Monday 30 September 2013

WHERE THE SPIRIT OF THE LORD IS, THERE IS FREEDOM / WAAR DIE GEES VAN DIE HERE IS, DAAR IS VRYHEID.

30 September 2013. 
WHERE THE SPIRIT OF THE LORD IS, THERE IS FREEDOM:
1. English - (NIV Translation)
[2 Corinthians 3:17-18]
17. Now the Lord is the Spirit, and where the Spirit of the Lord is, there is freedom.
18. And we, who with unveiled faces all reflect the Lord's glory, are being transformed into His likeness with ever-increasing glory, which comes from the Lord, Who is the Spirit. 

WAAR DIE GEES VAN DIE HERE IS, DAAR IS VRYHEID:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[2 Korinthiërs 3:17-18]
17. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 
18. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 

      Photo taken with my cell phone. 
      Foto geneem met my selfoon. 

Saturday 28 September 2013

ANYONE WHO SPEAKS AGAINST THE HOLY SPIRIT / LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES.

29 September 2013. 
ANYONE WHO SPEAKS AGAINST THE HOLY SPIRIT:
1. English - (NIV Translation)
[Matthew 12:31-32]
31. JESUS SAID: "And so I tell you, every sin and blasphemy will be forgiven men, but the blasphemy against the Spirit will not be forgiven. 
32. "Anyone who speaks a word against the Son of Man will be forgiven, but anyone who speaks against the Holy Spirit will not be forgiven, either in this age or in the age to come."

LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Matthéüs 22:31-32]
31. "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. 
32. " En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die Mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, nie in hierdie eeu en ook nie in die toekomende nie."

    Photo by / Foto deur: Martin Heigan.

THE SPIRIT OF GOD, LIKE A DOVE / DIE GEES VAN GOD, SOOS 'N DUIF.

28 September 2013. 
THE SPIRIT OF GOD, LIKE A DOVE:
1. English - (NIV Translation)
[Matthew 3:16-17]
16. As soon as Jesus was baptised, He went up out of the water. At that moment heaven was opened, and He saw the Spirit of God descending like a dove and lighting on Him. 
17. And a voice from heaven said: "This is My Son, Whom I love; with Him I Am well pleased."

DIE GEES VAN GOD - SOOS 'N DUIF:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Matthéüs 3:16-17]
16. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop,
en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. 
17. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: "Dit is My geliefde Seun in Wie Ek 'n welbehae het."

    Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 

Friday 27 September 2013

WE ARE TEMPLES OF GOD / ONS IS TEMPELS VAN GOD.

27 September 2013. 
WE ARE TEMPLES OF GOD:
1. English - (NIV Translation)
[1 Corinthians 3:16-17]
16. Don't you know that you yourselves are God's temple and that God's Spirit lives in you?
17. Of anyone destroys God's temple, God will destroy him; for God's temple is sacred, and you are that temple. 

ONS IS TEMPELS VAN GOD:
2. Afrikaans - (OuAfrikaanse Vertaling)
[1 Korinthiërs 3:16,17]
16. Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is, en die Gees van God in julle woon nie?
17. As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle. 
  
     Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 


    




Thursday 26 September 2013

THE HOLY SPIRIT OF GOD / DIE HEILIGE GEES VAN GOD.

26 September 2013
THE HOLY SPIRIT OF GOD:
1. English - (Amplified Bible Version)
[1 Corinthians 2:10-12]
10. Yet to us God Has unveiled and revealed them by and through His Spirit, for the (Holy) Spirit searches diligently, exploring and examining everything, even sounding the profound and bottomless things of God (devine counsels and things hidden and beyond man's scrutiny).
11. For what person perceives (knows and understands) what passes through a man's thoughts except the man's own spirit within him? Just so no one discerns  (comes to know and comprehend) the thougts of God except the Spirit of God. 
12. Now we have not received the spirit (that belongs to) the world, but the (Holy) Spirit Who is from God, (given to us) that we might realize and comprehend and appreciate the gifts (of divine favour and blessing so freely and lavishly) bestowed on us by God. 

2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[1 Korintiërs 2:10-12]
10. Maar God het dit aan ons deur Sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 
11. Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 
12. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 

Photo by / Foto deur: Martin Heigan

Wednesday 25 September 2013

THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT / DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES.

25 September 2013. 
THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT:
Part 4.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:31]
"But (satan is coming and) I do as the Father Has commanded Me, so that the world may know (be convinced) that I love the Father and that I do only what the Father has instructed Me to do. (I act in full agreement with His orders).
Rise, let us go away from here." 
[Isaiah 63:10-11]
10. But they rebelled and grieved His Holy Spirit; therefore He turned to become their enemy and Himself fought against them.  
11. Then His people (seriously) remembered the days of old, of Moses and his people (and they said): "Where is He Who brought (our fathers) up out of the (Red) Sea, with (Moses and the other)  shepherds of His flock? Where is He Who put His Holy Spirit within their midst?"

DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES:
Gedeelte 4.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:31]
"Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het - staan op, laat ons hiervandaan weggaan."
[Jesaja 63:10-11]
10. Maar hulle was wederstrewig en het Sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in 'n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry. 
11. Toe het Sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van Sy kudde? Waar is Hy wat Sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 

Monday 23 September 2013

THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT / DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES.

23 September 2013.
THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT:
Part 3.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:29-30]
29. "And now I have told you (this) before it occurs, so that when it does take place you may believe and have faith in and rely on Me.
30. "I will not talk with you much more, for the prince (evil genius, ruler) of the world is coming. And he has no claim on Me. (He has nothing in common with Me; there is nothing in Me that belongs to him, and he has no power over Me.)"
[Galatians 4:6-7]
6. "And because you (really) are (His) sons, God has sent the (Holy) Spirit of His Son into our hearts, crying; 'Abba (Father)! Father!'
7. "Therefore you are no longer a slave (bond servant) but a son; and if a son, then, (it follows that you are) an heir by the aid of God, through Christ."

DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES:
Gedeelte 3.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:29-30]
29. "En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle dit kan glo wanneer dit gebeur. 
30. "Ek sal nie veel meer met julle spreek nie( want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie."
[Galasiërs 4:6-7]
6. "En omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: 'Abba, Vader!'
7. "Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus."


Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 



Sunday 22 September 2013

THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT / DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES

Due to unforseen circumstances I had to go away for a few days, but God willing and by His grace I will continue with my daily "Blog" now, to the best of my ability.

22 September 2013. 
THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT:
Part 2. 
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14-25-26]
25. "I have told you these things while I Am still with you. 
26. "But the Comforter (Counselor, Helper, Intercessor, Advocate, Strengthener, Standby), the Holy Spirit, Whom the Father will send in My Name (in My place, to represent Me, and act on My behalf.) He will teach you all things. And He will cause you to recall (will remind you of, bring to your remembrance) everything I have told you."
[1 Thessalonians 5:19]
Do not quench (suppress or subdue) the (Holy) Spirit. 
God willing and by His grace, part 3 will follow tomorrow.  

As gevolg van onvoorsiene omstandighede, moes ek weggaan vir 'n paar dae, maar as God wil en deur Sy genade sal ek nou voortgaan met my daaglikse "blog" tot die beste van my vermoë. 

DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES:
Gedeelte 2.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:25-26]
25. "Dit het Ek tot julle gespreek, terwyl Ek by julle bly;
26. "Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."
[1 Thessalonisense 5:19]
Blus die Gees nie uit nie. 
As God wil, en deur Sy genade, sal gedeelte 3 môre volg. 


Photo by / Foto deur: Martin Heigan.


Tuesday 17 September 2013

THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT / DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES.

17 September 2013.
THE COMFORTER, THE HOLY SPIRIT: 
Part 1.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:15-18]
15. If you (really) love Me, you will keep (obey) My commandments. 
16. And I will ask the Father, and He will give you another Comforter (Counselor, Helper, Intercessor, Advocate, Strengthener and Standby), that He may stay with you forever- 
17. The Spirit of Truth, Whom the world cannot receive (welcome, take to its heart), because it does not see Him or know or recognize Him. But you know and recognize Him, for He lives with you (constantly) and will be in you. 
18. I will not leave you as orphans (comfortless, desolate, bereaved, forlorn and helpless); I will come (back) to you. 
[Psalm 51:10-11]
10. Create in me a clean heart O God, and renew a right. persevering and steadfast Spirit within me. 
11. Cast Me not away from Your presence and take not Your Holy Spirit from me. 
Part 2 will follow tomorrow.

DIE TROOSTER, DIE HEILIGE GEES: 
Gedeelte 1.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:15-18]
15. As julle My liefhet, bewaar My gebooie. 
16. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid;
17. Die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle sal bly en in julle sal wees.
18. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 
[Psalm 51:12-13]
12. Skep vir my 'n rein hart o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste Gees. 
13. Verwerp my nie van U aangesig nie, en neem U Heilige Gees nie van my weg nie. 
Gedeelte 2 volg môre,

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 



Monday 16 September 2013

JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM / JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM

16 September 2013. 
JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM:
Part 5.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:22-24]
22. Judas, not Iscariot, asked Him: "Lord, how is it that You will reveal Yourself (make Yourself real) to us, and not to the world?"
23. Jesus answered: "If a person (really) loves Me, he will keep My Word (obey My teaching); and My Father will love him, and We will come to him and make our home (abode, special dwelling place) with him. 
24. "Anyone who does not (really) love Me, does not observe and obey My teaching. And the teaching which you hear and heed is not Mine, but (comes) from the Father Who sent Me."

JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM:
Gedeelte 5.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:22-24]
22. Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: " Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?"
23. Jesus antwoord en sê vir hom: "As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na Hom toe kom en by hom woning maak.
24. "Hy wat My nie liefhet nie, bewaar My Woorde nie; en die Woord wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het."

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 



Saturday 14 September 2013

JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM / JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM.

15 September 2013. 
JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM:
Part 4.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:19-21]
19: "Just a little while now, and the world will not see Me anymore, but you will see Me; because I live, you will live also. 
20. "At that time (when that day comes) you will know (for yourselves) that I Am in the Father, and you (are) in Me, and I (Am) in you. 
21. "The person who has My commands and keeps them, is the one who (really) loves Me; and whoever (really) loves Me will be loved by My Father, and I (too) will love him and will show (reveal, manifest) Myself to him (I will let Myself be clearly seen by him and make Myself real to him.)"
(Part 5 will follow on Monday 16 September 2013.)

JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM:
Gedeelte 4.
2. Afrikaans (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:19-21]
19. "Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. 
20. "In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is, en julle in My, en Ek in julle. 
21. "Wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet,
hóm sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar."
(Gedeelte 5 sal volg op Maandag 16 September 2013)

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 



JESUS IS IN THE FATHER AND FATHER IN HIM / JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM.

14 September 2013.
JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM:
Part 3.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:12-14]
12. "I assure you, most solemnly I tell you, of anyone steadfastly believes in Me, he will himself be able to do the things that I do; and he will do even greater things than these, because I go to the Father. 
13. "And I will do (I Myself will grant) whatever you ask in My Name (as presenting all that I Am) so that the Father may be glorified and extolled in (through) the Son. 
14. "(Yes) I will grant (I Myself will do for you) whatever you shall ask in My Name (as presenting all that I Am)."

JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM:
Gedeelte 3.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:12-14]
12. "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader gaan. 
13. "En wat julle ookal in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik mag word. 
14. "As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen."

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 

Thursday 12 September 2013

JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM / JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM.

13 September 2013. 
JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM:
Part 2.
1. English - (Amplified Bible Version)
 [John 14:10-11]
10. "Do you not believe that I Am in the Father, and the Father is in Me? What I Am telling you I do not say on My own authority and of My own accord; but the Father Who lives continually in Me does the (His) works (His own miracles, deeds of power).
11. "Believe Me that I Am in the Father, and the Father in Me; or else believe Me for the sake of the (very) works themselves. (If you cannot trust Me, at least let these works that I do in My Father's Name convince you.")
Part 3 will follow tomorrow, 14 September. 

JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM:
Gedeelte 2.
2. Afrikaans (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:10-11]
10. "Glo jy nie dat Ek in die Vader is, en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
11. "Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self."
Gedeelte 3 sal môre, 14 September volg. 

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 

JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM / JESUS IS IN DIE VADER EN DIE VADER IN HOM.

12 September 2013. 
JESUS IS IN THE FATHER AND THE FATHER IN HIM: 
Part 1.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:7-9]
7. "If you had known Me (had learned to recognize Me), you would also have known My Father. From now on, you know Him and have seen Him."
8. Philip said to Him: "Lord, show us the Father (cause us to see the Father - that is all we ask); then we shall be satisfied."
9. Jesus replied: "Have I been with all of you for so long a time, and do you not recognize and know Me yet, Philip? Anyone who has seen Me has seen the Father. How can you say then: 'Show us the Father'."
Part 2 will follow tomorrow,13 September. 

2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:7-9]
7. "As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien."
8. Filippus sê vir Hom: "Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg."
9. Jesus sê vir hom: "Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: 'Toon ons die Vader'."
Gedeelte 2 sal môre, 13 September volg. 

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 



Wednesday 11 September 2013

JESUS WILL PREPARE A DWELLING PLACE FOR US / JESUS SAL VIR ONS 'N WOONPLEK VOORBEREI.

11 September 2013. 
JESUS WILL PREPARE A DWELLING PLACE FOR US:
Part 2.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:4-6]
4. "And (to the place) where I Am going, you know the way."
5. Thomas said to Him: "Lord, we do not know where You are going, so how can we know the way?"
6. Jesus said to him: "I Am the Way and the Truth and the Life; no one comes to the Father except by (through) Me."

JESUS SAL VIR ONS 'N WOONPLEK VOORBEREI:
Gedeelte 2.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:4-6]
4. "En waar Ek heengaan weet julle en die weg ken julle."
5. Thomas sê vir Hom: "Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?"
6. Jesus antwoord hom: "Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."

Photo by / Foto deur: Martin Heigan.

Tuesday 10 September 2013

JESUS WILL PREPARE A DWELLING PLACE FOR US / JESUS SAL VIR ONS 'N WOONPLEK VOORBEREI.

10 September 2013.
JESUS WILL PREPARE A DWELLING PLACE FOR US:
Part 1.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 14:1-3]
1. "Do not let your hearts be troubled (distressed, agitated). You believe in and adhere to and trust in and rely on God; believe in and adhere to and trust in and rely also on Me. 
2. "In My Father's house there are many dwelling places (homes). If it were not so I would have told you; for I Am going away to prepare a place for you. 
3. "And when (if) I go and make ready a place for you, I will come back again, and will take you to Myself, that where I Am you may be also."
(God willing, part 2 will follow tomorrow, 11 September.)

JESUS SAL VIR ONS 'N TUISTE VOORBEREI:
Gedeelte 1.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 14:1-3]
1. "Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
2. "In die huis van My Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 
3. "En as Ek gegaan het en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is."
(As die Here wil, sal gedeelte 2 môre, 11 September volg.)

PHOTO BY / FOTO DEUR: Martin Heigan

Monday 9 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE ( THE HOLY ONE OF GOD, THE CHRIST, THE ANOINTED SON OF THE LIVING GOD.) JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE (DIE HEILIGE SEUN VAN GOD, DIE CHRISTUS, DIE GESALFDE SEUN VAN DIE LEWENDE GOD.)

9 September 2013. 
JESUS, THE BREAD OF LIFE: 
Part 10.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:70-71]
70. Jesus answered them: "Did I not choose you, the Twelve? And (yet) one of you is a devil (of the evil one and a false accuser".)
71. He was speaking of Judas, the son of Simon Iscariot, for he was about to betray Him, (although) he was one of the Twelve. 
(This will conclude "Jesus, the Bread of Life.")

JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 10.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:70-71]
70. Jesus antwoord hulle: "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!"
71. En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was. 
(Dit sal nou "Jesus, die Brood van die Lewe" beëindig.)

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 



Saturday 7 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE / JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE.

Sunday, 8 September 2013. 
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 9.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:67-69]
67. Jesus said to the Twelve: "Will you also go away? (Do you too desire to leave Me?")
68. Simon Peter answered: "Lord, to whom shall we go? You have the Words (the Message) of eternal life. 
69. "And we have learned to believe and trust, and (more) we have come to know (surely) that You are the Holy One of God, the Christ (the Anointed One), the Son of the Living God. 
(Part 10 will follow on Monday, 9 September 2013).

Sondag, 8 September 2013. 
JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 9.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:67-69]
67. Toe sê Jesus vir die twaalf: "Wil julle nie ook weggaan nie?"
68. En Simon Petrus antwoord Hom: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die Woorde van die ewige lewe. 
69. "En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God."
(Gedeelte 10 sal volg op Maandag, 9 September 2013).

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 





JESUS, THE BREAD OF LIFE / JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE.

7 September 2013
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 8.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:63-66]
63. "It is the Spirit Who gives life (He is the Life-Giver); the flesh conveys no benefit whatever (there is no profit in it). The words (truths) that I have been speaking to you, are Spirit and Life. 
64. "But (still) some of you fail to believe and trust and have faith." For Jesus knew from the first who did not believe and had no faith, and who would betray Him and be false to Him. 
65.And He said: "This is why I told you that no one can come to Me unless it is granted him (unless he is enabled to do so) by the Father."
66. After this, many of His disciples drew back (returned to their old associations) and no longer accompanied Him. 
(Part 9 will follow tomorrow)

JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 8.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:63-66]
63. "Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek is Gees en Lewe. 
64. "Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie." Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
65. En Hy sê: "Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur My Vader gegee is nie."
66. Hieroor het baie van Sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom  gewandel nie. 
(Gedeelte 9 sal môre volg)

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 


Friday 6 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE / JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE.

6 September 2013. 
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 7.
1. English (Amplified Bible Version)
[John 6:60-62]
60. When His disciples heard this, many of them said: "This is a hard and difficult and strange saying (an offensive and unbearable message). Who can stand to hear it? (Who can be expected to listen to such teaching?)"
61. But Jesus, knowing within Himself that His disciples were complaining and protesting and grumbling about it, said to them: "Is this a stumbling block and offense to you? (Does this upset and displease and shock and scandalize you?)"
62. "What then (will be your reaction) if you should see the Son of Man ascending to (the place) where He was before?"
Part 8 will follow tomorrow. 

JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 7. 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:60-62{
60. En baie van Sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: "Hierdie woorde is hard, wie kan daarna luister?"
61. En Jesus het in Homself geweet dat Sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: "Is dit julle tot 'n aanstoot?
62. "Hoe dan as julle die Seun van die Mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?"
Gedeelte 8 volg môre. 

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 

Thursday 5 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE / JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE.

5 September 2013
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 6.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:56-59]
56. "He who feeds on My flesh and drinks My blood, dwells continually in Me, and I [in like manner dwell continually] in him. 
57. "Just as the living Father sent Me and I Iive by [through, because of] the Father, even so whoever continues to feed on Me [whoever takes Me for his food and is nourished by Me] shall [in his turn] live through and because of Me. 
58. "This is the Bread that came down from heaven. It is not like the manna which your forefathers ate, and yet died; he who takes this Bread for his food shall live forever."
59. He said these things in a synagogue while He was teaching at Capernaum. 
Part 7 will follow tomorrow. 

JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 6. 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:56-59]
56. "Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom. 
57. "Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. 
58. "Dit is die Brood wat uit die hemel neergedaal het - nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie Brood eet, sal tot in ewigheid lewe."
59. Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het. 
Gedeelte 7 sal môre volg. 

Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 


Wednesday 4 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE / JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE.

4 September 2013.
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 5.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:53-55]
53. And Jesus said to them: "I assure you, most solemnly I tell you, you cannot have any life in you unless you eat the flesh of the Son of Man, and drink His blood (unless you appropriate His life and the saving merit of His blood).
54. "For who feeds on My flesh and drinks My blood has (possesses now) eternal life, and I will raise him up (from the dead) on the last day. 
55. "For my flesh is true and genuine food, and My blood is true and genuine drink."
(Part 6 will follow tomorrow)

JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 5. 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:53-55]
53. En Jesus sê vir hulle: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle: as julle nie die vlees van die Seun van die Mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. 
54. "Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 
55, "Want My vlees is waarlik spys, en My bloed is waarlik drank."
(Gedeelte 6 sal môre volg)

Photo by / Foto deur: Martin Heigan


Tuesday 3 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE / Part 4. JESUS DIE BROOD VAN DIE LEWE, Gedeelte 4.

3 September 2013. 
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 4.
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:51-52]
51."I (Myself) Am the Living Bread that came down from heaven. If anyone eats of this Bread, he will live forever; and also the Bread that I shall give for the life of the world is My flesh (body)."
52. Then the Jews angrily contended with one another, saying: "How is He able to give us His flesh to eat?"
Part 5 will follow tomorrow. 

JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE:
Gedeelte 4.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:51-52)
51. "Ek is die Lewende Brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie Brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die Brood wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee."
52. Die Jode het toe onder mekaar gestry en gesê: "Hoe kan Hy ons Sy vlees gee om te eet?"
Gedeelte 5 sal môre volg. 

Photo by / Foto deur:  Martin Heigan. 

Sunday 1 September 2013

JESUS, THE BREAD OF LIFE / JESUS, DIE BROOD VAN DIE LEWE.

2 September 2013
JESUS, THE BREAD OF LIFE:
Part 3. 
1. English - (Amplified Bible Version)
[John 6:47-50]
47. "I assure you, most solemnly I tell you, he who believes in Me (who adheres to, trusts in, relies on, and has faith in Me), has (now possesses) eternal life. 
48. "I Am the Bread of Life (that gives life - the Living Bread).
49. "Your forefathers ate the manna in the wilderness, and (yet) they died. 
50. "(But) this is the Bread that comes down from heaven, so that any(one) may eat of it and never die. 
Part 4 will follow on 3 September. 

2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Johannes 6:47-50]
47. "Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. 
48. "Ek is die Brood van die Lewe. 
49. "Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. 
50. "Dit is die Brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie."
Gedeelte 4 sal volg op 3 September. 

Photo by / Foto deur: Martin Heigan.