Monday 6 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 42:8]
"I Am the Lord; that is My Name! I will not give My glory to another, or My praise to idols."
MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 1.
After my prevous series on which I spent considerable time, the Father forced me to a standstill. For two days I spent a lot of time in prayer and to study the Word of God.
I came to the conclusion that everything God wants me to do is clearly expressed in the Word. He once again showed me that many of His children are suffering because of "hurt" in their past. A "hurt" that keeps on returning because of memories - wounds and hurts buried deep within their emotions and souls. A hurt depriving them of joy, cheerfulness and their general courage to face their daily circumstances.
The Father wants to free His children of all dejection, depression, remorse and pangs of conscience. Yes indeed, Jesus wants to take our hands and help us. He wants to help us to remember all the nice, joyous and precious things in our past. So that even things that hurt may be remembered with gladness.
Because Jesus also came to give us "inner healing"-
"A bruised reed He will not break, and a smouldering wick He will not snuff out. In faithfulness He will bring forth justice.
[Isaiah 42:3]
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will deal with "Inner healing" tomorrow and the days that follow.) I AM POSITIVE THAT YOU WILL BENEFIT A LOT BY THIS TEACHING.
Maandag 6 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 42:8]
"Ek is die Here, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie."
BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 1.
Ná my vorige reekse waaraan ek vir 'n geruime tyd gewerk het, het die Vader my tot stilstand gedwing. Ek het twee dae baie aan gebed gewy en ook die Woord van God bestudeer. Ek het tot die besef gekom dat die antwoord van alles wat Hy wou hê ek moet doen, duidelik in die Woord uitgestippel is. Hy het my weereens daarop gewys dat sovele van Sy kinders "seer" het - pyn wat aanhoudend terugkeer, deur middel van hulle herinneringe - wonde en "seer" plekke diep in hulle emosies en siele.
So 'n "seer" ontneem dan ook die kinders van God hulle vreugde, hulle blymoedigheid en hulle algemene moed vir die lewensomstandighede waarin hulle daagliks verkeer.
Die Vader wil Sy kinders vrymaak van hierdie pyn, terneergedruktheid en alle vorms van gewetenswroeging. Ja inderdaad, Jesus wil ons hand neem en ons help. Hy wil ons help om herinner te word aan al die mooi, die vreugdevolle en die kosbare herinneringe wat daar wel in ons verlede was - sodat selfs dit wat seergemaak het met blymoedigheid onthou kan word.
Want Jesus het ook gekom om ons "Innerlike genesing," te bring:
"Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring."
[Jesaja 42:3]
(As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre en die daaropvolgende dae aan "Innerlike genesing" skenk.)
EK GLO U SAL BAIE BAAT DAARBY VIND.
No comments:
Post a Comment