Sunday 29 November 2015

PROVERBS 11, Third section ... / SPREUKE 11, Derde gedeelte ...

Tuesday 8 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Proverbs 12:18)
There is ons who speaks like the piercing of a sword, but the tongue of the wise promotes health. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
PROVERBS 11, Third section ...
1. English - (New English Translation). 
(Proverbs 11:17-31)
17. A kind person benefits himself, but a cruel person brings himself trouble. 
18. The wicked person earns himself deceitful wages, but the one who sows righteousness reaps a genuine reward. 
19. True righteousness leads to life, but the one who pursues evil, pursues it to his own death. 
20. The Lord abhors those who are perverse in heart, but those who are blameless in their ways are His delight. 
21. Be assured that the evil person will certainly be punished, but the descendants of the righteous will not suffer unjust judgement. 
22. Like a gold ring in a pig's snout, is a beautiful woman who rejects discretion. 
23. What the righteous desire, leads only to good, but what the wicked hope for leads to wrath. 
24. One person is generous and yet grows more wealthy, but another withholds more than he should and comes to poverty. 
25. A generous person will be enriched, and the one who provides water for others, will himself be satisfied. 
26. People will curse the one who withholds grain, but they will praise the one who sells it. 
27. The one who diligently seeks good, seeks favour, but the one who searches for evil - it will come to him. 
28. The one who trusts in his riches will fall, but the righteous will flourish like a green leaf. 
29. The one who troubles his family will inherit nothing, and the fool will be a servant to the wise person. 
30. The fruit of the righteous is like a tree producing life, and the one who wins souls is wise. 
31. If the righteous is recompensed on earth, how much more the wicked sinner!

Dinsdag 8 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
(Spreuke 12:18)
Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
SPREUKE 11, Derde gedeelte ...
(Spreuke 11:17-31)
17. 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees. 
18. Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon. 
19. Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood. 
20. Die wat verkeerd van hart is, is vir die Here 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is. 
21. Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry. 
22. 'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is, maar sonder beleid. 
23. Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn. 
24. Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. 
25. Die siel wat seën word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. 
26. Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëninge kom op die hoof van hom wat koring verkoop. 
27. Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom. 
28. Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. 
29. Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is. 
30. Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win is wys. 
31. As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

(God willing and by His marvellous mercy and grace, I will share some of the PROVERBS with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek sommige van die SPREUKE met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

Cell phone photo taken in our garden

No comments:

Post a Comment