Monday 4 January 2016

THE TEMPTATION OF JESUS, First section. /. DIE VERSOEKING VAN JESUS, Eerste gedeelte.

Wednesday 6 January 2016.
WORD OF THE DAY:
(Matthew 7:3)
Why do you look at the speck of sawdust in your brother's eye, and pay no attention to the plank in your own eye?

MESSAGE OF THE DAY:
THE TEMPTATION OF JESUS, First section ...
(Matthew 4:1-8)
1. Then Jesus was led by the Spirit into the desert, to be tempted by the devil. 
2. After fasting forty days and forty nights, He was famished. 
3. The tempter came to Him and said: "If You are the Son of God, tell these stones to become bread."
4. Jesus answered: "It is written: 'Man does not live by bread alone, but on every Word that comes from the mouth of God.'" 
5. Then the devil took Him to the holy city, and had Him stand on the highest point of the temple. 
6. And said to Him: "If You are the Son of God, throw yourself down. For it is is written: 'He will command His angels concerning You,' and 'with their hands they will lift You up, so that You will not strike Your foot against a stone.'" 
7. Jesus answered him: "It is also written: 'You are not to put the Lord Your God to the test.'"
8. Again, the devil took Him to a very high mountain, and showed Him all the kingdoms of the world and their grandeur.  

Dinsdag 5 Januarie 2016.
WOORD VAN DIE DAG:
(Matthéüs 7:3)
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE VERSOEKING VAN JESUS, Eerste gedeelte ... 
(Matthéüs 4:1-8)
1. Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. 
2. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. 
3. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: "As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word."
4. Maar Hy antwoord en sê: "Daar is geskrywe: 'Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat deur die mond van God uitgaan.'"
5. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan, 
6. En sê vir Hom: "As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar staan geskrywe: 'Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U voet teen 'n klip stamp nie.'" 
7. Jesus sê vir hom: "Daar is óók geskrywe: 'Jy mag die Here jou God nie versoek nie.'"
8. Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid. 

(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can.  /  As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)



No comments:

Post a Comment