Wednesday 27 January 2016

SERMON ON THE MOUNT: Ask, Seek, Knock. / BERGPREDIKASIE: Bid, Soek, Klop.

Friday 29 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Philippians 4:19)
And my God will supply all your needs according to His glorious riches in Christ Jesus.  

MESSAGE OF THE DAY:
ASK, SEEK, KNOCK:
(Matthew 7:7-12)
7. "Ask, and it will be given to you; seek and you will find; knock and the door will be opened to you.  
8. "For everyone who asks, receives, and the one who seeks, finds; and to the one who knocks, the door will be opened. 
9. "Is there anyone among you who, if his son asks for bread, will give him a stone?
10. "Or if he asks for a fish, will give him a snake?
11. "If you then, although you are evil, know how to give good gifts to your children, how much more will your Father in heaven give good gifts to those who ask Him!
12. "In everything, treat others as you would want them to treat you, for this fulfills the law and the prophets."

Vrydag 29 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Filippense 4:19)
En my God sal elke behoefte van julle vervul, na Sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus. 
  
BOODSKAP VAN DIE DAG:
BiD, SOEK, KLOP:
(Matthéüs 7:7-12)
7. "Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 
8. "Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop sal oopgemaak  word. 
9. "Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;
10. "En as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?
11. "As julle wat sleg is dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! 
12. "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks for this powerful statement by Vicki Yohe of PrayerChangesThings. Thank you also to Sonja de Klerk who kindly posted this on Face Book. May God bless both of you richly.   



SERMON ON THE MOUNT: The Narrow and Wide gates. / BERGPREDIKASIE: Die Nou en die Breë Poort.

Saturday 29 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Philippians 4:4)
Rejoice in the Lord always. Again I say, rejoice! 

MESSAGE OF THE DAY:
THE WIDE AND NARROW GATE:
(Matthew 7:13,14)
13. "Enter through the narrow gate, because the gate is wide and the way is spacious that leads to destruction, and there are many who enter through it.  
14. "But the way is narrow and the way is difficult that leads to life, and there are few who find it."

Saterdag 29 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Filippense 4:4) 
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WYE EN DIE NOU POORT:
(Matthéüs 7:13,14)
13. "Gaan in deur die nou poort, want  breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 
14. "Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Pastor John Hagee of John Hagee Ministries, for this comforting yet powerful statement. 

SERMON ON THE MOUNT: You Will Know Them by Their Fruits. / BERGPREDIKASIE: Jy Sal Hulle Ken Deur Hulle Vrugte.

Sunday 31 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 10:30)
"But the very hairs of your head are all numbered."

MESSAGE OF THE DAY:
YOU WILL KNOW THEM BY THEIR FRUITS:
(Matthew 7:15-23)
15. "Watch out for the false prophets, who come to you in sheep's clothing, but inwardly are voracious wolves.  
16. "You will recognize them by their fruit. Grapes are not gathered from thorns, or figs from thistles, are they?
17. "In the same way, every good tree bears good fruit, but the bad tree bears bad fruit. 
18. "A good tree is not able to bear bad fruit, nor a bad tree to bear good fruit.  
19. "Every tree that does not bear good fruit, is cut down and thrown into the fire. 
20. "So then, you will recognize them by their fruit. 
21. "Not everyone who says to Me: 'Lord, Lord,' will enter into the kingdom of heaven - only the one who does the will of my Father in heaven. 
22. "On that day, many will say to Me: 'Lord, Lord! Didn't I prophesy in Your Name, and in Your Name cast out demons, and do many powerful deeds?'
23. "Then I will declare to them: 'I never knew you. Go away from Me, you lawbreakers!'"

Sondag 31 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 10:30)
"En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JY SAL HULLE AAN HULLE VRUGTE KEN:
(Matthéüs 7:15-23)
15. "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom, en van binne roofsugtige wolwe is. 
16. "Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
17. "So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 
18. "'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 
19. "Elke boom wat nie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 
20. "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.  
21. "Nie elkeen wat vir My sê: 'Here, Here,' sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is. 
22. "Baie sal in daardie dag vir My sê: 'Here, Here! Het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe, en in U Naam baie kragte gedoen nie?' 
23. "En dan sal Ek aan hulle sê: 'Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.'"

