Tuesday 7 October 2014

THE LORD YOUR GOD IS MIGHTY / DIE HERE JULLE GOD IS MAGTIG.

Tuesday 7 October 2014. 
WORD OF THE DAY:
[1 Cronicles 29:11]
Yours, O Lord, is the greatness and the power and the glory and the majesty and the splendour, for everything in heaven and earth is Yours. Yours, O Lord is the kingdom; you are exalted as Head over all. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE LORD YOUR GOD IS MIGHTY:
1. English - (New International Version)
[Joshua 2:10-16]
10. "We have heard how the Lord dried up the water of the Red Sea for you when you came out of Egypt, and what you did to Sihon, and Og, the two kings of the Amorites, east of the Jordan, whom you completely destroyed. 
11. "When we heard of it, our hearts melted and everyone's courage failed because of you, for the Lord your God is God in heaven above, and on the earth below. 
12. "Now then, please swear to me by the Lord that you will show kindness to my family, because I have shown kindness to you. Give me a sure sign:
13. "That you will spare the lives of my father and mother, my brothers and sisters, and all who belong to them, and that you will save us from death."
14. "Our lives for your lives!"
 the men assured her. "If you don't tell what we are doing, we will treat you kindly and faithfully when the Lord gives us the land."
15. So she let them down by a rope through the window, for the house she lived in was part of the city wall. 
16. Now she had said to them: "Go to the hills so the pursuers will not find you. Hide yourselves there three days until they return, and then go on your way."

Dinsdag 7 Oktobet 2014.  
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Kronieke 29:11]
Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in die hemel en op aarde; aan U Here, kom toe die koningskap en selfverhoging as Hoof oor alles. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE HERE JULLE GOD IS MAGTIG:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling).
[Josua 2:10-16]
10. "Want ons het gehoor dat die Here die water van die Skelfsee, voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het, en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het. 
11. "Toe ons dit hoor, het ons harte 
gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die Here julle God, Hy is die God in die hemel daarbo, en op die aarde hieronder. 
12. "Sweer dan nou tog vir my by die Here dat, terwyl ek aan julle 'n guns bewys het, julle ook aan my familie 'n guns sal bewys; en gee my 'n betroubare teken - 
13. "Dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood."
14. Toe sê die manne vir haar: "Mag ons siele in u plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as die Here ons die land gee, aan jou guns en trou bewys."
15. Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het;
16. En sy het vir hulle gesê: "Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg, totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan."
    Photo kindly supplied by
     Martin Heigan. 


2 comments: