Friday 18 December 2015

THE WISE MEN FROM THE EAST. / DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE.

Tuesday 29 December 2015.
WORD OF THE DAY:
(Luke 1:35)
The angel replied: "The Holy Spirit will come upon you, and the power of the Most High will overshadow you. Therefore the Child to be born will be holy; He will be called the Son of God."

MESSAGE OF THE DAY: 
THE WISE MEN FROM THE EAST. Second section ..
(Matthew 2:7-13)
7. Then Herod privately summoned the wise men and determined from them when the star had appeared.  
8. He sent them to Bethlehem and said: "Go and look carefully for the Child. When you find Him, inform me so that I can go and worship Him as well."
9. After listening to the king they left, and once again the star they saw when it rose, led them until it stopped above the place where the Child was.
10. When they saw the star they shouted joyfully.
11. As they came into the house and saw the child with Mary His mother, they bowed down and worshiped Him. They opened their treasure boxes and gave Him gifts of gold, frankincense and myrrh. 
12. After being warned in a dream not to return to Herod, they went back by another route to their own country. 
13. After they had gone, an angel of the Lord appeared to Joseph in a dream and said: "Get up, take the Child and His mother and flee to Egypt, and stay there until I tell you, for Herod is going to look for the Child to kill Him. 

Dinsdag 29 Desember 2015.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Lukas 1;35)
En die engel antwoord en sê vir haar: "Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste jou oorskadu. Daarom sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE, Tweede gedeelte ...
(Matthéüs 2:7-13)
7. Toe het Herodus die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;
8. En hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: "Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys. 
9. En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. 
10. En toe hulle die ster sien, het hulle hul met groot blydskap verheug. 
11. En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, Sy moeder gevind, en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre. 
12. En omdat hulle in 'n droom 'n Goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodus terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land teruggegaan. 
13. En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die Here aan Josef in 'n droom en sê: "Staan op, neem die Kindjie en Sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodus gaan die Kindjie soek, om Hom dood te maak. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is, en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Cell phone photo taken in our garden


 

No comments:

Post a Comment