Sunday, 22 February 2015

BLESSED ARE THOSE WHOSE STRENGTH IS IN THE LORD. / WELGELUKSALIG IS DIE MENS WIE SE STERKTE IN DIE HERE IS.

Weekend 21, 22 February 2015,  
WORD OF THE DAY:
BLESSED ARE THOSE WHOSE STRENGTH IS IN THE LORD: 
[Psalm 84:5-12]
5. Blessed, (happy, fortunate, to be envied) is the man whose strength is in You, in whose heart are the highways to Zion.  
6. Passing through the Valley of Weeping (Baca), they make it a place of springs; the early rain also fills (the pools) with blessings.  
7. They go from strength to strength (increasing in victorious power); each of them appears before God in Zion. 
8. O Lord of hosts, hear my prayer; give ear O God of Jacob! Selah. (Pause and calmly think of that)!
9. Behold our shield (the king as Your agent), O God, and look upon the face of Your anointed! 
10. For a day in Your courts is better than a thousand (anywhere else); I would rather be a doorkeeper and stand at the threshold in the house of my God, than to dwell (at ease) in the tents of wickedness. 
11. For the Lord God is a Sun and Shield; the Lord bestows (present) grace and favour and (future) glory (honour, splendour, and heavenly bliss)! No good thing will He withhold from those who walk uprightly. 
12. O Lord Almighty, blessed is the man who trusts in You! (Leaning and believing on You, committing all and confidently looking to You, and that without fear or misgiving)!

Naweek 21, 22 Februarie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
WELGELUKSALIG IS DIE MENS WIE SE STERKTE IN DIE HERE IS:
[Psalm 84:6-13]
6. Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. 
7. As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge. 
8. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion. 
9. Here, God van die leërskare; hoor my gebed, luister tog, O God van Jakob! Sela. 
10. O God, ons Skild, kyk en aanskou die aangesig van U gesalfde. 
11. Want 'n dag in U voorhowe is beter as 'n duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God, as om te woon in die tente van goddeloosheid. 
12. Want die Here is 'n Son en Skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou van die wat in opregtheid wandel  nie. 
13. Here van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! 
       Photo kindly supplied by:
          André Heigan. 
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.  /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

5 comments: