Wednesday 29 January 2014

HE HAS SENT JESUS TO BIND UP THE BROKEN-HEARTED / HY HET JESUS GESTUUR OM DIE GEBROKENES VAN HART TE VERBIND.

Wednesday 29 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 60:19]
The sun will no more be your light by day, nor will the brightness of the moon shine on you; for the Lord will be your everlasting light, and your God will be your glory. 

MESSAGE OF THE DAY:
[Isaiah 61:1-3]
1. "The Spirit of the Sovereign Lord is on Me, because the Lord Has anointed Me to preach good news to the poor. He Has sent Me to bind up the broken-hearted, to proclaim freedom for the captives, and release from darkness for the prisoners;
2. "To proclaim the year of the Lord's favour, and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn. 
3. "And provide for those who grieve in Zion - to bestow on them a crown of beauty in stead of ashes, the oil of gladness in stead of mourning, and a garment of praise in stead of a spirit of despair. They will be called oaks of righteousness, a planting of the Lord for the display of His splendour."

Thus we see, that Jesus came to free and deliver us from oppression, brokenness of heart and anxiety. All these things can rob us from our enheritance of the Kingdom of God. 
The devil is mercilessly and ruthlessly busy stealing from us, what is our rightful inheritance in Jesus Christ. 
We must never close our eyes to the cunning devices and lies of satan. Jesus said in John 10:10, "The thief comes only to steal and kill and destroy; I have come that they may have life, and have it more abundantly."
We also read the following warning in 1Peter 5:8-9a:
8. "Be self-controlled and alert. Your enemy the devil prowls around like a roaring lion looking for someone to devour."
9a. "Resist him, standing firm in the faith."
            <~>. <~>. <~>
Woensdag 29 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 60:19]
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die Here sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
[Jesaja 61:1-3]
1. "Die Gees van die Here is op My, omdat die Here My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
2. Om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die Here en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;
3. Om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die Here, tot Sy verheerliking. 

Ons kan dus sien dat Jesus gekom het om ons te bevry en te verlos van verdrukking, gebrokenheid van hart en benoudheid. Al hierdie dinge kan ons beroof van ons erfenis van die Koninkryk van God. 
Die duiwel gaan meedoënloos en genadeloos voort om van ons te steel wat ons regmatige eiendom in Jesus is. Ons moet nooit ons oë toemaak vir die liste en leuens van satan nie want: Jesus sê in Johannes 10:10: "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes, Ek het gekom dat julle lewe in oorvloed kan hê." 
Ons lees ook die volgende waarskuwing in 1 Petrus 5:8-9a:
8. "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind."
9a. "Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof."
                 <~>. <~>. <~>
  Photo supplied by John Hagee Ministries

Tuesday 28 January 2014

HOW TO OVERCOME REJECTION / HOE OM VERWERPING TE OORKOM.

Tuesday 28 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[Psalm 22:24]
For He Has not despised or disdained the suffering of the afflicted one; He Has not hidden His face from him but Has listened to his cry for help. 

MESSAGE OF THE DAY:
HOW TO OVERCOME REJECTION:
Part 2.
(Please read yesterday's "Blog," in order to have full comprehension of what is being discussed today)

*1. Children who were rejected by one or both parents: -
Pleasant memories are very important to everybody and needs to be treasured. On the other hand, unpleasant memories could be painful and traumatic. Needless to say, unpleasant memories could sometimes be so painful that they can affect a person's entire life span. 
As a result of that many children wrestle with many difficulties right through their school career, because they never received any positive love and support and they therefore do not trust their own abilities and capabilities. Maybe they were always reminded of their own shortcomings and inabilities, and that they won't be able to make a success of anything they do in life. 
Such a child therefore goes burdened under the yoke of rejection - in such a way, that even when they are adults they do not trust their own capabilities and competence, because their self-image is handicapped to a great extent. 
In case such a person is married, it is so very important for his or her spouse to offer love, understanding, assistance and upliftment. 
Fortunately Jesus is always there, ready and waiting to heal the broken-hearted: Our Shepherd, our Redeemer, our Physician, our Father, our Consolation, our Light.  
It is so wonderful that the prophet Isaiah was inspired by the Spirit to address this aspect in Isaiah 61:1-3. 
(God willing we will study this portion of Scripture tomorrow.)

Dinsdag 28 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 22:25]
Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei, en Sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

BOODSKAP VAN DIE DAG:
HOE OM VERWERPING TE OORKOM:
Deel 2.
(Lees asb gister se "Blog," ten einde 'n volle begrip te hê waaroor vandag se bespreking gaan.)

*1. Kinders wat deur een of albei ouers verwerp is: -
Mooi herinneringe is vir elke mens kosbaar en is belangrik om onthou en vertroetel te word. 
Daarenteen is onaangename herinneringe soms pynlik en traumaties. Eintlik is dit altyd teenwoordig en dit kan soms so pynlik wees dat dit die persoon se hele lewensloop affekteer. 
Dienooreenkomstig worstel baie kinders deur hulle skooljare omdat hulle nooit enige positiewe aanmoediging ontvang het nie, en daarom geen vertroue in hulle eie bekwaamhede en vermoëns het nie. Moontlik is hulle ook dikwels herinner aan hulle foute en tekortkominge, en dat hulle nie in staat sal wees om 'n sukses van enigiets te maak wat hulle aanpak nie. 
So 'n kind gaan dus gebuk onder die las van verwerping - soms tot so 'n mate dat hulle selfs as volwassene, weinig vertroue in hulle eie vaardighede en vermoëns het - omdat hulle 'selfbeeld' heeltemal geskaad en belemmer is. 
Indien so 'n persoon getroud is, is dit so belangrik dat sy of haar lewensmaat liefdevolle begrip, onderskraging en steun kan bied. 
Gelukkig is Jesus altyd daar en Hy  staan gereed om gebroke harte te genees: Ons Herder, ons Geneesheer, ons Verlosser, ons Lig, ons Vader, ons Troos. 
Dis so wonderbaarlik dat die profeet Jesaja deur die Gees geïnspireer was om hierdie saak ten volle aan te spreek in Jesaja 61:1-3. 
(As dit die wil van God is, sal ons môre hierdie Skrifgedeelte bestudeer.)
 Picture by John Hagee Ministries

Monday 27 January 2014

OVERCOMING REJECTION / OORKOM VERWERPING.

Monday 27 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[1 Corinthians 15:57]
"But thanks be to God! He gives us the victory through our Lord Jesus Christ."

MESSAGE OF THE DAY:
TO OVERCOME REJECTION:
Many of us feel rejected - naturaly because of many different reasons. Through the years these often leave painful wounds. 
*1. There are children who were rejected by one and sometimes both of their parents. Maybe they are still being rejected - even as adults. 
*2. Many children are rejected from playgroups, because: (a) They are poor and are maybe clothed in shaggy, secondhand clothes.
(b) They are too poor to take sandwiches and pocket money to scool, and
(c) they use old shaggy threadbare schoolbags. 
*3. A lot of pain and disruption are caused when a marriage ends in divorce, because the one marriage partner does not love his or her companion any more.

All these different facets will be discussed, point by point, by the grace and wisdom of God The Holy Spirit. 

Maandag 27 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Korinthiërs 15:57]
"Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
OM VERWERPING TE OORKOM:
Daar is so baie van ons wat al in die lewe verworpe voel - natuurlik ook om baie verskillende redes. Soms veroorsaak die verwerping dan ook deur die jare pynlike wonde. 
*1. Daar is kinders wat deur een of albei van hulle ouers verwerp is, of dalk nog steeds verwerp word, selfs as volwassenes. 
*2. Baie kinders word by hulle skole verwerp uit speelgroepe, omdat: (a) Hulle arm is, en miskien armoedige tweedehandse kleredrag aanhet."
(b) Hulle te arm is om toebroodjies of sakgeld skool-toe te neem. " of 
(c) Hulle dalk 'n tas gebruik wat oud en verslete is. 
*3. Baie pyn en ontwrigting word veroorsaak wanneer 'n huwelik uitloop op 'n egskeiding, omdat die een persoon nie meer lief is vir sy of haar lewensmaat nie. 

Al hierdie verskillende fasette sal puntsgewys bespreek en behandel word, met die genade en wysheid van God Die Heilige Gees. 
       Photo by John Hagee Ministries

Friday 24 January 2014

IF YOU ABIDE IN ME / AS JULLE IN MY BLY.

Friday 24 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[John 15:7]
"If you abide in Me, and My Words abide in you, you will ask what you desire, and it shall be done for you."
(By the grace of God, a Word will go out every day, to give you strength and inspiration for each day)

Vrydag 24 Januarie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Johannes 15:7]
"As julle in My bly en My Woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. 
(Met die genade van God, sal 'n Woord elke dag uitgaan, om u krag en inspirasie vir iedere dag te gee.)

God willing, the MESSAGE OF THE DAY will continue on Monday 27 January 2014. 
As dit die wil van God is, sal die BOODSKAP VAN DIE DAG weer Maandag 27 Januarie 2014 voortgaan. 

<~>  <~>  <~>  <~>  <~>  <~>  <~>  <~
         Cell phone photo / Selfoon foto 

IF YOU ABIDE IN ME / AS JULLE IN MY BLY.

Friday 24 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[John 15:7]
"If you abide in Me, and My Words abide in you, you will ask what you desire, and it shall be done for you."
(By the grace of God, a Word will go out every day, to give you strength and inspiration for each day)

Vrydag 24 Januarie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Johannes 15:7]
"As julle in My bly en My Woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. 
(Met die genade van God, sal 'n Woord elke dag uitgaan, om u krag en inspirasie vir iedere dag te gee.)

God willing, the MESSAGE OF THE DAY will continue on Monday 27 January 2014. 
As dit die wil van God is, sal die BOODSKAP VAN DIE DAG weer Maandag 27 Januarie 2014 voortgaan. 

<~>  <~>  <~>  <~>  <~>  <~>  <~>  <~
         Cell phone photo / Selfoon foto 

Tuesday 21 January 2014

INNER HEALING / INNERLIKE GENESING

INNER HEALING / INNERLIKE GENESING.

Saturday 18 to Tuesday 21 January 2014.
WORD OF THE DAY:
[James 5:15-16]   15. And the prayer (that is) of faith will save him who is sick, and the Lord will restore him; and if he has committed sins, he will be forgiven. 
16. Confess to one another therefore your faults, (your slips, your false steps, your offenses, your sins), and pray also for one another, that you may be healed and restored (to a spiritual tone of mind and heart.) The earnest, (heartfelt, continued) prayer of a righteous man makes tremendous power available, dinamic in its working.)

MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 7.
Time moved on and Sarah became restless and more and more doubtful and desperate. She was suddenly also full of mistrust and despondency. "Something like supernatural healing does not exist," she decided at last, sadly. 
As soon as time permitted I went to pray with her again. "Let's go and put this before the Lord," I suggested. Sarah looked at me in complete surprise. "What do you mean?" she said. "But we have been talking to the Lord all along!" she exclaimed at last. 
I opened my Biible and started reading from Isaiah 43:25-26:
25. "I, even I Am He Who blots out and cancels your transgressions, for My own sake, and I will not remember your sins. 
26. "Put Me in remembrance (remind Me of your merits); let us plead and argue together. Set forth your case, that you may be justified, (proved right)."
We started praying and I pleaded with the Lord, reminding Him that Sarah rejected hatred and unforgiveness, that she gave her heart to Jesus and that she started a new life. "Please Lord, I pleaded: "Let the blood of Jesus cover her now, and let the "Resurrection Powerof Jesus flow through her body." We also reminded the Father of what is written in His Word, namely:[Romans 8:11]  "And if the Spirit of Him Who raised up Jesus from the dead dwells in you, (then) He Who raised up Christ Jesus from the dead, will also restore to life your mortal (short-lived, perishable) bodies through His Spirit Who dwells in you."
We also started reading relevant verses to the Lord, aloud:
[Psalm 123:2]   "As the slaves look to the hand of their master; as the eyes of the maid look to the hand of her mistress, so our eyes look to the Lord our God - till He shows us His mercy."
[1 John 3:21-22]
21. "And, beloved, if our conciences (our hearts) do not accuse us (if they do not make us feel guilty and condemn us), we have confidence (complete assurance and boldness) before God. 
22. "And we receive from Him whatever we ask because we (watchfully) obey His orders (observe His suggestions and injunctions, follow His plan for us) and (habitually) do those things that are pleasing to Him."
[Hebrews 4:16]  Let us then fearlessly and confidently and boldly draw near to the throne of grace (the throne of God's unmerited favour to us sinners), that we may receive mercy (for our failures) and find grace to help in good time for every need (appropriate and well-timed help, coming just when we need it.)
We could feel the awesome wonder of God's presence. It was so absolutely and miraculously wonderful! So we kept on praying softly. 
Prompted by the Spirit, I started singing some of my favourite songs to the Father. I don't have the most wonderful voice, but I was convinced that it sounded "sweet" to the ears of the Lord:
"Then sings my soul, my Saviour God to Thee . . . "
"Come, now is the time to worship, Come, now is the time to give your heart . . ,"
"Lord You are more precious than silver.
Lord You are more costly than gold . . ."
"Let's forget about ourselves, concentrate on Him, and worship Him . . ."
"I lift my hands to the Coming King, to the Great I Am - to You I sing . . . " 

I encouraged Sarah to sing with me.
We sang together, so that we could magnify, glorify, praise and worship the Lord. We had to show the Lord that we love Him and trusted Him wholeheartedly,  - - for Sarah's complete recovery.
With every breath we had to draw closer to God. We had to concentrate on Him alone."
[James 4:7-8]    7. Therefore, submit to 
God. Resist the devil and he will flee from you.  
8a. Draw near to God, and He will draw near to you. 
Without any doubt, we could sense the presense of God Almighty. because It is also written that God "inhabits the praises of His people." (Psalm 22:3) And also in verse 5b: "They trusted, and were not ashamed."
To make a long story short - suddenly the pain and discomfort left Sarah's body. "It is such a strange warm feeling," she confessed, with tears streaming down her face. She immediately made an appointment with her docter, and when tests were done, there was no sign of cancer in her body. Praise God, our Great Physician - JEHOVAH RAPHA healed Sarah's body. (We have put our trust in Him - and were not ashamed!!)
HAPPY ENDING: Sarah is getting married end October. WHAT A GREAT AND MIGHTY GOD WE SERVE!
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again next week.)

Saterdag 18 tot Dinsdag 21 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jakobus 5:15-16]  15. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het sal dit hom vergewe word.  
16. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 7.
Die tyd het aangestap en Sarah het al hoe meer rusteloos, moedeloos en desperaat geword. Sy was skielik weer vol twyfel en argwaan.  "Iets soos bonatuurlike genesing bestaan nie," het Sarah in 'n staat van moedeloosheid en hartseer besluit. 
Sodra ek tyd kon inruim, het ek weer saam met haar gaan bid. "Kom ons gaan stel jou saak voor die Here," het ek voorgestel:" Sarah het my aangekyk in totale verbasing: "Maar ek dog dan dis wat ons nog die heeltyd doen!" het sy oplaas uitgeroep. 
Ek het my Bybel oopgemaak en begin lees by Jesaja 43:25-26:
25. "Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. 
26. "Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word."
Ons het begin bid en die Here daaraan herinner dat Sarah haat en onvergewensgesindheid uit haar lewe geweer het, en dat sy haar hart aan Jesus gegee het. "Asseblief Vader," het ek begin pleit: "laat die bloed van U Seun Jesus Christus haar nou bedek, en laat die krag van Sy opstanding deur haar liggaam spoel, sodat sy volkome genees kan word. Ek herinner U aan wat geskrywe staan in U Woord:
[Romeine 8:11]  "En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak, deur Sy Gees wat in julle woon."
Ons het nog relevante verse hardop voor die Here begin lees. 
[Psalm 123:2]  Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer; soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres, - - so is ons oë op die Here onse God, totdat Hy ons genadig is. 
[1 Johannes 3:21-22]
21. "Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God;
22. "En wat ons ookal bid ontvang ons; omdat ons Sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. 
[Hebreërs 4:17]
"Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry, en genade  vind om op die regte tyd gehelp te word." 
Ek kon die wonder van God se teenwoordigheid aanvoel, en het saggies biddende gebly. 
Dit was so absoluut wonderbaarlik! Ek kon merk dat Sarah ook besig was om dit te ervaar, en aangemoedig deur die Gees, het ek saggies sommige van my gunsteling liedere begin sing. Ek glo nie ek het die wonderlikste stem nie, maar ek glo dit het "soet" in die ore van die Vader geklink:
"Then sings my soul, my Saviour God to Thee . . ."
"Come, now is the time to worship,
Come, now is the time to give your heart . . ."
"Lord You are more precious than silver, Lord You are more costly than gold . . ."
"Let's forget about ourselves, concentrate on Him and worship Him  . . ."
"I lift my hands to the Coming King, to the Great I Am - to You I sing . . ."
 
Ek het Sarah aangemoedig en verduidelik dat ons die Vader moes begin vereer en loof en prys en aanbid in vertroue vir haar totale genesing. Ons moes die Vader wys dat ons Hom liefhet en Hom heelhartiglik vertrou. . Met elke asemteug moes ons aan Hom dink en Hom vereer en op Hom konsentreer. 
God was onteenseglik daar teenwoordig! Ons kon Sy Wonderbare teenwoordigheid aanvoel en ervaar. Daar staan ook geskrywe: 
"Hy is die Heilige wat woon onder die "lofsange" van Sy mense, [Psalm 22:4] en ook in vers 6b: "Hulle het op Hom vertrou, en het nie beskaamd gestaan nie."
Om 'n lang storie kort te maak - skielik het die pyn en ongemak uit Sarah se liggaam verdwyn. "Dis so 'n snaakse warm gevoel," het sy deur baie trane bely. Sy het onmiddelik 'n afspraak met haar dokter gemaak en nadat allerhande toetse gedoen is, het hulle bevind dat daar geen kanker in haar liggaam teenwoordig is nie. 
Prys die Here. Die Groot Geneesheer het Sarah se liggaam genees. (Ons het ons vertroue in die Here gestel, en ons het nie beskaamd gestaan nie!!)
GELUKKIGE EINDE: Sarah gaan einde Oktober in die huwelik tree. WAT 'N GROOT EN ALMAGTIGE GOD AANBID ONS!!
(As God wil en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek volgende week verder met u deel.)


Friday 17 January 2014

INNER HEALING / INNERLIKE GENESING.

Friday 17 January 2013.
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 54:10]  "For the mountains shall depart and the hills be removed, but My
 kindness shall not depart from you, nor shall my covenant of peace be removed," says the Lord, "Who Has mercy on you."

MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 6.
Now what? After Sarah's relationship with God was restored by getting rid of hatred and unforgiveness, she still had cancer in her body. The pain in her body started getting unbearable and she was getting more and more dependent on the prescribed drugs. She could not perform her work properly any more and had to take long leave. 
But we both realised though, that she was a clean vessel now - ready to receive supernatural healing from God the Great Healer, (Jehovah Rapha).
Now we had to start believing for a miracle -  For without faith it is impossible to please God. The Scriptures say:
[Hebrews 11:6] But without faith it is impossible to please and be satisfactory to Him. For whoever would come near to God must (necessarily) believe that God exists and that He is the Rewarder of those who earnestly and diligently seek Him (out).
We also needed mustard seed faith:
1. [Matthew 17:20]  He said to them: "Because of the littleness of your faith (that is, your lack of firmly relying trust.) For truly I say to you: If you have faith (that is living) like a grain of mustard seed, you can say to this mountain: 'Move from here to yonder place,' and it will move; and nothing will be impossible to you."
2. [Luke 17:6] And the Lord answered: "If you had faith, (trust and confidence in God) even (so small) like a grain of mustard seed, you could say to this mulberry tree: 'Be pulled up by the roots, and be planted in the sea,' and it would obey you"
We needed unwavering faith in God!
And we needed to agree that our petition of what we requested God to do for us,  would be granted.
[Matthew 18:19-20]  19. "Again I tell you: If two of you agree (harmonize together,) about whatever (anything and everything) they may ask, it will come to pass and be done for them by My Father in heaven."
20. "For wherever two or three are gathered (drawn together as My followers) in (into) My Name, there I Am in the midst of them."
(God willing and by His grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Vrydag 17 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 54:10] "Want die berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk, en My vredeverbond nie wankel nie," sê die Here, "jou Ontfermer."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 6.
Wat nou? Nadat ons Sarah se verhouding met God herstel het deur haat en onvergewensgesindheid uit die weg te ruim, het sy nog steeds kanker in haar liggaam gehad. Die pyn in haar gebeente het ook meer en meer ondraaglik begin word, sodat sy al hoe meer afhanklik begin word het van die voorgeskrewe verdowingsmiddels. Sy kon haar werk nie meer na behore doen nie, en moes langverlof neem. 
Maar wat ons dadelik besef het, was dat sy nou 'n skoon kanaal was, gereed om bonatuurlike genesing van God die Groot Geneesheer, (Jehovah Rapha) te ontvang. 
Nou moes ons begin glo vir 'n wonderwerk. Ons moes eerstens GELOOF hê, want die Skrif sê:
[Hebreërs 11:6]  Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy ís en 'n Beloner is van dié wat Hom soek.
Ons benodig ook mosterdsaad geloof:
1. [Matthéüs 17:20]  En Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: 'gaan weg hiervandaan daarnatoe!' en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie."
2. [Lukas 17:6]  "As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: 'Word ontwortel en in die see geplant,' - en hy sou julle gehoorsaam wees."
In volle vertroue op God, moes ons dus onwankelbare geloof hê! En wanneer ons bid, moes ons saamstem in absolute geloof dat dít waarvoor ons gebid en gevra het, verhoor en toegestaan sal word. 
[Matthéüs 18:19,20]  19. "Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val, van My Vader wat in die hemele is.
20. "Want waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hul midde."
(As dit die wil van God is en deur Sy genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)
     Photo by / Foto deur: Martin Heigan.

Thursday 16 January 2014

INNER HEALING / INNERLIKE GENESING.

Wednesday 15 & Thursday 16 January 2013. 
WORD OF THE DAY:
[Romans 14:11,12]
11. It is written: "As surely as I live," says the Lord, "every knee will bow before Me, every tongue will confess to God."
12. So then, each of us will give an account of himself to God. 

MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING: 
Part 5.
Sarah was desperate when she came to speak to me. "I feel as though I am too filthy to even pray to the Father," she said. "How could He ever forgive what I have done in the past?" 
I reminded her of this powerful portion of Scripture in Isaiah:
[Isaiah 1:18] "Come now, let us reason together," says the Lord, "Though your sins are like scarlet, they shall be as white as snow; though they are red as crimson, they shall be like wool."
Sarah meditated on that for a while and then she said: "That's good. I understand and appreciate that, but now God has allready put cancer on my body to punish me." That was a lie from satan!
I had to explain that God does not make us sick. He sent His One and Only Son to  heal us and save us from destruction:
"He sends forth His Word and heals them  and rescues them from the pit of destruction." (Psalm 107:20). And also as the Prophet Isaiah prophesied: "But He was wounded for our transgressions. He was bruised for our iniquities; the chastisement {needful to obtain} peace and well-being for us was upon Him, and with the stripes {that wounded} Him, we are healed and made whole." (Isaiah 53:5)
But first and most important of all, Sarah had to forgive everyone who transgressed against her. Her first reaction was: "No, never!"
But the power of the Word was there to convince her: We studied the relevant portions of Scripture and then prayed together. She mentioned the names of the man and his wife, and then told the Lord that she forgave them and set them free. 
The "burden of hatred" lifted from her shoulders. At last she was free!
[Matthew 6:14-15]
14. For if you forgive people their trespasses {their reckless and willful sins, leaving them and letting them go, and giving up resentment,} your heavenly Father will also forgive you.
15. But if you do not forgive men their sins and trespasses, neither will your Father forgive your sins and trespasses. 
[Matthew 18:21-22]
21. Then Peter came to Jesus and asked: "Lord, how many times may my brother sin against me and I forgive him, and let it go? Up to seven times?"
22. Jesus answered: "I tell you, not up to seven times, but seventy times seven!"
[Ephesians 4:31-32]
31. Get rid of all bitterness, rage and anger, brawling and slander, along with every form of malice. 
32. Be kind and compassionate to one another, forgiving each other, just as in Christ, God forgave you. 

Woensdag 15 & Donderdag 16 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Romeine 24:11,12]
11. Want daar is geskrywe: "So waaragtig as Ek leef," sê de Here. "Voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely."
12. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 5.
Sarah was desperaat toe sy my kom sien het. "Ek voel asof ek te 'vuil' is om selfs in die teenwoordigheid van die Vader te kom. Hoe kan Hy my vergewe van alles wat ek in my verlede gedoen het." Ek het toe haar aandag gevestig op die kragtige vers in Jesaja 1:18:
"Kom nou laat ons die saak uitmaak," sê die Here: "Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol."
Sarah het daaroor nagedink maar toe sê sy: "Goed, ek verstaan en waardeer dit, maar nou het God alreeds kanker op my liggaam gesit om my te straf." Dit was 'n leun van satan!
Ek moes verduidelik dat God nie mense siek maak nie. Hy het juis Sy Eniggebore Seun gestuur om ons te genees en uit ons kuile te red. (Psalm 107:20)
"Hy het Sy Woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red." (Psalm 107:20). En ook wat die Profeet Elia geprofeteer het:
"Die straf wat vir ons die vrede aanbring was op Jesus, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom." (Jesaja 53:5)
Maar eerste en die heel belangrikste:
Sarah moes almal vergewe wat teen haar gesondig het. Haar eerste reaksie was: "Nee, nooit!"  Maar die krag van die Woord was weereens daar om haar te oortuig. 
Ons het die relevante gedeeltes in die Bybel bestudeer en toe saam gebid. 
Sarah het toe vervolgens die name van die man en sy vrou genoem, en het die Here vertel dat sy hulle vergewe en heeltemal vrystel. 
Die las van haat het van Sarah se skouers gelig. Uiteindelik was sy vry!
[Mattheús 6:14-15]
14"Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 
15. "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie."
[Mattheus 18:21-22]
21. Toe kom Petrus na Hom en sê: "Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?"
22. Jesus antwoord hom: "Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe."
[Efesiërs 4:31-32]
31. "Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. 
32. "Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het."
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again tomorrow. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel,)
    
Cell phone photo by André Heigan.

Tuesday 14 January 2014

INNER HEALING - INNERLIKE GENESING.

Thursday 9, to Tuesday 14 January 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 58:9a] Then you will call and the Lord will answer; you will cry for help and He will say: " Here I Am."

MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 4.
I told you about the young lady who was sexually abused as a child. Let us call her Sarah. (Of course not her real name.) She was present one day when I was ministering to a group of old people on a series of teachings. 
Sarah contacted me lateron and requested that I pray for her on the next occasion, as she had cancer
Sarah was - as agreed upon - present at my next meeting.
She mentioned that she loved the way I was praying for the old people, and added that it would be wonderful to be able to pray to God as if He was her "Daddy."
I explained to her that it is precisely what God is - our "Daddy Lord," in heaven. 
I could sense though that something happened in her past that made her feel bitter, insecure and inferior. 
I requested that she tells me something about her past: Sarah told me that she lost both her parents when she was 6 years old. She was taken into the home  of some distant relatives, who had no children of their own. The couple was very friendly at first. 
With bitterness and obvious repugnance and hatred she told me how the man of the house would climb into bed with her many nights - "to comfort her", should she feel sad. 
He sexually abused her for many years, and even threatened that he would "drown her in the swimming pool one night," should she tell anybody. 
Sarah was certain though that the man's wife was conscious of what was going on.
The lady's friendliness soon changed into dislike, rudeness, meanness, hostility and disapproval. Suddenly she also bombarded Sarah into doing the cleaning up after supper and to perform many other chores in and around the house. Sarah remembered that whenever she was unhappy, her mother would tell her to sing to Jesus: "Jesus loves me, yes I know, for the Bible tells me so . . " The realisation that Jesus really loves children, was always a consolation, and made her feel better. 
Sarah loved to study the Psalms and the New Testament of the Bible, and when she had a lot of homework, as well as many things to do in and around the house, she would say softly to herself: "I can do all things through Christ Who gives me strength." (Philippians 4:13)
One morning when Sarah was in Grade 10, she felt that she could not handle the physical abuse, hostility and meanness any more, and cried out to God: "Awesome God, You said: "Call upon Me in the day of trouble.'" (Psalm 50:15) "I am calling out to You now dear Lord. Please help me!" She opened her Bible and this is what the Holy Spirit led Sarah to read: 39. "The salvation of the righteous comes from the Lord; He is their stronghold in time of trouble.
40. "The Lord helps them and delivers them; He delivers them from the wicked and saves them, because they take refuge in Him." (Psalm 37:39-40)
Her eyes also fell on a note that she made on the last page of her Bible: "He who dwells in the shelter of the Most High, will rest in the shadow of the Almighty." (Psalm 91:1)
Sarah knew beyond a doubt that God Almighty was going to help her that day, and set her free. She slipped her Bible, toothbrush, all her School things and also all her School clothes into her sport and School bags, and quietly left the house by the back door. On her way to School she kept on repeating: "JESUS, JESUS, JESUS!" Why, she did not know, but when she arrived at School, she went straight to the secretary's office. She saw on the notice board that an old lady - staying quite close to the School - was looking for a young little lady to come and stay with her, (if it was at all possible,) in order to help her to bath, and to assist her in general. A "small salary" could also be negotiated. 
Sarah went to see the old lady that same afternoon after School. When she saw the kind, wrinkled face of the dear old lady, she was immediately reminded of her mother, and burst into tears. 
All the abuse, mentally, physically and spiritually suddenly overwhelmed Sarah. All she could stammer was: "I think God the Holy Spirit sent me here."
The old lady, or Gran, as she wished to be called, was very kind to her and prompted her to tell all
Gran listened quietly. "You cannot go back there," she then remarked softly. "They have no hold on you, you can stay here for as long as you wish. The law is on our side. I will arrange for a meeting with the School principal tomorrow." This was a new life that started for Sarah. but she still could not escape her past, and all the unpleasant memories sometimes made her feel physically ill. She realised that she can't and never will forgive "that man" who abused her, as well as his unkind, mean and domineering wife. 
She matriculated successfully. and followed a secretarial course afterwards. She and Gran had a wonderful relationship of friendship and trust. Then one day suddenly Gran exchanged the temporary with the eternal. It came as a big shock to Sarah. but she realised that her beloved Gran was now safely with Jesus, and that life goes on. Gran left her the house and also some money. Sarah kept on working as a secretary at a local firm. 
"All was well now," one would say, but at the age of 30 she developed cancer in her one lung, and then it soon spread through her bones.
The poison of the hatred and unforgiveness was starting to take its toll. . .
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share with you again tomorrow.)

Donderdag 9, tot Dinsdag 14 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 58:9a] Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: "Hier is Ek!"

BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 4.
Ek het u vertel van die jong dame wat seksueel gemolesteer is as kind. Kom ons noem haar Sarah. (Natuurlik nie haar regte naam.) 
Sarah was eendag teenwoordig toe ek 'n reeks dienste gelewer het aan 'n groep oumense. Sy het my later gekontak en gevra vir gebed, aangesien sy kanker het. 
Sarah was - soos afgespreek - teenwoordig by my volgende diens. Sy het genoem dat sy hou van die manier waarop ek vir die ou mense bid, so asof ek met my Pappa praat. Sy het ook genoem dat dit wonderlik moes wees om met God te kan praat - so asof Hy ons "Pappa" is. Ek het verduidelik dat dit presies is wat God is: ons PAPPA VADER in die hemel. 
Ek kon egter aanvoel dat daar êrens in haar verlede groot hartseer was, en dat dit haar baie bitter, onseker en minderwaardig laat voel het. 
Ek het haar begin uitvra oor haar verlede. 
Sy het my vertel dat beide haar ouers dood is toe sy slegs 6 jaar oud was.
Sy is ingeneem deur veraf familielede omdat hulle nie self kinders gehad het nie. Die egpaar was baie vriendelik aan die begin. 
Met groot verbittering en duidelike weersin en haat het sy my begin vertel hoe die man gereeld by haar in die bed geklim het "om haar te troos" as sy hartseer sou wees. Hy het haar jare lank seksueel gemolesteer. Hy het haar selfs gedreig en gesê: "as sy iemand sou vertel, hy haar een nag in die swembad sou verdrink."
Sarah was egter seker dat sy vrou van alles bewus moes gewees het. Haar vriendelikheid het spoedig verander in ongeskiktheid, vyandige oorheersing,  gemeenheid, onbeskoftheid en afkerigheid. Skielik het sy Sarah daarin gebombardeer om alles skoon en aan die kant te maak na aandete, en ook om vele ander take in en om die huis te verrig. 
Sarah het toe onthou dat haar ma haar vertel het dat wanneer sy ongelukkig is, sy vir Jesus moes sing: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God . . . " Die besef dat Jesus kinders liefhet het haar getroos en altyd beter laat voel. 
Sarah was lief om die Psalms en die Nuwe Testament van die Bybel te bestudeer. En wanneer sy baie Skool-werk sowel as verskeie take in en om die huis gehad het om te verrig, het sy altyd saggies vir haarself gesê: "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."
(Filippense 4:13)
Een oggend, toe sy in Graad 10 was, het sy gevoel dat sy die gemeenheid, mishandeling en skending van haar persoon nie meer langer kon hanteer nie, het sy uitgeroep tot God: "Grote God, U Woord sê: "Roep My aan in die dag van benoudheid," (Psalm 50:15) "Ek roep uit tot U Grote God, help my asseblief!"
Sy het haar Bybel oopgeslaan en die Heilige Gees het haar gelei om die volgende te lees: 
39. "Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in die tyd van benoudheid. 
40. "En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom."
(Psalm 37:39-40)
Haar oë het ook geval op 'n nota wat sy op die laaste bladsy in haar Bybel geskryf het: "Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige." (Psalm 91:1)
Sarah het skielik sonder enige twyfel besef dat God die Almagtige Vader haar daardie dag sou help en bevry. 
Sy het haar Bybel, tandeborsel, al haar ander Skoolbenodigdhede en ook haar ander skoolklere in haar tas en sportsak geprop en stilletjies by die agterdeur van die huis uitgeglip. Op pad skooltoe het sy aanhoudend geprewel: "JESUS, JESUS, JESUS."
Waarom weet sy nie, maar toe sy by die Skool opdaag, het sy reguit na die sekretaresse se kantoor gegaan. Op die advertensie-bord het sy gesien dat 'n ou dame - wat redelik naby die Skool bly, die hulp van 'n jong dametjie benodig en sommer - indien dit enigsins moontlik sou wees - by haar kom intrek. Sy moes die ou dame help om te bad, en ook klein algemene takies verrig. 'n Klein salaris vir haar dienste kon ook bespreek word. 
Sarah het die ou dame dieselfde middag na Skool gaan sien. Toe sy haar dierbare, geplooide, vriendelike ou gesiggie sien het sy dadelik aan haar eie moeder gedink, en in trane uitgebars. 
Al die aanranding en vernedering - verstandelik, liggaamlik en geestelik, het haar skielik oorweldig. Al wat sy kon stamel was:
"Ek dink God die Heilige Gees het my hierheen gestuur."
Die ou dame, of Gran, soos wat sy graag genoem wou word, was dierbaar en vertroostend en het haar uitgenooi om al haar hartseer te deel. 
Gran het stilweg na haar geluister, en later sag gesê: "Jy kan nie teruggaan daarheen nie. Hulle het geen houvas op jou nie. Die wet is aan ons kant. Jy kan by my bly solank as wat jy wil. Ek sal jou ook 'n klein salaris betaal vir jou hulp en bystand. Ek sal intussen samesprekinge met jou Skoolhoof reël. 
'n Nuwe lewe het vir Sarah begin, maar sy kon steeds nie verlos word van haar verlede nie. Al die onaangename herinneringe het haar somtyds fisies siek laat voel. 
Sarah het besef dat sy nooit "daardie man" wat haar so verneder het sal en kan vergewe nie - ook nie sy gemene, onvriendelike en dominerende vrou nie. 
Sy het suksesvol gematrikuleer, en daarna 'n sekretariële kursus gevolg. 
Sy en Gran het deurentyd 'n wonderlike verhouding van vertroue en vriendskap gehad. 
Toe skielik een dag, verruil Gran die tydelike met die ewige. Dit was 'n geweldige skok vir Sarah, maar sy het besef dat haar dierbare Gran nou veilig by Jesus was, en dat die lewe aangaan. Gran het haar die huis en 'n som geld nagelaat. 
Sarah het aanhou werk as sekretaresse by 'n plaaslike firma. 
Nou sal u sê: "alles het toe tog goed uitgewerk," maar op die ouderdom van 30 het Sarah kanker in haar een long opgedoen. Daarna het dit deur al haar gebeente versprei. 
Die gif van die haat en onvergewensgesindheid het sy tol begin eis. . . .
(As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre verder met u deel.)
     
Photo by / Foto deur: Martin Heigan. 

Wednesday 8 January 2014

INNER HEALING / INNERLIKE GENESING.

Wednesday 8 January 2014. 
WORD OF THE DAY:
[1 Corinthians 15:57] But thanks be to God! He gives us the victory through our Lord Jesus Christ. 

Wednesday 8 January 2014. 
MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 3.
It does not matter what your concerns or your problems are, God Has the answer and He will help you. 
If you believe that Jesus is the Son of God, and that the Father raised Him from the dead, you will be saved. We read the following in Romans 10:9-11,13: 
9. That if you confess with your mouth, the Lord Jesus and believe in your heart that God Has raised Him from the dead, you will be saved. 
10. For with the heart one believes to RIGHTEOUSNESS, and with the mouth confession is made to salvation. 
11. For the Scripture says: "Whoever believes on Him, will not be put to shame."
13. For: "Whoever calls upon the Name of the Lord, shall be saved."
As you will now realise, RIGHTEOUSNESS means to be in right standing with God. In short: you will now be able to communicate with God freely - now that you are in right standing with God. Jesus restored our communication with God, after Adam "messed up."  By suffering on the cross, Jesus could "wipe out" the unrighteousness of sin. Free communication with God was thus restored. BUT, then we must do the confession according to Romans 10:9-11. (We must believe with our hearts and say it with our mouths)
When you are in right standing with God, you can request that His Son Jesus Christ heal all your wounds and hurts, for instance: worries, fears, rejection, anxiety, -- self-pity, bitterness, smouldering hatred, repugnance and unforgiveness --with regards to things that happened in the past. Memories that keep on coming back - memories that can still bring back hurt. 
Tomorrow (if the Lord permits), I will be sharing with you about a young woman, who was sexually abused for many years when she was a child. Also how she later-on developed cancer. I believe it is because she was never freed from unforgiveness, and the "smouldering hatred" that she felt towards the man who abused her. Also because she still felt rejected and irreparably humiliated. 

Woensdag 8 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Korinthiërs 15:57]. Maar God Sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 3.
Dit maak nie saak wat jou pla of wat jou probleem is nie, God het die antwoord daarvoor en Hy kan jou help. 
As jy glo dat Jesus die Seun van God is, en dat die Vader Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. Ons lees die volgende in Romeine 10:9-11,13:  
9. As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
10. Want met die hart glo ons tot GEREGTIGHEID, en met die mond bely ons tot redding.
11. Want die Skrif sê: "Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie."
13. Want: "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."

Soos u kan aflei, beteken GEREGTIGHEID 'n regte verhouding met God, gemeenskap met God die Vader. In kort beteken dit dan dat u gedurig met God kan kommunikeer - dat u in 'n regte verhouding met God is. Jesus het ons weer in regte verhouding met God gebring nadat Adam dit "opgemors" het. Deur vir ons aan die kruis te sterf, kon Jesus "boete doen," en die ongeregtigheid van die sonde uitwis. Vrye kommunikasie met God is dus weer herstel. MAAR, dan moet ons die belydenis doen volgens Romeine 10:9-11 (Ons moet met die hart glo, en met die mond bely.)
As u in regte verhouding met God is, kan u Hom vra dat Sy Seun Jesus Christus al u wonde genees, byvoorbeeld: Bekommernis, vrees, verwerping, angs, selfbejammering, --bitterheid, haat, sluimerende woede, weersin en onvergewensgesindheid--betreffende dinge wat in u verlede gebeur het. Herinneringe uit die verlede wat steeds by u opduik en steeds seermaak. 
Môre (as dit die wil van God is), sal ek u vertel van 'n jong vrou wat as kind vir jare seksueel gemolesteer was.
Ook hoe sy later kanker opgedoen het omdat, (glo ek) sy nie vrygestel was van hierdie broeiende woede. weersin en onvergewensgesindheid jeens die man wat haar misbruik het nie. Seker ook omdat sy steeds gevoel het sy is verwerp en onherstelbaar verneder. 

Tuesday 7 January 2014

INNER HEALING / INNERLIKE GENESING.

Tuesday 7 January 2014.
WORD OF THE DAY:
I will be glad and rejoice in You; I will sing praise to Your Name, O Most High. [Psalm 9:2]

Dinsdag 7 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van U Naam, O Allerhoogste! [Psalm 9:3]

Tuesday 7 January 2014.
MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 2.
16. God so  loved us "that He gave His one and Only Son, that whoever believes in Him shall not perish but have ETERNAL LIFE."
17. For God did not send His Son into the world - to condemn the world, but to save the world through Him.
19. This is the verdict: "Light came into the world, but men loved darkness instead of light, because their deeds were evil." (John 3:16,17,19)

God thus sent Jesus to free us from eternal death; to save us from our sins and iniquities, and to heal us body, soul and mind. 
The prophet Isaiah prophesied in Isaiah 42 about the Word that was revealed to him: In Isaiah 42 verses 6 and 7 we read:
6. "I, the Lord, have called You in righteousness; 'I will take hold of Your hand. I will keep You and make You to be a covenant for the people, and a Light for the Gentiles;
7. 'To open eyes that are blind; to free captives from prison, and to release from the dungeon those who sit in darkness.'"
Jesus came to put everything into perspective. Through INNER HEALING He wants to free us from bondage; and to clear up our darkness. He wants to shine His light upon us and lead us.
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will  continue my teaching on "INNER HEALING" tomorrow.)
I trust that the light will eventually break through for you, and that you will be able to benefit from this teaching.

Dinsdag 7 Januarie 2014.
BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 2.
16. God het ons so "liefgehad dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê." 
17. Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur, "nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word."
19. En dit is die oordeel: "dat die LIG in die wêreld gekom het. En die mense die duisternis liewer gehad het as die LIG; want hulle werke was boos." (Johannes 3:16,17,19)

God het Jesus dus na ons gestuur om ons te verlos van 'n ewige dood; om ons te red van ons sonde en ongeregtighede, en om genesing vir ons na siel, gees en liggaam te skenk. 
Die profeet Jesaja profeteer in Jesaja 42 oor die Woord wat aan hom geopenbaar is: 
In Jesaja 42 verse 6 en 7 lees ons:
6. "Ek, die Here, het U geroep in geregtigheid, en 'Ek vat U hand en behoed U, en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n LIG van die nasies.
7. "'Om blinde oë te open; om gevangenis uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.'"
Jesus het gekom om alles in perspektief te bring: Deur INNERLIKE GENESING wil Hy ons vrymaak uit ons gevangenskap. Hy wil ons duisternis laat opklaar en Sy lig oor ons laat skyn, en ons lei. 
(As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre aangaan met my lering oor "INNERLIKE GENESING.")
Ek vertrou dat die lig uiteindelik vir u sal deurbreek, en dat u voordeel uit hierdie lering sal kan trek. 
Photo supplied by John Hagee Ministries

Monday 6 January 2014

INNER HEALING. / INNERLIKE GENESING.

Monday 6 January 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 42:8]
"I Am the Lord; that is My Name! I will not give My glory to another, or My praise to idols."

MESSAGE OF THE DAY:
INNER HEALING:
Part 1.
After my prevous series on which I spent considerable time, the Father forced me to a standstill. For two days I spent a lot of time in prayer and to study the Word of God. 
I came to the conclusion that everything God wants me to do is clearly expressed in the Word. He once again showed me that many of His children are suffering because of "hurt" in their past. A "hurt" that keeps on returning because of memories - wounds and hurts buried deep within their emotions and souls. A hurt depriving them of joy, cheerfulness and their general courage to face their daily circumstances.
The Father wants to free His children of all dejection, depression, remorse and pangs of conscience. Yes indeed, Jesus wants to take our hands and help us. He wants to help us to remember all the nice, joyous and precious things in our past. So that even things that hurt may be remembered with gladness. 
Because Jesus also came to give us "inner healing"- 
"A bruised reed He will not break, and a smouldering wick He will not snuff out. In faithfulness He will bring forth justice. 
[Isaiah 42:3]
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will deal with "Inner healing" tomorrow and the days that follow.) I AM POSITIVE THAT YOU WILL BENEFIT A LOT BY THIS TEACHING. 

Maandag 6 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 42:8]
"Ek is die Here, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
INNERLIKE GENESING:
Deel 1.
Ná my vorige reekse waaraan ek vir 'n geruime tyd gewerk het, het die Vader my tot stilstand gedwing. Ek het twee dae baie aan gebed gewy en ook die Woord van God bestudeer. Ek het tot die besef gekom dat die antwoord van alles wat Hy wou hê ek moet doen, duidelik in die Woord uitgestippel is. Hy het my weereens daarop gewys dat sovele van Sy kinders "seer" het - pyn wat aanhoudend terugkeer, deur middel van hulle herinneringe - wonde en "seer" plekke diep in hulle emosies en siele. 
So 'n "seer" ontneem dan ook die kinders van God hulle vreugde, hulle  blymoedigheid en hulle algemene moed vir die lewensomstandighede waarin hulle daagliks verkeer. 
Die Vader wil Sy kinders vrymaak van hierdie pyn, terneergedruktheid en alle vorms van gewetenswroeging. Ja inderdaad, Jesus wil ons hand neem en ons help. Hy wil ons help om herinner te word aan al die mooi, die vreugdevolle en die kosbare herinneringe wat daar wel in ons verlede was - sodat selfs dit wat seergemaak het met blymoedigheid onthou kan word. 
Want Jesus het ook gekom om ons "Innerlike genesing," te bring:
"Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring."
[Jesaja 42:3]
(As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek môre en die daaropvolgende dae aan "Innerlike genesing" skenk.)
EK GLO U SAL BAIE BAAT DAARBY VIND.
   Cell phone photo / Selfoon foto




Friday 3 January 2014

POWERFUL PRAYER BY PASTOR JOHN HAGEE. / KRAGTIGE GEBED DEUR PASTOOR JOHN HAGEE.

Friday 3 January 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Job 36:11]
If they obey and serve Him, they will spend the rest of their days in prosperity, and their years in contentment. 

Vrydag 3 Januarie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Job 36:11]
As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. 

Friday 3 January 2014. 
POWERFUL PRAYER BY PASTOR JOHN HAGEE. (Pastor John - Cornerstone Church, San Antonio, TEXAS.) - I found it on his website some while back, and decided to share this extremely powerful prayer with everybody early this year. 

Heavenly Father, God of Abraham, Isaac and Jacob. I come before you today as your child, seeking your divine favour. 
Lord God, Your favour surrounds the righteous. In faith believing I receive the favour of God now, in every dimension of my life. Let the favour of God rest upon every member of my family. Let Your favour rest upon our health, our finances and our relationships. 
Lord God, from this day forward I am going to receive the limitless favour of God - - supernatural increase, promotion, restoration, honour, spiritual victories, petitions granted and battles won - so I don't have to fight them.  
The favour of God is upon me; it goes before me, and therefore my life will never be the same again. In Jesus Name. Amen. 
 
(Indien enigiemand graag hierdie gebed in Afrikaans vertaal wil hê, laat my weet. Ek ssl dit met graagte vir u vertaal.)


Thursday 2 January 2014

NUWEJAARSGEBED.

Ek vra om verskonjng dat gister se "Woord van die dag" foutief was, in beide Engels en Afrikaans. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 46:4]
Even to your old age and grey hairs I Am He, I Am He Who will sustain you. I have made you and I will carry you; I will sustain you and I will rescue you. 

WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 46:4]
En tot die ouderdom toe is Ek dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ek het dit gedoen en Ek sal julle opneem, en Ék sal dra en red. 

2 Januarie 2014.
NUWEJAARSGEBED:
Groot en Almagtige God en Hemelvader. Dankie vir hierdie nuwe dag en jaar in ons lewens. Dankie vir 'n nuwe begin. 
Help ons Vader God om ons oë op U gevestig te hou, en U te glo en vertrou soos klein kindertjies, met onwrikbare en standvastige geloof. 
Wanneer ons bid Vader, help ons om nie te twyfel nie, want U Woord sê as ons bid, moet ons in geloof bid sonder om te twyfel; want hy wat twyfel is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Ook dat so 'n mens nie moet dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 
Help ons om onwankelbare geloof te hê Vader, sodat ons met ons "berge" kan praat en hulle kan beveel om hulleself op te hef en in die see te werp. Help ons om nie in ons harte te twyfel nie maar sal glo dat ons alles wat ons in die gebed vra, sal ontvang. 
U Woord sê dat die vurige gebed van die regverdige groot krag het; en ook dat die gebed van die opregtes welgevallig is voor U. 
Mag ons gebede welgevallig wees voor U  O God, ons vra dit in die Naam van Jesus Christus ons Redder en Verlosser. 
Dankie vir U kosbare Heilige Gees wat U aan ons geskenk het. Hy is ons Helper, ons Vriend, ons Trooster, ons
Leidsman en ons Raadgewer. 
Help ons asseblief Almagtige God om Sy stem te kan hoor. 
Sonder U O Wonderbare heilige Drie-Enige God, is ons sonder hoop. Ons is verwyder van U teenwoordigheid as gevolg van die sondeval van Adam en Eva, toe sonde sodoende die wêreld binnegekom het.
Dankie Almagtige God dat U die wêreld so lief gehad het, dat U, U Enig-Gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 
Asseblief Almagtige Vader God, wees ons genadig en skenk ons opnuut 'n nuwe lewe, vreugde en vrede wat alle verstand te bowe gaan. 
Ons weet nie wanneer Jesus op die wolke sal kom om ons te kom haal nie wonderbare Vader, maar help ons asseblief om gereed te wees. Laat die bloed van Jesus asseblief al ons sondes en ongeregtighede afwas. Vergewe ons deur U reddende genade, en skryf ons name in die Lam se Boek van die Lewe.
Wees genadig en vergewensgesind Wonderbare God, want daar staan geskrywe: Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. Help ons asseblief! Ons vra dit Vader in die Naam van Jesus Christus ons Here, Saligmaker en Verlosser. 
Amen en amen. 
Skrifte waarna verwys is in die gebed:
Jakobus 1:6-7; Markus 11:23-25; Spreuke 15:8b; Jakobus 5:16b; Johannes 3:16; Filippense 4:7; Romeine 3:23. 

Cell phone photo.    /    Selfoon foto. 

Wednesday 1 January 2014

PRAYER. : GEBED.

Wednesday 1 January 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 46:49]
Even to your old age, I Am He, and even to gray hairs I will carry you!

Woensdag 1 Januarie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jesaja 46:49]
En tot die ouderdom toe, is Ek dieselfde, ja, tot die grysheid toe, sal Ek julle dra!
            <><><><€<€><><><>

Wednesday 1 January 2014.
PRAYER FOR TODAY:
Dear Lord God Almighty, thank you for this new day and new year in our lifes. Thank you Lord for a new beginning. Help us Father God to keep our eyes fixed upon You and to trust you like little children, unwavering in our faith. When we pray Lord, help us not to doubt because Your Word says he who doubts, is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind, because then we won't receive anything from You. 
Help us to have unwavering faith Lord, so that we can speak to our mountains and command them to depart and to be planted in the sea. And Your Word also says that the prayer of the righteous avails much and that the prayer of the upright pleases You. May our prayers please You O Lord, we ask this in the Name of Jesus Christ our Lord and Saviour. 
Thank You for Your Precious Holy Spirit that You gave unto us. He is our Helper, our Friend, our Comforter and our Councillor. Help us to hear His voice dear Lord.
We are hopeless without You, wonderful Holy Trinity. We fell from Your presence when sin came into the world through Adam and Eve. 
Thank you Lord that you so loved the world that You gave Your One and Only Son, that whoever believes in Him should not perish but have eternal life. Please Father God be gracious unto us and give us new life, joy and preace.
We don't know when Jesus will be coming on the clouds to fetch us Father God, but help us to be ready. Please let the blood of Jesus wash away all our sins and transgressions. Forgive our sins and write our names in the Lamb's Book of Life. 
Be gracious and kind and forgiving dear God, because Your Word says we all have sinned and fall short of the glory of God. We ask this Lord in faith believing. In the Name of Jesus Christ our Lord and Saviour. Amen and amen.
(This is just a basic prayer. You can change it to meet your needs, in faith believing) 
MAY YOU BE BLESSED WITH A WONDERFUL AND PROSPEROUS 2014. 

Woensdag 1 Januarie 2014.
GEBED VIR VANDAG:
As dit die wil van God is sal ek die Afrikaanse weergawe van hierdie gebed môre aan u deurgee. 
    Cell phone photo : Selfoon foto