Monday 19 January 2015

JESUS WALKS ON THE WATER. / JESUS LOOP OP DIE WATER.

Monday 19 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Isaiah 35:3,4]
3. Make the weak hands strong and make the feeble knees sure. 
4. Say to those of a hasty heart: "Be strong, fear not; behold, your God will come with vengeance, with the full dealing of God. He will come and save you."  

MESSAGE OF THE DAY:
(JESUS WALKS ON THE WATER):
1. English - (King James Version)
[Matthew 14:22-33]
22. And immedistely Jesus constrained His disciples to get into a boat and to go before Him to the other side, while He sent the crowds away. 
23. And when He had sent the crowds away, He went up into a mountain apart to pray. And when evening had come, He was there alone. 
24.. But the boat was now in the midst of the sea, tossed with waves; for the wind was against them. 
25. In in the forth watch of the night Jesus went to them, walking on the sea. 
26. And when the disciples saw Him walking on the sea, they were troubled, saying: "It is a phantom!" And they cried out for fear. 
27. But immediately Jesus spoke to them, saying: "Be of good cheer, I AM,
do not fear."
28. And Peter answered Him and said: "Lord, if it is You, tell me to come to You on the water."
29. And He said; "Come." And when Peter had come down out of the boat, he walked on the water to go to Jesus. 
30. But seeing that the wind was strong, he was afraid. And beginning to sink, he cried, saying: "Lord, save me!"
31. And immediately Jesus stretched out His hand and caught him; and said to him: "Little-faith! Why did you doubt?"
32. And when they had come into the boat, the wind ceased. 
33. And those in the boat came and worshiped Him, saying: "Truly, You are the Son of God!"

Maandag 19 Januarie 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Jesaja 35:3,4]
3. Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. 
4. Sê aan die wat vervaard is van hart: "Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met Goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
(JESUS LOOP OP DIE WATER):
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling):
[Matthéüs 14:22-33]
22. En Jesus het dadelik Sy dissipels vedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. 
23. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. 
24. En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. 
25. Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. 
26. En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: "Dit is 'n spook!" En hulle het geskreeu van vrees.  
27. Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: "Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. "
28. En Petrus antwoord Hom en sê: "Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom."
29. En Hy sê: "Kom!" Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. 
30. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: "Here, red my!"
31. En Jesus het dadelik Sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: "Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?" 
32. Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê. 
33. Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: "Waarlik, U is die  Seun van God!"
 
(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)

1 comment: