Monday, 5 January 2015

THE DIFFERENCE BETWEEN THE RICH AND THE POOR. / DIE VERSKIL TUSSEN RYK EN ARM.

Monday 5 January 2015. 
WORD OF THE DAY:
[2 Corinthians 4:17,18]
17. For our light and momentary troubles are achieving for us an eternal glory that far outweighs them all. 
18. So we fix our eyes not on what is seen, but on what is unseen. For what is seen is temporary, but what is unseen is eternal. 

THE DIFFERENCE BETWEEN THE RICH AND THE POOR:
One day the father of avery wealthy family, took his son for a trip to the country, with the express purpose to show him how poor people live. 
They spent a few days and nights on the farm of what would be consiered a very poor family. 
On their teturn from the trip, the father asked the son: "How was the trip?"
The son answered: "It was a good trip dad." 
"Did you see how poor people live?" The father prompted. "And what did you learn?" 
The son answered: "I saw that we have only one dog, but they have four. We have a pool that reaches to the middle of our garden, but they have a creek that has no end. We have imported lanterns in our garden, but they have the stars at night. Our patio reaches to the front yard, but they have the whole horizon. 
"We have a small piece of land to live on, they have fields that stretches out beyond our sight. 
"We have servants to serve us, but they serve others. We have walls around our property to protect us, but they have God and their faithful friends to protect them."
The boy's father was speechless. Then his son added: "Thanks dad, for showing me how poor we really are."
Isn't perspective a wonderful concept? Makes you wonder what would happen if we all gave thanks for everything we have, instead of worrying about what we do not have. 
Appreciate everything you have, especially your friends. Life is too short and friends are too few - with all love and respect. May the love and peace of God surround you always. 

Maandag 5 Januarie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[2 Korinthiërs 4:17,18]
17. Want ons ligte verdrukkking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n allesoortreffende ewige gewig van heerlikheid;
18. Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. 

DIE VERSKIL TUSSEN RYK EN ARM:
Die pa van 'n baie welgestelde familie besluit om sy seun vir 'n reis na die platteland te neem met die spesifieke voorneme om hom die verskil tussen arm en ryk te wys. 
Hulle spandeer toe 'n paar dae en nagte op die plaas van baie arm mense. 
By hulle terugkeer, vra die pa die seun bietjie uit oor sy wedervaringe. "Hoe het jy die reis geniet?" Vra hy sy seun. 
"Dit was 'n goeie reis pa," antwoord die seun. "Het jy gesien hoe arm mens leef?"
"O ja pa," antwoord die seun dadelik. "En wat het jy daaruit geleer," pols die pa verder. 
"Ek het gesien dat waar ons een hond het, hulle vier het. Ons het 'n swembad wat tot die middel van ons tuin strek, en hulle het 'n klein spruitjie wat geen einde het nie. 
"Ons het ingevoerde lanterns wat in ons tuin hang, maar hulle het die sterre in die nag. Ons het 'n patio wat strek tot by die voortuin, maar hulle het velde wat strek tot oor die horison. 
"Ons het 'n kleun stukkie grond om op te bly, maar hulle grond gaan verder as wat ons kan sien. 
"Ons het bediendes wat ons bedien, maar hulle bedien ander. Ons het mure
rondom ons eiendom om ons te beskerm. Hulle het God en hulle vriende om hulle te beskerm."
Die seun se pa was woordeloos. Toe voeg die seun by: "Dankie pa, dat pa my gewys het hoe arm ons werklik is."
Is perspektief nie 'n wonderlike konsep nie? As ons maar altyd dankie wil sê vir alles wat ons het, in plaas van om te kla oor wat ons nie het nie!
Waardeer alles wat jy het, veral jou vriende. Die lewe is te kort, en ons vriende is te min. 
(Poor and rich - friends.pps.)
   Photo kindly supplied by:
     André Heigan. 

2 comments: