Sunday 24 August 2014

FAITH / GELOOF.

Weekend 23 & 24 August 2014. 
WORD OF THE DAY:
[1 Timothy 6:12]
Fight the good fight of faith, lay hold of ETERNAL LIFE to which you were summoned and (for which) you confessed the good confession (of faith) before many witnesses. 

MESSAGE OF THE DAY: 
FAITH:
The Holy Spirit led me to first take another look at "faith" before I continue. It is important to understand what you read, and to accept it in and by faith. 

"The Holy Bible with Personal Commentary by Oral Roberts."

In Romans 10:17 the apostle Paul says that our "FAITH comes by hearing, and hearing by the Word of God." 
Paul asks the Galatians who are tempted by Judaizers to go back and trust their lives to God through doing the works of the law: "Did you receive the Holy Spirit by the works of the law, or by the hearing of faith?"
In Galations 3:5 Paul asks the Galations: "Were the miracles done among you by the works of the law, or by the hearing of faith?"
The answer is that the Holy Spirit is received by the HEARING OF FAITH, and so are the miracles of Christ done in and through us, by the HEARING OF FAITH. 
FAITH IN CHRIST BY HIS DEATH ON THE CROSS and HIS RESURRECTION is the Divine force by which the Spirit enters us, and by which we do miracles to set men free from sin, disease, demons, fear and poverty. 
NOT by the outward observances of the Law of Moses. OUR FAITH IS THE KEY! 
BEFORE the Law of Moses was the "Faith of Abraham," out of which came the 'Covenant', from which came the Law of Moses over 400 years later. The faith of Abraham, is where it all begins. 
Paul says that Abraham's believing of God, was counted to him as righteousness (in right standing with God.) That is: his faith covered him with God's righteousness - and made him as though he had never sinned! Then he says that those which are of faith, "are the children of Abraham," - and that includes those in Christ! - (us). We go back to the faith of Abraham, and our faith is what brings Christ to live in us. 

Naweek 23 & 24 Augustus 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Timotheüs 6:12]
Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die EWIGE LEWE, waartoe jy ook geroep is, en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
GELOOF:
Die Heilige Gees het my gelei om eers weer te kyk na geloof, voordat ek verder gaan. Dit is belangrik om te verstaan wat ons lees, en dit in en deur geloof te aanvaar. 

"Die 'Holy Bible' met persoonlike kommentaar deur Oral Roberts."

In Romeine 10:17 sê die apostel Paulus: Die "GELOOF is deur die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God."
Paulus vra die Galasiërs of hulle nadat hulle getempteer is deur die Judaïste of hulle nou weer wil terugkeer na die werke van die wet om hulle lewens aan God toe te vertrou, of deur die Heilige Gees. Hy vra dan ook: "Het julle die Helige Gees ontvang deur die werke van die wet, of deur die aanhoor van die geloof?"
In Galasiërs 3:5 vra Paulus "Was die wonderwerke wat onder julle gedoen is, deur die werke van die wet, of was dit uit die aanhoor van die geloof?"
Die antwoord is dat die Heilige Gees uitgestort is deur die AANHOOR VAN DIE GELOOF, en dat die wonderwerke van Christus wat gedoen is binne en deur hulle, gedoen was as gevolg van die aanhoor van die geloof.  
GELOOF IN CHRISTUS BY SY DOOD AAN DIE KRUIS, EN SY OPSTANDING, is die Goddelike Krag waardeur die Gees in ons kom woon. Daardeur het ons die krag om mense te help om hulle vry te maak van sonde, krankheid, demone, vreesagtigheid en armoede. 
Dit is dus nie as gevolg van die bestudering van die Wet van Moses nie, maar ONS GELOOF IS DIE SLEUTEL!
Voor die Wet van Moses, was dit die "Geloof van Abraham" waaruit ontstaan het die 'Verbond,' en daaruit het die wet van Moses ontstaan, oor die 400 jaar later. Die 'Geloof van Abraham,' is waar alles begin het. 
Paulus sê omdat Abraham God geglo het, is dit hom toegereken as geregtigheid (in korrekte verhouding tot God), in kort: God se geregtigheid het Abraham bedek, en tot gevolg gehad dat dit was asof Abraham nooit gesondig het nie! Daarom sê hy dan ook: diegene wat in die 'GELOOF' is, sal "kinders van Abraham" genoem word. Dit sluit ook in, ons wat 'in' Christus is - (ons). 
Dit bring ons terug na die "Geloof van Abraham," en deur die geloof bly Jesus binne in ons! 
Photo kindly supplied by Martin Heigan


  

1 comment: