Wednesday 30 December 2015

THE ESCAPE TO EGYPT. / DIE VLUG NA EGIPTE.

Thursday 31 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 5:16)
In the same way, let your light shine before people, so that they can see your good deeds, and give honour to your Father in heaven. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE ESCAPE TO EGYPT, Third section. 
(Matthew 2:19-23)
19. After Herod had died, an angel of the Lord appeared in a dream to Joseph in Egypt,
20. Saying: "Get up, take the Child and His mother, and go to the land of Israel, for those who were seeking the Child's life are dead."
21. So he got up and took the Child and His mother, and returned to the land of Israel. 
22. But when he heard that Archelaus was reigning over Judea in place of his father Herod, he was afraid to go there. After being warned in a dream, he went to the regions of Galilee. 
23. He came to a town called Nazareth and lived there. Then what had been spoken by the prophets was fulfilled, that Jesus would be called a Nazarene. 

Donderdag 31 Desember 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 5:16)
Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VLUG NA EGIPTE, Derde gedeelte. 
(Mattheus 2:19-23)
19. En ná die dood van Herodes het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte verskyn,
20. En gesê: "Staan op, neem die Kindjie en Sy moeder, en gaan na die land van Israel, want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.
21. En hy het opgestaan, die Kindjie en Sy moeder geneem en in die land van Israel gekom. 
22. Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Juda koning was in die plek van sy vader Herodus, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het 'n Goddelike waarskuwing in 'n droom ontvang, en na die streke van Galiléa teruggekeer. 
23. En hy het gaan woon in 'n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)  
Cell phone photo taken in our garden

Tuesday 29 December 2015

THE ESCAPE T0 EGYPT. / DIE VLUG NA EGIPTE.

Wednesday 30 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 4:10)
Jesus said to him: "Away from Me, satan! For it is written: 'Worship the Lord your God, and serve Him only."

MESSAGE OF THE DAY:
THE ESCAPE TO EGYPT:
(Matthew 2:14-18)
14. So he got up, took the Child and His mother during the night, and went to Egypt. 
15. Where he stayed until the death of Herod. In this way what was spoken by the Lord through the prophet was fulfillled: "I called My Son out of Egypt."
16. When Herod realised that he had been outwitted by the Magi, he was furious. He sent men to kill all the children in Bethlehem and throughout the surrounding region from the age of two and under, according to the time he had learned from the the wise men. 
17. Then what was spoken by Jeremiah the prophet was fulfilled: 
18. " A voice was heard in Ramah, weeping and great mourning. Rachel weeping for her children, and she did not want to be comforted because they were gone.  

Woensdag 30 Desember 2015. 
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 4:10)
Toe sê Jesus vir hom: "Gaan weg, satan! Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VLUG NA EGIPTE:
(Matthew 2:14-18)
14. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en Sy moeder in die nag geneem, en na Egipte vertrek. 
15. En hy was daar tot die dood van Herodus, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: "Uit Egipte het Ek My Seun geroep."
16. Toe Herodus sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan, al die seuntjies van twee jaar en onder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. 
17. Toe is vervul wat deur Jeremia die profeet gespreek is toe hy gesê het;
18. "'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween, en 'n groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you, as often as I possibly can. / 
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden



 

Friday 18 December 2015

THE BIRTH OF JESUS CHRIST. / DIE GEBOORTE VAN JESUS CHRISTUS.

Friday 25 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 18:19)
"Again I tell you the truth, if two of you on earth agree about whatever you ask, My Father in heaven will do it for you. 

MESSAGE OF THE DAY: 
THE BIRTH OF JESUS CHRIST:
(Matthew 1:18-25)
18. Now the birth of Jesus Christ happened this way. After His mother Mary was betrothed to Joseph, before they came together, she was found with child of the Holy Spirit. 
19. Because Joseph, her husband to be, being a just man, and not wanting to make her a public exanple, was minded to put her away secretly. 
20. When he had contemplated this, behold, an angel of the Lord appeared to him in a dream, saying: "Joseph, son of David, do not be afraid to take to you Mary your wife, for that which is conceived in her, is of the Holy Spirit.  
21. She will give birth to a Son, and you shall call His Name Jesus, for He will save His people from their sins." 
22. This all happened so that what was spoken by the Lord through the prophet, would be fulfilled: 
23. "Look! The virgin will conceive and shall be with child, and bear a Son, and they shall call His Name Immanuel," which is translated: "God with us."
24. When Joseph awoke from sleep, did as the angel of the Lord commanded him and took to him his wife, 
25. But did not have marital relations till she had brought forth her firstborn Son. And he called His Name Jesus. 

Vrydag 25 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 18:19)
"Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van My Vader wat in die hemele is."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GEBOORTE VAN JESUS CHRISTUS:
(Matthéüs 1:18-25)
18. Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe Sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. 
19. En Josef haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. 
20. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: "Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees. 
21. En sy sal 'n Seun baar, en jy moet hom Jesus noem, want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos. 
22. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
23. "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n Seun baar, en hulle sal Hom Immánuel noem." Dit is as dit vertaal word: "God met ons."
24. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het, en sy vrou by hom geneem;
25. En hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Indeed, Jesus loves you, and He shall reign in righteousness. Many thanks to whoever posted this on FB. 


PROVERBS 13, Second section ... / SPREUKE 13, Tweede gedeelte ...

Monday 21 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 17:28)
Even a fool is thought wise if he keeps silent, and discerning if he holds his tongue. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 13, Second section ... 
1. English - (New English Translation).
(Proverbs 13:9-16)
9. The light of the righteous shines brightly, but the lamp of the wicked goes out. 
10. With pride comes only contention, but wisdom is with the well-advised. 
11. Wealth gained quickly will only dwindle away, but the one who gathers it little by little, will become rich. 
12. Hope deferred makes the heart sick, but a longing fulfilled is like a tree of life. 
13. The one who despises instruction  
will pay the penalty, but whoever esteems instruction will be rewarded.  
14. Instruction from the wise is like a life-giving fountain, to turn a person from deadly snares. 
15. Keen insight wins favour, but the conduct of the unfaithful is harsh. 
16. Every shrewd person acts with knowledge, but the fool displays his folly.  

Maandag 21 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 17:28)
Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
SPREUKE 13, Tweede gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 13:9-16)
9. Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood. 
10. Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. 
11. Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaar maak, kry altyd meer. 
12. 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens waf uitkom is soos 'n lewensboom.
13. Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding. 
14. Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe; om die strikke van die dood te ontwyk. 
15. 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard. 
16. Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some PROVERBS with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartighrid, sal ek sommige SPREUKE met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to whoever quoted this precious passage from 2 Corinthians 5:7, and posted it on FB. 

PROVERBS 13, Third section ... / SPREUKE 13, Derde gedeelte ...

Tuesday 22 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 18:14)
The strong spirit of a man sustains him in bodily pain or trouble, but a weak or broken spirit, who can raise up or bear?  

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 13, Third section ...
English - (Amplified Bible Version).
(Proverbs 13:17-25)
17. A wicked messenger falls into evil, but a faithful ambassador brings healing. 
18. Poverty and shame come to him who refuses instruction and correction, but he who heeds reproof is honoured. 
19. Satisfied desire is sweet to a person; therefore it is hateful and exceedingly offensive to (self-confident) fools to give up evil (upon which they have set their hearts).
20. He who walks (as a companion) with wise men is wise, but he who associates with (self-confident) fools (is a fool himself) and shall smart for it. 
21. Evil pursues sinners, but the consistently upright and in right standing with God, is recompensed with good.  
22. A good man leaves an inheritance (of moral stability and goodness) to his children's children, and the wealth of the sinner (finds its way eventually) into the hands of the righteous, for whom it was laid up. 
23. Much food is in the tilled land of the poor, but there are those who are destroyed because of injustice. 
24. He who spares his rod (of discipline) hates his son, but he who loves him discipline diligently and punished him early.   
25. The (uncompromisingly) righteous eats to his own satisfaction, but the stomach of the wicked is in want. 

Dinsdag 22 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 18:14)
Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees - wie kan dit opbeur?

BOODSKAP VAN DIE DAG:
SPREUKE 13, Derde gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Spreuke 13:17-25)
17. 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.  
18. Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer. 
19. 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase. 
20. Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. 
21. Die onheil vervolg die sondaars, maar hy sal die regverdiges met goed vergelde. 
22. 'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre. 
23. Die braakland van die armes lewer oorvloedige spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan. 
24. Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging. 
25. Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some PROVERBS with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige SPREUKE met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden

 

THE WORDS OF THE PROPHET ISAIAH CONCERNING JESUS. / DIE WOORDE VAN DIE PROFEET JESAJA AANGAANDE JESUS.

Wednesday 23 December 2015.

WORD OF THE DAY:
(Isaiah 7:14)
For this reason the Sovereign Master Himself will give you a confirming sign: Look, this young woman is about to conceive, and will give birth to a Son. You, young woman, will name Him Immanuel.  

MESSAGE OF THE DAY: 
(THE WORDS OF THE PROPHET ISAIAH CONCERNING JESUS).
1. English - (New English Translation).
(Isaiah 9:6-7)
6. For a Child Has been born to us, a Son Has been given to us. He shoulders responsibility and is called:  Extraordinary Strategist, Mighty God, Everlasting Father, Prince of Peace.  
7. His dominion will be vast and He will bring immeasurable prosperity. He will rule on David's throne and over David's kingdom, establishing it and strengthening it by promoting justice and fairness, from this time forward and forevermore. The Lord's  intense devotion to His people will accomplish this. 

Woensdag 23 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jesaja 7:14)
Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk die maagd sal swanger word en 'n Seun baar, en Hom Immánuel noem. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WOORDE VAN DIE PROFEET JESAJA AANGAANDE JESUS. 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Jesaja 9:5-6)
5. Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors -
6. Tot vermeerdering van die heerskappy, en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk. Om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

THE PROSPEROUS REIGN OF THE MESSIAH / DIE VOORSPOEDIGE REGERING VAN DIE MESSIAS.

Thursday 24 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Isaiah 12:6)
"Cry out and shout for joy, o citizens of Zion, for the Holy One of Israel acts mightily among you!"

MESSAGE OF THE DAY: 
THE PROSPEROUS REIGN OF THE  MESSIAH: 
(Isaiah 11:1-9)
1. A shoot will grow out of Jesse's root stock, a bud will sprout from his roots. 
2. The Lord's Spirit will rest on Him - a Spirit that gives axtraordinary wisdom, a Spirit that provides the ability to execute plans, a Spirit that produces absolute loyalty to the Lord. 
3. He will take delight in obeying the Lord. He will not judge by mere appearances, or make decisions on the basis of hearsay. 
4. He will treat the poor fairly, and make right decisions for the downtrodden of the earth. He will strike the earth with the rod of His mouth, and order the wicked to be executed. 
5. Justice will be like a belt around His waist, integrity will be like a belt around His hips. 
6. A wolf will reside with a lamb, and a leopard will lie down with a young goat; an ox and a young lion will graze together, and a young child leads them along.  
7. A cow and a bear will graze together, their young will lie down together. A lion like an ox, will eat straw. 
8. A baby will play over the hole of a snake; over the nest of a serpent an infant will put his hand.   
9. They will no longer injure or destroy on My entire royal mountain. For there will be universal submission to the Lord's Sovereignty, just as the waters completely cover the sea. 

Donderdag 24 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Jesaja 12:6)
"Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde."
 
BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VOORSPOEDIGE REGERING VAN DIE MESSIAS:
(Jesaja 11:1-9)
1. Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
2. En op Hom sal die Gees van die Here rus: die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en Sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here. 
3. En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;
4. Maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen, en met die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van Sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. 
5. En geregtigheid sal die gordel van Sy lendene, en trou die gordel van Sy heupe wees. 
6. Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja. 
7. Die koei en die berin wei saam, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos 'n os;
8. En die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk. 
9. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op My hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here, soos die waters die seebodem bedek. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden


THE WISE MEN FROM THE EAST, Section 1. / DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE, Eerste gedeelte.

Saturday 26 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 6:14,15)
14. For if you forgive others their sins, your heavenly Father will also forgive you.  
15. But if you do not forgive others, your Father will not forgive you your sins. 

MESSAGE OF THE DAY: 
THE WISE MEN FROM THE EAST, First section ...
2. English - (New King James Version).
(Matthew 2:1-6)
1. Now after Jesus was born in Bethlehem of Judea in the days of Herod the king, behold, wise men from the East, came to Jerusalem, saying:
2. "Where is He Who has been born king of the Jews? For we have seen His star in the East and have come to worship Him."
3. When Herod the king heard this, he was troubled, and all Jerusalem with him. 
4. And when he had gathered all the chief priests and scribes of the people together, he inquired of them where the Christ was to be born. 
5, So they said to him: "In Bethlehem of Judea, for thus it is written by the prophet:
6. "'But you Bethlehem, in the land of Judah, are not the least among the rulers of Judah; for out of you shall come a Ruler Who will Shepherd My people Israel.'"

Saterdag 26 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 6:14,15)
14. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle  hemelse Vader julle ook vergewe.  
15. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle hemelse Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE, Eerste gedeelte ... 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling). 
(Matthéüs 2:1-6)
1. En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodus, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom. 
2. En gesê: "Waar is die koning van die Jode wat gebore is? Want ons het Sy ster in die Ooste gesien, en gekom om Hom hulde te bewys."
3. En toe koning Herodus dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom. 
4. En hy het al die owerpriesters en skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom, en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.  
5. En hulle het vir hom gesê: "Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe:
6. "'En jy Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n Leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n Herder sal wees.'" 

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden


THE WISE MEN FROM THE EAST. / DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE.

Tuesday 29 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Luke 1:35)
The angel replied: "The Holy Spirit will come upon you, and the power of the Most High will overshadow you. Therefore the Child to be born will be holy; He will be called the Son of God."

MESSAGE OF THE DAY: 
THE WISE MEN FROM THE EAST. Second section ..
(Matthew 2:7-13)
7. Then Herod privately summoned the wise men and determined from them when the star had appeared.  
8. He sent them to Bethlehem and said: "Go and look carefully for the Child. When you find Him, inform me so that I can go and worship Him as well."
9. After listening to the king they left, and once again the star they saw when it rose, led them until it stopped above the place where the Child was.
10. When they saw the star they shouted joyfully.
11. As they came into the house and saw the child with Mary His mother, they bowed down and worshiped Him. They opened their treasure boxes and gave Him gifts of gold, frankincense and myrrh. 
12. After being warned in a dream not to return to Herod, they went back by another route to their own country. 
13. After they had gone, an angel of the Lord appeared to Joseph in a dream and said: "Get up, take the Child and His mother and flee to Egypt, and stay there until I tell you, for Herod is going to look for the Child to kill Him. 

Dinsdag 29 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Lukas 1;35)
En die engel antwoord en sê vir haar: "Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste jou oorskadu. Daarom sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE, Tweede gedeelte ...
(Matthéüs 2:7-13)
7. Toe het Herodus die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;
8. En hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: "Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys. 
9. En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. 
10. En toe hulle die ster sien, het hulle hul met groot blydskap verheug. 
11. En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, Sy moeder gevind, en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre. 
12. En omdat hulle in 'n droom 'n Goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodus terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land teruggegaan. 
13. En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die Here aan Josef in 'n droom en sê: "Staan op, neem die Kindjie en Sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodus gaan die Kindjie soek, om Hom dood te maak. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden


 

PROVERBS 13, First section ... / SPREUKE 13, Eerste gedeelte ...

Sunday 20 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 30:8,9)
8. Keep falsehood and lies far from me; give me neither poverty nor riches, but give me only my daily bread. 
9. Otherwise, I may have too much and disown You and say: "Who is the Lord?" Or I may become poor and steal, and do dishounour to the Name of my God. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 13, First section ...
1. English - (New International Version).
(Proverbs 13:1-8)
1. A wise son heeds his father's instruction, but a mocker does not listen to rebuke. 
2. From the fruit of his lips a man enjoys good things, but the unfaithful have a craving for violence.  
3. He who guards his lips guards his life, but he who speaks rashly will come to ruin. 
4. The sluggard craves and gets nothing, but the desires of the diligent are fully satisfied. 
5. The righteous hate what is false, but the wicked bring shame and disgrace. 
6. Righteousness guards the man of integrity, but wickedness overthrows the sinner. 
7. One man pretends to be rich, yet has nothing; another pretends to be poor, yet has great wealth.  
8. A man's riches may ransom his life, but a poor man hears no threat. 

Sondag 20 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 30:8,9)
8. Hou valsheid en leuentaal ver van my; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;
9. Dat ek nie as ek oorversadig geword het, U verloën en sê: "Wie is die Here?" En dat ek nie as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
SPREUKE 13, Eerste gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 13:1-8)
1. 'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie. 
2. Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld. 
3. Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. 
4. Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig. 
5. Die regverdiges haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik. 
6. Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.  
7. Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed. 
8. Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some PROVERBS with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartighrid, sal ek sommige SPREUKE met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Many thanks for this cute little pic that was kindly presented to me by Maryke van Vuuren.