Monday 18 January 2016

SERMON ON THE MOUNT: When you pray. / BERGPREDIKASIE: Wanneer jy bid.

Saturday 23 January 2016. 
WORD OF THE DAY:
(Matthew 12:20)
A bruised reed He will not break, and a smouldering wick He will not snuff out, till He leads justice to victory. 

MESSAGE OF THE DAY:
WHEN YOU PRAY:
(Matthew 6:5-15)
5. "And when you pray, do not be like the hypocrites, for they love to pray standing in the synagogues and on their street corners, to be seen by men. I tell you the truth, they have received their reward in full.   
6. "But when you pray, go into your room, close the door, and pray to your Father in secret, and your Father Who sees in secret, will reward you. 
7. "When you pray, do not babble repetitiously like the Gentiles, because they think that by their many words they will be heard.  
8. "Do not be like them, for your Father knows what you need, before you ask Him. 
9. "So pray this way: 'Our Father in heaven, may Your Name be honoured;
10. "'May Your kingdom come, may Your will be done on earth as it is in heaven. 
11. "'Give us today our daily bread,
12. "'And forgive us our debts, as we ourselves have forgiven our debtors.  
13. "'And do not lead us into temptation, but deliver us from the evil one. For Yours be the kingdom, the power and the glory. Forever. Amen.'
14. "For if you forgive men their tresspasses, your heavenly Father will also forgive you. 
15. "But if you do not forgive men their tresspasses, neither will your Father in heaven forgive your tresspasses."

Saterdag 23 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG: 
(Matthéüs 12:20)
'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. 

BOODSKAP VAN DIE DAG:
WANNEER JY BID:
(Matthéüs 6:5-15)
5. "En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.  
6. "Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 
7. "En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hulle baie woorde verhoor sal word.  
8. "Moet dan nie soos hulle word nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 
9. "Só moet julle dan bid: 'Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word;
10. "'Laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11. "'Gee ons vandag ons daaglikse brood;
12. "'En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 
13. "'En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.'
14. "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.  
15. "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie."

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Many thanks to Dinah Le Hanie Stols who kindly presented this powerful statement. 


No comments:

Post a Comment