Thursday, 16 July 2015

PSALM 106, Third section ... / Derde gedeelte ...

Saturday 18 July 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 19:1] The heavens declare the glory of God; the sky displays His handiwork. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PSALM 106, Third section ...
1. English - (New English Translation, and some sections from the Amplified Bible) 
[Psalm 106:30-39]
30. Phinehas (the priest) took a stand and intervened, (he executed judgement) and the plague subsided. 
31. This brought him a reward, an eternal gift. 
32. They angered the Lord also by the waters of Meribah, and Moses suffered because of them, 
33. For they provoked (Moses') spirit, so that he spoke unadvisedly and rashly with his lips. 
34. They did not destroy the (heathen) nations, as the Lord commanded them to do.
35. They mixed in and mingled themselves with the (idolatrous) nations and learned their ways and works. 
36. They worshiped and served their idols, which became a snare to them. 
37. They sacrificed their sons and daughters to demons. 
38. They shed innocent blood - even the blood of their own sons and daughters, whom they sacrificed to the idols of Canaan. Thus, the land was polluted by bloodshed. 
39. They were defiled by their deeds, and unfaithful in their actions. 

Saterdag 18 Julie 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 19:2] Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van Sy hande. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 106, Derde gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 106:30-39]
30. Toe het Pinehas (die priester) opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou; 
31. En dit is hom gereken as geregtigheid, van geslag tot geslag, tot in ewigheid. 
32. Hulle het die Here ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
33. Want hulle was wederstrewig teen sy gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.  
34. Hulle het die volke nie verdelg soos die Here aan hulle gesê het nie,
35. Maar hulle het met die heidene vermeng en hulle werke geleer. 
36. En hulle het die heidene se afgode gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword. 
37. Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer -
38. En onskuldige bloed vergiet - die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het - sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.  
39. En hulle het onrein geword deur hul werke, en gehoereer deur hul dade. 

DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to André Heigan who kindly supplied this beautiful cell phone photo, wich I could use for this section of Scripture.  




Wednesday, 15 July 2015

PSALM 106, Second section ... / Tweede gedeelte ...

Friday 17 July 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 8:1]
O Lord, our Lord, how magnificent is Your reputation throughout the earth! You reveal Your majesty in the heavens above. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 106, Second section ...
1. English - (New English Translation)
[Psalm 104:18-29]
18. Fire burned their group; the flames scorched the wicked. 
19. They made an image of a calf at Horeb, and worshiped a metal idol. 
20. They traded their majestic God for the image of an ox that eats grass. 
21. They rejected the God Who delivered them, the One Who performed great deeds in Egypt,
22. Amazing feats in the land of Ham, mighty acts by the Red Sea. 
23. He treatened to destroy them, but Moses, His chosen one, interceded with Him and turned back His destructive anger. 
24. They rejected the fruitful land; they did not believe His promise.  
25. They grumbled in their tents; they did not obey the Lord. 
26. So He made a solemn vow that He would make them die in the desert. 
27. Make their descendants die among the nations, and scatter them among foreign lands. 
28. They worshiped Baal of Peor, and ate sacrifices offered to the dead. 
29. They made the Lord angry by their actions, and a plague broke out among them. 

Vrydag 17 Julie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 8:2]
O Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam op die ganse aarde! U wat U majesteit gelê het op die hemele. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 106, Tweede gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 106:18-29]
18. En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek. 
19. Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak, en gebuig voor 'n gegote beeld. 
20. En hulle het hul heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees waf gras eet. 
21. Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
22. Wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee. 
23. Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, Sy uitverkorene, nie voor Sy aangesig in die bres gaan staan het, om Sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie. 
24. Hulle het ook die kosbare land versmaad, Sy Woord nie geglo nie. 
25. En hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die Here nie geluister nie. 
26. Toe het Hy Sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn, 
27. En om hulle nageslag te versprei onder die nasies, en hulle te verstrooi in die lande. 
28. Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;
29. En hulle het die Here geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. /
DV. Sal sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Martin Heigan, for kindly providing this beautiful photo to illustrate this Bible verse. 


Sunday, 12 July 2015

PSALM 106.

Wednesday 15 July 2015.
WORD OF THE DAY: 
[Psalm 23:6]
Surely, Your goodness and faithfulness will pursue me all my days, and I will live in the Lord's house for the rest of my life. 
 
MESSAGE OF THE DAY: 
PSALM 106.
1. English - (New English Translation). 
[Psalm 106:1-17]
1. Praise the Lord! Give thanks to the Lord, for He is good, and His loyal love endures!
2. Who can adequately recount the Lord's mighty acts, or relate all His praiseworthy deeds? 
3. How blessed are those who promote justice, and do what is right all the time!
4. Remember me, O Lord, when You show favour to Your people! Pay attention to me, when You deliver. 
5. So I may see the prosperity of Your chosen ones, rejoice along with Your nation, and boast along with the people who belong to You. 
6. We have sinned like our ancestors; we have done wrong, we have done evil. 
7. Our ancestors in Egypt failed to appreciate Your miraculous deeds, they failed to remember Your many acts of loyal love, and they rebelled at the sea, by the Red Sea.  
8. Yet He delivered them for the sake of His reputation, that He might reveal His power.  
9. He shouted at the Red Sea and it dried up; He led them through the deep water as if it were a desert. 
10. He delivered them from the power of the one who hated them, and rescued them from the power of the enemy. 
11. The water covered their enemies; not even one of them survived. 
12. They believed His promises; they sang praises to Him.     
13. Then quickly forgot what He had done; they did not wait for His instructions. 
14. In the desert they had an insatiable craving for meat; they challenged God in the desert. 
15. He granted their request, then struck them with a disease. 
16. In the camp they resented Moses, and Aaron, the Lord's holy priest. 
17. The earth opened up and swallowed Dathan; it engulfed the group led by Abiram. 
 
Woensdag 15 Julie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 23:6]
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly, in lengte van dae. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 106.
[Psalm 106:1-17]
1. Halleluja! Loof die Here, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid. 
2. Wie kan die magtige dade van die Here uitspreek, al Sy roem verkondig? 
3. Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen. 
4. Dink aan my, O Here, na die welbehae in U volk, besoek my met U heil, 
5. Dat ek kan aanskou die geluk van U uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van U volk, my kan beroem met U erfdeel. 
6. Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel. 
7. Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op U wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van U goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee. 
8. Maar Hy het hulle verlos om Sy Naam ontwil, om Sy mag bekend te maak. 
9. En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit oogedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan, soos deur 'n woestyn. 
10. En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand. 
11. En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie. 
12. Toe het hulle aan Sy woorde geglo, hulle het Sy lof gesing. 
13. Maar hulle het gou Sy werke vergeet, op Sy raadsbesluit nie gewag nie. 
14. En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis. 
15. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur. 
16. En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die Here. 
17. Die aarde het oopgegaan en Datan verslind, en die bende van Abíram oordek. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. 
/
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)



PSALM 105.

Tuesday 14 July 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 40:16]
Let all those who seek and require You, rejoice and be glad in You; let such as love Your salvation say continually: "The Lord be magnified!" 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 105. 
1. English - (Amplified Bible Version) 
[Psalm 105:1-5]
1. O give thanks unto the Lord, call upon His Name, make known His doings among the peoples!
2. Sing to Him, sing praises to Him; meditate on and talk of all His marvelous deeds and devoutly praise them. 
3. Glory in His holy Name; let the hearts of those rejoice who seek and require the Lord (as their indispensable necessity).
4. Seek, inquire of and for the Lord, and crave Him and His strength (His might and inflexibility to temptation); seek and require His face and His presence (continually) evermore. 
5. (Earnestly) remember the marvelous deeds that He Has done, His miracles and wonders, the judgements and sentences which He pronounced (upon His enemies, as in Egypt).

Dinsdag 14 Julie 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 40:17]
17. Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van U heil altyddeur sê: "Groot is die Here!"

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
PSALM 105.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
[Psalm 105:1-5]
1. Loof die Here, roep Sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend. 
2. Sing, psalmsing tot Sy eer, spreek van al Sy wonders. 
3. Beroem julle in Sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees. 
4. Vra na die Here en Sy sterkte; soek Sy aangesig altyddeur. 
5. Dink aan Sy wonders wat Hy gedoen het, aan Sy wondertekens en die oordele van Sy mond. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 


Saturday, 11 July 2015

PSALM 104, Forth section ... / Vierde gedeelte ...

