Wednesday 24 December 2014

THE BIRTH OF JESUS FORETOLD. / DIE GEBOORTE VAN JESUS VOORSPEL.

Wednesday 24 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Luke 11:9-10]
9. "So I say to you: Ask and it will be given to you; seek and you will find; knock and the door will be opened to you. 
10. "For everyone who asks receives; he who seeks finds; and to him who knocks, the door will be opened."

MESSAGE OF THE DAY:
THE BIRTH OF JESUS FORETOLD:
1. English - (New International Version)
[Luke 1:26-33]
26. In the sixth month God sent the angel Gabriel to Nazareth a town in Galilee,
27. To a virgin pledged to be married to a man named Joseph, a descendant of David. The virgin's name was Mary. 
28. The angel went to her and said: "Greetings, you who are highly favoured! The Lord is with you."
29. Mary was greatly troubled at his words and wondered what kind of greeting this might be. 
30. But the angel said to her: "Do not be afraid, Mary, you have found favour with God. 
31. "You will be with Child and give birth to a Son, and you are to give Him the Name Jesus.
32. "He will be great and will be called the Son of the Most High. The Lord God will give Him the throne of his father David. 
33. "And he will reign over the house of Jacob for ever. His kingdom will never end."

Woensdag 24 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 11:9-10]
9, "En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaaak word. 
10. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GEBOORTE VAN JESUS VOORSPEL:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling))
[Lukas 1:26-33]
26. En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
27. Na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria. 
28. En die engel het by haar binnegekom en gesê: "Wees geseënd, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue."
29. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor  nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 
30. En die engel sê vir haar: "Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 
31. "En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 
32. "Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem geword; en die Here God sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee,
33. "En Hy sal koning wees oor die huis van Dawid tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie."

(DV. I will share the Word with you as often as possible. / DV. Sal ek die Woord so dikwels moontlik met u deel.)

No comments:

Post a Comment