Wednesday 27 August 2014

FAITH / GELOOF.

Wednesday 27 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Zephaniah 2:3]
Seek the Lord (inquire for Him, inquire of Him, and require Him as the foremost necessity of your life), all you humble of the land who have acted in compliance with His revealed will and have kept His commandments: seek righteousness, seek humility, (inquire for them, require them as vital). It may be you will be hidden in the day of the Lord's anger. 

MESSAGE OF THE DAY:
FAITH:
1. - (Amplified Bible Version)
[Hebrews 11:1-3]
1. Now faith is the assurance (the confirmation, the title deed) of the things (we) hope for, being the proof of things (we) do not see, and the conviction of their reality (faith perceiving as real fact what is not revealed to the senses).
2. For by (faith - trust and holy ferver born of faith) the men of old had divine testimony borne to them, and obtained a good report. 
3. By faith we understand that the worlds (during their successive ages) were framed (fashioned, put in order, and equiped for their intended purpose) by the Word of God, so that what we see was not made out of things which are visible. 

Woensdag 27 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Sefánja 2:3]
Soek die Here, o alle ootmoediges van die land, wat Sy ordeninge onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid - miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die Here

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GELOOF:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Hebreërs 11:1-3]
1. Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 
2. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. 
3. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die Woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. 
  Photo kindly supplied by Rosan Marais. 

Tuesday 26 August 2014

FAITH CONTD.... / GELOOF VERVOLG....

Tuesday 26 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Malachi 3:17-18]
17. "And they shall be Mine," says the Lord of hosts, "In that day when I publicly recognize and openly declare them to be My jewels, (My special possession, My peculiar treasure.) And I will spare them, as a man spares his own son who serves him.
18. "Then shall you return and discern between the righteous and the wicked, between him who serves God, and him who does not serve Him."

MESSAGE OF THE DAY:
FAITH: (Galatians)
('Holy Bible', with personal commentary by Oral Roberts.)

In Galatians 3;10 Paul says that those under the "Law of Moses," were still under the curse. But now Christ, by hanging on the cross, Has redeemed us from the law's curse - so that the "blessing of Abraham" may be on us. By Abraham's faith, God gave him the blessing: "I will BLESS you, and I will MAKE you a BLESSING." 
In Hebrews 6:13-14 the New Covenant writer tells us that the blessing of Abraham is ours today: "Surely, blessing I will bless you, and multiplying I will multiply you."
Abraham's faith brought the "Blessing of God." That same faith was put into the Law of Moses - (see Hebrews 11), and through it the Law of Moses came into being to show the children of Israel: (1) A sense of their sin and their need of God, and (2) faith for a Redeemer to come. At its best, this is what the Law of Moses did; and through it those of faith started looking for the Messiah. It was this remnant, among them Mary, who brought Christ the REDEEMER to us, to die on the cross and REDEEM us from sin..... And to live in CHRIST, our Saviour and Lord.   
This is what Paul's letter to the Galatians is all about. We are to have faith in Christ's atoning work on Calvary and then by the "hearing of faith," enter into the life of Christ ... and to grow in it!

Dinsdag 26 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Maleagi 3:17-18]
17. "En hulle sal My tot eiendom wees," sê die Here van die leërskare: "Op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelye hê soos 'n man wat wat medelye het met sy seun wat hom dien
18. "Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GELOOF. (Galasiërs)
('Holy Bible,' met persoonlike kommentaar deur Oral Roberts.) 

In Galasiërs 3:10 sê Paulus dat diegene wat onder die "Wet van Moses" was, nog onder die vloek is. 
Maar nou, deurdat Christus aan die kruishout gehang het, het Hy ons vrygemaak van die "vloek van die wet," sodat die "seën van Abraham" na ons toe kan kom. 
Deur Abraham se geloof het God hom geseën: "Ek sal jou SEËN, en ek SAL JOU 'n SEËN maak."
In Hebreërs 6:13 & 14, vertel die Nuwe Testament skrywer ons dat die seën van Abraham vandag aan ons behoort. 
"Wees verseker dat Ek jou sal seën en dat Ek jou sal vermeerder."
Abraham se geloof het die seën van God tot gevolg gehad. 
Dieselfe geloof is in die Wet van Moses ingebring - (Lees Hebreërs 11) Om aan die kinders van Israel te toon: (1) 'n bewuswording van hulle sondes, en 'n besef dat hulle God in hulle lewens nodig het, en (2) geloof dat 'n Verlosser sal kom. Dit is wat deur die "Wet van Moses," teweeg gebring is, en daarvolgens het die gelowiges begin uitsien na 'n Verlosser. 
Dit is deur hierdie oorblysel, waaronder ook Maria, dat Christus na ons gebring is, om ons te verlos deur aan die kruishout te sterf en ons van ons sondes te verlos... En om IN Christus te leef, ons Verlosser en God. 
Dit is waaroor Paulus se brief aan die Galasiërs gaan. Om bewus te word van Christus se boetedoening en versoening aan die kruis, sodat ons deur die "aanhoor van die geloof," Één met Hom kan word,....en in ons verhouding met Hom te groei. 



Sunday 24 August 2014

FAITH / GELOOF.

Weekend 23 & 24 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[1 Timothy 6:12]
Fight the good fight of faith, lay hold of ETERNAL LIFE to which you were summoned and (for which) you confessed the good confession (of faith) before many witnesses. 

MESSAGE OF THE DAY: 
FAITH:
The Holy Spirit led me to first take another look at "faith" before I continue. It is important to understand what you read, and to accept it in and by faith. 

"The Holy Bible with Personal Commentary by Oral Roberts."

In Romans 10:17 the apostle Paul says that our "FAITH comes by hearing, and hearing by the Word of God." 
Paul asks the Galatians who are tempted by Judaizers to go back and trust their lives to God through doing the works of the law: "Did you receive the Holy Spirit by the works of the law, or by the hearing of faith?"
In Galations 3:5 Paul asks the Galations: "Were the miracles done among you by the works of the law, or by the hearing of faith?"
The answer is that the Holy Spirit is received by the HEARING OF FAITH, and so are the miracles of Christ done in and through us, by the HEARING OF FAITH. 
FAITH IN CHRIST BY HIS DEATH ON THE CROSS and HIS RESURRECTION is the Divine force by which the Spirit enters us, and by which we do miracles to set men free from sin, disease, demons, fear and poverty. 
NOT by the outward observances of the Law of Moses. OUR FAITH IS THE KEY! 
BEFORE the Law of Moses was the "Faith of Abraham," out of which came the 'Covenant', from which came the Law of Moses over 400 years later. The faith of Abraham, is where it all begins. 
Paul says that Abraham's believing of God, was counted to him as righteousness (in right standing with God.) That is: his faith covered him with God's righteousness - and made him as though he had never sinned! Then he says that those which are of faith, "are the children of Abraham," - and that includes those in Christ! - (us). We go back to the faith of Abraham, and our faith is what brings Christ to live in us. 

Naweek 23 & 24 Augustus 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Timotheüs 6:12]
Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die EWIGE LEWE, waartoe jy ook geroep is, en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GELOOF:
Die Heilige Gees het my gelei om eers weer te kyk na geloof, voordat ek verder gaan. Dit is belangrik om te verstaan wat ons lees, en dit in en deur geloof te aanvaar. 

"Die 'Holy Bible' met persoonlike kommentaar deur Oral Roberts."

In Romeine 10:17 sê die apostel Paulus: Die "GELOOF is deur die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God."
Paulus vra die Galasiërs of hulle nadat hulle getempteer is deur die Judaïste of hulle nou weer wil terugkeer na die werke van die wet om hulle lewens aan God toe te vertrou, of deur die Heilige Gees. Hy vra dan ook: "Het julle die Helige Gees ontvang deur die werke van die wet, of deur die aanhoor van die geloof?"
In Galasiërs 3:5 vra Paulus "Was die wonderwerke wat onder julle gedoen is, deur die werke van die wet, of was dit uit die aanhoor van die geloof?"
Die antwoord is dat die Heilige Gees uitgestort is deur die AANHOOR VAN DIE GELOOF, en dat die wonderwerke van Christus wat gedoen is binne en deur hulle, gedoen was as gevolg van die aanhoor van die geloof.  
GELOOF IN CHRISTUS BY SY DOOD AAN DIE KRUIS, EN SY OPSTANDING, is die Goddelike Krag waardeur die Gees in ons kom woon. Daardeur het ons die krag om mense te help om hulle vry te maak van sonde, krankheid, demone, vreesagtigheid en armoede. 
Dit is dus nie as gevolg van die bestudering van die Wet van Moses nie, maar ONS GELOOF IS DIE SLEUTEL!
Voor die Wet van Moses, was dit die "Geloof van Abraham" waaruit ontstaan het die 'Verbond,' en daaruit het die wet van Moses ontstaan, oor die 400 jaar later. Die 'Geloof van Abraham,' is waar alles begin het. 
Paulus sê omdat Abraham God geglo het, is dit hom toegereken as geregtigheid (in korrekte verhouding tot God), in kort: God se geregtigheid het Abraham bedek, en tot gevolg gehad dat dit was asof Abraham nooit gesondig het nie! Daarom sê hy dan ook: diegene wat in die 'GELOOF' is, sal "kinders van Abraham" genoem word. Dit sluit ook in, ons wat 'in' Christus is - (ons). 
Dit bring ons terug na die "Geloof van Abraham," en deur die geloof bly Jesus binne in ons! 
Photo kindly supplied by Martin Heigan


  

Wednesday 20 August 2014

DANIEL'S PROPHECY (Part 2) / DANIËL SE PROFESIE (Deel 2).

Wednesday 20 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 91:1-2]
1. He who dwells in the secret place of the Most High shall remain stable and fixed under the shadow of the Almighty, (Whose power no foe can withstand).
2. And I will say of the the Lord: "He is my Refuge and my Fortress, my God; on Him I lean and rely, and in Him I (confidently) trust. 

MESSAGE OF THE DAY:
DANIEL'S PROPHECY - Part 2. 
2. English - (Amplified Bible Version)
[Daniel 12:7-13]
7. "And I heard the man clothed in linen, who was above the waters of the river, when he held up his left and his right hand towards the heaven and swore by Him Who lives forever, that it shall be for a time, times, and a half a time (or three and one-half years); and when they have made an end of shattering and crushing the power of the holy people, all these things shall be finished. 
8. "And I heard, but did not understand. Then I said: 'O my Lord, what shall be the issue and final end of these things?'
9. "And he (the angel) said: 'Go your way Daniel, for the words are shut up and sealed till the time of the end. 
10. 'Many shall purify themselves and make themselves white and be tried, smelted and refined, but the wicked shall do wickedly. And none of the wicked shall understand, but the teachers and those who are wise, shall understand.  
11. 'And from the time that the continual burnt offering is taken away and the abomination that makes desolate is set up, there shall be 1,290 days. 
12. 'Blessed, happy, fortunate, spiritually prosperous, and to be envied is he who waits expectantly and earnestly (who endures without wavering beyond the period of tribulation) and comes to the 1,335 days!
13. 'But you (Daniel, who was now over ninety years of age), go your way until the end; for you shall rest and shall stand (fast) in your alotted place at the end of the days.'" (Hebrews 11:32-40)   

Woensdag 20 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 91:1]
1. Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. 
2. Ek sal tot die Here sê: "My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DANIËL SE PROFESIE - Deel 2.
[Daniël 12:7-13]
7. "Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef, en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.  
8. "En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: 'My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?'
9. "En hy het gesê: 'Gaan heen Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. 
10. 'Baie sal gereinig, en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. 
11. 'En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (1,290)
12. 'Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend-drie-honderd-vyf-en-dertig dae bereik. (1,335)
13. 'En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus, en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.'"
     Photo kindly supplied by Eddie Fruin. 

Monday 18 August 2014

DANIEL'S PROPHECY OF THE END TIME / DANIËL SE PROFESIE VAN DIE EINDTYD.

Monday 18 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Galations 3:13-14]
13. Christ purchased our freedom (redeeming us) from the curse (doom) of the Law (and its condemnation) by (Himself) becoming a curse for us; (for it is written in the Scriptures): "Cursed is everyone who hangs on a tree;" (is crucified). [Deuteronomy 31:23 - ("For he that is hanged is accursed of God.")]
14. That the blessing of Abraham might come upon the Gentiles, (us) through Jesus Christ; that we might receive the promise of the Spirit through faith.

MESSAGE OF THE DAY:
DANIEL'S PROPHECY OF THE END TIME:  
(Part 1).
1. English - (Amplified Bible Version)
[Daniel 12:1-6]
1. "And at that time (of the end) Michael shall arise, the great (angel) prince who defends and has charge over the sons of your (Daniel's) people. And there shall be a time of trouble, straitness and distress, such, as there never was since there was a nation, even to that time. But at that time, your people shall be delivered, every one whose name shall be found written in the Book of Life (of  God's plan for His own).
2. "And many of those who sleep in the dust of the earth shall awake: some to everlasting life, and some to shame and everlasting contempt and abhorrence. (John 5:29)
3. "And the teachers of those who are wise shall shine like the brightness of the firmament, and those who turn many to righteousness, (to uprightness and right standing with God), [shall give forth light], like the stars forever and ever. 
{Matthew 13:43 -- Then will the righteous (those who are upright and in right standing with God) shine forth like the sun in the kingdom of their Father.}
4. "But you, O Daniel, shut up the words, and seal the Book until the time of the end. (Then), many shall run to and fro and search anxiously (through the Book), and knowledge (of God's purposes as revealed by His prophets) shall be increased and become great."
5. Then I Daniel, looked and behold: there stood two others, one on THIS riverbank and the other on THAT riverbank. 
6. And one said to the man clothed in linen, Who was above the waters of the river. "How long shall the fulfillment of these wonders be?"

Maandag 17 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Galasiërs 3:13-14]
13. Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word - want daar is geskrywe: "Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang - (gekruisig word)"
14. Sodat die seën van Abraham na die heidene (ons) kan kom in Christus Jesus, en ons die beloftes van die Gees deur die geloof kan ontvang. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DANIËL SE PROFESIE VAN DIE EINDTYD:
(Deel 1).
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling) 
[Daniël 12:1-6]
1. "En in dié tyd sal Migael, die groot (engel) vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die 'Boek van die Lewe' opgeskrywe staan. (Volgens God se plan). 
2. "En baie wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. 
3. "En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat tot regverdigheid lei, soos die sterre, vir ewig en altoos. 
4. "En jy Daniël, hou die woorde geheim en verseël die Boek, tot die tyd van die einde toe; baie sal dit navors en deursoek, en die kennis daaromtrent sal vermeerder."
5. En ek Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een DUSKANT op die wal van die rivier, en die ander een OORKANT op die wal van die rivier
6. En die een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: "Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?"

Sunday 17 August 2014

WORD OF THE DAY / WOORD VAN DIE DAG.

Weekend 16 & 17 August 2014.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 37:25-26]
25. I was young and now I am old, yet I have never seen the righteous forsaken or their children begging bread. 
26. They are always generous and lend freely; their children will be blessed. 

Naweek 16 & 17 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 37:25-26]
25. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. 
26. Die hele dag ontferm hy hom en deel uit, en sy nageslag is 'n seën. 

(I will soon [DV] be sharing the WORD with you again).
(Ek sal [DV] spoedig die WOORD verder met u deel)




 

Wednesday 13 August 2014

WORD OF THE DAY / WOORD VAN DIE DAG.

Wednesday and Thursday 13 & 14 August 2014.
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 54:13-17]
13. "All your children shall be taught by the Lord, and great shall be the peace of your children. 
14. "In righteousness you shall be established; you shall be far from oppression, for you shall not fear; and from terror, for it shall not come near you. 
15. "Indeed they assemble, - but not because of Me. Whoever assembles against you, shall fall for your sake. 
16 "Behold, I have created the blacksmith who blows the coals into fire, who brings forth an instrument for his work; and I have created the spoiler to destroy. 
17. "No weapon formed against you shall prosper, and every tongue which rises up against you in judgement, you shall condemn. This is the heritage of the servants of the Lord, and their righteousness is from Me," says the Lord.

Woensdag en Donderdag 13 & 14 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Jesaja 54:13-17]
13. "En al jou kinders sal deur die Here geleer word, en die vrede van jou kinders sal groot wees. 
14. "Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukkkng, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikkkng, want dit sal nie naby jou kom nie. 
15. "As hulle ook die aanval begin - dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val. 
16. "Kyk, Ek het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ek die verderwer geskape om te verniel. 
17. "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is," spreek die Here. 
    Insert kindly supplied by John Hagee
    Ministries. 



Tuesday 12 August 2014

THE REVELATION OF JESUS CHRIST / DIE OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS.

Tuesday 12 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 53:5]
But He was wounded for our transgressions, He was bruised for our iniquities; the chastisement of our peace was upon Him, and by His stripes we are healed. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE REVELATION OF JESUS CHRIST:
Part 1.
Oral Roberts summed it up as follows:
REVELATION: In this marvellous book, Jesus Christ is revealed as the King of kings and the Lord of lords. Jesus is LORD, and we who believe Him, WIN!

[Revelation 1:1-3]
1. The revelation of Jesus Christ, which God gave Him, to show His servants - things that must shortly take place. And He sent and signified it by His angel, to His servant John,
2. who bore witness to the Word of God, and to the testimony of Jesus Christ, and to all things that he saw. (On the Island of Patmos).
3. Blessed is he who reads and those who hear the words of this prophecy, and keep those things which are written in it, for the time is near. 

Dinsdag 12 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 53:5]
Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.  

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
DIE OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS:
Deel 1.
Oral Roberts som dit op as volg:
OPENBARING: in hierdie wonderbare boek, word Jesus Christus bekend gestel as die Koning van alle konings, en die Here van alle here. Jesus is die HERE, en wie in Hom glo, WEN!

[Openbaring 1:1-3]
1. Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van Sy engel aan Sy dienskneg Johannes te kenne gegee het. (Op die eiland, Patmos)
2. Wat getuig het van die Woord van God  en die getuienis van Jesus Christus - alles wat hy gesien het. 
3. Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.  

Sunday 10 August 2014

THE WHITE THRONE JUDGEMENT / DIE WIT TROON OORDEEL.

Weekend 9 & 10 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Philippians 3:20-21]
20. But our citizenship is in heaven. And we eagerly await a Saviour from there, the Lord Jesus Christ;
21. Who, by the power that enables Him to bring everything under His control, will transform our lowly bodies so that they will be like His glorious body.  

MESSAGE OF THE DAY:
THE GREAT WHITE THRONE JUDGEMENT:
1. English - (New King James Version)
[Revelation 20:11-15]
11. Then I saw a great white throne, and Him Who sat on it, from Whose face the earth and heaven fled away. And there was found no place for them. 
12. And I saw the (wicked) dead, small and great, standing before God, and books were opened. And another book was opened, which is the Book of Life. And the dead were judged according to their works, by the things which were written in the books. 
13. The sea gave up the dead who were in it, and Death and Hades delivered up the dead who were in them. And they were judged, each one according to his
works. 
14. Then Death and Hades were cast into the lake of fire. This is the second death. 
15. And anyone not found written in the Book of Life, was cast into the lake of fire. 

Naweek 9 & 10 Augustus 2014. 
[Philippense 3:20-21]
20. Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus. 
21. Wat ons vernederde liggame van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GROOT WIT TROON OORDEEL: 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Openbaring 20:11-15]
11. En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor Wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 
12. En ek het die (bose) dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die Boek van die Lewe is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  
13. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 
14. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 
15. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die Boek van die Lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. 

Thursday 7 August 2014

WORD OF THE DAY / WOORD VAN DIE DAG.

Thursday 7 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Hebrews 1:1-4]
1. In many separate revelations (each of which set forth a portion of the Truth), and in different ways God spoke of old to (our) forefathers in and by the prophets. 
2. (But), in the last of these days He Has spoken to us in (the person of) a Son and, Whom He appointed Heir and lawful Owner of all things, also by and through Whom He created the worlds and the reaches of space and the ages of time (He made, produced, built, operated, and  arranged them in order).
3. He is the sole expression of the glory of God (the Light-being, the out-raying or radiance of the divine), and He is the perfect imprint and very image of (God's) nature, upholding and maintaining and guiding and propelling the universe by His mighty Word and power. When He had by offering Himself accomplished our cleansing of sins and riddance of guilt, He sat down at the right hand of the Divine Majesty on high. 
4. (Taking a place and rank by which) He Himself became as much superior to angels as the glorious Name (title) which He Has inherited, is different from and more excellent than theirs. 

Donderdag 7 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Hebreërs 1:1-4]
1. Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die  vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun. 
2. Wat Hy as erfgenaam van alles  aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.  
3. Hy, wat die afskynsel is van Sy heerlikheid, en die afdruksel van Sy wese, en alles dra deur die Woord van Sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, en gaan sit het aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, 
4. Terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele, namate Hy 'n voortrefliker Naam geërf het as hulle. 
 
Photo kindly supplied by Martin Heigan. 

Wednesday 6 August 2014

THE LUKEWARM CHURCH / DIE LOUWARM KERK.

Wednesday 6 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Luke 16:10 & 12]
10. "He who is faithful in a very little (thing) is faithful also in much, and he  who is dishonest and unjust in a very little (thing) is dishonest and unjust also in much. 
12. "And if you have not proved faithful in that which belongs to another (whether God or man), who will give you that which is your own (that is, the true riches)?

MESSAGE OF THE DAY:
THE LUKEWARM CHURCH:
1. English - (Amplified Bible Version)
[Revelation 3:14-22]
14. "And to the angel (messenger) of the assembly (church) in Laodicea write: 'These are the words of the Amen, the trusty and faithful and true Witness, the Origin and Beginning and Author of God's creation:
15. "I know your (record of) works and what you are doing; you are neither cold nor hot. Would that you were cold or hot!
16. "So, because you are lukewarm and neither cold nor hot, I will spew you out of My mouth! 
17. "For you say: 'I am rich, I have prospered and grown wealthy, and I am in need of nothing;' "and you do not realize and understand that you are wretched, pitiable, poor, blind and naked. 
18. "Therefore I counsel you to purchase from Me gold refined and tested by fire, that you may be (truly) wealthy, and white clothes to clothe you and to keep the shame of your nudity from being seen, and salve to put on your eyes, that you may see. 
19. "Those whom I (dearly and tenderly) love, I tell their faults and convict and convince and reprove and chasten (I discipline and instruct them). So be enthusiastic and in earnest and burning with zeal, and repent (changing your mind and attitude).
20. "Behold, I stand at the door and knock; if anyone hears and listens to and heeds My voice and opens the door, I will come in to him and will eat with him, and he (will eat) with Me. 
21. "He who overcomes (is victorious), I will grant him to sit beside Me on My throne, as I Myself overcame (was victorious) and sat down beside My Father on His throne. 
22. "He who is able to hear, let him listen to and heed what the (Holy) Spirit says to the assemblies (churches). 

Woensdag 6 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 16:10 & 12]
10. "Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. 
12. "En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie (ware rykdom) gee?"

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE LOUWARM KERK:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Openbaring 3:14-22]
14. "En skryf aan die engel (boodskapper) van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die Begin van die skepping van God: 
15. "Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
16. "Maar nou, omdat jy lou is, en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit My mond spuug
17. "Want jy sê: 'Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie;' "en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 
18. "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 
19. "Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. 
20. "Kyk, Ek staan by die deur, en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. 
21. "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. 
22. "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Heilige Gees aan die gemeentes sê. 
  Photo kindly supplied by Martin Heigan




Tuesday 5 August 2014

THE FAITHFUL CHURCH / DIE GETROUE KERK.

Tuesday 5 August 2014.
WORD OF THE DAY:
[Revelaion 8:3-4]
3. Then another angel having a golden censer, came and stood at the altar. And he was given much incense, (fragrant spices and gums which exhale perfume when burned) that he should mingle (offer) it with the prayers of all the (people of God) the saints, upon the golden altar, which stood before the throne. 
4. And the smoke of the incense, together with the prayers of the saints, ascended before God from the angel's hand. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE FAITHFUL CHURCH:
1. English - (New King James Version)
[Revelation 3:7-13]
7. "And to the angel of the Church in Philadelphia write: 'These things says He Who is holy, He Who is true, He Who has the keys of David, He Who opens and no one shuts, and shuts and no one opens. 
8. "I know your works. See, I have set before you an open door, and no one can shut it; for you have a little strength, but have kept My Word, and have not denied My Name. 
9. "Indeed, I will make those of the synagogue of satan, who say they are Jews and are not, but lie - indeed, I will make them come and worship before your feet, and to learn and acknowledge that I have loved you. 
10. "Because you have kept my command to persevere, I also will keep you from the hour of trial which shall come upon the whole world, to test those who dwell on the earth. 
11. "Behold, I come quickly! Hold fast what you have, so that no one may rob you and deprive you of your crown. 
12. "He who overcomes, (is victorious), I will make him a pillar in the temple of My God, and he shall go out no more. And I will write on him the Name of My God, and the name of the city of My God - the new Jerusalem - which descends from My God out of heaven, and My own new Name. 
13. He who can hear, let him listen to and  heed what the Sprit says to the assemblies (churches). 

Dinsdag 5 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG: 
[Openbaring 8:3-4]
3. En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit gemeng met die gebede van die heiliges (God se kinders) op die goue altaar voor die troon te lê;
4. En die rook van die reukwerk, het tesame met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GETROUE KERK:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Openbaring 3:7-13]
7. "En skryf aan die engel (die boodskapper), van die gemeente in Filadelfia: 'Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:
8. "Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag, maar jy het My Woord bewaar en My Naam nie verloën nie. 
9. "Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie - maar lieg - Ek sal maak dat hulle sal kom en voor jou voete neerbuig, en erken dat Ek jou liefgehad het. 
10. "Omdat jy die Woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom, om die bewoners van die aarde op die proef te stel. 
11. "Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon (vir homself) kan neem nie. 
12. "Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van My God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My God skrywe en die naam van die stad van My God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van My God neerdaal, en My nuwe Naam. 
13. "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 
  Photo kindly supplied by Martin Heigan. 

Monday 4 August 2014

THE 'DEAD' CHURCH / DIE 'DOOIE' KERK.

Monday 4 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[1 John 5:14-15]
14. Now this is the confidence that we have in Him, that if we ask anything according to His will, He hears us. 
15. And if we know that He hears us -whatever we ask - we know that we have the petitions that we have asked of Him. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE 'DEAD' CHURCH:
1. English - (New King James Version)
[Revelation 3:1-6]
1. "And to the angel of the Church in Sardis write: 'These things' says He Who Has the seven Spirits of God and the seven stars: 'I know your works, that you have a name that you are alive, but you are dead. 
2. 'Be watchful and strengthen the things which remain, that you are ready to die, for I have NOT found your works perfect before God. 
3. 'Remember therefore how you have received and heard; hold fast and repent. Therefore, if you will not watch, I will come upon you as a thief, and you will not know what hour I will come upon you. 
4. 'You have a few names, even in Sardis who have not defiled their garments, and they shall walk with Me in white, for they are worthy. 
5. 'He who overcomes shall be clothed in white garments, and I will NOT blot out his name from the Book of Life; but I will confess his name before My Father and before His angels.'
6. "He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches. 

Maandag 4 Augustus 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Johannes 5:14-15]
14. En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil. 
15. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE 'DOOIE' KERK:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling) 
[Openbaring 3:1-6]
1. "En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dit sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: 'Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, maar jy is dood. 
2. 'Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke NIE volkome voor God gevind nie. 
3. 'Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos 'n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou sal afkom nie.  
4. 'Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. 
5. 'Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam NOOIT uitwis uit die Boek van die Lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.'
6. "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê."
   Photo kindly supplied by Martin Heigan. 

Saturday 2 August 2014

THE CORRUPT CHURCH, PART 2 / DIE KORRUPTE KERK, DEEL 2.

Weekend 2 & 3 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[2 Peter 3:8-9]
8. But do not forget this one thing dear friends: with the Lord a day is like a thousand years, and a thousand years are like a day. 
9. The Lord is not slow in keeping His promise, as some understand slowness. He is patient with you, not wanting anyone to perish, but everyone to come to repentance. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE CORRUPT CHURCH:
(Part 2.)
1. Englih - (New International  & Amplfied Bible Versions)
[Revelation 2:24-29]
24. "Now I say to the rest of you in Thyatira, to you who do not hold to this teaching, who have not explored and known the depths of satan, as they say -- I tell you that I do not lay upon you any other (fresh) burden: 
25, "Only hold fast to what you have until I come. 
26. "And he who overcomes (is victorious) and who obeys My commands and does My will to the (very) end, (doing the works that please Me), I will give him authority and power over the nations -- 
27. "He will rule them with an iron scepter, as when earthen pots are broken in pieces, and (his power over them shall be) like that which I Myself have received from My Father. 
28. "I will also give him the Morning Star.
29. "He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches."

Naweek 2 & 3 Augustus 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[2 Petrus 3:8-9]
8. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is, en duisend jaar soos een dag.   
9. Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE KORRUPTE KERK:
(Deel 2)
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Openbaring 2:24-29]
24. "En Ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie. 
25. "Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom. 
26. "En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,
27. "En hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van My Vader ontvang het. 
28. "En Ek sal hom die môrester gee. 
29. "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 
  Photo kindly supplied by Martin Heigan