Saturday 19 March 2016

JESUS FACES THE SANHEDRIN. / JESUS VOOR DIE JOODSE RAAD.

Tuesday 22 March 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 25:46)
"Then they will go away into eternal punishment, but those who are just and upright and in right standing with God, into eternal life."
 
MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FACES THE SANHEDRIN:
1. English - (New English Translation)
(Matthew 26:57-68)
57. Now the ones who had arrested Jesus led Him to Caiaphas, the high priest, in whose house the experts in the law and the elders had gathered.  
58. But Peter was following Him from a distance, all the way to the high priest's courtyard. After going in, he sat with the guards to see the outcome. 
59. The chief priests and the whole Sanhedrin were trying to find false testimony against Jesus so that they could put Him to death.  
60. But they did not find anything, though many false witnesses came forward - 
61. And declared: "This Man said: 'I Am able to destroy the temple of God and rebuild it in three days,'"
62. So the high priest stood up and said to Him: "Have you no answer? What is this that they are testifying against You?"
63. But Jesus was silent. The high priest said to Him: "I charge You under oath by the living God, tell us if You are the Christ, the Son if God."
64. Jesus said to Him: "You have said it yourself. But I tell you, from now on you will see the Son of Man sitting at the right hand of the Power and coming on the clouds of heaven."
65. Then the high priest tore his clothes and declared: "He Has blasphemed! Why do we still need witnesses? Now we have heard the blasphemy!
66. "What is your verdict?" They answered: "He is guilty and deserves death!"
67. Then they spat in His face and struck Him with their fists. And some slapped Him, 
68. Saying: "Prophesy for us, You Christ! Who hit You?"

Dinsdag 22 Maart 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 25:46)
"En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VOOR DIE JOODSE RAAD:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Matthéüs 26:57-68)
57. En die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kájafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en ouderlinge vergader het. 
58. En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien. 
59. En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad, het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. 
60. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie. 
61. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: "Hierdie Man het gesê: 'Ek kan die tempel van God afbreek, en dit in drie dae opbou.'"
62. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: "Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?"
63. Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: "Ek besweer U by die lewende God, dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God is?"
64. Jesus antwoord hom: "U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God, en kom op die wolke van die hemel."
65. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: "Hy het Godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuienis nodig? Kyk, nou het julle Sy godslastering gehoor!
66. "Wat dink julle?" En hulle antwoord en sê: "Hy is die dood skuldig!"
67. Toe het hulle in Sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan -
68. En ander het Hom met stokke geslaan en gesê: "Profeteer vir ons Christus! Wie is dit wat U geslaan het?"

(God willing and by His marvellous grace and mercy I will share the Word with you, as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)  
Cell phone photo taken in our garden

No comments:

Post a Comment