Tuesday 28 April 2015

PSALM 21 / PSALM 21.

Thursday 30 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 22:5]
They cried to You and were delivered; they trusted in, leaned on, and confidently relied on You, and were not ashamed or confounded or disappointed.
 
MESSAGE OF THE DAY:
[PSALM 21:1-6&13]
1. The king (David) shall joy in Your strength, O Lord; and in Your salvation how greatly shall he rejoice!
2. You have given him his heart's desire and have not withheld the request of his lips. Selah. (Pause and think of that)!
3. For You send blessings and good things to meet him; You set a crown of pure gold on his head. 
4. He asked life of You, and You gave it to him - long life forever and evermore. 
5. His glory is great because of Your aid; splendour and majesty You bestow upon him. 
6. For You make him to be blessed, and a blessing forever; You make him exceedingly glad with the joy of Your presence. 
13. Be exalted, Lord, in Your strength; we will sing and praise Your power. 

Donderdag 30 April 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 22:6]
Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou, en nie beskaamd gestaan nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 21:2-7&14]
2. O Here, die koning is bly oor U sterke, en hoe baie juig hy oor U hulp!
3. U het hom die wens van sy hart gegee en die begeertes van sy lippe nie geweier nie. Sela. 
4. Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud. 
5. Die lewe het hy van U begeer, U het hom dit gegee: lengte van dae vir ewig en altyd. 
6. Groot is sy eer deur U hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê. 
7. Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by U aangesig. 
8. Want die koning vertrou op die Here, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie. 
14. Verhef U, Here, in U sterkte; ons wil U heldekrag eer met psalmgesang. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can.  
        /
DV. Sal ek welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
    Cell phone photo, taken in our garden. 

Monday 27 April 2015

PSALM 20. - PSALM 20.

Wednesday 29 April 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 17:15]
As for me, I will see Your face in righteousness; I shall be satisfied when I awake in Your likeness.  

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 20.
1. English - (Amplified Bible Version)
[Psalm 20:1-9]
1. May the Lord answer you in the day of trouble! May the Name of the God of Jacob set you up on high (and defend you);
2. Send you help from the sanctuary and support, refresh, and strengthen you from Zion; 
3. Remember all your offerings and accept your burnt sacrifice. Selah (pause, and think of that)!
4. May He grant you according to your heart's desire and fulfill all your plans. 
5. We will (shout in) triumph at your salvation and victory, and in the Name of our God we will set up our banners. May the Lord fulfill all your petitions. 
6. Now I know that the Lord saves His anointed; He will answer him from His holy  heaven, with the saving strength of His right hand. 
7. Some trust in and boast of chariots and some of horses, but we will trust in and boast of the Name of the Lord our God. 
8. They are bowed down and fallen, but we are risen and stand upright. 
9. O Lord, give victory; let the King answer us when we call. 

Woensdag 29 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 17:15]
Maar ek sal U aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word me U beeld as ek wakker word. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
PSALM 20:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling) 
[Psalm 20:1-10]
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 
2. Mag die Here u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. 
3. Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
4. Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien. 
5. Mag Hy u gee na u hart, en al u voornemens vervul!
6. Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die Here u begeertes vervul!
7. Nou weet ek dat die Here Sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit Sy heilige hemel, met magtige dade van verlossing van Sy regterhand. 
8. Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God. 
9. Húlle het inmekaargesak en geval, maar ons het opgestaan en ons weer opgerig. 
10. Here, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you, as often as I possibly can.  
/
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes van die Psalms met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan. 

Cell phone photo taken in our garden. 



Sunday 26 April 2015

PSALM 19. - PSALM 19.

Tuesday 28 April 2015.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 18:28]
For You will light my lamp; the Lord my God will enlighten my darkness. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 19.
1. English - (New King James Version)
[Psalm 19:7-10,14]
7. The law of the Lord is perfect, converting the soul; the testimony of the Lord is sure, making wise the simple;
8. The statutes of the Lord are right, rejoicing the heart; the commandment of the Lord is pure enlightening the eyes;
9. The fear of the Lord is clean, enduring forever; the judgements of the Lord are true and righteous altogether.  
10. More to be desired are they than gold, yea, than much fine gold; sweeter also than honey and the honeycomb. 
14. Let the words of my mouth and the meditation of my heart be acceptable in Your sight, O Lord, my Strength and my Redeemer. 

Dinsdag 28 April 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 18:29]
Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 19.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 19:8-11,15]
8. Die wet van die Here is volmaak; dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.  
9. Die bevele van die Here is reg: dit verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë. 
10. Die vrees van die Here is rein; dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid - tesame is hulle regverdig.
11. Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.  
15. Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, O Here, my Rots en my 
Verlosser. 


(DV. I will share some well-known and favourite sections in the Psalms with you, as often as I possibly can. /  DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Sunday 19 April 2015

PSALM 9. PSALM 9.

PSALM 9. PSALM 9.

Sunday 19 April 2015. 
WORD OF THE DAY: 
PSALM 9.
[Psalm 9:1b-12]
1. I will praise You O Lord, wiith my whole heart, I will show forth (recount and tell aloud) all Your marvelous works and wonderful deeds!
2. I will rejoice in You and be in high spirits; I will sing praises to Your Name, O Most High (Sovereign One)!
3. When my enemies turned back, they stumbled and perished before You. 
4. For You maintained my right and my cause; You sat on the throne judging righteously. 
5. You have rebuked the nations, You have destroyed the wicked; You have blotted their name for ever and ever. 
6. The enemy have been cut off and have vanished in everlasting ruins. You have plucked up and overthrown their cities; the very memory of them have perished and vanished. 
7. But the Lord shall remain and continue forever; He has prepared and established His throne for judgement. 
8. He will judge the world in righteousness (rightness and equity); He will minister justice to the peoples in uprightness.  
9. The Lord also will be a Refuge and a High Tower for the oppressed, a refuge and a stronghold in times of trouble (high cost, destitution, and desperation.) 
10. And they who know Your Name (Your loyal followers) trust in You, for You Lord, do not abandon those who seek Your help. 
11. Sing praises the the Lord Who rules in Zion! Tell the nations what He Has done!
12. For the One Who takes revenge against murderers, took notice of the oppressed, HE DID NOT OVERLOOK THEIR CRY FOR HELP!

Sondag 19 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
PSALM 9. 
[Psalm 9: 2-13]
2. Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al U wonders vertel. 
3. In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van U Naam, O Allerhoogste. 
4. Omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor U aangesig
5. Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, O Regverdige Regter!
6. U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg, vir ewig en altyd. 
7. Die vyande het omgekom - pynhope vir ewig; Ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan. 
8. Maar die Here sit vir ewig; Hy het Sy troon reggesit vir die oordeel
9. En Hyself sal die wêreld oordeel in geregtigheid, en die volke vonnis met reg.
10. So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. 
11. En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek nie verlaat nie, O Here!
12. Psalmsing tot eer van die Here, wat op Sion woon; verkondig onder die volke Sy dade. 
13. Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; HY VERGEET NIE DIE GEROEP VAN DIE ELLENDIGES NIE.     

Many thanks to André Heigan who submitted this awesome picture. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you as often as I possibly can.  /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes van die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Wednesday 15 April 2015

PSALM 18, 3rd section ... PSALM 18, 3de gedeelte...

Sunday 26 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 20:5]
We will (shout in) triumph at Your salvation and victory, and in the Name of our God we will set up our banners. May the Lord fulfill all your petitions. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 18, 3rd section ...
1. English - (Amplified Bible Version)  
[Psalm 18:25-35]
25. With the kind and merciful, You will show Yourself kind and merciful; with an upright man You will show Yourself upright, 
26. With the pure, You will show Yourself pure; and with the perverse, You show Yourself contrary. 
27. For You deliver an afflicted and humble people, but will bring down those with haughty looks. 
28."For You cause my lamp to be lighted and to shine; the Lord my God illumines my darkness. 
29."For with You I can run through a troop, and by my God I can leap over a wall."
30. As for God, His way is perfect! The Word of the Lord is tested and tried; He is a shield to all those who take refuge and put their trust in Him. 
31. For who is God except the Lord? For Who is the Rock, save our God,
32. The God Who girds me with strength and makes my way perfect?
33. He makes my feet like hinds' feet (able to stand firmly or make progress on the dangerous heights of testing and trouble); He sets me securely upon my high places.  
34. He teaches my hands to war, so that my arms can bend a bow of bronze. 
35. "You have given me the shield of Your  salvation, and Your right hand has held me up; Your gentleness and condescension have made me great."

Sondag 26 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 20:6]
Ons wil juig oor U oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die Here al U begeertes vervul!

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 18 vervolg...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 18:26-36]
26. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, 
27. By die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. 
28. Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is. 
29. "Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar. 
30. "Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur."
31. Die weg van God is vermaak; die Woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. 
32. Want wie is God buiten die Here, en wie is 'n rots behalwe onse God?
33. God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak. 
34. Hy maak my voete soos dié van herte, en laat my staan op my hoogtes. 
35. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. 
36. "Ook het U my die skild van U uitredding gegee, en U regterhand het my ondersteun, en U neerbuigende goedheid het my groot gemaak."

(DV. I will share a few well-known and favourite sections from the Psalms with you, as often as I possibly can. 
DV. Sal ek 'n paar welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

PSALM 18, Contd... PSALM 18. Vervolg ...

Monday 27 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 69:16]
Answer me O Lord, out of the goodness of Your love; in Your great mercy, turn to me. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 18 contd....
1. English - (New International Version)
[Psalm 18:36-42]
36. You enlarged my path under me, so that my feet did not slip. 
37. I pursued my enemies and overtook them; I did not turn back till they were destroyed. 
38. I crushed them so that they could not rise; they fell beneath my feet. 
39. You armed me with strength for battle; You made my adversaries bow at my feet. 
40. You made my enemies turn their backs in flight, and I destroyed my foes. 
41. They cried for help but there was no one to save them - to the Lord, but He did not answer. 
42. I beat them as fine as dust borne on the wind; I poured them out, like mud in the streets. 

Maandag 27April 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 69:17]
Verhoor my, O Here, want U goedertierenheid is goed; wend U  tot my na die grootheid van U barmhartighede. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 18 vervolg...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 18:37-43]
37. U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie. 
38. Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.  
39. Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete. 
40. En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk. 
41. En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig!
42. Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen Verlosser nie - tot die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie. 
43. Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate. 


(DV. I will share a few well-known and favourite sections from the Psalms with you, as often as I possibly can. 
DV. Sal ek 'n paar welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

PSALM 18 contd... PSALM 18 Vervolg...

Saturday 25 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Daniel 2:20,21b,22]
20. Daniel answered: "Blessed be the Name of God forever and ever! For wisdom and might are His!
21b. "He gives wisdom to the wise, and knowledge to those who have understanding!
22. "He reveals the deep and secret things; He knows what is in the darkness, and the light dwells on Him."

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 18 contd....
1. English - (Amplified Bible Version)
[Psalm 18:14:24]
14. And He sent out His arrows and scattered them; and He flashed forth lightnings and put them to rout. 
15. "Then the beds of the sea appeared and the foundations of the world were laid bare at Your rebuke, O Lord, at the blast of the breath of Your nostrils."
16. He reached from on high, He took me; He drew me out of many waters. 
17. He delivered me from my strong enemy, and from those who hated and abhorred me, for they were too strong for me. 
18. They confronted and came upon me in the day of my calamity, but the Lord was my stay and support. 
19. He brought me forth also into a large place; He was delivering me because He was pleased with me and delighted in me. 
20. The Lord rewarded me according to my righteousness (my conscious integrity and sincerity with Him); according to the cleanness of my hands has He recompensed me. 
21. For I have kept the ways of the Lord and have not wickedly departed from my God. 
22. For all His ordinances were before me, and I put not away His statutes from me. 
23. I was upright before Him and blameless with Him, ever (on guard) to keep myself free from my sin and guilt. 
24. Therefore has the Lord recompensed me, according to my righteousness (my uprightness and right standing with Him), according to the cleanness of my hands in His sight. 

WOORD VAN DIE DAG: 
[Daniël 2:20,21b,22]
20. Daniël het toe gespreek en gesê: "Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is Syne. 
21b. "Hy verleen wysheid aan die wyse manne, en kennis aan die wat insig het. 
22. "Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 18 vervolg...
[Psalm 18:15-25]
15. En Hy het Sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, Sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar. 
16. "En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë U dreiging  O Here, vanweë die geblaas van die wind in U neus."
17. Hy het uit die hoogte Sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. 
18. Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. 
19. Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die Here was my steun. 
20. En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. 
21. Die Here het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. 
22. Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God uitgewyk nie;
23. Want al Sy verordeninge was voor my, en Sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. 
24. Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. 
25. So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid. Na die reinheid van my hande, voor Sy oë. 
(Many thanks to John Hagee Ministries for the illustration of this very powerful section in the Psalms.)

