Wednesday 17 December 2014

THE CITIES OF THE GIBEONITES. / DIE STEDE VAN DIE GIBEONIETE.

Wednesday 17 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[2 Corinthians 5:10]
For we must all appear before the judgement seat of Christ, that each one may receive what is due to him, for the things done while in the body, whether good or bad. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE CITIES OF THE GIBIONITES:
1. English - (New International Version)
[Joshua 9:13-18]
13. "And these wineskins that we filled were new, but see how cracked they are. And our clothes and sandals are worn out by the very long journey."
14. The men of Israel sampled their provisions, but did not enquire of the Lord. 
15. Then Joshua made a treaty of peace with them to let them live, and the leaders of the assembly rattified it by oath. 
16. Three days after they made the treaty with the Gibeonites, the Israelites heard that they were neighbours, living near them. 
17. So the Israelites set out and on the third day came to their cities: Gibeon, Kephirah, Beeroth and Kiriath Jearim. 
18. But the Israelites did not attack them, because the leaders of the assembly had sworn an oath to them by the Lord, the God of Israel. 

Woensdag 17 Desember 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[2 Korinthiërs 5:10]
Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE STEDE VAN DIE GIBEONIETE:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Josua 9:13-18]
13. "En die wynsakke wat ons as nuwes volgemaak het, - kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere en ons skoene - hulle is verslyt deur die baie lang reis."
14. Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie. 
15. En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof. 
16. Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in die nabyheid en tussen hulle in woon. 
17. Die kinders van Israel het naamlik weggetrek, en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Beërot en Kirjat-Jeárim. 
18. Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die Here, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer. 
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. / DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
   Photo kindly supplied by:
       Martin Heigan. 

1 comment: