they rejected him, and in their hearts yearned for and turned back to Egypt. 
40. "And they said to Aaron: 'Make us gods who shall be (our leaders and) go before us; as for this Moses who led us forth from the land of Egypt - we have no knowledge of what has happened to him.  
41. "And they (even) made a calf in those days, and offered sacrifice to the idol and made merry, and exulted in the work of their (own) hands. 
42. "But God turned (away from them), and delivered them up to worship and serve the host (stars) of heaven, as it is written in the book of the prophets: 'Did you (really) offer to Me slain beasts and sacrifices for forty years in the wilderness (desert), O house of Israel?'"
 
Naweek 10 & 11 September 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jakobus 3:8,9)
8. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. 
9. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. 
10a. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
STÉFANUS SE TOESPRAAK DUUR VOORT, Derde gedeelte ...
(Handelinge 7:33-40)
33. "Toe sê die Here vir hom: 'Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan is heilige grond. 
34. "'Ek het duidelik gesien die mishandeling van My volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier. Ek wil jou na Egipte stuur.'
35. "Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: 'Wie het jou aangestel as owerste en regter? - hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos. 
36. "Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en die woestyn gedoen, veertig jaar lank. 
37. "Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: 'Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.'
38. "Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee.  
39. "Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte teruggekeer na Egipte, 
40. "Toe hulle vir Aäron gesê het: 'Maak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.'"

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks to John Hagee Ministries for this powerful and relevant statement. 

ANANIAS AND SAPPHIRA. /. ANANIAS EN SAFFIRA.

Tuesday 5 July 2016
WORD OF THE DAY:
(1 John 1:9)
But if we confess our sins, He is faithful and righteous, forgiving us our sins, and cleansing us from all unrighteousness. 

MESSAGE OF THE DAY:
ANANIAS AND SAPPHIRA:
(Acts 5:1-10)
1. Now a man named Ananias, together with Sapphira his wife, sold a piece of property. 
2. He kept back for himself part of the proceeds with his wife's knowledge; he brought only part of it and placed it at the apostles' feet. 
3. But Peter said: "Ananias, why has satan filled your heart to lie to the Holy Spirit, and keep back for yourself part of the proceeds from the sale of the land?
4. "Before it was sold, did it not belong to you? And when it was sold, was the money not at your disposal? How have you thought up this deed in your heart? You have not lied to people, but to God!"
5. When Ananias heard these words he collapsed and died, and great fear gripped all who heard about it. 
6. So the young men came, wrapped him up, carried him out, and buried him. 
7. After an interval of about three hours, his wife came in, but she did not know what had happened. 
8. Peter said to her: "Tell me, were the two of you paid this amount for the land?" Sapphira said: "Yes, that much."
9. Peter then told her: "Why have you agreed together to test the Spirit of the Lord? Look! The feet of those who have buried your husband are at the door, and they will carry you out!"
10. At once she collapsed at his feet and died. So when the young men came in, they found her dead, and they carried her out and buried her beside her husband.  

Dinsdag 5 Julie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(1 Johannes 1:9)
As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe, en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
ANANIAS EN SAFFIRA: 
(Handelinge 5;1-10)
1. Maar 'n sekere man met die naam van Ananias het saam met sy vrou Saffira 'n eiendom verkoop,
2. En ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou, en 'n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê. 
3. Toe sê Petrus: "Ananias, waarom het die satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg, en van die prys van die grond agter te hou?
4. "As dit nie verkoop was nie, het dit nie joune gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God."
5. En toe Ananias hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe, en 'n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het. 
6. Daarna het die jong manne opgestaan en hom toegedraai, en uitgedra en begrawe. 
7. En ná verloop van omtrent 3 uur kom sy vrou in, sonder om te weet wat voorgeval het. 
8. En Petrus het haar aangespreek: "Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het?" En sy sê: "Ja, vir soveel?" 
9. En Petrus sê vir haar: "Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het is by die deur, en hulle sal jou uitdra."
10. Toe val sy onmiddelik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind, en haar uitgedra en by haar man begrawe. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to pastor Rick Warren for this powerful statement.  

THE APOSTLES HEAL MANY. /. DIE APOSTELS GENEES VELE.

Weekend 9 & 10 July 2016
WORD OF THE DAY:
(1 John 3:8)
The one who pratices sin is of the devil, because the devil has been  sinning from the beginning. For this purpose the Son of God was revealed: to destroy the works of the devil. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE APOSTLES HEAL MANY:
(Acts 5:12-18)
12. Now many miraculous signs and wonders came about among the people through the hands of the apostles. By common consent they were all meeting together in Solomon's Portico.  
13. None of the rest dared to join them, but the people held them in high honour. 
14. More and more believers in the Lord were added to their number, crowds of both men and women. 
15. Thus they even carried the sick out into the streets, and put them on cots and pallets, so that when Peter came by, at least his shadow would fall on some of them. 
16. A crowd of people from the towns around Jerusalem also came together bringing the sick, and those troubled by unclean spirits. They were all being healed. 
17. Now the high priest rose up, and all those with him (that is, the religious party of the Sadducees), and they were filled with jealousy. 
18. They laid hands on the apostles and put them in a public jail. 

Naweek 9 & 10 Julie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(1 Johannes 3:8)
Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.   

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE APOSTELS GENEES VELE:
(Handelinge 5:12-18)
12.  En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo. 
13. En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk het hulle baie geëer. 
14. En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue, 
15. Sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee, op iemand van hulle sou val. 
16. En die menigte van die stede in die omtrek, het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring, en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.  
17. En die hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was - dit is die party van die Sadduseërs - en hulle was met nydigheid vervul, 
18. En hulle het die hande aan die apostels geslaan, en hulle in die openbare gevangenis gesit.  

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

THE BELIEVERS SHARE THEIR POSSESSIONS. /. DIE GELOWIGES VERDEEL HULLE BESITTINGE.

Wednesday 29 June 2016
WORD OF THE DAY:
(Ephesians 2:13,14)
13. But now in Christ Jesus, you who once were (so) far away, through (by) the blood of Christ have been brought near. 
14. For He is (Himself) our peace (our bond of unity and harmony). He Has made us both (Jew and Gentile) one (body), and Has broken down (destroyed, abolished) the hostile dividing wall between us.  

MESSAGE OF THE DAY:
THE BELIEVERS SHARE THEIR POSSESSIONS:
(Acts 4:32-37)
32. Now the company of believers was of one heart and soul, and not one of them claimed that anything which he possessed was (exclusively) his own, but everything they had was in common and for the use of all. 
33. And with great strength and ability and power, the apostles delivered their testimony to the resurrection of the Lord Jesus, and great grace (loving-kindness and favour and goodwill) rested richly upon them all. 
34. Nor was there a destitute or needy person among them, for as many as were owners of lands or houses, proceeded to sell them, and one by one they brought (gave back) the amount received from the sales, 
35. And laid it at the feet of the apostles (special messengers). Then distribution was made according as anyone had need. 
36. Now Joseph, a Levite and native of Cyprus, who was surnamed Barnabas by the apostles, which interpreted means Son of encouragement;
37. Sold a field which belonged to him, and brought the sum of money and laid it at the feet of the apostles. 

Woensdag 29 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Efesiërs 2:13,14)
13. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur dis bloed van Christus. 
14. Want Hy is ons vrede. Hy wat albei een gemaak, en die middelmuur van skeiding afgebreek het. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GELOWIGES VERDEEL AL HULLE BESITTINGE:
(Handelinge 4:32-37)
32. En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.  
33. En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.  
34. Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê. 
35. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het. 
36. En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was - wat as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting - 'n Leviet, van geboorte uit Ciprus, 
37. Het 'n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring, en aan die voete van die apostels neergelê. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

PETER SPEAKS TO THE ONLOOKERS. /. PETRUS SPREEK TOT DIE OMSTANDERS.

Weekend 11 & 12 June 2016
WORD OF THE DAY:
(Acts 4:24)
When they heard this, they raised their voices to God with one mind and said: "Master of all, You Who made the heaven, the earth, the sea and everything that is in them!"


MESSAGE OF THE DAY:
(Acts 3:11-18)
11. While the man was hanging on to Peter and John, all the people completely astounded, ran together to them in the covered walkway called Solomon's Portico. 
12. When Peter saw this, he declared to the people: "Men of Israel, why are you amazed at this? Why do you stare at us as if we had made this man walk by our own power or piety? 
13. "The God of Abraham, Isaac and Jacob, the God of our forefathers, Has glorified His Servant Jesus, Whom you handed over and rejected in the presence of Pilate, after he had decided to release Him. 
14. "But you rejected the Holy and righteous One, and asked that a man who was a murderer, be released to you. 
15. "You killed the Originator of life, Whom God raised from the dead. To this fact we are witnesses!
16. "And on the basis of faith in Jesus' Name, His very Name Has made this man - whom you see and know - strong. The faith that is through Jesus, has given him this complete health in the presence of you all.  
17. "And now brothers, I know you acted in ignorence, as your rulers did too. 
18. "But the things God foretold long ago through all the prophets - that His Christ would suffer - He Has fulfilled in this way."

Naweek 11 & 12 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Handelinge 4:24)
En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: "Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het!"

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PETRUS SPREEK DIE OMSTANDERS TOE:
(Handelinge 3:11-18)
11. En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop, in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word.  
12. En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: "Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd en waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
13. "Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het Sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het, toe hy besluit het om Hom los te laat. 
14. "En julle het die Heilige en Regverdige verloën, en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word, 
15. "En die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is!
16. "En deur geloof in Sy Naam, het Sy Naam hierdie man wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.  
17. "En nou broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes. 
18. "Maar God het op dié manier vervul, wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Joseph Prince for these powerful words.