(DV. I will share a few well-known and favourite sections from the Psalms with you, as often as I possibly can. 
DV. Sal ek 'n paar welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Tuesday 14 April 2015

PSALM 18. - PSALM 18.

Friday 24 April 2014.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 57:10,11]
10. For Your mercy and loving-kindness are great, reaching to the heavens, and Your truth and faithfulness to the clouds. 
11. Be exalted, O God, above the heavens, let Your glory be over all the earth. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 18.
1. English - (Amplified Bible Version)
[Psalm 18:1-13]
1. I love You fervently and devotedly, O Lord, my Strength. 
2. The Lord is my Rock, my Fortress, and my Deliverer; my God, my keen and firm Strength, in Whom I will trust and take refuge; my Shield and the horn of my salvation, my High Tower.  
(A song of David, after God saved him from the hand of his enemies, as well as the hand of Saul.)
3. I will call upon the Lord, Who is to be praised; so I shall be saved from my enemies. 
4. The cords or bands of death surrounded me, and the streams of ungodliness and the torrents of ruin terrified me.   
5. The cords of Sheol (the place of the dead) surrounded me; the snares of death confronted and came upon me. 
6. In my distress (when seemingly closed in) I called upon the Lord and cried to my God; He heard my voice out of His temple (heavenly dwelling place), and my cry came before Him, into His (very) ears. 
7. Then the earth quaked and rocked, the foundations also of the mountains trembled; they moved and were shaken, because He was indignant and angry. 
8. There went up smoke from His nostrils; and lightning out of His mouth devoured; coals were kindled by it. 
9. He bowed the heavens also and came down; and thick darkness was under His feet. 
10. And He rode upon a cherub (a storm)  and flew (swiftly); yes, He sped on with the wings of the wind. 
11. He made darkness His secret hiding place; as His pavilion (His canopy) round about Him, were dark waters and thick clouds of the skies. 
12. Out of the brightness before Him there broke forth through His thick clouds hailstones and coals of fire. 
13. The Lord also thundered from the heavens, and the Most High uttered His voice, amid hailstones and coals of fire.  

WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 57:"11,12]
11. Want U goedertierenheid is groot tot by die hemele, en U trou tot by die wolke. 
12. Verhef U bo die hemele O God, U heerlikheid bo die hele aarde! 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 18.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 18:1-14]
1. 'n Psalm van David, die kneg van die Here, wat die woorde van hierdie lied tot die Here gespreek het, op die dag toe die Here hom gered het uit die hand van al sy vyande, en uit die hand van Saul. 
2. Ek het U hartlik lief, Here, my Sterkte. 
3. Die Here is my Rots en my Bergvesting en my Redder; my Rots, my God by wie ek skuil; my Skild en die horing van my heil, my Rotsvesting. 
4. Ek roep die Here aan wat lofwaardig is, en  van my vyande word ek verlos. 
5. Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval. 
6. Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom. 
7. Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit Sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor Sy aangesig het in Sy ore gekom.  
8. Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. 
9. Rook in Sy neus het opgegaan; en 'n vuur uit Sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand. 
10. En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder Sy voete.  
11. En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg, ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind. 
12. Duisternis het Hy Sy skuilplek gemaak, Sy hut rondom Hom; duisternis van waters, diktes van wolke. 
13. Deur die glans voor Hom, het Sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole. 
14. En die Here het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor, hael en gloeiende kole!

Many thanks to Pastor John Hagee for this very true and relevant portion of Scripture.

(DV I will share some well-known and favourite sections from the Psalms with you, as often as I possibly can.  /
DV. Sal ek sommige welbekende en geliefde gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)


PSALM 17. - PSALM 17.

Thursday 23 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 150:6]
Let everything that has breath, and every breath of life praise the Lord! Praise the Lord! Hallelujah!

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 17.
1. English - (Amplified Bible Version)
[Psalm 17:1-15]
A prayer of David. 
1. Hear the right (my righteous cause), O Lord; listen to my shrill, piercing cry. Give ear to my prayer, that comes from unfeigned and guileless lips. 
2. Let my sentence of vindication come from You! May Your eyes behold the things that are just and upright. 
3. You have proved my heart; You have visited me in the night; You have tried me and found nothing (no evil purpose in me); I have purposed that my mouth shall not transgress. 
4. Concerning the works of men, by the word of Your lips I have avoided the ways of the violent (the paths of the destroyer).
5. My steps have held closely to Your paths (to the tracks of the One Who Has gone on before); my feet have not slipped. 
6. I have called upon You O God, for You will hear me; incline Your ear to me, and hear my speech. 
7. Show Your marvelous loving-kindness, O You who save by Your right hand those who trust and take refuge in You from those who rise up against them. 
8. Keep and guard me as the apple of Your eye; hide me in the shadow of Your wings, 
9. From the wicked who despoil and oppress me, my deadly adversaries who surround me.  
10. They are enclosed in their own prosperity and have shut up their hearts to pity; with their mouths they make exorbitant claims and proudly and arrogantly speak.  
11. They track us down in each step we take; now they surround us; they set their eyes to cast us to the ground. 
12. Like a lion, greedy and eager to tear his prey. And as a young lion lurking in hidden places. 
13. Arise, O Lord! Confront and forestall them, cast them down! Deliver my life from the wicked by Your sword,
14. From men by Your hand, O Lord,from  men of this world (these poor moths of the night), whose portion in life is idle and vain. Their bellies are filled with Your hidden treasure (what You have stored up); their children are satiated, and they leave the rest (of their) wealth to their babes. 
15. As for me, I will continue beholding Your face in righteousness (rightness, justice and right standing with You); I shall be fully satisfied, when I awake (to find myself) beholding Your form (and having sweet communion with You).

Donderdag 23 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 150:6]
Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
PSALM 17.
[Psalm 17:1-15]
1. 'n Gebed van Dawid. Here, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed, met onbedrieglike lippe. 
2. Laat U reg voor my aangesig uitgaan; laat U oë regverdig sien. 
3. U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek. U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. 
4. Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van U lippe, die paaie van die geweldenaar vermy. 
5. My gange het vasgehou aan U spore, my voetstappe het nie gewankel nie. 
6. Ek roep U aan, want U verhoor my, O God! Neig U oor tot my, luister na my woord!
7. Maak U gunsbewyse wonderbaar, O Verlosser, van die wat by U regterhand skuil vir teëstanders!
8. Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van U vleuels. 
9. Teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring. 
10. Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond, spreek hulle hoogmoedig. 
11. Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hulle daarop om ons op die grond uit te strek. 
12. Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê. 
13. Staan op Here, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met U swaard;
14. Met U hand van die manne, O Here, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is, en wie se buik U vul met U verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hulle oorskot aan hulle kinders laat agterbly. 
15. Maar ek sal U aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met U beeld as ek wakker word. 
Many thanks for this relevant and very true picture from John Hagee Ministries. 
(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you as often as I possibly can.  /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)


PSALM 11. - PSALM 11

Tuesday 21 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 10:15]
Break the arm of the wicked and evil man; call him to account for his wickedness, that would not be found out.

MESSAGE OF THE DAY: 
PSALM 11.
1. English - (New International Version)
[Psalm 11:1-7]
1. A Psalm of David. In the Lord I take refuge. How then can you say to me: "Fly like a bird to your mountain?
2. "For look, the wicked bend their bows; they set their arrows against the strings to shoot from the shadows at the upright in heart. 
3. "When the foundations are being destroyed, what can the righteous do?" 
4. The Lord is in His holy temple, the Lord is on His heavenly throne. He observes the sons of men; His eyes examines them.
5. The Lord examines the righteous, but the wicked, and those who love violence, His soul hates. 
6. On the wicked He will rain fiery coals and burning sulphur; a scorching wind will be their lot.  
7. For the Lord is righteous, He loves justice; upright men will see His face.

Dinsdag 21 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 10:15]
Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid, totdat U niks vind nie! 

PSALM 11.
[Psalm 11:1-7]
1. 'n Psalm van Dawid. By die Here skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: "Vlug na julle berg soos 'n voël!
2. "Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. 
3. "As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?"
4. Die Here is in Sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; Sy oë sien, Sy ooglede toets die mensekinders. 
5. Die Here toets die regverdige; maar Sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet
6. Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. 
7. Want die Here is regverdig. Hy het geregtighede lief; die opregtes sal Sy aangesig sien. 

