Sunday, 6 October 2013

LOVE, THE MOST EXCELLENT WAY / DIE UITNEMENDHEID VAN DIE LIEFDE.

7 October 2013. 
LOVE, THE MOST EXCELLENT WAY:
Part 2.
1. English - (NIV Translation)
[1 Corinthians 13:8:13]
8. Love never fails. But where there are prophecies, they will cease; where there are tongues they will be stilled; where there is knowledge, it will pass away.  
9. For we know in part and we prophesy in part,
10. But when perfection comes, the imperfect disappears.  
11. When I was a child, I talked like a child, I thought like a child, I reasoned like a child. When I became a man, I put childish ways behind me. 
12. Now we see but a poor reflection as in a mirror; then we shall see face to face.  Now I know in part; then I shall know fully, even as I am fully known. 
13. And now these three remain: faith hope and love. But the greatest of these is love. 

7 Oktober 2013. 
DIE UITNEMENDHEID VAN DIE LIEFDE:
Gedeelte 2.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[1 Korinthiërs 13:8-13]
8. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesië - hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. 
9. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.  
10. Maar as die Volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. 
11. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê. 
12. Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 
13. En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. 

     Photo by / Foto deur: Martin Heigan.

LOVE, THE MORE EXCELLENT WAY / DIE UITNEMENDHEID VAN DIE LIEFDE.

6 October 2013. 
LOVE, THE MOST EXCELLENT WAY:
Part 1.
1. English - (NIV Translation)
[1 Corinthians 13:1-7]
1. If I speak in the tongues of men and of angels, but have not love, I am only a resounding gong or a clanging cymbal. 
2. If I have the gift of prophecy and can fathom all mysteries and all knowledge, and I have a faith that can move mountains, but have not love, I am nothing. 
3. If I give all I possess to the poor and surrender my body to the flames, but have not love, I gain nothing. 
4. Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. 
5. It is not rude, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. 
6. Love does not delight in evil, but rejoices with the truth. 
7. It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres. 
(God willing, and with His grace,
part 2 will follow tomorrow.)

6 Oktober 2013. 
DIE UITNEMENDHEID VAN DIE LIEFDE:
Gedeelte 1.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[1 Korinthiërs 13:1-7]
1. Al sou ek die taal van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. 
2. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 
3. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 
4. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
5. Handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
6. Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 
7. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 
(As God wil en deur Sy genade sal gedeelte 2 môre volg.)
  A photo taken with my cell phone.


Friday, 4 October 2013

LOVE AND JOY PERFECTED / LIEFDE EN VREUGDE/BLYDSKAP VERVOLMAAK.

5 October 2013. 
LOVE AND JOY PERFECTED:
1. English - (NKJ - Translation)
[John 15:14-17]
14. "You are My friends if you do whatever I command you. 
15. "No longer do I call you servants, for a servant does not know what his master is doing; but I have called you friends, for all things that I heard from My Father I have made known to you. 
16. "You did not choose Me, but I chose you and appointed you that you should go and bear fruit, and that your fruit should remain, that whatever you ask the  Father in My Name He may give you. 
17. "These things I command you, that you love one another."

5 Oktober 2013. 
LIEFDE EN VREUGDE/BLYDSKAP VERVOLMAAK: 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 15:14-17]
14. "Julle is My vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. 
15. " Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van My Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 
16. "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee. 
17. "Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê."

     Photo by / Foto deur: Martin Heigan

LOVE AND JOY PERFECTED / LIEFDE EN VREUGDE VERVOLMAAK.

4 October 2013. 
LOVE AND JOY PERFECTED:
1. English - (NKJ Translation)
[John 15:9-14]
9. "As the Father loved Me, I also have loved you; abide in My love. 
10. "If you keep My commandments, you will abide in My love, just as I have kept My Father's commandments and abide in His love. 
11. "These things I have spoken to you, that My joy may remain in you, and that your joy may be full. 
12. "This is My commandment, that you love one another as I have loved you. 
13. "Greater love has no one than this, than to lay down one's life for his friends.
14. "You are My friends if you do whatever I command you."

4 Oktober 2013. 
LIEFDE EN VREUGDE VERVOLMAAK:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 15:9-14]
9. "Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. 
10. "As julle My gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly. 
11. "Dit het Ek vir julle gesê, dat My blydskap in julle kan bly, en julle blydskap volkome kan word. 
12. "Dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 
13. "Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
14. "Julle is My vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel."

     Photo by / Foto deur: Martin Heigan

     


Thursday, 3 October 2013

JESUS, THE TRUE VINE / JESUS, DIE WARE WYNSTOK.

3 October 2013. 
JESUS, THE TRUE VINE:
Part 2.
1. English - (NKJ Translation)
[John 15:5-8]
5. "I Am the Vine, you are the branches, he who abides in Me, and I in him, bears much fruit; for without Me you can do nothing. 
6. "If anyone does not abide in Me, he is cast out as a branch and is whithered; and they gather them and throw them into the fire, and they are burned. 
7. "If you abide in Me and My Words abide in you, you will ask what you desire, and it shall be done for you. 
8. "By this My Father is glorified that you bear much fruit; so you will be My disciples."

3 Oktober 2013. 
JESUS, DIE WARE WYNSTOK: 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling) 
[Johannes 15:5-8]
5. "Ek is die Ware Wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, Hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 
6. "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en verbrand. 
7. "As julle in My bly en My Woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. 
8. "Hierin is My Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal My dissipels wees"

     Photo by / Foto deur: Martin Heigan.

 

Wednesday, 2 October 2013

JESUS, THE TRUE VINE / JESUS, DIE WARE WYNSTOK.

2 October 2013. 
JESUS, THE TRUE VINE:
1. English - (NKJ Translation)
[John 15:1-4]
1. "I Am the True Vine and My Father is the Vinedresser. 
2. "Every branch in Me that does not bear fruit He takes away; and every branch that bears fruit, He prunes, that it may bear more fruit. 
3. "You are already clean because of the Word which I have spoken to you. 
4. "Abide in Me, and I in you. As the branch cannot bear fruit of itself, unless it abides in the vine, neither can you, unless you abide in Me."

2 Oktober 2013. 
JESUS, DIE WARE WYNSTOK:
1. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 15:1-4]
1. "Ek is die Ware Wynstok, en My Vader is die Landbouer. 
2. "Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 
3. "Julle is alreeds rein deur die Woord wat Ek tot julle gespreek het. 
4. "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie."

 Photo - my cell phone/Foto - my selfoon 


Tuesday, 1 October 2013

THEY WERE FILLED WITH THE HOLY SPIRIT / HULLE IS VERVUL MET DIE HEILIGE GEES.

1 October 2013
THEY WERE FILLED WITH THE HOLY SPIRIT:
1. English - (Amplified Bible Version)
[Acts 2:2-4,6-8]
2. When suddenly there came a sound from heaven like the rushing of a violent tempest blast, and it filled the whole house in which they were sitting. 
3. And there appeared to them tongues resembling fire, which were separated and distributed and which settled on each one of them. 
4. And they were all filled (diffused throughout their souls) with the Holy Spirit and began to speak in other (different foreign) languages (tongues), as the Spirit kept giving them, clear and loud expression (in each tongue in appropriate words).
6. And when this sound was heard, the multitude came together and they were astonished and bewildered, because each one heard them (the apostles) speaking in his own (particular) dialect. 
7. And they were beside themselves with amazement, saying: "Are not all these who are talking Galileans?"
8. "And how is it that we hear, each of us, in our own (particular) dialect to which we were born?"

1 Oktober 2013
HULLE IS VERVUL MET DIE HEILIGE GEES:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Handelinge 2:2-4,6-8]
2. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 
3. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 
4. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. 
6. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
7. En hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: "Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?"
8. "En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?"

    Photo by / Foto deur: Martin Heigan