Monday 23 June 2014

MARRIAGE AT THE RESURRECTION / HUWELIKE EN DIE OPSTANDING.

Monday 23 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[Mark 14:62] "I Am," said Jesus. "And you will see the Son of man sitting at the right hand of the Mighty One, and coming on the clouds of heaven."

MESSAGE OF THE DAY:
MARRIAGE AT THE RESURRECTION:
1. English - (New International Version)
[Markus 12:18-27]
18. Then the Sadducees, who say there is no resurrection, came to Him with a question. 
19. "Teacher," they said: "Moses wrote for us that if a man's brother dies and leaves a wife but no children, the man must marry the widow and have children for his brother. 
20. "Now there were seven brothers. The first one married and died without leaving any children. 
21. "The second one married the widow, but he also died, leaving no child. It was the same with the third. 
22. "In fact, none of the seven left any children. Last of all, the woman died too. 
23. "At the resurrection whose wife will she be, since all seven were married to her?"
24. Jesus replied: "Are you not in error because you do not know the Scriptures or the power of God?
25. "When the dead rise, they will neither marry nor be given in marriage; they will be like angels in heaven. 
26. "Now about the dead rising -- have you not read in the book of Moses, in the  account of the burning bush, how God said to him: 'I Am the God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob?'
27. "He is not the God of the dead, but of the living. You are badly mistaken!"

Maandag 23 Junie 2014. 
WOORD VAN DIE DAG:
[Markus 14:62] En Jesus sê: "Ek is, en u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit, en kom op die wolke van die hemel."

BOODSKAP VAN DIE DAG:
HUWELIKE BY DIE OPSTANDING:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Markus 12:18-27]
18. Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê: 
19. "Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek. 
20. "Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat. 
21. "En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so. 
22. "En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe. 
23. "In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? - want al sewe het haar as vrou gehad."
24. En Jesus antwoord en sê vir hulle: "Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
25. "Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is. 
26. "En wat die dode betref, dat hulle opstaan -- het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: 'Ek is die God van Abraham, en die God van Isak en die God van Jakob nie?'
27. "God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks."
    Photo kindly supplied by Martin Heigan

No comments:

Post a Comment