Wednesday 18 December 2013

SEED FAITH / GELOOFSAAD.

Thursday 19 December 2013.
WORD OF THE DAY:
13. I Am Alpha and Omega, the Beginning and the End, the First and the Last.
14. Blessed are they that do His commandments, that they may have right to the tree of life, and may enter in through the gates, into the city. (Revelation 22:13-14)

Donderdag 19 Desember 2013.
WOORD VAN DIE DAG:
13. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste. 
14. Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe, en ingaan deur die poorte in die stad. (Openbaring 22:13-14)

Thursday 19 December 2013.
MESSAGE OF THE DAY:
"SEED FAITH," by Oral Roberts. 
Part 2.
1. English - (King James Bible)
[Genesis 8:20-22]
From this eternal principle of the seed, there later came the "firstfruits of the harvest," to be given to God as "tithes and offerings," which would be multiplied by God - "opening the windows of heaven and pouring out a blessing where there is not room enough to contain it." (Malachi 3:10)
It is the seed referred to in Matthew 17:20, where you make your faith as a seed through which you "can speak to your mountain, commanding it to be plucked up and cast into the sea; and nothing shall be impossible unto you." 
It is the sowing and reaping Paul speaks of in Galatians 6:7, "For whatsoever a man sows, that he shall also reap." 

Donderdag 19 Desember 2013.
BOODSKAP VAN DIE DAG:
"GELOOFSAAD" - deur Oral Roberts.
[Genesis 8:20-22]
By benadering, in Afrikaans vertaal.
Deel 2.
Van hierdie ewige prinsiep van SAAD, het later ook die konsep van "eerstelinge" van die oes gekom, - wat dan ook aan God gegee moes word  as tiendes en offerandes. Die belofte was dan ook dat God dit sou vermenigvuldig en dat dit die vensters van die hemel sou oopmaak, en soveel seëninge sou uitstort, dat daar nie genoeg plek sou wees om dit op te gaar nie."
(Maleagi 3:10)  
Dit is die saad waarna verwys word in Matthéüs 17:20; waar jy jou geloof 'n saad maak "waarmee jy met jou 'berg' kan praat, sodat dit ontwortel kan word en in die see gewerp word; en daardeur niks vir jou onmoontlik sou wees nie."
Dit is ook die saai en oes waarvan Paulus praat in Galasiërs 6:7. "Want wat 'n man ookal saai, dit sal hy maai."

No comments:

Post a Comment