Tuesday 4 November 2014

THE ARK OF THE COVENANT OF THE LORD FOLLOWED THE PRIESTS. / DIE VERBONDSARK VAN DIE HERE VOLG DIE PRIESTERS.

Wednesday 5 November 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Psalm 121:3] 
He will not allow your foot to be moved; He Who keeps you, will not slumber. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE ARK OF THE COVENANT OF THE LORD, FOLLOWED THE PRIESTS:
1. English - (New King James Version.)
[Joshua 6:8-17]
8. So it was, when Joshua had spoken to the people, that the seven priests, bearing the seven trumpets of rams' horns before the Lord advanced and blew the trumpets, and the Ark of the Covenant of the Lord followed them. 
9. The armed men went before the priests who blew the trumpets, and the rear guard came after the Ark, while the priests continued blowing the trumpets. 
10. Now Joshua had commanded the people, saying: "You shall not shout, or make any noise with your voice, nor shall any word proceed out of your mouth, until the day I say to you: 'Shout!' Then you shall shout. 
11. So he had the Ark of the Lord circle the city, going around it once. Then they came into the camp and lodged in the camp. 
12. And Joshua rose early in the morning, and the priests took up the Ark of the Lord. 
13. Then seven priests bearing seven trumpets of rams' horns before the Ark of the Lord, went on continually and blew the trumpets. And the armed men went before them. But the rear guard came after the Ark of the Lord, while the priests continued blowing the trumpets.  
14. And the second day they marched around the city once, and returned to the camp. So they did six days. 
15. But it came to pass on the seventh day that they rose early, about the dawning of the day, and marched around the city seven times in the same manner. On that day only they marched around the city seven times. 
16. And the seventh time it was so, when the priests blew the trumpets, that Joshua said to the people: "Shout, for the Lord Has given you the city!"
17. Now the city shall be doomed by the Lord to destruction, it and all who are in it. Only Rahab the harlot shall live, she and all who are with her in the house, because she hid the messengers that we sent. 

Woensdag 5 November 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 121:3]
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VERBONDSARK VAN DIE HERE VOLG DIE PRIESTERS:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Josua 6:8-17]
8. En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die Here en geblaas op die horings, terwyl die Verbondsark van die Here agter hulle aan gaan. 
9. Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.  
10. En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê; "Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie, tot op die dag dat ek vir julle sê: 'skreeu!' Dan moet julle skreeu. 
11. Toe het die Ark van die Here om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom, en in die laer die nag oorgebly. 
12. En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die Ark van die Here gedra;
13. En die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die Ark van die Here gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die Ark van die Here aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.   
14. So het hulle dan op die tweede dag een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen. 
15. Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek. 
16. En toe die priesters die sewende keer
op die horings blaas, sê Josua vir die volk: "Skreeu! want die Here gee die stad aan julle oor. 
17. Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die Here wees; net Ragab, die hoer mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het. 

(God willing and by His power and marvelous mercy and loving-kindness, I will share the Word with you, as often as I possibly can. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord so dikwels moontlik met u deel.)
  Photo kindly supplied by:
      Martin Heigan. 

No comments:

Post a Comment