Saturday 14 May 2016

THE OUTPOURING OF THE HOLY SPIRIT. / DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES.

Saturday 14 May 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Acts 2:25)
For David says about Him: "I saw the Lord always in front of me, for He is at my right hand so that I will not be shaken."

MESSAGE OF THE DAY:
THE OUTPOURING OF THE HOLY SPIRIT: 
(Acts 2:1-13)
1. And when the day of pentecost had come, they were all together in one place. 
2. Suddenly a sound like a violent wind blowing, came from heaven and filled the entire house where they were sitting. 
3. And tongues spreading out like a fire appeared to them, and came to rest on each one of them. 
4. All of them were filled with the Holy Spirit, and they began to speak in other languages as the Spirit enabled them. 
5. Now there were devout Jews from every nation under heaven, residing in Jerusalem. 
6. When the sound occurred, a crowd gathered and was in confusion, because each one heard them speaking in his own language.  
7. Completely baffled they said: "Aren't all these who are speaking Galileans?
8. "And how is it that each of us hears them in our own native language?
9. "Parthians, Medes, Elamites, and residents of Mesopotamia, Judea and Cappadocia, Pontus and the province of Asia,  
10. "Phrygia and Pamphalia, Egypt and the parts of Libya near Cyrene, and visitors from Rome,
11. "Both Jews and Proselytes, Cretans and Arabs - we hear them speaking in our own languages about the great deeds God Has done!"
12. All were astounded and greatly confused, saying to one another: "What does this mean?" 
13. But others jeered at the speakers, saying: "They are drunk on new wine!"

Saterdag 14 Mei 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:  
(Handelinge 2:25)
Want Dawid sê van Hom: "Ek het die Here altyddeur voor my aangesig gesien, want Hy is aan my regterhand, dat ek nie sou wankel nie."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES: 
(Handelinge 2:1-13)
1. En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 
2. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 
3. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 
4. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee is om uit te spreek.  
5. En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. 
6. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
7. En hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: "Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie?
8. "En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
9. "Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners vsn Mesopotámië, Judea en Kappadócië, Pontus en Asië, 
10. "Frigië en Pamfilië, Egipte en die streke van Libië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, 
11. "Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek." 
12. En hulle was almal verbaas en radeloos, en sê die een vir die ander: "Wat kan dit tog wees?"
13. Maar ander het gespot en gesê: "Hulle is almal vol soetwyn."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.      /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Martin Heigan who kindly allowed me to use this stunning photo.