Monday 13 July 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 124:8]
Our help is in the Name of the Lord, the Maker of heaven and earth. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 104, Forth section ... 
[Psalm 104:28-35]
28. When You give it to them, they gather it up; when you open Your hand, they are satisfied with good things. 
29. When You hide Your face, they are terrified, troubled and dismayed; when You take away their breath, they die and return to their dust. 
30. When You send forth Your Spirit and give them breath, they are created, and You replenish the face of the ground (earth).
31. May the glory of the Lord endure forever; may the Lord rejoice in His works -
32. He Who looks at the earth, and it trembles and quakes, Who touches the mountains, and they smoke!
33. I will sing to the Lord all my life; I will sing praise to my God as long as I live. 
34. May my meditation be pleasing and sweet to Him; as for me, I will rejoice in the Lord. 
35. But may sinners be consumed and vanish from the earth and the wicked be no more. Bless, (affectionately, gratefully praise) the Lord, O my soul! Praise the Lord!
(Hallelujah!)

Maandag 13 Julie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 124:8]
Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. 
 
BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 104, Vierde gedeelte ...
[Psalm 104:28-35]
28. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak U hand oop, hulle word versadig met die goeie. 
29. U verberg U aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug na hul stof. 
30. U stuur U Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut. 
31. Laat die heerlikheid van die Here vir ewig wees, laat die Here bly wees oor Sy werke, 
32. Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook!
33. Ek wil sing tot eer van die Here solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is. 
34. Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die Here!
35. Mag die sondaars omkom van die aarde en goddelose mense nie meer wees nie! Loof die Here O my siel! Halleluja!

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. / 
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

PSALM 104, Third section... / Derde gedeelte...

Sunday 12 July 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 127:3]
Sons are a heritage from the Lord, children a reward from Him. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 104, Third section ...
1. English - (New International Version)
[Psalm 104:20-33]
20. You bring darkness, it becomes night, and all the beasts of the forest prowl. 
21. The lions roar for their prey and seek their food from God. 
22. The sun rises and they steal away; they return and lie down in their dens. 
23. Then man goes out to his work, to his labour until evening. 
24. How many are Your works, O lord! In wisdom You made them all; the earth is full of Your creatures. 
25. Yonder is the sea, vast and spacious, teeming with creatures beyond number - living things, both large and small. 
26. There the ships go to and fro, and the Leviathan (sea monster), which You formed to frolic there. 
27. These all look and are dependent upon You to give them their food in due season. 

Sondag 12 Julie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 127:3]
Kyk, seuns is 'n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning!

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 104, Derde gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 104:20-27]
20. U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip. 
21. Die jong leeus brul om roof, en begeer hulle voedsel van God. 
22. As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke. 
23. Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid, tot die aand toe. 
24. Hoe talryk is U werke, O Here! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van U skepsele!
25. Daar is die see, groot en alkante toe wyd - daar is 'n gewemel sonder getal klein diere saam met grotes.  
26. Daar gaan die skepe en die Leviátan (seemonster) wat U geformeer het, om daarin te speel. 
27. Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Cell phone photo, taken in our garden. 

Friday, 10 July 2015

PSALM 104, Second section... Tweede seksie...

Saturday 11 July 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 90:14]
Satisfy us in the morning with Your unfailing love, that we may sing for joy, and be glad all our days. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 104, Second section...
1. English- (New International Version)
[Psalm 104:11-19]
11. They give water to all the beasts of the field; the wild donkeys quench their thirst. 
12. The birds of the air nest by the waters; they sing among the branches. 
13. He waters the mountains from His upper chambers; the earth is satisfied by the fruit of His work. 
14. He makes grass grow for the cattle, and plants for man to cultivate - bringing forth food from the earth:
15. Wine that gladdens the heart of man, oil to make his face shine, and bread that sustains the heart.  
16. The trees of the Lord are well watered, the cedars of Lebanon that He planted. 
17. There the birds make their nests; the stork has its home in the pine trees.
18. The high mountains belong to the wild goats; the crags are a refuge for the coneys. 
19. The moon marks off the seasons, and the sun knows when to go down. 

Saterdag 11 Julie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 90:14]
Versadig ons in die môre met U goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 104, Tweede gedeelte...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 104:11-19]
11. Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors. 
12. By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor. 
13. Hy laat die berge drink uit Sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van U werke. 
14. Hy laat die gras uitspruit vir die diere en plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
15. En dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk. 
16. Die bome van die Here word versadig, die seders van die Libanon wat Hy geplant het; 
17. Waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is. 
18. Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse. 
19. Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can. 
/
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)