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to whoever posted this pic, to demonstrate the powerful truth from Psalm 91:4 on Face Book. 

SERMON ON THE MOUNT: Build Your House on the Rock. / BERGPREDIKASIE: Bou Jou Huis op die Rots.

Monday 1 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Ephesians 1:2)
May grace (God's unmerited favour), and spiritual peace (which means peace with God, and harmony, unity, and undisturbedness) be yours from God our Father, and from the Lord Jesus Christ. 

MESSAGE OF THE DAY:
BUILD YOUR HOUSE ON THE ROCK:
(Matthew 7:24-29)
24. "So everyone who hears these words of Mine and acts upon them (obeying them) will be like a sensible (prudent, practical, wise) man who built his house upon the rock. 
25. "And the rain fell and the floods came, and the winds blew and beat against that house; yet it did not fall, because it had been founded on the rock.  
26. "And everyone who hears these words of Mine and does not do them, will be like a stupid (foolish) man who built his house upon the sand. 
27. "And the rain fell and the floods came, and the winds blew and beat against that house, and it fell - and great and complete was the fall if it."
28. When Jesus had finished these saings (the Sermon on the Mount), the crowds were astonished and overwhelmed, with bewildered wonder at His teaching, 
29. For He was teaching as One Who had (and was) authority, and not as (did) the scribes. 

Maandag 1 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Efesiërs 1:2)
Genade vir julle en vrede van God onse Vader, en die Here Jesus Christus. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
BOU JOU HUIS OP DIE ROTS:
(Matthéüs 7:24-29)
24. "Elkeen dan, wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 
25. "En die reën het geval en die waterstrome het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. 
26. "En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. 
27. "En die reën het geval en die waterstrome het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het geval. En sy val was groot."
28. En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor Sy leer. 
29. Want Hy het hulle geleer, soos Een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.  

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Hefsibah Essa Strauss for this beautiful background picture, that I could use for this Bible verse. 


JESUS TEACHES THE FEAR OF GOD. / JESUS LEER OOR DIE VREES VAN GOD.

Tuesday 2 February 2016.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 11:6)
Jesus answered them: "Blessed (happy, fortunate, and to be envied) is anyone who takes no offense at Me, and finds no cause for stumbling in or through Me, and is not hindered from seeing the Truth."
 
MESSAGE OF THE DAY:
JESUS TEACHES THE FEAR OF GOD:
(Matthew 10:27-31)
27. "What I say to you in the dark, tell in the light; and what you hear whispered in the ear, proclaim upon the housetops. 
28. "And do not be afraid of those who kill the body but cannot kill the soul; but rather be afraid of Him Who can destroy both soul and body in hell (Gehenna).
29. "Are not two little sparrows sold for a penny? And yet not one of them will fall to the ground without your Father's leave (consent) and notice. 
30. "But even the very hairs of your head are all numbered. 
31. "Fear not, then; you are of more value than many sparrows."

CONFESS CHRIST BEFORE MEN: 
(Matthew 10:32,33)
32. "Therefore, everyone who acknowledges Me before men, and confesses Me (out of a state of oneness with Me), I will also acknowledge him before My Father Who is in heaven, and confess (that I Am abiding in) him. 
33. "But whoever denies and disowns  Me before men, I also will deny and disown him before My Father Who is in heaven."

Dinsdag 2 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 11:6)
En Jesus het geantwoord en aan hulle gesê: "En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS LEER OOR DIE VREES VAN GOD:
(Matthéüs 10:27-31)
27. "Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. 
28. "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
29. "Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. 
30. "En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 
31. "Wees dan nie bevrees nie: Julle is meer werd as baie mossies."

BELY CHRISTUS VOOR MENSE:
(Matthéüs 10:32,33)
32. "Elkeen dan wat My sal bely voor mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die hemele is. 
33. "Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor My Vader wat in die hemele is."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks for this amazing photo kindly posted on Face Book by Belinda van Heerden Craill, as a blessing to many, and also for me to be able to use as a relevant illustration for my blog.  




Wednesday 20 January 2016

SERMON ON THE MOUNT: Love your enemies. / BERGPREDIKASIE: Jy moet jou vyande liefhê.

Thursday 21 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 6:5-8)
5. "Whenever you pray, do not be like the hypocrates, because they love to pray while standing in synagogues and on street corners, so that people can see them.   
6. "But you, when you pray, go into your room, and when you have shut your door, pray to your Father Who is in the secret place; and your Father Who sees in secret will reward you openly. 
7. "But when you pray, do not use vain repetitions as the heathen do. For they think they will be heard for their many words. 
8. "Therefore do not be like them. For your Father knows the things you have need of, before you ask Him."

MESSAGE OF THE DAY:
LOVE YOUR ENEMIES:
(Matthew 5:43-48)
43. "You have heard that it was said: 'Love your neighbour and hate your enemy.'
44. "But I say to you: love your enemy and pray for those who persecute you,  
45. "So that you may be like your Father in heaven, since He causes the sun to rise on the evil and the good, and sends rain on the righteous and the unrighteous. 
46. "For if you love those who love you, what reward do you have? Even the tax colllectors do the same, don't they?
47. "And if you only greet your brothers, what more do you do? Even the gentiles do the same, don't they?
48. "So then, be perfect as your heavenly Father is perfect."

Donderdag 21 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 6;6-8)
5. "En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. 
6. "Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur, en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 
7. "En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle  deur hulle baie woorde verhoor sal word. 
8. "Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle hom vra."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
WEES LIEF VIR JOU VYANDE:
(Matthéüs 5:43-48)
43. "Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.'
44. "Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 
45. "Sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 
46. "Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
47. "En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?
48. "Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)  
Many thanks to Mark Brown for this true snd powerful statement. Thsnk you also to Sonja de Klerk who posted this in Face Book. 


Monday 18 January 2016

SERMON ON THE MOUNT: Giving to the needy. / BERGPREDIKASIE: Gee aan die Behoeftiges.

Friday 22 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 9:37,38)
37. Then He said to His disciples: "The harvest is plentiful, but the workers are few. 
38. "Therefore ask the Lord of the harvest to send out workers into His harvest."

MESSAGE OF THE DAY:
DO GOOD TO PLEASE GOD:
(Matthew 6:1-4)
1. "Be careful not to display your righteousness merely to be seen by people. Otherwise you have no reward with your Father in heaven. 
2. "Thus, whenever you do charitable giving, do not blow a trumpet before you, as the hypocrites do in synagogues and on streets, so that people will praise them. I tell you the truth, they have their reward. 
3. "But when you do your giving, do not let your left hand know what your right hand is doing,
4. "So that your gift may be in secret. And your Father Who sees in secret, will reward you."

Vrydag 22 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 9:37,38)
37. Toe sê Hy vir Sy disdipels: "Die oes is wel groot maar die arbeiders min. 
38. "Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag stuur. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DOEN GOED OM GOD TE BEHAAG:
(Matthéüs 6:1-4)
1. "Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. 
2. "Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. 
3. "Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie. 
4. "Sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Alabaster Quill for this amazing picture. Thank you also to Dinah Le Hanie for posting it on Face Book. 

SERMON ON THE MOUNT: When you pray. / BERGPREDIKASIE: Wanneer jy bid.

Saturday 23 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 12:20)
A bruised reed He will not break, and a smouldering wick He will not snuff out, till He leads justice to victory. 

MESSAGE OF THE DAY:
WHEN YOU PRAY:
(Matthew 6:5-15)
5. "And when you pray, do not be like the hypocrites, for they love to pray standing in the synagogues and on their street corners, to be seen by men. I tell you the truth, they have received their reward in full.   
6. "But when you pray, go into your room, close the door, and pray to your Father in secret, and your Father Who sees in secret, will reward you. 
7. "When you pray, do not babble repetitiously like the Gentiles, because they think that by their many words they will be heard.  
8. "Do not be like them, for your Father knows what you need, before you ask Him. 
9. "So pray this way: 'Our Father in heaven, may Your Name be honoured;
10. "'May Your kingdom come, may Your will be done on earth as it is in heaven. 
11. "'Give us today our daily bread,
12. "'And forgive us our debts, as we ourselves have forgiven our debtors.  
13. "'And do not lead us into temptation, but deliver us from the evil one. For Yours be the kingdom, the power and the glory. Forever. Amen.'
14. "For if you forgive men their tresspasses, your heavenly Father will also forgive you. 
15. "But if you do not forgive men their tresspasses, neither will your Father in heaven forgive your tresspasses."

Saterdag 23 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 12:20)
'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
WANNEER JY BID:
(Matthéüs 6:5-15)
5. "En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.  
6. "Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 
7. "En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hulle baie woorde verhoor sal word.  
8. "Moet dan nie soos hulle word nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 
9. "Só moet julle dan bid: 'Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word;
10. "'Laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11. "'Gee ons vandag ons daaglikse brood;
12. "'En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 
13. "'En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.'
14. "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.  
15. "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Dinah Le Hanie Stols who kindly presented this powerful statement. 


SERMON ON THE MOUNT: Fasting. / BERGPREDIKASIE: Om te vas.

Sunday 24 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(John 10:27,28)
27. "My sheep listen to My voice: I know them, and they follow Me. 
28. "I give them eternal life, and they shall never perish; no one can snatch them out of My hand."

MESSAGE OF THE DAY:
FASTING:
(Matthew 6:16-18)
16. "When you fast, do not look sombre as the hypocrites do, for they disfigure their faces to show men they are fasting. I tell you the truth, they have received their reward in full.  
17. "But when you fast, put oil on your head and wash your face, 
18. "So that it will not be obvious to men that you are fasting, but only to your Father, Who is unseen; and your Father Who sees what is done in secret, will reward you."

Sondag 24 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Johannes 10:27,28)
27. "My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. 
28. "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie." 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
OM TE VAS:
(Matthéüs 6:16-18)
16. "En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie, want hulle mismaak hul gesigte, sodat hulle deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. 
17. "Maar jy, as jy vas salf jou hoof en was jou gesig,
18. "Sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Derek Prince for this cute pic, priceless but true and powerful. 


SERMON ON THE MOUNT: Treasures in heaven. / BERGPREDIKASIE: Skatte in die hemel.

Monday 25 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 22:37,38)
37. Jesus said to him: "Love the Lord your God with all your heart, with all your soul, and with all your mind. 
38. "This is the first and the greatest commandment."

MESSAGE OF THE DAY:
TREASURES IN HEAVEN:
(Matthew 6:19-21)
19. "Do not accumulate for yourselves treasures on earth, where moth and rust destroy, and where thieves break in and steal. 
20. "But accumulate for yourselves treasures in heaven, where moth and rust do not destroy, and thieves do not break in and steal. 
21. "For where your treasure is, there your heart will be also."

Maandag 25 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 22:37,38)
37. En Jesus antwoord hom: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel, en met jou hele verstand. 
38. "Dit is die eerste en groot gebod."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
SKATTE IN DIE HEMEL: 
(Matthéüs 6:19-21)
19. "Moenie vir julle skatte bymekaar maak op die aarde, waar mot en roes verniel, en waar diewe inbreek en steel nie;
20. "Maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie, en waar diewe nie inbreek en steel nie. 
21. "Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to John Hagee Ministries for this encouraging and powerful statement. 

SERMON ON THE MOUNT: The Lamp of the Body, You cannot serve God and Riches. / BERGPREDIKASIE: Die Lamp van die Liggaam, Jy kan nie God én Rykdom dien nie.

Tuesday 26 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 9:29)
Then He touched their eyes saying: "According to your faith let it be to you."
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE LAMP OF THE BODY:
(Matthew 6:22,23)
22. "The lamp of the body is the eye. If therefore your eye is good, your whole body will be full of light.  
23. "But if your eye is bad, your whole body will be full of darkness. If therefore the light that is in you is darkness, how great is that darkness!"

YOU CANNOT SERVE GOD AND RICHES:  
(Matthew 6:24)
"No one can serve two masters, for either he will hate the one and love the other; or else he will be loyal to the one and despise the other. You cannot serve God and mammon."

Dinsdag 26 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 9:29)
Toe raak Hy hulle oë aan en sê: "Laat dit vir julle wees volgens julle geloof."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE LAMP VAN DIE LIGGAAM: 
(Matthéüs 6:22,23)
22. "Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 
23. "Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou, donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!" 

JY KAN NIE GOD ÉN RYKDOM DIEN NIE:
(Matthéüs 6:24)
"Niemand kan twee here dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê,  óf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én mammon dien nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to whoever posted this powerful truth on Face Book. 

SERMON ON THE MOUNT: Do not worry. / BERGPREDIKASIE: Moenie Bekommerd Wees nie.

Wednesday 27 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Psalm 121:1,2)
1. I will lift up my eyes to the hills - from whence comes my help?  
2. My help comes from the Lord, 
Who made heaven and earth. 

MESSAGE OF THE DAY:
DO NOT WORRY:
(Matthew 6:25-34)
25. "Therefore I say to you, do not worry about your life, what you will eat, or what you will drink, nor about your body about what you will put on. Isn't there more to life than food, and more to the body than clothing?
26. "Look at the birds in the sky: they do not sow or reap, or gather into barns, yet your heavenly Father feeds them. Aren't you more valuable than they are? 
27. "Which of you by worrying can add even one hour to his life?
28. "So why do you worry about clothing? Think about how the flowers of the field grow; they do not work or spin. 
29. "And yet I say to you: not even Solomon in all his glory was clothed like one of these! 
30. "Now if this is how God clothes the wild grass which is here today, and tomorrow is tossed into the fire to heat the oven, won't He clothe you even more, you people of little faith?
31. "Therefore do not worry saying: 'What will we eat?' or 'What will we drink?' or 'What will we wear?'
32. "For after all these things the gentiles seek. For your heavenly Father knows that you need them.
33. "But seek first the kingdom of God and righteousness, and all these things will be given to you as well. 
34. "Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about its own things. Today has enough trouble of its own."

Woensdag 27 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Psalm 121:1,2)
1. Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom?
2. My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
MOENIE BEKOMMERD WEES NIE:
(Matthéüs 6:25-34)
25. "Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe - wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam - wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
26. "Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?
27. "Wie tog onder julle kan deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
28. "En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
29. "En Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid, nie bekleed was soos een van hulle nie. 
30. "As God dan die gras van die veld wat vandag daar is, en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel temeer vir julle kleingelowiges?
31. "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: 'Wat sal ons eet,' of 'wat sal ons drink,' of 'wat sal ons aantrek nie?'
32. "Want na al hierdie goed soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 
33. "Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 
34. "Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Morning Star Ministries for this good illustration of 2 Corinthians 12:9. Thank you also to Rick Joyner who posted this on Face Book.  


SERMON ON THE MOUNT: Do Not Judge. / BERGPREDIKASIE: Moenie Oordeel Nie.

Thursday 28 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 8:26)
But He said to them: "Why are you cowardly, you people of little faith?"
Then He got up and rebuked the winds and the sea, and it was dead calm. 

MESSAGE OF THE DAY:
DO NOT JUDGE:
(Matthew 7:1-6)
1. "Do not judge so that you will not be judged. 
2. "For by the standard you judge, you will be judged, and the measure you use will be the measure you receive.  
3. "Why do you see the speck of sawdust in your brother's eye, but fail to see the beam of wood in your own?
4. "Or how can you say to your brother: 'Let me remove the speck from your eye,' while there is a beam in your own?
5. "You hypocrite! First remove the beam from your own eye, and then you can see clearly to remove the speck from your brother's eye. 
6. "Do not give what is holy, to dogs or throw your pearls before pigs; orherwise they will trample them under their feet and turn around and tear you to pieces."

Donderdag 28 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéus 8:26)
En Hy sê vir hulle: "Waarom is julle bang, kleingelowiges?" Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
MOENIE OORDEEL NIE:
(Matthéüs 7:1-6)
1. "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 
2. "Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word. 
3. "En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
4. "Of hoe sal jy vir jou broeder sê: 'Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk? 
5. "Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. 
6. "Moenie wat heilig is aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap, en omdraai en julle verskeur nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Joel Osteen Ministries for this very true and powerful statement. 


SERMON ON THE MOUNT: Jesus Forbids Oaths. / BERGPREDIKASIE: Jesus Verbied Eedswerings.

Tuesday 19 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 8:17)
In this way what was spoken by Isaiah the prophet was fulfillef: "He took our weaknesses and carried our diseases." 

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FORBIDS OATHS:
(Matthew 5:33-37)
33. "Again, you have heard that it was said to an older generation: 'Do not break an oath, but fulfill your vows to the Lord.'
34. "But I say to you, do not take oaths at all - not by heaven, because it is the throne of God,
35. "Not by earth, because it is His footstool, and not by Jerusalem, because it is the city of the great King.  
36. "Do not take an oath by your head, because you are not able to make one hair white or black. 
37. "Simply let your 'Yes be Yes,' and your 'No, No.' Anything beyond this comes from the evil one."

Dinsdag 19 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 8:17)
Sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet toe hy gesê het: "Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra."
  
BOODSKAP VAN DIE DAG:
JUSUS VERBIED EEDSWERINGE:
(Matthéüs 5:33-37)
33. "Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: 'Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.'
34. "Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie - nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
35. "Ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van Sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;
36. "Ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar swart of wit kan maak nie. 
37. "Maar laat julle woord wees: 'Ja, ja'; 'Nee, nee.' Wat meer as dit is, is uit die bose."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Matiana Navarez Baldera for the "OUR FATHER" text. Also thank you to Elna Le Hanie who posted it on Face Book. 
Let us also end it off reverently as it should be: For Yours is the Kingdom and the Power and the Glory. Forever. Amen. 
(Matthew 6:9-13) [New King James Version]  ~ {I fail to understand why some translations leave out the latter part.}  Glory to God!


THE WORKERS ARE FEW. / DIE WERKERS IS MIN.

Wednesday 3 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 21:22)
"If you believe, you will receive whatever you ask for in prayer."
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE WORKERS ARE FEW: 
(Matthew 9:35-38)
35. Jesus went through all the towns and villages, teaching in their synagogues, preaching the good news of the kingdom, and healing every kind of disease and sickness. 
36. When He saw the crowds, He had compassion on them, because they were harassed and helpless, like sheep without a shepherd. 
37. Then Jesus said to His disciples: "The harvest is plentiful, but the workers are few.
38. "Ask the Lord of the harvest therefore, to send out workers into His harvest field." 

Woensdag 3 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 21:22)
"En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE ARBEIDERS IS MIN:
(Matthéüs 5:35-38)
35. En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer, en die evangelie van die koninkryk verkondig, en elke siekte en kwaal onder die volk genees. 
36. En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was - soos skape wat geen herder het nie. 
37. Toe sê Hy vir Sy dissipels: "Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. 
38. "Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag uitstuur."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Elna Le Hanie for this powerful statement of faith, which she posted on Face Book. 
The illustration is excellent!

JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES. / JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT.

Thursday 4 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Isaiah 25:1)
O Lord, You are my God; I will exalt You and praise Your Name, for in perfect faithfulness You have done marvellous things, things planned long ago. 

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES:
(Matthew 10:5-13)
5. Jesus sent out the 'twelve', charging them: "Go nowhere among the Gentiles and do not go into any town of the Samaritans;
6. "But rather go to the lost sheep of the house of Israel. 
7. "And as you go, preach, saying: 'The kingdom of heaven is at hand!'
8. "Cure the sick, raise the dead, cleanse the lepers, drive out demons. Freely (without pay) you have received, freely (without charge) give. 
9. "Take no gold nor silver nor (even) copper money in your purses (belts);
10. "And do not take a provision bag or a wallet for a collection bag for your journey, nor two undergarments, nor sandals, nor a staff; for the workman deserves his support (his living, his food).
11. "And into whatever town or village you go, inquire who in it is deserving, and stay there (at his house) until you leave (that vicinity).
12. "As you go into that house, give your greetings and wish it well.  
13. "Then if indeed that house is deserving, let come upon it your peace (that is: freedom from all the distresses that are experienced as the result of sin). But if it is not deserving, let your peace return to you."

Donderdag 4 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jesaja 25:1)
Here, U is my God! U sal ek verhoog; U Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JUSUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT:
(Matthéüs 10:5-13)
5. Jesus het die 'twaalf' uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: "Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
6. "Maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. 
7. "En gaan preek en sê: 'Die koninkryk van die hemele het naby gekom.'
8. "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 
9. "Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie; 
10. "Geen reissak vir die pad, of twee kledingstukke of skoene of 'n stok nie, want die arbeider is sy voedsel werd.  
11. "En in watter stad julle ookal mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek. 
12. "En as julle die huis ingaan, groet dit;
13. "En as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na 
julle terugkeer."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to pastor Matthew Hagee of John Hagee Ministries, for this very powerful statement. 

JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES, Second section ... / JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT, Tweede gedeelte ..,

Friday 5 February 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Jeremiah 33:16)
In those days Judah shall be saved, and Jerusalem shall dwell safely. And this is the name by which it will be called: The Lord is our RIGHTEOUSNESS (our Rightness, our Justice).  

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS SENDS OUT THE TWELVE APOSTLES, Second section ...
(Matthew 10:14-26)
14. "And whoever will not receive and accept and welcome you, nor listen to your message, as you leave that house or town, shake the dust (of it) off your feet. 
15. "Truly I tell you, it shall be more tolerable on the day of judgement  for the land of Sodom and Gomorrah than for that town. 
16. "Behold, I Am sending you like sheep in the midst of wolves; be wary and wise as serpents, and be innocent (harmless, guileless, and without falsity) as doves. 
17. "Be on guard against men (whose way or nature is to act in opposition to God); for they will deliver you up to  councils and flog you in their synagogues,   
18. "And you will be brought before governors and kings for My sake, as a witness to bear testimony before them, and to the Gentiles (the nations).
19. "But when they deliver you up, do not be anxious about how or what you are to speak; for what you are to say will be given you in that very hour and moment. 
20. "For it is not you who are speaking, but the Spirit of your Father, speaking through you.  
21. "Brother will deliver up brother to death, and the father his child; and children will take a stand against their parents, and will have them put to death. 
22. "And you will be hated by all for My Name's sake, but he who perseveres and endures to the end, will be saved (from spiritual disease and death in the world to come).
23. "When they persecute you in one town, (that is, pursue you in a manner that would injure you and cause you to suffer because of your belief), flee to another town; for truly I tell you, you will not have gone through all the towns of Israel, before the Son of Man comes. 
24. "A disciple is not above his teacher, nor is a servant or slave above his master. 
25. "It is sufficient for the disciple to be like his teacher, and the servant or slave like his master. If they have called the master of the house Beelzebub (master of the dwelling), how much more will they speak evil of those of his household!
26. "So have no fear of them; for nothing is concealed that will not be revealed, or kept secret that will not become known."

Vrydag 5 Februarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jeremia 33:16)
In díé dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: die Here, ons GEREGTIGHEID. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS STUUR DIE TWAALF APOSTELS UIT, Tweede gedeelte ...  
(Matthéüs 10:14-26)
14. "En as iemand julle nie ontvang nie, en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. 
15. "Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad. 
16. "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. 
17. "Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. 
18. "En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil, tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene. 
19. "Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
20. "Want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. 
21. "Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 
22. "En julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 
23. "En wanneer hulle julle vervolg in  die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die Mens kom nie. 
24. "'n Leerling is nie bo die meester nie, en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie. 
25. "Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word, en die dienskneg soos sy heer. As hulle die die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
26. "Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to John Hagee Ministries for this true and powerful statement.