Thursday 5 June 2014

THE DAY OF THE LORD. / DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE.

Thursday 5 June 2014.
NB! It is very important that you read my blog about 'End Times' regularly, as to get better insight of what will happen to you. Be sure that if you accepted the fact (believe in your heart) that Jesus Christ is the Son of God, and that God raised Him up from the dead, you will be saved. (Please read Romans 10:6-13, in order to get clarity concerning this.)
Then, when Jesus comes on the clouds of heaven, you will be reckoned with the elect, and you will meet Jesus in the air - (whether dead or still alife) 
Then, when destruction comes, you will be a spectator from the porches of heaven. 
Please bear with me. I am trying to put all the 'End Time' Scriptures in proper order of importance, as the Holy Spirit leads me. Just be faithful and try to study all the blogs concerning this, in order to get a better perspective.  
          <~~~~~~~~~~~~~~~~~>
WORD OF THE DAY:
[Hebrews 4:15,16]
15. For we do not have a High Priest Who is unable to sympathise with our weaknesses, but we have One Who has been tempted in every way, just as we are - yet without sin. 
16. Let us then approach the throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us, in our time of need. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE DAY OF THE LORD:
Part 2.
1. English - (New International Version)
[2 Peter 3:11-18]
11. Since everything will be destroyed in this way, what kind of people ought you to be? You ought to live holy and Godly lives;
12. As you look forward to the day of God and speed its coming. That day will bring about the destruction of the heavens by fire, and the elements will melt in the heat. 
13. But in keeping with His promise, we are looking forward to a new heaven and a new earth, the home of righteousness. 
14. So then dear friends, since you are looking forward to this, make every effort to be found spotless, blameless and at peace with Him. 
15. Bear in mind that our Lord's patience means salvation, just as our dear brother Paul, also wrote to you with the wisdom that God gave him. 
16. He writes the same way in all his letters, speaking in them of these matters. His letters contain things that are hard to understand, which ignorant and unstable people distort, as they do the other Scriptures, to their own destruction.   
17. Therefore dear friends, since you already know this, be on guard so that you may not be carried away by the error of lawless men, and fall from your secure position. 
18. But grow in the knowledge of our Lord and Saviour Jesus Christ. To Him be glory both now and for ever! Amen.  

Donderdag 5 Junie 2014.
NB! Dit is baie belangrik dat u my blog betreffende 'Eindtye' gereeld lees. Sodoende sal u 'n beter begrip verkry wat met u gaan gebeur. Wees verseker dat as u die feit aanvaar het (in u hart glo) dat Jesus Christus die Seun van God is, en dat God Hom uit die dode opgewek het, sal u gered word. (Lees asseblief Romeine 10:6-13 sodat u klarigheid en bevestinging betreffende hiervan kan kry.) Dan, wanneer Jesus op die wolke van die hemel kom, sal u gereken word met die uitverkorenes, en sal u ook Jesus tegemoet gaan in die lug. (Hetsy u al dood is, of nog lewe.)
Dan, wanneer destruksie kom, sal u uitsig vanuit die portale van die hemel hê, en getuies wees van al die gebeure. 
Wees asseblief geduldig met my. Ek probeer om al die 'Eindtyd' Skrifte in 'n redelike orde te hou, soos wat die Heilige Gees my lei. Wees net getrou en probeer om al hierdie verskillende ugegewens te bestuur, sodat u beter insig daaromtrent kan verkry. 
          <~~~~~~~~~~~~~~~~~>
WOORD VAN DIE DAG:
[Hebreërs 4:15,16]
15. Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar Een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. 
16. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind, om op die regte tyd gehelp te word. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE:
Deel 2.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[2 Petrus 3:11-18]
11. Terwyl hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? - -
12. Julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. 
13. Maar ons verwag volgens Sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. 
14. Daarom geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. 
15. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
16. Net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai net soos die ander Skrifte, tot hulle eie verderf. 
17. Noudat julle dit dan vooruit weet geliefdes, moet julle op julle hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van mense en wegval uit julle eie vastigheid nie. 
18. Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van ons Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlilheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will endeavour to share 'End Times' with you as often as I possibly can. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid sal ek 'Eindtye' met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
    Cell phone photo by André Heigan. 
  
  

No comments:

Post a Comment