Tuesday 23 December 2014

THE PEOPLE PERCEIVED THAT ZACHARIAS HAD SEEN A VISION. / DIE MENSE BEMERK DAT SAGARIA 'N VISIE GESIEN HET.

Tuesday 23 December 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Jonah 2:2] 
In my distress I called to the Lord, and He answered me. From the depth of the grave I called for help, and He listened to my cry. 
 
MESSAGE OF THE DAY:
THE PEOPLE PERCEIVED THAT ZACHARIAH HAD SEEN A VISION:
1. English - (New International Version)
[Lukas 1:19-25]
19. The angel answered: "I am Gabriel. I stand in the presence of God, and I have been sent to speak to you and to tell you this good news. 
20. "And now you will be silent and not able to speak until this happens, because you did not believe my words, which will come true at the proper time."
21. Meanwhile, the people were waiting for Zechariah and wondering why he stayed so long in the temple. 
22. When he came out, he could not speak to them. They realised that he had seen a vision in the temple, for he kept making signs to them, but remained unable to speak. 
23. When his time of service was completed, he returned home.  
24. After this his wife Elizabeth became pregnant, and for five months remained in seclusion. 
25. "The Lord Has done this for me," she said. "In these days He Has shown His favour, and taken away my disgrace among the people." 

Dinsdag 23 Desember 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[Jona 2:2]
Uit my benoudheid het ek die Here aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp - U het my stem gehoor!

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE MENSE  BEMERK DAT SAGARIA 'N VISIE GESIEN HET:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 1:19-25]
19. En die engel antwoord en sê vir hom: "Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring. 
20. "En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie." 
21. En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef. 
22. Maar toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie, en stom gebly. 
23. En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan. 
24. En ná hierdie dae, het Elisabet sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
25. "So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het, om my smaad onder die mense weg te neem."

(DV. I WILL SHARE THE WORD WITH YOU AS OFTEN AS POSSIBLE. / DV. SAL EK DIE WOORD MET U DEEL SO DIKWELS MOONTLIK.)
    Photo kindly supplied by:
      Martin Heigan. 

No comments:

Post a Comment