Tuesday 3 June 2014

THE DAY OF THE LORD / DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE.

Tuesday 3 June 2014. 
WORD OF THE DAY:
[1 John 4:15,16]
15. If anyone acknowledges that Jesus is the Son of God, God lives in him and he in God. 
16. And so we know and rely on the love God has for us. God is love. Whoever lives in love, lives in God, and God in him. 

MESSAGE OF THE DAY:
THE DAY OF THE LORD:
1. English - (New International Version)
[2 Peter 3:2-10]
2. I want you to recall the words spoken in the past by the holy prophets, and the command given by our Lord and Saviour through your apostles. 
3. First of all you must understand that in the last days scoffers will come, scoffing and following their own evil desires. 
4. They will say: "Where is this 'coming' He promised? Ever since our fathers died, everything goes on as it has, since the beginning of creation. 
5. But they deliberately forget that long ago by God's Word the heavens existed and the earth was formed out of water and by water. 
6. By these waters also the world of that time was deluged and destroyed.
7. By the same word the present heavens and earth are reserved for fire, being kept for the day of judgement and destruction of ungodly men. 
8. But do not forget this one thing, dear friends: With the Lord a day is like a thousand years, and a thousand years are like a day. 
9. The Lord is not slow in keeping His promise, as some understand slowness. He is patient with you, not wanting anyone to perish, but everyone to come to repentance. 
10. But the day of the Lord will come like a thief in the night. The heavens will disappear  with a roar; the elements will be destroyed by fire, and the earth and anything on it, will be laid bare. 

Dinsdag 3 Junie 2014.
WOORD VAN DIE DAG:
[1 Johannes 4:15,16]
15. Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is - God bly in hom, en hy in God. 
16. En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[2 Petrus 3:2-10]
2. Sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete voorheen gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser. 
3. Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede sal wandel. 
4. En sê: "Waar is die belofte van Sy 'wederkoms'? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was, van die begin van die skepping af."
5. Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het, deur die wil van God. 
6. Waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.    
7. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as 'n skat weggelê, en word vir die vuur bewaar, teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. 
8. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is, en 'n duisend jaar soos een dag. 
9. Die Here vertraag nie die belofte soos   sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 
10. Maar die dag van die Here. kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met 'n gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.  

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I endeavour to share   'End Times' with you as often as possible. / As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek poog om die 'Eindtye' met u te deel so dikwels as wat ek moontlik kan. 
      'Cloud photos' by André Heigan. 

No comments:

Post a Comment