Sunday 3 April 2016

JESUS AT THE SEA OF TIBERIAS. / JESUS BY DIE SEE VAN TIBÉRIAS.

Saturday 9 April 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Romans 8:30,31)
30. And those He predestined, He also called; and those He called, He also justified, and those He justified, He also glorified. 
31. What then, shall we say in response to this? If God is for us, who can be against us?

MESSAGE OF THE DAY:
JESUS AT THE SEA OF TIBERIAS, First section ...
(John 21:1-8)
1. After this Jesus revealed Himself again to His disciples by the Sea of Tiberias. Now this is how He did so. 
2. Simon Peter, Thomas (called Didymus), Nathanael (who was from Cana in Galilee), the sons of Zebedee, and two other disciples of His were together.  
3. Simon Peter told them: "I am going fishing." "We will go with you," they replied. They went out, and got into the boat, but that night they caught nothing.  
4. When it was already very early morning, Jesus stood on the beach, but the disciples did not know that it was Jesus. 
5. So Jesus said to them: "Children, you don't have any fish, do you?" They replied: "No."
6. He told them: "Throw your net on the right side of the boat, and you will find some." So they threw the net, and were not able to pull it in because of the large number of fish. 
7. Then the disciple whom Jesus loved said to Peter: "It is the Lord!" So Simon Peter, when he heard that it was the Lord, girded om his outer garment (for he had nothing on underneath it), and plunged into the sea. 
8. Meanwhile the other disciples came with the boat, dragging the net full of fish, for they were not far from the land, only about a hundred yards. 

Saterdag 9 April 2016. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Romeine 8:30,31)
30. En die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, die het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, die het Hy ook verheerlik. 
31. Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees?

BOODSKAP VAN DIE DAG
JESUS BY DIE SEE VAN TIBÉRIAS, Eerste gedeelte ...
(Johannes 21:1-8)
1. Na hierdie dinge het Jesus weer aan Sy dissipels verskyn by die See van Tibérias, en Hy het só verskyn:
2. Daar was bymekaar Simon Petrus Thomas, wat Didimus genoem word, en Natánael van Kana in Galiléa, en die seuns van Sebedéus en twee ander van Sy dissipels. 
3. Simon Petrus sê vir hulle: "Ek gaan visvang." Hulle sê vir hom: "Ons gaan ook saam met jou." En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim. En in daardie nag het hulle niks gevang nie. 
4. En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.  
5. En Jesus sê vir hulle: "My kinders, het julle nie iets om te eet nie?" Hulle antwoord Hom: "Nee."
6. En Hy sê vir hulle: "Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie. 
7. Daarop sê die dissipel - die een vir wie Jesus liefgehad het - aan Petrus: "Dit is die Here!" En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bokleed om - want hy was naak - en werp homself in die see. 
8. Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd el. 

(God willing and by His marvelous grace and mercy, I will share the Word with you, as often as I possibly can.  /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel, so dikwels as wat ek moontlik kan.) 
Many thanks to Joseph Prince Ministries for this powerful statement, taken from Romans 5:5.


No comments:

Post a Comment