Saturday 31 October 2015

PROVERBS 5, First section ... / SPREUKE 5, Eerste gedeelte ...

Monday 2 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 26:2)
Like a fluttering bird or like a flying swallow, so a curse without cause does not come to rest. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 5, First section ...
1. English - (New English Translation)
(Proverbs 5:1-7)
1. My child, be attentive to my wisdom, pay close attention to my understanding. 
2. In order to safeguard discretion, and that your lips may guard knowledge. 
3. For the lips of the adulterous woman drip honey, and her seductive words are smoother than olive oil, 
4. But in the end she is bitter as wormwood, sharp as a two-edged sword. 
5. Her feet goes down to death; her steps lead straight to the grave. 
6. Lest she should make level the path leading to life, her paths are unstable but she does not know it. 
7. So now children, listen to me; do not turn aside from the words I speak. 

Maandag 2 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 26:2)
Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaeltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 5, Eerste gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Spreuke 5:1-7)
1. My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig, 
2. Dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;   
3. Want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie. 
4. Maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos 'n swaard aan weerskante skerp. 
5. Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe. 
6. Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange, sonder dat sy dit weet. 
7. Luister dan nou na my julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden


PROVERBS 5, Second section ...

Tuesday 3 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 19:17)
He who has pity on the poor lends to the Lord, and the Lord will repay him for his good deed. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 5, Second section ...
1. English - (New English Translation).
(Proverbs 5:8-15)
8. Keep yourself far from her, and do not go near the door of her house,  
9. Lest you give your honour to others, and your years to those without mercy. 
10. Lest strangers (and false teachings) devour your strength and wealth and your labour benefit another man's house. 
11. And at the end of your life you will groan when your flesh and your body are wasted away. 
12. And you will say: "How I hated discipline! My heart spurned reproof!
13. "For I did not obey my teachers and I did not heed my instructors. 
14. "I almost came to complete ruin in the midst of the whole congregation."
15. Drink waters from your own cistern (of a pure marriage relationship) and fresh running waters from your own well. 

Dinsdag 3 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 19:17)
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 5, Tweede gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 5:8-15)
8. Hou jou weg van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie, 
9. Sodat jy nie jou bloei aan ander gee, en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
10. Sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë, en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie;
11. En jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is, 
12. En moet sê: "Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad!
13. "En nie geluister na die stem van my onderwysers, en nie gehoor gegee het aan die wat my geleer het nie!
14. "Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en in die gemeente."
15. Drink water uit jou eie reënbak, en strome uit jou eie put. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden


PROVERBS 6. Second section - The Folly of Indolence / Die Dwaasheid van Luiheid en Traagheid.

Friday 6 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 18:10)
The Name of the Lord is like a strong tower; the righteous person runs to it, and is set safely on high. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 6, Second section - The folly of indolence. 
1. English - (Amplified Bible Version) 
(Proverbs 6:6-11) 
6. Go to the ant, you sluggard; consider her ways and be wise! -
7. Which, having no chief, overseer or ruler, 
8. Provides her food in the summer, and gathers her supplies in the harvest. 
9. How long will you sleep, o sluggard? When will you arise out of your sleep? 
10. Yet a little sleep, a little slumber, a little folding of the hands to lie down and sleep -
11. So will your poverty come like a robber or one who travels (with slowly but surely approaching steps) and your want like an armed man (making you helpless). 

Vrydag 6 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 18:10)
Die Naam van die Here is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 6, Tweede gedeelte - Die dwaasheid van traagheid en luiheid. 
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 6:6-11)
6. Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
7. Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, 
8. Maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. 
9. Hoe lank luiaard sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?
10. Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou om uit te rus!
11.  So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden

PROVERBS 8, THE EXCELLENCE OF WISDOM, First section ... / SPREUKE 8, DIE VOORTREFLIKHEID VAN WYSHEID, - Gedeelte een.

Wednesday  18 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 17:1)
Better is a dry crust of bread where there is quietness, than a house full of feasting with strife. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 8, THE EXCELLENCE OF WISDOM. First section ...
1. English - (Amplified Bible Version)
(Proverbs 8:1-9)
1. Does not skillful and Godly Wisdom cry out, and understanding raise her voice, in (contrast to the loose woman)?
2. On top of the heights, beside the way, where the paths meet, stands Wisdom (skillful and godly);  
3. At the gates, at the entrance of the town, at the coming in at the doors, she cries out: 
4. "To you o men I call, and my voice is directed to the sons of men. 
5. "O you simple and thoughtless ones, understand prudence; you (self-confident) fools, be of an understanding heart. 
6. "Hear, for I will speak excellent and princely things; and the opening of my lips shall be for right things. 
7. "For my mouth shall utter truth, and wrongdoing is detestable and loathsome to my lips.  
8. "All the words of my mouth are righteous (upright and in right standing with God); there is nothing contrary to truth or crooked in them. 
9. "They are all plain to him who understands (and opens his heart), and right to those who find knowledge (and live by it)."

Woensdag 18 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 17:1)
Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby, as 'n huis vol offermaaltye met getwis. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 8, DIE VOORTREFLIKHEID VAN WYSHEID. Eerste gedeelte ...
2. Afrikaans (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 8:1-9)
1. Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie? 
2. Op die top van die hoogtes, langs die weg, op die kruispad van die paaie staan sy, 
3. Aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop: 
4. "Ek roep na julle manne, en my stem is tot die mensekinders:
5. "Leer tog skranderheid verstaan eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan. 
6. "Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.  
7. "Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.   
8. "Al die woorde van my lippe is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie. 
9. "Hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in the porch of our house. 


PROVERBS 8, Third Section, (The Excellence of Wisdom). / SPREUKE 8, Derde gedeelte... / (Die Voortreflikheid van Wysheid).

Friday 20 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 16:3)
Commit your works to the Lord, and your plans will be established. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 8, Third section - (The Excellence of Wisdom). 
1. English - (New English Translation) 
(Proverbs 8:19-27)
19. "My fruit is better than the purest gold, and what I produce is better than choice silver. 
20. "I walk in the path of righteousness, in the pathway of justice,
21. That I may cause those who love me, to inherit wealth, and thet I may fill their treasuries. 
22. "The Lord created me as the beginning of His works, before His deeds of long ago. 
23. "From eternity I was appointed, from the beginning, from before the world existed. 
24. "When there were no deep oceans I was born, when there were no springs overflowing with water;  
25. "Before the mountains were set in place - before the hills - I was born. 
26. "Before He made the earth and its fields, or the beginnjng of the dust of the world. 
27. When He established the heavens, I was there; when He marked out the horizon over the face of the deep.

Vrydag 20 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 16:3)
Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 8, Derde gedeelte, (Die Voortreflikheid van Wysheid).
(Spreuke 8:19-27)
19. "My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.  
20. "Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg, 
21. "Om die wat My liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol. 
22. "Die Here het my berei as eersteling van Sy weg, voor Sy werke, van ouds af. 
23. "Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. 
24. "Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;
25. "Voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore; 
26. "Toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. 
27. "Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden



PROVERBS 8, Second section, (The Excellence of Wisdom). / SPREUKE 8, Tweede gedeelte, (Die Voortreflikheid van Wysheid) ...

Thursday 19 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 14:26)
In the fear of the Lord one has strong confidence, and it will be a refuge for his children. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 8, Second section. (The Excellence of Wisdom).
1. English - (Amplified Bible Version) 
(Proverbs 8:10-18)
10. "0 receive my instruction in preference to (striving for) silver, and knowlegde rather than choice gold, 
 11. "For skillful and Godly Wisdom is better than rubies or pearls, and all the things that may be desired, are not to be compared to it.  
12. "I Wisdom, (from God), make prudence my dwelling, and I find out knowledge and discretion. 
13. "The reverent fear and worshipful awe of the Lord (includes): the hatred of evil; pride, arrogance, the evil way, and perverted and twisted speech I hate.  
14. "I have counsel and sound knowledge, I have understanding, I have might and power.  
15. "By me kings reign and rulers decree justice. 
16. "By me princes rule, and nobles, even all the judges and governers of the earth. 
17. "I love those who love me, and those who seek me early and diligently shall find me. 
18. "Riches and honour are with me, enduring wealth and righteousness (uprightness in every area and relation, and right standing with God).

Donderdag 19 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 14:26)
In die vrees van die Here lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 8, Tweede gedeelte. (Die Voortreflikheid van Wysheid).
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 8:10-18)
10. "Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud. 
11. "Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. 
12. "Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. 
13. "Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid, en 'n slegte wandel, en 'n huigelagtige mond haat ek. 
14. "Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne. 
15. "Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;
16. "Deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde. 
17. "Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind. 
18."Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid."
 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden


PROVERBS 7, Third section, - (The Crafty Harlot). / SPREUKE 7, Derde gedeelte, - (Die Ontugtige Vrou).

Weekend 14 & 15 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 12:21)
The righteous do not encounter any harm, but the wicked are filled with calamity. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 7. Third section. (The Crafty Harlot)...
1. English - (Amplified Bible Version). 
(Proverbs 7:19-27)
19. For the man is not at home; he is gone on a long journey;
20. He has taken a bag of money with him, and will come home at the day appointed (at the full moon).
21. With much justifying and enticing argument she persuades him, with the allurements of her lips she leads him (to overcome his conscience and his fears), and forces him along. 
22. Suddenly he (yields and) follows her reluctantly like an ox moving to the slaughter, like one in fetters going to the correction (to be given), to a fool or like a dog enticed by food to the muzzle. 
23. Till a dart (of passion) pierces and inflames his vitals, then like a bird fluttering straight into the net (he hastens), not knowing that it will cost him his life. 
24. Listen to me now therefore, O you sons, and be attentive to the words of my mouth. 
25. Let not your heart incline toward her ways, do not stray into her paths. 
26. For she has cast down many wounded; indeed, all her slain are a mighty host.  
27. Her house is the way to Sheol (Hades, the place of the dead), going down to the chambers of death. 

Naweek 14 & 15 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 13:7)
Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 7, Derde gedeelte. (Die Ontugtige Vrou)...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 7:19-27)
19. Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan, 
20. Die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom. 
21. Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. 
22. Hy loop skielik agter haar aan, soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
23. Totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg - sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. 
24. Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. 
25. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. 
26. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. 
27. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.  

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden


PROVERBS 5, Third section ... / SPREUKE 5, Derde gedeelte ...

Wednesday 4 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 14:20)
A poor person is disliked even by his neighbours, but those who love the rich are many.  

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 5, Third section ...
1. English - (New English Translation & Amplified Bible Version).
(Proverbs 5:16 23)
16. Should your offspring be dispersed abroad as water brooks in the street?
17. (Confine yourself to your own wife) let your children be for you alone, and not the children of strangers with you. 
18. Let your fountain (of human life) be blessed (with the rewards of fidelity), and rejoice in the wife of your youth.  
19. Let her be as the the loving hind and pleasant doe (tender, gentle, attractive) - let her bosom satisfy you at all times, and always be transported with delight in her love. 
20. Why should you, my son, be infatuated with a loose woman, enbrace the bosom of an outsider, and go astray?
21. For the days of man are directly before the eyes of the Lord, and He (Who would have us live soberly, chastely, and godly) carefully weighs all man's goings. 
22. His own iniquities shall ensnare the wicked man, and he shall be held with the cords of his sin. 
23. He will die for lack of discipline and instruction, and in the greatness of his folly he will he will go astray and be lost. 

Woensdag 4 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 14:20)
Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 5, Derde gedeelte ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 5:16-23)
16. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine? 
17. Hulle moet vir jou alleen wees, en nie vir 'n ander saam met jou nie. 
18. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug - 
19. Die lieflike wildsbokkie en die aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. 
20. Maar waarom sou jy my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?
21. Want elke mens se weë is voor die oë van die Here, en Hy weeg al sy gange. 
22. Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou. 
23. Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Many thanks for this pic from "Jesus Lifestyle", kindly presented to me by Alta van Vuuren. 



PROVERBS 6, Third section. (The Wicked Man).

Weekend 7 & 8 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 15:17)
Better is a meal of vegetables where there is love, than a fattened ox, where there is hatred. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 6, Third section. (The wicked man).
1. English - (Amplified Bible Version).
(Proverbs 6:12-15)
12. A worthless person, a wicked man, is he who goes about with a perverse (contrary, wayward) mouth. 
13. He winks with his eyes, he speaks by shuffling or tapping with his feet, he makes signs (to mislead and deceive), and teaches with his fingers. 
14. Willful and contrary in his heart, he devises trouble, vexation, and evil continually; he lets loose discord and sows it. 
15. Therefore upon him, shall the crushing weight of calamity come suddenly; suddenly shall he be broken, and that without remedy. 

Naweek 7 & 8 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 15:17)
Liewer 'n porsie groente waar liefde by is,  as 'n vetgevoerde bees en haat daarby. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 6, Derde gedeelte. (Die bose man).
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 6:12-15)
12. 'n Deugniet, 'n kwaaddoener, is hy wat met 'n valse mond rondloop, 
13. Wat met sy oë knip, met sy voete beduie, en met sy vingers tekens gee;
14. In wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai. 
15. Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word, sonder dat daar genesing daarvoor is. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden

Thursday 29 October 2015

PROVERBS 7, First section, - (The Crafty Harlot. / SPREUKE 7, Eerste gedeelte, - (Die Ontugtige Vrou).

Thursday 12 November 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proberbs 12:4)
A noble wife is the crown of her husband, but the wife who acts shamefully, is like rottenness to his bones. 

MESSAGE OF THE DAY:
PROVERBS 7, First section, The Crafty Harlot ...
(Proverbs 7:1-9)
1. My son, keep my words; lay up within you my commandments (for use when needed) and treasure them. 
2. Keep my commandments and live, and keep my law and teaching as the apple (the pupil) of your eye. 
3. Bind them on your fingers; write them on the tablet of your heart. 
4. Say to skillful and Godly Wisdom: "You are my sister", and regard understanding or insight as your intimate friend - 
5. That they may keep you from the loose woman, from the adventuress who flatters with, and makes smooth her words. 
6. For at the window of my house, I looked out through my lattice.  
7. And among the simple (empty-headed and empty-hearted) ones, I perceived among the youths a young man void of good sense. 
8. Sauntering through the street near the (loose woman's) corner; and he went the way to her house. 
9. In the twilight, in the evening; night black and dense was falling (over the young man's life).
 
Donderdag 12 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 12:4)
'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting van sy gebeente. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 7, Eerste gedeelte, - (Die Ontugtige Vrou).
(Spreuke 7:1-9)
1. My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;
2. Onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
3. Bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. 
4. Sê aan die Goddelike Wysheid: "Jy is my suster!" En noem die verstand jou vertroueling, 
5. Sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei. 
6. Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
7. En ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,
8. Wat op die straat verbygaan naby haar hoek, en in die rigting van haar huis stap -
9. In die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker -

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 

Many thanks to LWF.org for this very powerful Bible Verse. Thank you that I am able to use it, to illustrate God's everlasting love and goodness. 

PROVERBS 6, Forth section, - The wicked man contd... / SPREUKE 6, Vierde gedeelte. - (Die Bose Man, vervolg)...

Monday 8 November 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 12:25)
Anxiety in a person's heart weighs him down, but an encouraging word brings him joy. 

MESSAGE OF THE DAY:
PROVERBS 6. Section 4, - (The Wicked Man, Contd...)
1. English - (Amplified Bible Version).
(Proverbs 6:16-19)
16. There are six things the Lord hates, even seven things that are an abomination to Him:
17. Haughty eyes, a lying tongue, and hands that shed innocent blood, 
18. A heart that devises wicked plans, feet that are swift to run to evil,  
19. A false witness who pours out lies, and a person who spreads discord among family members. 

Maandag 8 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 12:25)
Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 6, Vierde gedeelte. - (Die Bose Man, vervolg ...)
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 6:16-19)
16. Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir Sy siel 'n gruwel:
17. Trotse oë, 'n leuenagtige tong, en hande wat onskuldige bloed vergiet, 
18. 'n Hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,
19. Een wat as valse getuie leuens uitstrooi, en tussen broers tweedrag saai. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Many thanks to Martin Heigan for this very unique photo - '
The sun sets over the "Cradle of Humankind", close to where the Homo naledi and Australopithecus africanus fossils were found. This is also an area where Sabre-Tooth Tigers roamed in abundance.'
(Once again, thank you very much Martin for this very special info. We surely learn something new every day).


PROVERBS 6, Fifth section, - (Beware of adultery). / SPREUKE 6, Vyfde gedeelte, - (Pasop vir Owerspel).

Tuesday 10 November 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 12:28)
In the path of righteousness there is life, but another path leads to death.  

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 6, Fifth Section, - (Beware of adultery) ...
1. English - (Amplified Bible Version).
(Proverbs 6:20-27)
20. My son, keep your father's (God-given) commandment and forsake not the law of (God), your mother taught you. 
21. Bind them continually upon your heart and tie them about your neck. 
22. When you go, they (the words of your parents' God) shall lead you; when you sleep, they shall keep you; and when you waken, they shall talk with you. 
23. For the commandment is a lamp, and the whole teaching (of the law) is light, and reproofs of discipline, are the way of life,
24. To keep you from the flattery of the tongue of a loose woman. 
25. Lust not after her beauty in your heart, neither let her capture you with her eyelids. 
26. For on account of a harlot a man is brought to a piece of bread, and the adulteress stalks and snares (as with a hook) the precious life (of a man).
27. Can a man take fire in his bosom, and his clothes not be burned?

Dinsdag 10 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 12:28)
Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad, is onsterflikheid. 
 
BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 6, Vyfde gedeelte, - (Oppas vir owerspel.) ...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 6:20-27)
20. Bewaar my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
21. Bind dit gedurigdeur om jou hart, hang dit om jou hals;
22. Mag dit jou lei as jy wandel, oor jou waghou as jy slaap, en jou toespreek as jy wakker word. 
23. Want die gebod is 'n lamp, en die onderwysing 'n lig, en die teregwysinge van die tug, 'n weg tot die lewe, 
24. Om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong.  
25.  Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;
26. Want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.  
27. Kan iemand vuur in sy skoot dra, sonder dat sy klere verbrand?

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden

PROVERBS 6, Sixth section, - (Beware of Adultery - Second section). / SPREUKE 6, Sesde gedeelte, - (Pasop vir Owerspel, Gedeelte 2).

Wednesday 11 November 2015.
WORD OF THE DAY: 
(Proverbs 13:7)
There is one who pretends to be rich and yet has nothing; another pretends to be poor, and yet possesses great wealth. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 6, Sixth section, - (Beware of adultery, Second section).
1. English - (Amplified Bible Version).
(Proverbs 6:28-35)
28. Can one go upon hot coals and his feet not be burned?
29. So he who goes in to his neighbour's wife (he will be tortured with just retribution); he who touches her shall not be innocent or go unpunished.   
30. Men do not despise a thief if he steals to satisfy himself when he is hungry;
31. But if he is found out, he must restore seven times (what he stole); he must give the whole substance of his house (if necessary - to meet his fine).
32. But whoever commits adultery with a woman, lacks heart and understanding (moral principle and prudence); he who does it, is destroying his own life. 
33. Wounds and disgrace will he get, and his reproach will not be wiped away.  
34. For jealousy makes (the wronged) man furious; therefore he will not spare in the day of vengeance (upon the detected one).
35. He will not consider any ransom (offered to buy him off from demanding full punishment); neither will he be satisfied, though you offer him many gifts and bribes. 
  
Woensdag 11 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 13:7)
Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 6, Sesde gedeelte - (Pasop vir Owerspel, Tweede gedeelte).
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 6:28-35)
28. Of kan iemand op gloeiende kole loop, sonder dat sy voete brandwonde kry? 
29. So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie. 
30. 'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het. 
31. En as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee. 
32. Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets. 
33. Slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;
34. Want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;
35. Hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie, al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden



PROVERBS 7, Second section, - (The Crafty Harlot). / SPREUKE 7, Tweede gedeelte, - (Die Ontugtige vrou).

Friday 13 November2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 13:22)
A benevolent person leaves an inheritance for his grandchildren, but the wealth of a sinner is stored up for the righteous. 

MESSAGE OF THE DAY: 
PROVERBS 7, second section. (The Crafty Harlot).
1. English - (Amplified Bible Version).
(Proverbs 7:10-18)
10. And behold, there met him a woman, dressed as a harlot and sly and cunning of heart. 
11. She is turbulent and willful; her feet stay not in her house;
12. Now in the streets, now in the marketplaces, she sets her ambush at every corner. 
13. So she caught him and kissed him, and with impudent face she said to him: 
14. "Sacrifices of peace offerings were due from me; this day I paid my vows. 
15. "So I came forth to meet you (that you might share with me the feast from my offering), diligently I sought your face, and I have found you.   
16. "I have spread my couch with rugs and cushions of tapestry, with striped sheets of fine linen of Egypt. 
17. "I have perfumed my bed with myrrh, aloes, and cinnamon. 
18. "Come, let us take our fill of love until morning; let us console and delight ourselves with love."

Vrydag 13 November 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Spreuke 13:22) 
'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre. 

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
SPREUKE 7, Tweede gedeelte. (Die Ontugtige vrou)...
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
(Spreuke 7:10-18)
10. En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en lustig van hart -
11. Sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie -
12. Nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer. 
13. En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
14. "Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
15. "Daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry. 
16. "Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne; 
17. "Ek het my bed besprinkel met mirre, allewee en kaneel -
18. "Kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share some of the Proverbs with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die Spreuke met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Cell phone photo taken in our garden