Saturday 3 September 2016

STEPHEN'S SPEECH.... Fifth section ... / STÉFANUS SE TOESPRAAK .... Vyfde gedeelte ...

Weekend 24 & 25 September 2016. 
WORD OF THE DAY: 
(Mark 11:25)
"Whenever you stand praying, if you have anything against anyone, forgive him, so that your Father in heaven will also forgive you your sins."
 
MESSAGE OF THE DAY:
STEPHEN'S SPEECH .... Fifth section ...
(Acts 7:52-60)
52. "Which of the prophets did your ancestors not persecute? They killed those who foretold long ago the coming of the Righteous One, whose betrayers and murderers you have now become! 
53. "You received the law by decrees given by angels, but you did not obey it."
54. When they heard these things they became furious, and ground their teeth at him. 
55. But Stephen, full of the Holy Spirit, looked intently toward heaven and saw the glory of God, and Jesus standing at the right hand of God. 
56. "Look!" he said: "I see the heavens opened, and the Son of Man standing at the right hand of God!"
57. But they covered their ears, shouting out with a loud voice, and rushed at him with one intent. 
58. When they had driven him out of the city, they began to stone him, and the witnesses laid their cloacks at the feet of a young man named Saul. 
59. They continued to stone Stephen while he prayed, "Lord Jesus, receive my spirit!"
60. Then he fell to his knees and cried out with a loud voice: "Lord, do not hold this sin against them!" When he had said this, he died.

Naweek 24 & 25 September 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Markus 11:25)
"En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge mag vergewe."

BOODSKAP VAN DIE DAG: 
STÉFANUS SE TOESPRAAK .... Vyfde gedeelte. 
(Handelinge 7:52-60)
52. "Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;
53. "Julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het, en tog nie onderhou het nie!"
54. En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hulle harte en het teen hom op die tande gekners. 
55. Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien, en Jesus wat staan aan die regterhand van God. 
56. En hy het gesê: "Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die Mens aan die regterhand van God staan."
57. Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop, en soos een man op hom aangestorm. 
58. En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus. 
59. En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: "Here Jesus, ontvang my gees!"
60. En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: "Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!" En met hierdie woorde het hy ontslaap. 

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.    /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)


Many thanks to "Rivers of Flowing Water," for this consoling and comforting, yet powerful statement. 




No comments:

Post a Comment