Sunday 5 June 2016

PETER SPEAKS TO THE ONLOOKERS. /. PETRUS SPREEK TOT DIE OMSTANDERS.

Weekend 11 & 12 June 2016
WORD OF THE DAY:
(Acts 4:24)
When they heard this, they raised their voices to God with one mind and said: "Master of all, You Who made the heaven, the earth, the sea and everything that is in them!"


MESSAGE OF THE DAY:
(Acts 3:11-18)
11. While the man was hanging on to Peter and John, all the people completely astounded, ran together to them in the covered walkway called Solomon's Portico. 
12. When Peter saw this, he declared to the people: "Men of Israel, why are you amazed at this? Why do you stare at us as if we had made this man walk by our own power or piety? 
13. "The God of Abraham, Isaac and Jacob, the God of our forefathers, Has glorified His Servant Jesus, Whom you handed over and rejected in the presence of Pilate, after he had decided to release Him. 
14. "But you rejected the Holy and righteous One, and asked that a man who was a murderer, be released to you. 
15. "You killed the Originator of life, Whom God raised from the dead. To this fact we are witnesses!
16. "And on the basis of faith in Jesus' Name, His very Name Has made this man - whom you see and know - strong. The faith that is through Jesus, has given him this complete health in the presence of you all.  
17. "And now brothers, I know you acted in ignorence, as your rulers did too. 
18. "But the things God foretold long ago through all the prophets - that His Christ would suffer - He Has fulfilled in this way."

Naweek 11 & 12 Junie 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Handelinge 4:24)
En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: "Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het!"

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PETRUS SPREEK DIE OMSTANDERS TOE:
(Handelinge 3:11-18)
11. En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop, in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word.  
12. En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: "Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd en waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
13. "Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het Sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het, toe hy besluit het om Hom los te laat. 
14. "En julle het die Heilige en Regverdige verloën, en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word, 
15. "En die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is!
16. "En deur geloof in Sy Naam, het Sy Naam hierdie man wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.  
17. "En nou broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes. 
18. "Maar God het op dié manier vervul, wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly."

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can.         /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Joseph Prince for these powerful words. 


No comments:

Post a Comment