Wednesday 21 January 2015

THE TEMPTATION OF JESUS. / DIE VERSOEKING VAN JESUS.

Wednesday 21 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[Luke 6:37]
Jesus said: "Do not judge, and you will not be judged. Do not condemn, and you will not be condemned. Forgive, and you will be forgiven."

MESSSAGE OF THE DAY:
THE TEMPTATION OF JESUS:
1. English - (New International Version)
[Luke 4:1-13]
1. Jesus, full of the Holy Spirit, returned from the Jordan and was led by the Spirit in the desert,
2. Where for forty days He was tempted by the devil. He ate nothing during those days, and at the end of them He was hungry. 
3. The devil said to Him: "If You are the Son of God, tell this stone to become bread."
4. Jesus answered: "It is written: 'Man does not live on bread alone.'"
5. The devil led Him up a high place and showed Him in an instant all the kingdoms of the world. 
6. And he said to Him: "I will give You all their authority and splendour, for it has been given to me, and I can give it to anyone I want to. 
7. "So, if You worship me, it will all be Yours."
8. Jesus answered: "It is written: 'Worship the Lord your God and serve Him only.'"
9. The devil led Him to Jerusalem and made Him stand on the highest point of the temple. " If You are the Son of God," he said, "Throw Yourself down from here,
10. "For it is written: 'For He will command His angels concerning You, to guard You carefully; 
11. 'They will lift You up in their hands, so that You will not strike Your foot against a stone.'"  
12. Jesus answered: "It says: 'Do not put the Lord your God to the test.'"
13. When the devil had finished all this tempting, he left Him untill an opportune time. 

Woensdag 21 Januarie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Lukas 6:37]
En Jesus het gesê: "En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie.  Spreek vry, en julle sal vrygespreek word."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VERSOEKING VAN JESUS:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 4:1-13]
1. Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, 
2. Waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in die dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. 
3. Toe sê die duiwel vir Hom: "As U die Seun van God is,  vir hierdie klip dat dit brood moet word."
4. Maar Jesus antwoord en sê vir hom: "Daar is geskrywe: 'Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord van God.'"
5. Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd. 
6. En die duiwel sê vir Hom: "Ek sal U al hierdie mag gee en al hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 
7. "As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort."
8. En Jesus antwoord en sê vir hom: "Gaan weg agter My satan, want daar is geskrywe:  'Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.'" 
9. Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: "As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer
10. "Want daar staan geskrywe: 'Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,
11. "En hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U voet teen 'n klip stamp nie."
12. En Jesus antwoord en sê vir hom: "Daar is gesê: 'Jy mag die Here jou God nie versoek nie.'"
13. En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk. 

(DV. I will share the Word with you as often as I possibly can. 
DV. Sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.)

  Photo kindly supplied by:
     André Heigan. 

No comments:

Post a Comment