Tuesday 27 August 2013

DIE HERE IS MY HERDER. (Psalm 23)

28 Augustus 2013. 
DIE HERE IS MY HERDER. 
DEEL 4.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Psalm 23:1-6, Openbaringe 7:17, Esegiël 34:22,23, Jesaja 25:8, 2 Timótheüs 1:10]

Psalm 23:1-6
1. Die Here is my Herder; niks sal my ontbreek nie. 
2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 
3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil. 
4. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf díe vertroos my. 
5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 
6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. 
Openbaringe 7:17
Want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee. 
Esegiël 34:22-23
22. Daarom sal Ek My skape red, sodat hulle nie meer 'n prooi sal wees nie; en Ek sal oordeel tussen skape en skape. 
23. En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik My kneg Dawid; en hy sal vir hulle 'n herder wees. 
Jesaja 25:8
En Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek. 
2 Timótheüs 1:10
Maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie. 

Foto deur: Martin Heigan


No comments:

Post a Comment