Wednesday 13 May 2015

PSALM 33.

Friday 15 May 2015.
WORD OF THE DAY:
(Hebrews 1:3b) When He had by Himself purged our sins, sat down at the right hand of the Majesty on high.                                 
(Revelation 17:14)
These will make war with the Lamb, and the Lamb will overcome them, for He is the Lord of lords, and the King of kings; and those who are with Him are called: "chosen and faithful."

MESSAGE OF THE DAY:
PSALM 33.
The Sovereignty of the Lord in creation. 
1. English - (New King James Version)
[Psalm 33:1-22]
1. Rejoice in the Lord, O you righteous! For praise from the upright is beautiful. 
2. Praise the Lord with the harp; make melody to Him with an instrument of ten strings. 
3. Sing to Him a new song; play skilfully with shouts of joy. 
4. For the Word of the Lord is right, and all His work is done in truth. 
5. He loves righteousness and justice; the earth is full of the goodness of the Lord. 
6. By the Word of the Lord the heavens were made, and all the host of them by the breath of His mouth. 
7. He gathers the water of the sea together as a heap; He lays up the deep in storehouses. 
8. Let all the earth fear the Lord; let all the inhabitants of the world stand in awe of Him. 
9. For He spoke, and it was done; He commanded, and it stood fast. 
10. The Lord brings the counsel of the nations to nothing; he makes the plans of the peoples of no effect. 
11. The counsel of the Lord stands forever. The plans of His heart to all generations. 
12. Blessed is the nation whose God is the Lord. And the people whom He Has chosen as His own inheritance. 
13. The Lord looks from heaven. He sees all the sons of men. 
14. From His place of habitation He looks  on all the inhabitants of the earth;
15. He fashions their hearts individually; He considers all their works.   
16. No king is saved by the multitude of an army; a mighty man is not delivered by great strength. 
17. A horse is a vain hope for safety; neither shall its great power make any man free from danger. 
18. Behold, the eye of the Lord is on those who fear Him, on those who hope in His mercy. 
19. To deliver their soul from death, and to keep them alive in famine.
20. Our souls wait for the Lord, He is our Help and our Shield.      
21. For our hearts shall rejoice in Him, because we have trusted in His Holy Name. 
22. Let Your mercy O Lord, be upon us, just as we hope in You. 

Vrydag 15 Mei 2015. 
WOORD VAN DIE DAG:
(Hebreërs 1:3b)
Nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regerhand van die Majesteit in die hoogte. 
(Openbaring 17:14)
 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin - want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings - en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
PSALM 33.
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
(Psalm 33:1-22)
1. O regverdiges, jubel in die Here! 'n Loflied betaam die opregtes. 
2. Loof die Here met die siter; psalmsing tot Sy eer met die tiensnarige harp. 
3. Sing tot Sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank. 
4. Want die Woord van die Here is reg, en al Sy werk is met trou. 
5. Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here. 
6. Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak, en deur die Gees van Sy mond hulle hele leër. 
7. Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. 
8. Laat die hele aarde vir die Here vrees; laat al die bewoners van die aarde vir Hom bedug wees; 
9. Want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied en dit staan. 
10. Die Here vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. 
11. Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van Sy hart van geslag tot geslag. 
12. Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. 
13. Die Here kyk van die hemel af; hy sien al die mensekinders. 
14. Uit Sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde. 
15. Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. 
16. 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie. 
17. Die perd help niks vir die oorwinning, en red nie deur sy groot krag nie. 
18. Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag. 
19. Om hulle siel te red van die dood, en hulle in die lewe te hou in hongersnood. 
20. Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild;
21. Want ons hart is bly in Hom, omdat ons op Sy heilige Naam vertrou. 
22. Laat U goedertierenheid, Here, oor ons wees net soos ons op U wag!

Photo and 'Word for the Day,' was kindly supplied and initiated by Wilma Heigan. 

No comments:

Post a Comment