(DV I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you as often as I possibly can.  /
DV Sal ek sommige welbekende en geliefde gedeeltes van die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)


PSALM 13. - PSALM 13.

Wednesday 22 April 2915. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 11:1]
In the Lord I take refuge. 

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 13. 
1. English - (New International Version)
[Psalm 13:1-6]
1. How long, O Lord? Will You forget me for ever? How long will You hide Your face from me?
2. How long must I wrestle with my thoughts, and every day have sorrow in my heart? How long will my enemy triumph over me? 
3. Look on me, and answer O Lord my God! Give light to my eyes, or I will sleep in  death;
4. My enemy will say: "I have overcome him," and my foes will rejoice when I fall. 
5. But I trust in Your unfailing love; my heart rejoices in Your savation. 
6. I will sing to the Lord, for He has been good to me.

Woensdag 22April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Psalm 11:1]
By die Here skuil ek. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 13.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 13:1-6]
1. 'n Psalm van Dawid. 
2. Hoe lank Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my U aangesig verberg? 
3. Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?
4. Aanskou tog, verhoor my, Here my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;
5. Sodat my vyand nie kan sê: "Ek het hom oorwin nie," en my teëstanders nie kan juig as ek wankel nie. 
6. Maar ek - op U goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor U heilEk wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections from the Psalms with you as often as I possibly can.  /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)


PSALM 12. - PSALM 12.

Monday 20 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
PSALM 12.
[Psalm 12:5-6]
5. "Now will I arise," says the Lord, "because the poor are oppressed, because of the groans of the needy; I will set him in safety and in the salvation for which he pants."
6. The Words and promises of the Lord are pure words, like silver refined in an earthen furnace, purified seven times over. 

WOORD VAN DIE DAG: 
PSALM 12.
[Psalm 12:6-7]
6. "Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges, sal Ek nou opstaan," sê die Here. "Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag."
7. Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. 
Many thanks for this beautiful and relevant photo from "Joycemeyer.org" that was kindly presented to me, by Aletta Oliver. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections of the Psalms with you as often as I possibly can.  /
DV. Sal ek sommige welbekende en gunsteling gedeeltes van die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)


PSALM 5. - PSALM 5.

Saturday 18 April 2015.  
WORD OF THE DAY:
[John3:8]
The wind goes where its pleasure takes it, and the sound of it comes to your ears, but you are unable to say where it comes from, and where it goes; so it is with everyone who is born of the Spirit. 

PSALM 5.
MESSAGE OF THE DAY:
1. English - (BBE Version)
[Psalm 5:1b-12]
1b. Give ear to my words, O Lord; give thought to my heart-searchings. 
2. Let the voice of my cry come to You, my King and my God; for to You I will make my prayer. 
3. My voice will come to You in the morning, O Lord; in the morning will I send my prayer to You, and keep watch. 
4. For You are not a God Who takes pleasure in wrongdoing; there is no evil with You. 
5. The sons of pride have no place before You; You are a hater of all workers of evil. 
6. You will send destruction on those whose words are false; the cruel man and the man of deceit are hated by the Lord. 
7. But as for me, I will come into Your house, in the full measure of Your mercy; and in Your fear I will give worship, turning my eyes to Your holy Temple. 
8. Be my guide, O Lord, in the ways of my righteousness, because of those who are against me; make Your way straight before my face. 
9. For no faith may be put in their words; their inner part is nothing but evil; their throat is like an open place of the dead; smooth are the words of their tongues. 
10. Send them to destruction, O Lord; let their evil designs be the cause of their fall; let them be forced out by all their sins; because they have gone against Your authority. (They have rebelled against You.)
11. But let all those who put their faith in You be glad with cries of joy at all times, and let all tho lovers of Your Name be glad in You. 
12. For You Lord, will bless the (uncompromisingly) righteous, (him who is upright and in right standing with You); as with a shield You will surround him with goodwill, (pleasure and favour.)

Saterdag 18 April 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
[Johannes 3:8]
Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen van ons wat uit die Gees gebore is. 

PSALM 5.
2. Afrikaans - (Ou Afikaanse Vertaling)
[Psalm 5:2-13]
2. O Here, luister na my woorde, let op my versugting
3. Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my koning en my God, want tot U bid ek. 
4. In die môre Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag. 
5. Want U is nie 'n God wat 'n behae het in goddeloosheid nIe; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie. 
6. Die onsinniges sal voor oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid. 
7. U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van en bedrog, het die Here 'n afsku. 
8. Maar ek, deur die grootheid van U goedertierenheid mag ek in U huis ingaan, my buig na U heilige tempel, in U vrees. 
9. Here, lei my in U geregtigheid om my vyande ontwil; maak U weg voor my reg. 
10. Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hulle tong glad. 
11. Verklaar hulle skuldig, O God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge. Want hulle is wederstrewig teen U. 
12. Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat U Naam liefhet. 
13. Want U seën die regverdige, O Here, U omring hom met welbehae soos met 'n skild. 

Many thanks for this very relevant section        of this favourite Psalm. 

(DV. I will share some well-known and favourite sections in the Psalms with you as often as I possibly can.  /
DV. Sal ek gedeeltes van welbekende en gunsteling Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)



PSALM 4. - PSALM 4.

Friday 17 April 2015.  
WORD OF THE DAY:
[Psalm 4:1b-8]
1b. Give answer to my cry, O God of my righteousness; make me free from my troubles; have mercy on me, and give ear to my prayer. 
2. O sons of men, how long will you go on, turning my glory into shame? How long will you give your love to foolish things, going after what is false? (Selah)
3. See how the Lord Has made great His mercy for me; the Lord will give ear to my cry. 
4. Let there be fear in your hearts, and do no sin; when you are on your beds, search your hearts, and be silent. (Selah.)
5. Give the offerings of righteousness, and put your faith in the Lord. 
6. There are numbers who say: "Who will do us any good? The light of His face Has gone from us."
7. Lord, You have put joy in my heart, more than they have when their grain and their wine are increased. 
8. I will take my rest on my bed in peace, because You only Lord, keep me safe.  

Vrydag 27 April 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 4:2-9]
2. As en roep, verhoor my, O God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en verhoor my gebed!
3. O manne, tot hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek?
4. Weet tog dat die Here vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep!
5. Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. 
6. Offer offerandes van geregtigheid, en vertrou op die Here. 
7. Baie sê: "Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van U aangesig, O Here!"
8. Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. 
9. Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak, want U O Here alleen, laat my in veiligheid woon. 

(DV. I will share a few well-known and favourite sections from the Psalms with you, as often as I possibly can. 
DV. Sal ek sommige bekende en geliefkoosde gedeeltes in die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks to the 700clubasia for this pic

PSALM 3. - PSALM 3.

Thursday 16 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
PSALM 3. 
1. English - (BBE Version)
[Psalm 3:3-8]
3. But Your strength, O Lord, is round me, you are my glory and the lifter up of my head. 
4. I send up a cry to the Lord with my voice, and He gives me an answer from His holy hill. (Selah)
5. I took my rest in sleep, and then again I was awake; for the Lord was my support. 
6. I will have no fear, though ten thousand have come round me, putting themselves against me. 
7. Come to me Lord; keep me safe, O my God; for you have given all my haters blows on their face-bones; the teeth of the evil-doers have been broken by You. 
8. Salvation comes from the Lord; Your blessing is on Your people. (Selah)

Donderdag 16 April 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
PSALM 3.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 3:4-9]
4. Maar U Here, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. 
5. Luid roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van Sy heilige berg. 
6. Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my. 
7. Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie. 
8. Staan op Here, verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. 
9. Die heil behoort aan die Here; laat U seën wees oor U volk! Sela. 
      Cell phone photo. 
(DV. I will share a few well-known and favourite sections from the Psalms with you, as often as I possibly can.     /
DV. Sal ek 'n paar welbekende en gunsteling gedeeltes uit die Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)







PSALM 1. - PSALM 1.

Woensdag 15 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
PSALM 1.
[Psalm 1:1-6]
1. Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars, en nie sit in die kring van die spotters nie;
2. Maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink Sy wet dag en nag. 
3. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd, en waarvan die blare nie verwelk nie. En alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. 
4. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. 
5. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel, en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. 
6. Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan

Wednesday 15 April 2015. 
WORD OF THE DAY
PSALM 1.
1. Happy is the man who does not go in the company of the sinners, or take his place in the way of evil-doers, or in the seat of those who do not give honour to the Lord. 
2. But whose delight is in the law of the Lord, and whose mind is on His law day and night. 
3. He will be like a tree planted by the rivers of water, which gives its fruit at rhe right time, whose leaves will ever be green; and he will do well in all his undertakings. 
4. The evil-doers are not so; but like the dust from the grain, which the wind takes away. 
5. For this cause there will be no mercy for the sinners when they are judged, and the evil-doers will have no place among the upright.  
6. Because the Lord sees the way of the upright, but the end of the sinner is destruction. 

(DV. I will share a few well-known   Psalms with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek 'n paar welbekende Psalms met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 


Monday 13 April 2015

PSALM 47. / PSALM 47.

Tuesday 14 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
PSALM 47:1-9.
1. Clap your hands, all you nations; shout to God with cries of joy. 
2. How awesome is the Lord Most High, the great King over all the earth!
3. He subdued nations under us, peoples under our feet! 
4. He chose our inheritance for us, the pride of Jacob, who He loved. Selah. 
5. God Has ascended amid shouts of joy, the Lord amid the sounding of trumpets. 
6. Sing praises to the Lord, sing praises; sing praises to our King, sing praises. 
7. For God is the King of all the earth; sing to Him a psalm of praise. 
8. God reigns over the nations; God is seated on His Holy throne!
9. The nobles of the nations assemble as the people of the God of Abraham, for the kings of the earth belong to God; He is greatly exalted!
 
Dinsdag 14 April 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
PSALM 47:2-10.
2. Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel. 
3. Want die Here, die Allerhoogste is gedug; 'n groot koning oor die hele aarde. 
4. Hy bring volke onder ons, en nasies onder ons voete. 
5. Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela
6. God vaar op met gejuig! Die Here met basuingeklank. 
7. Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
8. Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing
9. God regeer oor die nasies; God sit op Sy heilige troon.  
10. Die edeles van die volke het vergader - 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!

Many thanks for this stunning photo that I found on FB. And thank you for the privilege of being able to use it. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.    /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Saturday 11 April 2015

THEREFORE GO AND MAKE DISCIPLES OF ALL NATIONS. / GAAN DAN HEEN, MAAK DISSIPELS VAN AL DIE NASIES.

Saturday 11 April 2015. 
WORD OF THE DAY:
[John 12:24]
"Most assuredly, I say to you, unless an ear of wheat falls to the ground and dies, it remains alone, but if it dies, it produces much grain."

MESSAGE OF THE DAY:
THEREFORE GO AND MAKE DISCIPLES  OF ALL NATIONS:
1. English - (New King James Version)
[Matthew 28:16-20]
16. Then the eleven disciples went away into Galilee, to the mountain which Jesus had appointed for them. 
17. And when they saw Him, they worshiped Him; but some doubted.  
18. Then Jesus came and spoke to them saying: "All authority has been given to Me in heaven and on earth.
19. "Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the Name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,
20. "Teaching them to observe all things that I have commanded you, and lo, I Am with you always, even to the end of the age" 

[Mark 16:14-20]
14. Afterward He appeared to the eleven as they sat at the table; and He rebuked their unbelief and hardness of heart, because they did not believe those who had seen Him after He had risen. 
15. And He said to them: "Go into the world and preach the gospel to every creature.
16. "He who believes and is baptized will be saved; but he who does not believe will be condemned. 
17. "And these signs will follow those who  believe: In My Name they will cast out demons; they will speak with new tongues.  
18. "They will take up serpents, and if they drink anything deadly, it will by no means hurt them; they will lay hands on the sick, and they will recover. "
19. So then, after the Lord had spoken to them, He was received up into heaven, and sat down at the right hand of God. 
20. And they went out and preached everywhere, the Lord working with them, and confirming the Word through the accompanying signs. Amen. 

Saterdag 11 April 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Johannes 12:24]
"Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle: as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GAAN DAN HEEN, MAAK DISSIPELS VAN AL DIE NASIES: 
[Matthéüs 28:16-20]
16. En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. 
17. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. 
18. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. 
19. "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
20. "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."

[Markus 16:14-20]
14. Later het Hy aan die elf self verskyn terwyl hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná Sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 
15. En Hy het vir hulle gesê: "Gaan die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 
16. "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 
17. "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
18. "Slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. 
19. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. 
20. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur tekens wat daarop gevolg het. Amen. 
 
     Cell phone photo, taken on my birthday. 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.    /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)